ADVERTORIAL

CORTEVA

International

Naspeurbaarheid van ons voedsel in Suid Afrika

Daagliks sien mens hoe vinnig alles om ons verander en teen die pas wat dit geskied kan baie mense nie bybly nie.

Daagliks hoor ons iets nuuts en is daar een of ander slim persoon of groep wat aanspraak maak op een of ander nuwe uitvindsel of ongelukkig is oor een of ander gewoonte wat al vir jare bestaan maar nou nie meer goed genoeg is nie.

Suid Afrika se landbou word daagliks bespreek op al wat geselsprogram is op Televisie, radio en sosiale media. Die regering van Suid Afrika het na jare ook besluit dat Landbou ook nou belangrik en dalk die plek is waar daar meer werk geskep kan word. In dieselfde asem weet ons almal dat Landbou in Suid Afrika baie gesond is en jaarliks meer kos produseer as wat Suid Afrikaners kan gebruik.  Die regering se staatsondernemings is leeg geplunder en op die rand van ineenstorting en daarom kyk die politici na Landbou. Dis daarom baie belangrik landbouers en landbou organisasie en maatskappye saamstaan en landbou in geheel beskerm. 

Dit het lankal tyd geword dat ons voedsel en water ketting behoorlik gesond is en dat ons mense gesonde voedsel begin inneem. Suid Afrika se waterbronne is totaal en besmet omdat die regering nie weet wat onderhoud is nie. Water is die bron van lewe en totdat die verbruiker in die land se lee bord nie meer vol kos gemaak gaan word en daar nie water in kraan is nie gaan baie hulle nie veel steur aan waar kos en water vandaan kom nie. 

Verbruikers dwarsoor die wereld het reeds baie jare gelede begin om die herkoms van hulle voedsel te bevraagteken. Daar word al hoe meer aangedring op kwaliteit en waar en onder watter omstandighede voedselgeproduseer is. Vleis is een van die grootse bekommernisse van die verbruikers - en dit agv die feit dat daar soveel medisyne ( antibiotika en groeistimulante) in die beeste gebruik word wat reeds bespeur is in die mens se liggaam. Saam met die wil verbruikers ook weet wat aan die diere gevoer is en of hulle van die veld of uit die voerkrale kom.

Naspeurbaarheid gaan oor die beginsel van waar kom die vleis vandaan en waar gaan dit heen. Met tegnologie kan baie detail en goeie inligting saam met elke besending vleis beweeg.Die stelsel moet aan die eindverbruiker die volle waarde lewer. Namibia, Botswana en Ethiopia het reeds 'n baie goeie naspeurbaarheid stelsel in plek. 

Die produksie van organiese rooivleis kan ernstig oorweeg word deur boere wat werklik vir die omgewing omgee, maar dit is beslis nie 'n resep vir vinnige rykdom nie. Dit verg toewyding en daar is streng reëls.  Net soos in die ontwikkelde lande van die wêreld is daar plaaslik al meer verbruikers wat bewus word van organies geproduseerde voedsel. Dit is veral die gesondheidsbewustes in die groot stedelike gebiede in wie se kosmandjie deesdae ál meer organies gesertifiseerde produkte opgemerk word. Dit sluit 'n wye verskeidenheid kossoorte in wat wissel van tee tot groente, vrugte en nou ook rooivleis. Hierdie organiese kos is ook duurder en dit het geen rede om duurder te word nie- inteendeel die moet eintlik goedkoper wees. 

Volgens 'n verslag van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie het organiese boerdery in die Europese Unie vanaf 1990 tot 2000 jaarliks met 25 % gegroei en verdien boere enigiets van 10 % tot meer as 60 % meer as met gewone produkte.

Organiese veeboerdery behels dus 'n omvattende bestuursbenadering waarin natuurbewaring, die aktiewe voorkoming van siektes, die menslike hantering van diere, minimum spanning en goeie voeding voorrang geniet om die diere se gesondheid te verseker."

DIT is noodsaaklik dat daar ’n naspeurbaarheidstelsel vir lewende hawe is om groei te verseker en te versnel Die stelsel sal soveel voordele meebring dat dit openbare en private belegging regverdig. Dis daarom noodsaaklik dat daar 'n stelsel in werking gestel sal word wat die hele voedsel ketting kan naspeur en suksesvol en gesond in die verbruiker se bord plaas.

