ADVERTORIAL

HOLLARD

VERSEKERING

Hier staan ons voor die deur van 'n nuwe jaar. - Suid Afrika

31 Desember is die 365ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (366ste in skrikkeljare). Dit is ook die laaste dag van die vierde kwartaal van die jaar. Dit is die laaste dag van die jaar.

Op oujaarsaand word die oorgang van die ou na die nuwe gevier. Die nuwe jaar word soms ingewag met kerkdienste, vuurwerke en ander feesvieringe.

As gevolg van die tydsverskil tussen lande, breek die nuwe jaar eerste in Nieu-Seeland en Australië aan. Daarna volg die meeste lande in Asië en uiteindelik lande in Afrika soos Suid-Afrika en Namibië. Dan volg die meeste Europese lande. Ten laaste kom die lande op die Amerikaanse kontinent aan die beurt.

"Ek ervaar die opwinding van nuwe dinge wat voorlê so saam met ’neffense benoudheid oor die onbekende pad waarop ons ons nou bevind. Die twaalf maande wat kom, gaan genot bring, maar sowaar ook ’n struikelblok of twee. Dis mos die aard van ’n nuwe jaar, hy kom met sy eie lief en leed. 

Vir seker is ’n gebrek aan tyd ons almal se grootste moeilikheid. Daar’s te min tyd om te beplan, om te deel, om te voel, om na te dink, net te min tyd om te geniet. Naderhand lyk als soos ’n struikelblok en ons sukkel om by daardie boer-maak-’n-plan uit te kom. Goue geleenthede kyk ons sommer mis, want te min tyd beroof ons van goeie oordeel en vernuf, en ons vermoë om die lewe se lekker raak te sien.

Onwillekeurig dink jy terug aan 2018- onthou jy dit wat lekker was, maar ook dit wat sleg was en wat jy liewer wil vergeet. 

Voor jou en ons almal le 'n onbekende jaar, wat niks of baie gaan inhou vir jou, en dit hang alles af van wat jy daarmee gaan maak. Jou gedagtes jou woorde en jou werke gaan jou neem waar jy wil wees.

Party mense verkies om die nuwe jaar op 'n feestlike wyse te groet en party weet nie eens die volgende oggend dis nuwe jaar nie, behalwe dat hy/sy 'n groot babelaas het. Ander mense gaan die jaar stil en alleen in saam met vriende en familie. Maak nie saak hoe jy jou nuwe jaar ingaan nie- dis alles hoe jy daaroor voel.

Ons landbouers in Suid Afrika is tans onder geweldige druk oor ons toekoms wat in die hande van 'n regering wat net vol beloftes is. Mense wat nog nie veel weet van opbou en instand hou nie. Arrogansie en gulsigheid is deel van hulle daaglikse lewe- en dit het nog altyd gelei tot ondergang. 

Ons kan hierdie negatiewe geeste oorwin deur te fokus op die goeie, op dit wat ons beplan en wat ons in gedagte het vir elke inwoner van die land wat in liefde en vrede wil lewe. Dis tyd dat geregtelike gedagtes die land oorneem, mense wat saam dink en saam beplan aan 'n toekoms vir elke inwoner van die land. 

Die media in Suid Afrika skets altyd 'n negatiewe prentjie van die toekoms en hou daarvan om emosie in mense wakker te maak, maar dit beinvloed jou denke en dit beinvloed jou toekoms. Moenie glo wat sekere politieke leiers kwyt raak nie, hulle gooi woorde in die lug  en maak uitsprake en kyk wat spring daaruit. Meeste van die tyd doen hulle dit om reaksie uit te lok en dan die antwoorde te kry, waarop hulle te dom was om self te weet. 'n Hele besigheidsplan vol data en aanbevelings is die gevolg van die uitsprake van mense wat weet.

Moenie dat hierdie vuilgees van vernietiging jou geluk steel nie.  Geregtigheid het nog altyd geseevier. 

Televisie en Radio asook gedrukte media is baie gou om negatiewe sensasie nuus die wereld in te stuur. Neem kennis daarvan maar moenie daaraan deelneem nie. 

