Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels.
Dit blyk dat net een uit drie vermeende plaasaanvallers eindelik suksesvol vervolg word. Bheki Cele, minister van polisie, het Maandag in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) gesê dat slegs 30% van verdagtes in sake wat met plaasaanvalle verband hou, tussen 2013 en 2018 suksesvol vervolg is. Volgens Cele is net 632 uit 1 904 verdagtes in dieselfde tyd skuldig bevind en gevonnis. Dis is die produktiwiteits syfer van die polisie.
Enige landbouplan behoort te begin by die primêre produsente wat kos op die tafel van verbruikers plaas. Winsgewendheid by produsente veroorsaak volhoubaarheid en dit moet die fokus wees. Die produsente en die verbruikers is die belangrike rolspelers in die hele landbou‑waardeketting. Indien die twee nie daar was nie, het die ander rolspelers, wat gewis ook ’n belangrike rol vertolk, geen werk gehad nie. Met ongeveer 68% van ons land se inwoners wat verstedelik het en inaggenome die belangrike rol wat voedsel speel om die ratte van elke ander instansie ook aan die beweeg te hou, kom ʼn mens by die besef dat ons produserende kommersiële boere die grootste bate is waaroor ons land beskik. Neem alle kos weg en daar sal dan vinnig besef word wat die waarde van ’n boer is. Na ’n proses van ongeveer 18 maande het sekere rolspelers die oggend voor die minister van landbou haar begroting aangebied het, ’n nuwe landbouplan, naamlik die “Agricultural Agro Processing Masterplan” (AAMP) onderteken. TLU SA was deel van die proses, of sou die beter bewoording eerder wees TLU SA het gepoog om deel van die proses te wees. Van meet af was dit duidelik dat die ANC se transformasie-agenda – soos met alle vorige pogings van planne – die fondament sal wees.
Die huidige verskriklike toestand van meeste van ons Vrystaatse paaie kan nie net aan die swaar reën toegeskryf word nie, maar aan swak bestuur en verwaarlosing deur die Vrystaatse regering.” Dit was die openingsverklaring van die memorandum wat Vrystaat Landbou (VL) Dinsdag aan die Vrystaatse premier oorhandig het tydens haar besoek aan die Hoopstad-omgewing. Volgens verteenwoordigers van VL is die premier se besoek aan die gebied niks meer as ‘n publisiteitsfoefie nie. “Dit was merkwaardig om vanoggend skielik padinstandhoudingsmasjinerie op ons paaie te sien verskyn om onbegaanbare paaie te ‘herstel’ net voor haar aankoms,” sê Jakkals le Roux, verteenwoordiger van VL.Volgens dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, sal die organisasie openbare druk op die premier en verantwoordelike amptenare handhaaf om paaie reg te maak. “Burgers betaal buitensporige bedrae belasting aan die regering, maar tog kry ons al hoe minder waarde vir geld. Ons kan nie toelaat dat korrupsie en wanbestuur ons vermoë om voedsel vir die nasie te produseer, belemmer nie.”
SAPD bestee R11,8 miljard per jaar aan private sekuriteit -Andrew Whitfield, DA-woordvoerder oor polisiesake, het onthul dat die 'mislukte' Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) Suid-Afrikaners 'n bykomende R11,8 miljard per jaar kos, weens die versuim van die polisie om misdaad doeltreffend te bekamp. "Staatsdepartemente moes oor die afgelope vyf jaar 'n bykomende R11 miljard aan private sekuriteit bestee om vir hierdie mislukking te vergoed. Volgens die DA het moorde oor die afgelope 10 jaar met 37% toegeneem, terwyl die polisie se begroting met meer as 60% toegeneem het. "Ten spyte van hierdie verhoogde besteding, bly SAPD-kantore ongeskik terwyl beide private burgers en die regering bykomend vir private sekuriteit moet betaal," sê die politieke party. Die grootste besteders aan private sekuriteit sluit in: die departement van kommunikasie met R2,29 miljard -die departement van openbare ondernemings met R3,6 miljard; die departement van water en sanitasie met R1,5 miljard; en die departement van vervoer met R1,6 miljard.
