Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 21 September 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 21 September 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Volgens Agri SA sal die aanvaarding soos die wet nou omskryf is, nie net nadelige gevolge vir gevestigde boere inhou nie, maar ook vir opkomende en nuwe boere wat ’n bestaan uit die landbou maak.“As die wetsontwerp in sy huidige formaat deurgevoer word, sal die verswakking wat dit vir private eiendomsbesit beteken, uitloop op ’n uittog van kapitaal vanuit die landbousektor en die breë ekonomie. Die gevolg hiervan sal ook ’n bloei van werkverliese en beleggings veroorsaak. Gevestigde, opkomende en nuwe boere sal almal ongunstig daardeur geraak word en ons pogings om ’n welvarende en inklusiewe landelike ekonomie te vestig, ondermyn.”

Moorde in die VSA se sewentig grootste stede het vanaf 2019 tot vanjaar met 50% toegeneem terwyl die getal ernstige aanrandings met 36% gestyg het. Dit is duidelik uit hierdie data dat Amerikaanse stede ‘n enorme probleem met ernstige misdaad het en dat die afgelope twee jaar se stygings in misdaad die skerpste toename nog ooit was.

Die landbousektor staan op die rand van groot gevaar en die besluite en optrede (of gebrek aan optrede) van verskillende rolspelers kan op kort en mediumtermyn ernstige gevolge vir alle Suid-Afrikaners – nie net die landbou­gemeenskap nie – inhou. Die belangrikheid van die landbousektor in Suid-Afrika kan nie oorbeklemtoon word nie. Om kos plaaslik te verbou, staan sentraal in die land se vermoë om die bevolking te voed. En die landboubedryf en sy skakels – vorentoe en agtertoe – in die waardeketting is noodsaaklike werkverskaffers in ’n land waar werkgeleenthede desperaat nodig is. Tog staan die sektor nou op die punt waar die kombinasie van verskeie faktore en druk, waarvan baie al jare prut, saam met geopolitieke werklikhede en rampe buite ons beheer die sektor en mense in dié sektor onder groot druk plaas.

Die derde aanbieding van NAMPO Kaap, en die grootste nog, het die pas afgelope naweek tot einde geloop. Graan SA tesame met Bredasdorp Park NPC is dankbaar vir die rekord 32,640 besoekers wat NAMPO Kaap oor die vier dae besoek het om die meer as 500 uitstallers te besigtig. NAMPO Kaap 2023 is reeds in beplanning met die datum vasgestel van 13-16 September 2023 te Bredasdorp Park. Met die moontlike toekomstige betrokkenheid van ander georganiseerde landbou instansies, beloof die NAMPO Kaap platform om aan ieder en elk se behoeftes te voorsien – voorwaar dié landboutentoonstelling in die Suide.

Ons het ook die week ons eie EKSKLUSIEWE EIENDOM afdeling begin- Die plase wat hier bemark word is absoluut eksklusief en jy kry dit nie op die oop mark beskikbaar nie-  Blaai gerus deur die lys wat weekliks opdateer word . 

Die krag situasie in Suid Afrika het 'n baie groot invloed op die landbou bedryf-  Besproeing is een van die bedrywe wat die swaarste getref word.  Ons landbouers sit met vele uitdagings en die regering maak dit nie makliker nie. Die parlement sit vol van lekker gesonde vet mense wat baie kan praat en baie min kan doen. Meeste van hulle weet nie wat dit is om sonder krag te wees nie- wat nog van sonder kos en water. Meeste van hulle sit en kyk waar hulle kan aas en betrokke kan wees by korrupsie. Hier is baie mense wat baie te se het oor Eskom en sy topbestuur- wees verseker as hulle nie daar was nie- was ons jare terug al in die donker.  Voor jy weer jou mond rek- rol liewer jou moue op en gaan help om Eskom te herstel of gaan gee jou persoonlike insette by die uitvoerende hoof.  Elke staatsinstelling is tot op die grond vernietig deur die ANC en sy meelopers.
Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa wil dringende oplossings hê vir Suid-Afrika se voortslepende energiekrisis. Volgens berigte sal daar na verwagting deurslaggewende aankondigings gemaak word by vandag se kabinetsvergadering. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa huldig die standpunt dat die uitdagings gouer oorkom moet word as wat op die oomblik die geval is. Die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings sê intussen hy het sy vertroue in Eskom se leierskap verloor. Die voorsitter van die komitee, Khayelethu Magaxa sê die kragverskaffer beweeg teen ‘n slakkepas om die energiekrisis in die land op te los. Hy sê Eskom het kwessies wat opgelos moet word wat lank reeds uitstaande is.

