ADVERTORIAL

HOLLARD

So baie paar dinge om oor te dink voor jy plant- Suid Afrika

'n Baie bekende spreekwoord in die boerdery wereld lui as volg;

“ Net mielie boerdery kan mielieskuld betaal en net Beesboerdery kan beeste skuld betaal”

Dan het van die ou boere altyd gese- solank as wat 'n 80kg sak mielies goedkoper is as 'n bottel Klipdrif kan jy dit altyd met water geniet wanneer ontspan- maak die sommetjie maar self. 

Boere dwarsoor die wereld se geloof en deursettingsvermoee is hulle behoud. Wanneer 'n oes nie meer iets kan oplewer nie, beweeg hy aan en begin reg van voor af met nuwe geloof en hoop op 'n splinternuwe oes.

In die tagtigjare toe die droogte op sy slegste was in die Vrystaat in 1984/85/86 ens is boere gedreig deur skuldeisers met die een brief op die ander, baie boere is uitverkoop en van die plaas af.  Families is tot op die grond gestroop.  Jare se sekuriteit in die vorm van opgebergde fondse het oopgedroog en die een droogte jaar na die ander het gevolg.  Die regering was in die jare tagtig nog aan die kant van die boere en sy werksmense.

Ongelukkig is ons weer daar as jy so na die ekonome en weervoorspellers luister. Maar hierdie keer is dit anders. Ons het nie meer 'n regering wat hom enigsins sal ontverm oor boere nie en boere sal op hulle eie hier moet oorleef. Ons beginnerboere en kleinboere het ook baie kennis daarvan.

Intussen hang die swaard van Grondhervorming oor Landbouer se koppe- maar daar is meer lig in die tonnel as so paar maande gelede. Die regering is bereid om te gesels oor hoe landbou suksesvol hervorm gaan word. Daar is geen alternatief vir onderhandelinge nie. Diegene wat geweld praat, het nog nie geliefdes op ’n oorlogslagveld begrawe nie. In die stryd om die koppe en harte van boere is daar nou meer as net ydel trooswoorde nodig.

Onderhandelinge veronderstel ’n basiese vertroue tussen partye, wat nie noodwendig dalk met hul leiers deel nie. 

Dan is waar die gedagte  van - Wat verhinder die ANC om regs te praat, maar links te loop?

Wat gaan Agri SA doen as die ANC, ongeag die gesprekke, grondeienaars teen ’n breukdeel van markwaarde begin onteien?   Plase is maar die eerste in ’n lang ry bate-kategorieë wat soos  kan val.

Die ander hefboom is internasionale druk, geanker in die morele hoë grond wat art. 17 van die VN se menseregtehandves bied, saamgelees met die onlangse geskiedenis van onteiening sonder vergoeding in Zimbabwe en Venezuela.

Agri SA verdedig boere se grond en eiendomsregte in sy gesprekke met die Regering en onderhandel nie daaroor nie.
Waaroor daar wél onderhandel word, is planne en finansiële modelle (vir grondhervorming), het mnr. Dan Kriek, voorsitter van Agri SA, gesê.

“Ons gaan mekaar erken (soos vervat in die aanhef tot die Grondwet), mekaar se geskiedenis en rol in Suid-Afrika. Ek gaan erken wat verkeerd gegaan het in die land, maar ook erkenning vra vir ons boere;
‘Om te praat, beteken nie jy is sag nie’ - “Ons gaan die ekonomiese saak teen onteiening sonder vergoeding stel. Mense vra of ek politici vertrou. Dit is nie ’n kwessie van vertrou nie; jy hou alle politici aanspreeklik. Die President het ’n eed afgelê om alles te doen ten beste van elke
landburger; - “Ons gaan die planne bring. Ons het genoeg planne. Ons moet eenvoudige, implementeerbare prosesse aan die gang sit;
 “Ons gaan blý praat en ons gaan ook kalm bly.” 

Word deel van die onderhandelings oor jou grond, moenie op die kantlyn staan nie. Kyk hoe jy waarde kan toevoeg tot grondhervorming. 

Suid Afrikaners wat in liefde en vrede wil saam woon en werk moet opstaan en baklei vir die land. Gelukkig is dit  groot meerderheid. Netso moet Landbouers dieselfde doen en bymekaar staan en saam die geveg veg. Daar is nie nou tyd vir verdeeldheid nie.  