Naspeurbaarheid stelsel sal help om inligting en beter begrip oor kleinboere en die informele mark te verkry, siektebestuur en -beheer bevorder, marktoegang verbeter en uitvoergedrewe groei aanhelp. Die BFAP verwag groei van 23% in die verbruik van beesvleis oor die volgende dekade, 20% in hoendervleis, 10% in skaapvleis, 22% in varkvleis en 20% in eiers.

Die BFAP het bereken dat die bruto waarde van geproduseerde beesvleis vanjaar R4 miljard méér kon gewees het as die invloed van bek-en-klouseer buite rekening gelaat word, as die ekonomie met 3,5% gegroei en die mielie-oes 13,9 miljoen ton beloop het.Die informele beesvleissektor is waarskynlik die grootste bate in die SuidAfrikaanse landbou waarvan daar nie rekenskap gegee kan word nie.

Daar is groot ruimte vir inklusiewe groei in die beesvleisbedryf, mits die potensiaal ontsluit kan word. Daarvoor is onder meer ’n naspeurbaarheidstelsel en groter produktiwiteit nodig. Die varkvleisbedryf het die afgelope tien jaar met 3,7% per jaar gegroei en sal na verwagting in die volgende tien jaar met 2% per jaar groei. Listeriose en bek-en-klouseer het ’n siklus van uitbreiding onderbreek, en die BFAP verwag ook korttermyndruk weens hoë voerkoste.

Die bedryf is mededingend en vervang met verloop van tyd invoer met plaaslike produkte. Die uitbreking van Afrika-varkpes in China is as die grootste onsekerheid op die globale vleismark beskryf. Die Chinese regering bevorder die uitbreiding van hoendervleisproduksie, en hoendervleisverbruik het op ’n jaargrondslag reeds met 16% gestyg. Wat melkprodukte betref, verwag die BFAP dat die verbruik van vloeibare melkprodukte, wat 62% van die mark verteenwoordig, oor die volgende dekade met 20% sal groei, terwyl die verbruik van kaas met 44% en die verbruik van botter met 34% kan styg.

Invoer bly ’n kwessie vir die hoendervleisbedryf in Suid-Afrika. Dié invoer het van 2008 tot 2018 met 192% gestyg. Die uitbreking van voëlgriep in Europa en die beskermingstariewe op Europese hoendervleis het tydelike verligting gebring, maar laasgenoemde word oor die volgende drie jaar uitfaseer. Winsgewendheid in 2017 en 2018 het wel op kort termyn uitbreiding in die plaaslike bedryf bevorder. Suid-Afrikaanse hoendervleis het danksy ’n vryhandelsooreenkoms tariefvrye toegang tot die Europese Unie (EU). Hoendervleis van sy mededingers, soos Brasilië, is aan tariewe van 17% tot 28% onderhewig. Toegang tot die EU-mark sal ’n premie op hoenderborsvleis moontlik maak, wat die Suid-Afrikaanse mark met herbalansering sal help.

Naspeurbaarheid gaan 'n baie groot finansieele las plaas op ons landbouers en daarmee saam baie goeie bestuur en dissipliene en voorsorg. Saam met dit beteken dit dat alle vee gelys sal wees op 'n nasionale databasis wat in Suid Afrika nie 'n goeie ding kan wees as dit in die verkeerde hande kom nie. Dit maak dit net makliker vir ongewenste elemente om te weet presies waar wat aangehou word. Om hierdie databasis te bestuur gaan geld kos en op die ou einde gaan dit weereens van die landbouer verhaal word. Daar is sekerlik reeds maatskappye wat hulle regmaak vir hierdie dienste. Of Suid Afrikaners op die ou einde aan die laaste speen gaan suig as kom by kwaliteit, sal ons nog moet sien. Dit kan dalk dieselfde pad loop as vrugte - die beste word uitgevoer en die res moet ons opeet. 

Indien Suid Afrika met die buitewereld wil besigheid doen is dit 'n vereiste en dit gaan gebeur. Maar dit gaan ten minste nog 'n 10 jaar neem voordat Suid Afrika die stelsel volledig in plek gaan he. Intussen lyk dit of daar op sekere gebiede gekonsentreer gaan word om 'n stelsel in plek te kry waar die vleis en die omnstandighede aanvaarbaar is. 

Johann Pretorius - ANN


ADVERTORIAL

OPEN 

Coming Soon.

Farming Diary

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.