Volgens Statistieke Suid-Afrika is die jongste inflasiekoers 5,9%. Dit beteken dat die gemiddelde verbruiker se mandjie goedere en dienste die afgelope jaar met 5,9% duurder geword het.Maar ten spyte daarvan dat inflasie steeds binne die band van 3% tot 6% is, het die Reserwebank tog besluit om die rentekoers weer vandeesweek te verhoog en is verdere rentekoersverhogings ’n uitgemaakte saak. Inflasie word nie veroorsaak deur die styging van die prys van, sê, petrol nie: Inflasie is nie ’n gebeurtenis nie, inflasie is ’n proses. Die proses ontstaan soos volg: Indien die prys wat ek vir petrol betaal, styg, dan is ek finansieel swakker daaraan toe. Maar natuurlik wil ek nie die finansiële las dra van die hoër petrolprys nie en daarom verhoog ek die pryse van die goedere en dienste wat ek verkoop. Maar die persoon aan wie ek my goedere en dienste verkoop, wil ook nie die finansiële las van duurder goedere dra nie en daarom verhoog hy sy pryse weer aan die volgende persoon – só word inflasie ’n proses. Dit is dié proses wat die Reserwebank met die hoër rentekoers probeer stop. Deur die rentekoerse te verhoog maak die Reserwebank geld “duurder”, wat beteken dat mense minder leen, met die gevolg dat vraag in die ekonomie gedemp word. En laer vraag maak dit moeiliker vir mense om hoër pryse “aan te gee” na die volgende persoon in die ketting – die proses van inflasie word dus gesmoor. Aldus Dawie Roodt die hoofekonoom van die Efficient Groep en ’n voormalige Ekonoom van die Jaar.

Ons het na vele gesprekke geluister verlede week op 'n program "Nasie in Gesprek" baie was interessant en insiggewend. Van die sprekers duudelik gewys dat hulle net praters is, terwyl boere doeners is.  maar daar is nog te veel mense wat absoluut geen praktiese en jarelange ondervinding het van landbou het wat baie te se het en hulle self as kenners uitgee.  Die jeug is opgewonde oor die toekoms van landbou-met al die soganaamde tegnologie wat oral bestaan. Meeste van hulle dink dat hulle met tegnologie en  'n slimfoon met een of ander Applikasie -landbou sommer gaan kaf draf.  Dis goed om tegnologie te he- maar dit gaan beter wees om saam die sognaamde "ou boere" liewer die pad te stap. Daar is nie in wereld boere soos Suid Afrika se kommersieele boere nie. Voor jy nie in die spore van 'n ware landbouer gestap het nie- of deel van van boerdery is nie- weet jy nie wat dit om 'n bier te wees nie. 

PAS BEKEND-  Suid Afrika Voedswel pryse Styg -

Tamaties se pryse het van Julie tot Augustus sommer met 10% gestyg. Dit is die hoogste styging wat Statistieke Suid-Afrika in pryse maand tot maand gemeet het. Tweede op die lys? Rooibostee, wat met 7,6% gestyg het. Vergeleke met Augustus verlede jaar het sonneblomolie, insluitend kanola-olie, met 55% gestyg – die hoogste styging van produkte jaar tot jaar. Die tweede hoogste jaar-tot-jaar prysstyging vir ’n voedselproduk is vir beet – wat 40,5% duurder is.Koekmeel het onder voedselprodukte die derde hoogste styging getoon (30,8%), gevolg deur komkommer en geblikte bone, beide met stygings van 23%.

Geen einde aan voedselprysstygings

Dit gee ’n aanduiding van hoe voedselprysinflasie steeds aanhou styg. Voedsel en nie-alkoholiese produkte se prysindeks het 11,3% in Augustus jaar tot jaar gestyg. Dit is hoër as Julie se 9,7%. Dié inflasie het beduidend begin klim van 6% in April en is al van Oktober 2020 gedurig bo 5%. Nege van die elf voedselgroepe en drankies het ’n jaarlikse inflasiekoers van bo 8% in Augustus gehad.

Brood en graankos het maand tot maand met 3,1% gestyg. Dit beteken dié produkte is nou 17,8% duurder sedert ’n jaar gelede, vergeleke met 13,7% wat dit in Julie was.

Mieliemeel het met 4,8% maand tot maand gestyg. Mieliemeel is nou 29,1% duurder as ’n jaar gelede.

Effense goeie nuus oor vleis is dat die jaar-tot-jaar inflasie in Augustus 9,2% was, bietjie laer as die 9,4% van Augustus. Vleis het egter sedert Mei 2021 maandeliks ’n styging van meer as 8% vergeleke met die ooreenstemmende maand die vorige jaar getoon.

