ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

Suid Afrika se water in die jaar 2019-

Suid-Afrika se gemiddelde reënval beloop slegs 490mm per jaar, terwyl die wêreldwye gemiddeld 814mm is. Dít beteken Suid-Afrika is 'n waterskaarsland, wat verskeie implikasies vir die gebruik en bestuur van waterhulpbronne inhou. 

 Suid-Afrika het genoeg water maar waterbronne word vermors weens vervalle infrastruktuur, terwyl ekonomiese groei stagneer. Politieke onstabiliteit en hoë skuldvlakke lei tot grootskaalse disinvestering. Die swak ekonomie beteken gebrekkige belegging in infrastruktuur, vervalle paaie, die onvoldoende opvanging van reënval en 'n verlies aan water in die land se damme. Hopelik leer ons owerhede uit die huidige krisis en word alternatiewe maniere van watervoorsiening in die toekoms ’n werklikheid. Ons kan eenvoudig nie meer bekostig om drinkbare water vir allerhande ander goed te gebruik nie.

Behoorlike omgewingsbestuur is nie 'n prioriteit nie en die gebrek aan insentiewe vir privaatsektorbelegging dra by tot 'n gaping in publiek-private samewerking. Die ekonomie het nie by hoër reënval gebaat nie, want waterlekkasies en gebrekkige onderhoud van infrastruktuur vermors enige moontlike voordeel.

Boere kan na watervriendelike gewasse migreer, om hoër oeste in droër seisoene te verseker. Meer volhoubare waterbronne soos boorgate en ander ondergrondse waterbronne kan ook oorweeg word. Volhoubaarheid is om jou beskikbare hulpbronne optimaal te probeer benut en die siklus te voltooi – van die onttrekking van water uit die bron, die suiwering van water, die verspreiding daarvan, suiwering van die gebruikte water en die terugplaas daarvan in die bron. Eers as die siklus effektief voltooi is, kan 'n mens van 'n volhoubare situasie praat binne die konteks van watervoorsiening. 

Die Suid-Afrikaanse ekonomie groei fluks maar skoon water is skaars en duur weens droogte en besoedeling. In die scenario is Suid-Afrika aantreklik vir beleggers maar die verhoogde arbeidsproduktiwiteit en ekonomiese groei het tot minder skoon water en dus hoër watertariewe gelei. Dít skep uitdagings vir waterintensiewe landboubedrywe, veral vee, groente en vrugte. Politieke onstabiliteit in Lesotho vertraag die implementering van die Lesotho-hooglandwaterprojek, wat waterbeskikbaarheid verder beperk. Sodoende word waterpryse verder opgejaag.

Wat riviere betref, is daar twee komponente waarna ons kyk: gehalte en volume. Die gehalte van die water moet aan ekologiese vereistes voldoen en die volume water moet voldoende wees om die ekologiese stelsel aan die gang te hou.

Dit kom daarop neer dat munisipaliteite seker moet maak dat die rioolsuiweringswerke goed funksioneer en dat die gehalte van die water wat teruggeplaas word van so 'n aard is dat die klassifikasie van die riviersisteem nie nadelig beïnvloed word nie. Die water moet dus aan die wetlike vereistes voldoen sodat dit nie nadelig is vir die ekologie en stroomaf-gebruikers nie.

Suid-Afrika moet 'n waterbewuste land met die nodige kennis en vaardighede in die watersektor word. Dit sluit in bewusmaking oor die belangrikheid van water en opvoeding oor hoe water bespaar kan word, sowel as die ontwikkeling van vaardighede om waterinfrastruktuur doeltreffend te handhaaf.

Sterk waterbestuur moet geimplementeer word, bevorder deur veerkragtige vennootskappe, om sodoende watersekuriteit te midde van klimaatsverandering te bereik. Watervraag en -aanbodregulasies moet strenger bestuur word en waterbronne moet beskerm word.
Suid-Afrika moet 'n waterslimekonomie ontwikkel en 'n leier word in die kommersialisering van waterslimtegnologie in die landbou en industriële sektore.

'n Mens kan nie genoeg beklemtoon watter impak gewone mense op klein skaal kan hê om water te bespaar nie. Mense word al so lank gevra om water te spaar deur byvoorbeeld inheemse tuine te hê wat vir ons watersituasie aangepas is en goeie verbruikspraktyke in huishoudings te volg.