Sosiale media is baie sleg- dis 'n medium vir baie lafards wat nie mense openlik kan konfronteer nie en al hulle vuilwasgoed word gewoonlik daar gewas. Deesdae is dit die kuierplek van sekere politieke leiers en organisasies wat hulle monde daar uitspoel en rassisme aanblaas. Ons moet hierdie mediums meer gebruik om vrede en voorspoed te skep. Ons het almal 'n plek in die son in Suid Afrika- Wees kalm glo in wat jy doen. Wees vriendelik en nederig en plant in goeie grond.  Moenie deel word van hierdie negatiewe gesprekke nie dit gaan jou "joy" van jou wegneem.  

Moenie dat hierde mense met hulle negatiewe vuil geeste jou van koers afneem nie. Neem kenns wat gese word, maar glo en vetrou op waarheen jy oppad is. Moenie hierdie stories en uitsprake meer energie gee deur dit oor te vertel en te deel aan jou vriende nie.  Wees paraat maar fokus op dit wat jy wil he en waarheen jy oppad is. Dis nou tyd vir saamstaan en uit een mond praat met 'n gees van Eenheid tussen almal wat in hierdie mooi land van ons woon en werk. 

Dit het lekker gereen oor groot dele van ons land die afgelope paar dae en ons Landbouers gaan die nuwe jaar met nuwe hoop en verwagting in.  Dankbaarheid is oral te sien en ons weet waar ons lewe vandaan kom. 

Reen soos die, bring nog nie 'n oes nie, betaal nog nie skuld nie, maar dis 'n begin en 'n baie goeie begin. Ons glo dit gaan ook reen oor die gedeeltes wat nog baie droog is. En daarmee saam weet ons dat opvolg reen die res van die seisoen gaan voortduur. 

Moenie dat sogenaamde geleerdes met hulle grade en boeke kennis en voorspellings oor die toekoms op grond van allerhande data en grafieke jou ontstel nie. Neem kennis daarvan, pas dit toe, indien dit van nut is, maar bly gefokus op jou werk en jou gedagtes. 

En as jy nie weet waarheen jy oppad is nie- dan is dit nou die tyd om dit uit te vind - voor 2019 aanbreek. 

Dis oujaarsdagaand- waar jy ookal is, geniet jouself- sit 2018 agter jou neer- of dit nou goed of sleg was. Geniet die oomblik- en as dit nat is buite- nog beter.

2019 is voor die deur- dis joune, maak daarmee soos jy goeddink.

Ons wens jou net die beste vir 2019-  

Uit die boek- Jou denke bepaal jou toekoms- 

Net jyself kan jou gedagtes beheer. Die somtotaal van jou gedagtes bepaal jou reaksie en jou toekoms. Positiewe gedagte en denke is die oplossing, maar dis nie so maklik om vol te hou daarmee nie. Wanneer jy reg is om buite jou huidige beperkings en omstandighede te dink, sal jou lewe totaal verander.
Jou emosionele toestand is belangrik en dit word bepaal oor hoe jy dink en voel. Probeer om jouself altyd net met positiewe nuus , mense en gebeure te omring. Die verlede het geen energie nie, en die toekoms lê nog voor jou, daarom moet jy NOU lewe. Kry jou nuwe gedagtes NOU in orde.

Jou gedagtes moet altyd suiwer en in belans wees. Jou intensie om jou realiteit te verander moet in alle opsigte waarde toevoeg tot jou lewe.
Pas dit wat jy elke dag lees in die boekie toe op jou daaglikse lewe, en leef dit. Praat en dink altyd in die rigting waarin jy wil beweeg.

Jy sal altyd suksesvol wees in alles wat jy vir jouself ontwikkel het deur jou gedagtes as jy dit elke dag voluit lewe.
Wees getrou aan jou jouself, en gun jouself die NOU en beplan jou eie toekoms.

Jy kry net uit die lewe wat jy verwag.

Johann Pretorius

Bestel die boek by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 


ADVERTORIAL

SASOL

FERTILIZER 

Farming Diary

Oct
29

10.29.2019

Mar
3

03.03.2020 - 03.05.2020

Jun
17

06.17.2020 - 06.19.2020

ENCA - Latest

Feed not found.