Melk, eiers en kaas het ook van Julie tot Augustus gestyg – met 2,1%. Veral cheddarkaas, laevet en volroommelk het met meer as die gemiddelde gestyg.

Kookolies en margarien en botter het ’n nuwe hoogtepunt jaar tot jaar gehaal van 37,6%. Dit was 36,2% in Julie.

Die maand-tot-maand styging het verlangsaam van sy piek van 10% in Mei tot 1,1% in Augustus, luidens ’n verklaring van Statistieke Suid-Afrika.

Die kategorie warm drankies het sy hoogste styging sedert April 2017 jaar tot jaar beleef (11,8%). Dit is weens rooibostee en kitskoffie wat maand tot maand skerp met 7,6% en 3,9% gestyg het.

Waspoeier styg skerp

Asof dit nie genoeg is nie, het huisskoonmaakmiddels beduidende prysverhogings beleef.

Waspoeier is 26% duurder as ’n jaar gelede en wasgoedseep 33,9% duurder as Augustus verlede jaar.

Die prys van skottelgoedwasseep het met 13,6% gestyg. In geheel het die prysindeks vir skoonmaakmiddels met 23,4% jaar tot jaar gestyg.

Kalmer brandstofpryse

Van alle produkte het diesel die tweede hoogste styging gehad (54,7%) en petrol en paraffien is in die vierde en vyfde plek. Volgens Statistieke Suid-Afrika het die daling in petrolpryse verbruikersprysinflasie darem effens laat daal in Augustus tot 7,6% vergeleke met Julie se 7,8%. Petrolpryse het met 5% tussen Julie en Augustus gedaal en dieselpryse met 0,9%. Dit het in geheel die jaar-tot-jaar styging in brandstofpryse van 56,2% in Julie tot 43,2% afgebring. “Die welkome daling in die koste van brandstof het ’n impak gehad op die algehele vervoerprysindeks wat met 1% tussen die twee maande gedaal het.” Passasiers wat per pad vervoer word, betaal egter steeds 24,6% meer as ’n jaar gelede.

 
Farmingportal en AGRI NEWS NET asook E -MEDIA wat deel is van die CRA Group het die afgelope 6 maande met ongeveer  49% persent gegroei in besoekers en gebruikers. Ons Internasionale Video en Audio produksies het ook baie groei getoon.
AGRI NEWS NET se amptelike naam in Spanje en dele van Suid Amerika is - Red de noticias agrícolas.
Ons besoekers uit ons buurlande word daagliks meer. 

Ons is ook tans besig met onderhandelings vir fondse om ons landbouers te help in hulle stryd teen skuldeisers asook nuwe fondse vir die aankoop van plase en uitbreiding in landbou.

Hollard is die trotse borg van die Farming Portal/Landbouskrywers SA junior kommunikeerder toekennings.

Die landbousektor speel ‘n kritieke rol in die skep van ‘n beter toekoms vir alle Suid Afrikaners. Die doel van hierdie kompetisie is dan ook om akkurate en oordrag van inligting en positiewe stories binne die landbou aan te moedig. Hierdie is ‘n platform waar studente en jongmense binne die landbou en joernalistieke omgewing hulle werk kan publiseer. So kry hulle ook ‘n voorsmakie van kommunikasie met die publiek en belanghebbers binne die sektor en staan die kans om lekker kontantpryse te wen!

Daar is twee afdelings naamlik een vir joernalistiekstudente en die ander vir studente binne die landbousektor. Dit sluit ekonome, wetenskaplikes en landboukundiges ook in.

Die kompetisie sluit aan die einde van Oktober en die wenners sal aangekondig word aan die einde van November tydens ‘n geleentheid by die historiese Villa Arcadia in Parktown. Hierdie is ook die tuiste van Hollard en ons sien uit om die geleentheid daar aan te bied.

CRA Media is tans besig met die vervaardiging van 'n dokumentere reeks wat eersdaags in die Internasionale media beskikbaar gestel gaan word. 

Ons kondig ook binne kort weer 'n kompetiese aan. 

As jy enige kort bydrae wil lewer tot hierdie uiter gewilde artikle wat 2 weekliks geplaas woord, kontak die nuuskantoor by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Nuusredakteur

Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za


           

Die landbousektor staan op die rand van groot gevaar en die besluite en optrede (of gebrek aan optrede) van verskillende rolspelers kan op kort en mediumtermyn ernstige gevolge vir alle Suid-Afrikaners – nie net die landbou¬gemeenskap nie – inhou.