Ons kan nie meer toelaat dat mense hul plaveisel met 'n tuinslang skoonspuit of hul tuine in die middel van die dag besproei nie. Ons moet baie meer bedag wees op hoeveel water ons gebruik. Ontwikkelings soos 'n tipiese gholflandgoed gebruik baie water – ek dink mense wat in sulke gebiede woon, moet baie meer vir hul water betaal.

Tog het ons in die laaste paar jaar in die regte rigting beweeg en is baie meer mense bewus daarvan dat ons waterbronne onder druk is. Ons het 'n groot verantwoordelikheid om die basiese goed reg te doen en innoverende alternatiewe te ondersoek sodat ons waterverbruik steeds volhoubaar kan voortgaan en ons dieselfde ekonomiese groei kan handhaaf.

Die skoonmaak van grond vir landbou en stedelike groei, lei dikwels tot besoedeling. Wanneer grond van sy beskermende vegetasie ontneem word, raak dit vatbaar vir gronderosie. Dit lei tot ‘n toename in vertroebeling van water, wat tot die volgende kan lei: 

Dit kan die kieue van visse blokkeer;
Bodemplante kan nie fotosinteer nie, aangesien die son se strale hulle nie bereik nie; en
Daar is ‘n verhoging in siektes omdat bakterieë en virusse die gronddeeltjies as vervoermiddel, gebruik.

Opdamming van riviere het op die volgende wyse ‘n impak op water:

Water wat uit damme vloei:het minder onderliggende materiaal, aangesien groot hoeveelhede na die bodem van die dam sak;
is ontneem van voedingstowwe; en
is dikwels meer sout.
wat nadelige gevolge het op landbou en visserye stroom af.
Verhoogde eutrofikasie kan geskied omdat die water vir langer tye in die dam bly.
Daar vind ook verhoogde verdamping in damme plaas, veral damme wat ‘n groot oppervlak beslaan, soos die Vaaldam.

Vleilande is die natuur se manier om water te suiwer en om water op te dam (hulle hou water terug tydens die somer en laat dit gedurende die winter vry). 

Die vernietiging van vleilande:

Vernietig die habitat van baie voëls en visse;
Verwyder die natuurlike filters wat besoedelende stowwe, soos fosfor en swaar metale, opgaar en afbeek;
Vernietig natuurlike damme en veroorsaak vloede verder stroom af.

Landbou -

Verhoog gronderosie as gevolg van die fisiese versteuring van die grond en plante as gevolg van ploeëry, oorbeweiding, houtkappery en padbouery. Dit affekteer die troebelheid en die hoeveelheid minerale en soute in die water;
Verhoog voedingstowwe as gevolg van bemesting en kunsmis, wat kommerwekkende hoeveelhede nitrate en fosfate tot waterbronne bydra (wat tot eutrofikasie kan lei).
Verhoogde gebruik van plaagbeheer.

As hierdie die huidige toestand van water is, wat van die toekoms? Suid-Afrika kan meer damme en waterskemas bou; seewater ontsout, water van buurlande, soos die Zambezi-rivier in Zambië aankoop; rioolwater hergeruik; of afvalwater van myne herwin. Al hierdie oplossings is egter duur en die land kan dit nie bekostig nie. Wat die watergehalte betref, kan ons riviere skoonmaak en stewige boetes oplê op die persone/maatskappye wat dit besoedel. Hierdie oplossings spreek egter slegs die simptome van die probleem aan. Ons moet eerder die oorsaak van die probleem, te wete ons HOUDING jeens water, aanspreek. 

Die toekoms van Suid-Afrika is in ONS hande. Ons KAN ‘n verskil maak. Ons moet bloot die wateromgewing – en hoe mense daarby inpas – verstaan. Ons moet almal “Water Wys” word! Maar wat beteken dit om “Water Wys” te wees?  

Suid-Afrika besit oor die algemeen oor ‘n beperkte watervoorraad. Die kwalitiet van hierdie water word deur besoedeling en die vernietiging van die riviere se opvanggebiede, bedreig. Water is ‘n lewensbelangrike hulpbron en dit is die verantwoordelikheid van ALLE Suid-Afrikaners om verantwoordelik op te tree in hul alledaagse lewens en na ons beskikbare waterbronne om te sien. Sodoende kan ons verseker dat hierdie beperkte hulpbron vir alle lewe op aarde bruikbaar bly. Dit is uiters belangrik dat almal “Water Wys” word.

Johanel. 


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Oct
29

10.29.2019

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.