Dis koud oor groot dele van die land- en die eerste ryp het reeds oor groot dele van die land voorgekom. Koring begin al oral mooi groen rye wys en die koue en ryp is net goed vir winterkoring. Met die ryp sal mielies begin afdroog en eersdaags sal ons boere voluit kan mielies stroop.
Diesel gaan ons ladbouers baie slaan- dit gaan die insetkoste aansienlik verhoog. Boere is prysnemers en kan dit net terugverhaal as die prys van graan dit toelaat. Deeglike beplanning is nou nog meer noodsaaklik.
Ons Junior Landbouskrywers kompetiese sal eerdaags in aanvang neem. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie.
Nuusredakteur
Noordwes se damme wat deur die departement van waterwese en sanitasie bestuur word, is 81% vol, in Limpopo staan die provinsiale damme se totale waterinhoud op 89% en Mpumalanga het byna 96% van sy totale waterkapasiteit opgevang.
Noordwes
In Noordwes is die Boskop-, Bospoort-, Buffelspoort-, Elandskuil-, Johan Neser-, Klerkskraal-, Klipvoor-, Marico-Bosveld-, Middelkraal-, Potchefstroom-, Rietspruit-, Roodekopjes-, Swartruggens- en Taungdam almal 100% of meer vol.
Hartbeespoort-, Sehujwane- en Vaalkopdam is meer as 90% vol. Van die damme in die provinsie se vlakke is egter volgens die departement kommerwekkend laag. Disaneng-, Klein Maricopoort-, Kosterrivier-, Madikwe-, Ngotwane- en Molatedidam se vlakke is almal laer as 50%.
Limpopo
In Limpopo is daar aansienlik meer damme wat 100% en meer vol is. Albasini-, Dap Naude-, Doorndraai-, De Hoop-, Ebenezer-, Flag Boshielo-, Glen Alpine-, Hans Merensky-, Klaserie-, Luphepe-, Magoebaskloof, Mokolo-, Mutshedzi-, Nandoni-, Nwanedzi-, Nzhelele-, Rust de Winter-, Tzaneen-, Vergelegen-, Vlugkraal-, Vondo- en Warmbaddam is almal tans besig om oor te loop of water word uitgelaat omdat die damme vol is.
Een van die damme waar water tans uitgelaat word om dat dit meer as 100% vol is, is die Doorndraaidam tussen Mokopane en Mookgophong in die Sterkrivier. Dié dam was 14 jaar laas vol en het verlede jaar hierdie tyd net sowat 40% water in gehad.
Mpumalanga
In Mpumalanga lyk die situasie nog beter en slegs enkele damme in die provinsie is nie 100% vol nie. Middelburg-, Morgenstond-, Nooitgedacht- en Westoedam is almal tussen 96% en 99% vol en Inyakadam se vlak staan op 86%.
Net twee damme in die provinsie het minder water as dit: Ohrigstaddam staan op 50% en die Rhenosterkopdam op 46%.
ewus is van ons padprobleme nie, maar wel die vermoë het om paaie reg te maak as dit polities gerieflik is om dit te doen.
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
White maize |
4,580.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-27 |
-0.0093 |
4,623.0000 |
Yellow maize |
4,675.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-27 |
-0.0116 |
4,730.0000 |
Wheat |
9,333.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-27 |
0.0349 |
9,018.0000 |
Soybeans |
11,012.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-27 |
0.0037 |
10,971.0000 |
Sunflower seed |
8,190.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-27 |
-0.0036 |
8,220.0000 |
Sorghum |
7,488.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-27 |
-0.1172 |
8,482.0000 |
Groundnuts |
20,658.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-27 |
-0.0187 |
21,051.0000 |
Cotton |
17,195.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-27 |
-0.0431 |
17,970.0000 |
Sugarbeans |
25,000.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-27 |
0.0000 |
25,000.0000 |
Lusern (SupremeQ) |
3,650.0000 |
per Metric Ton |
2022-05-27 |
0.0000 |
3,650.0000 |