Terwyl mielieprodusente reeds in Suid-Afrika aan silo’s lewer met 13.1 miljoen ton van die oes van 15 miljoen ton, het Namibië ook uiters goeie nuus in verband met sy mielieoes. Dit is volgens Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, die eerste keer dat produsente meer as 100 000 ton gelewer het en volgens hom, sal die syfer bly groei.

Botswana, ‘n top-beesvleis-uitvoerder na die Europese Unie, beplan om sowat 10 000 beeste te slag om ‘n uitbreking van bek-en-klouseer te stuit. Die eerste groot uitbreking in twee jaar het die land gedwing om alle beesvleis-uitvoere op 24 Augustus op te skort. Botswana voer jaarliks sowat 9 000 ton beesvleis na die EU uit

n Namibiese landboukundige het gereageer op Botswana wat beplan om sowat 10 000 beeste te slag om ‘n uitbreking van bek-en-klouseer te stuit. Die eerste groot uitbreking in twee jaar het die land gedwing om alle beesvleis-uitvoere op 24 Augustus op te skort. Botswana voer jaarliks sowat 9 000 ton beesvleis na die Europese Unie uit.

Die vervoerverbod op beeste om die verspreiding van bek-en-klouseer te keer, kan egter ’n impak op pryse hê. Dit geld veral indien die tydperk van die verbod verleng word (of die kwessie nie in brandpuntgebiede opgelos kan word nie), en die beskikbaarheid van rooivleis gedurende die komende feestyd beperk word.

Die DA het die hoop uitgespreek dat die kragkrisis by Eskom, ‘n wekroep is vir President Ramaphosa en sy regering dat hulle benadering van ‘bevel en beheer’ gefaal het. Die DA-leier, John Steenhuisen het in ‘n virtuele toespraak gesê die afgelope dae se hoë-fase beurtkrag het ‘n vernietigende ekonomiese uitwerking op dorpe en stede regdeur die land, wat weer uitkring na inwoners en hul welstand.

Boere in die somersaaigebied gaan vanjaar fyn moet beplan om die risiko’s van ’n nat jaar en duur kunsmis te bestuur. Met die opname van die nasionale oesskattingskomitee wat tans aan die gang is, is dit nog nie duidelik presies wat saaiboere se plantvoornemens vir die somer is nie.

Die drang na alternatiewe energie bronne in die lig van die klimaat verandering wat plaasvind, het in Suid-Afrika posgevat onder die regeringslui wat hulle hoop vestig daarop dat dit ontwikkel kan word as een van die wêreld se grootste produsente van groen energie, bekend as Groen Waterstof.

Die Agbiz-vertrouensindeks het verder verswak met 7 punte tot 53 in die derde kwartaal, ná 'n 2-punt-daling in die tweede kwartaal van vanjaar. Hoër insetkoste, aanhoudende dieresiekte-uitdagings, stygende rentekoerse en voortdurende swak munisipale dienslewering is van die sleutelfaktore wat tot die verswakking in die vertrouensindeks bygedra het.

Die voorsitter van die Padongelukkefonds, Thembelihle Msibi het aan die parlementêre komitee oor Openbare Rekeninge gesê die fonds se aanspreeklikheid staan op sowat 800 miljard rand.

Die voedselprysindeks van die Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO) van die Verenigde Nasies was in Julie vanjaar 13,1% vergeleke met Julie verlede jaar, maar dié indeks het vir die vierde maand agtereenvolgens afgeneem.

Een van hierdie dieresiektes, wat selfs blindheid in mense kan veroorsaak, is slenkdalkoors. Slenkdalkoors is ‘n virussiekte wat oorgedra word deur veral die Aedes-muskiet, gewoonlik ná reënval.

Die wêreldrekord vir die grootste rösti wat gaargemaak is, is in Switserland verbeter. Rösti is ‘n gewilde nasionale gereg wat van gerasperde aartappels gemaak word. Lede van die Switserse Boere-unie het voor die parlementsgebou in Bern die rösti van 13 vierkante meter, in die vorm van ‘n Switserse kruis, gaargemaak.

Die eerste verwagte sneeu van die week het vandag rondom die Drakensberge in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal begin geval. Die La Niña-verskynsel kan in die komende weke baie stormagtige weerstoestande veroorsaak. Swaar reën wat vloede kan veroorsaak, word tot die einde van die maand langs die kusgebiede van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap verwag.

Geen medium in Landbou gee jou soveel nuus by een adres nie

Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za

So maak jy tequila
En so moet die natuur daagliks sorg vir sy eie kos
En daar gebeur dit  ( taal gebruik) 
Dit gebeur net in Afrika -