Net wat jy uitstuur- kry jy terug. Net wat jy plant oes jy en niks meer of minder nie. 

Die banke in Suid Afrika kyk met ander oe na boere en as jy nie 'n sogenaamde megaboer is wat 'n goeie omset in jou rekening het nie, gaan jy ook op jou eie moet “survive”.Daar is baie streng wetgewing oor skuld en sekeruteit en terugebetaal vermoee-. en dan is daar die bank se bangmaak stories dat jy verantwoordelik sal wees vir jou skuld as die regering jou grond ontein.

Daar bestaan nie so iets nie. As dit so is dan is dit nie deel van 'n ooreenkoms nie. Wees wakker en behou jou menslikheid. Moet vir geen mens vrees nie. Jy is landbouer in murg en been.

En as jy nie meer kan hulp kry nie- dan baklei jy en maak planne want uitkoms kom op 'n dag wat jy dit nie minste verwag. En jy is nie onderdaning aan jou skuldeisers nie- hulle mag sterk is so ver was wat hulle posisie in die banke is. 

Einstein het gese..” Jy sal nooit 'n probleem kan oplos deur op dieselfde vlak te dink nie, jy moet een vlak hoer dink.”

Hierdie is ons eie boere se probleem wat op hulle eie opgelos moet word inn samewerking met die regering en ander belang groepe en nie deur geleerde amptenare wat met boeke kennis en grade sonder boere wysheid en praktiese ondervinding nie.

Daar is 'n groep van 10 aangestel deur die President wat na grondhervorming moet kyk. Kom ons gee hulle die geleentheid. 

In die sogenaamde El Nino jare reen dit in party dele baie en ander dele glad nie. Die vraag is of my plaas in daardie gedeelte gaan wees of nie. Dit kan ook in die dele oorstroom. Die pers is weer vol van El Nino- die vraag is of ek die jaar sal oorleef. 

Die rand /dollar wisselkoers en die olieprys is ons almal se kopseer. Maar daar is maniere om daarom te boer, die vraag is net hoe?- ons is nie deel van die blamerings mentaliteit brigade nie. Jy is nie skaap om agter mekaar aan te loop nie. "Stand out- don't fall in."

Die seisoen is voor die deur en die vraag is.

Wat Plant ek ?

Kan ek dit bekostig om die jaar weer 'n misoes te he.
Het ek lande wat genoeg ondervog het om die hitte en min reen te kan oorleef.
Moet ek nie liewer my grond laat rus en my geld in die bank hou nie
Het ek genoeg kapitaal om een jaar te oorleef.
As ek skuld het, hoe gaan ek my skuldeisers oortuig om 'n jaar te wag.
Gaan ek die hoe mielieprys gebruik om 'n onberekende kans te waag en volgende jaar duurder te betaal vir al my insetkoste.
Dis maar 'n paar vra, daar kan nog baie ander wees.

Kry genoeg kennis in van mense met wysheid en boerdery kennis. Tegnologie is goed, maar dit is nog nie 'n volwaardige deel van die skepping en  natuur waarin jy boer nie. Dit kan help tot op 'n punt. En moet jou nie baie steur in wat daagliks in die pers voorspel en geskryf word deur die manne met die dik brille vanuit hulle luukse kantore nie. 

Maar as jy reeds die droogtes van die tagtigjare kan onthou en oorleef het, asook die laat negentigjare en die tweeduisends dan weet jy wat om te doen. As jy die keuse gemaak het , dan staan jy daarby en jy blameer geen ander mens as net jouself nie.

Die belangrikste vir jou as landbouer is om los te kom van skuld- en selfvoorsienend te wees. 

Die keuse is joune en weet net dat niemand jou ooit sal kan bystaan en help nie behalwe om empatie met jou te he .

Net jy weet wat jou boerdery instaat is toe. Glo in jouself jou familie, jou boerdery, jou werkmense en glo onvoorwaardelik in die natuur. 

Gaan rustig voort, doen wat jy goed vind om te doen, neem kennis van wat gebeur en volg jou sukses.

Jy is een van die suksesvolle landbouers wat kos op die tafel kan sit- en die land het jou nodig al dink meeste inwoners nie so nie.

Redakteur/ ANN / FP


ADVERTORIAL

MONSANTO