• Oral in die wêreld word slegs die negatiewe beklemtoon in debatte oor die toekoms van veeboerdery. Die debatte konsentreer op kweekhuisgasse (KHG), die gebruik van hulpbronne en grond, industrialisasie van stelsels, ontbossing, ens. Ook is mense bekommerd oor dierewelsyn en etiek. In uiterste gevalle word sterk uitsprake gemaak teen die slag en uitbuiting van plaasdiere.