Sowat 200 mense het die eerste Sampi-oesdag in 1967 bygewoon. Net meer as ’n halfeeu later is die Nampo-oesdag die grootste tentoonstelling in sy soort in die Suidelike Halfrond,
Dit het “die drie musketiers van Bloemfontein” bloedsweet gekos om die eerste Sampi-oesdag op die plaas Donkerhoek buite Bloemfontein te reël. Skaars 200 mense het dit op 7 en 8 Junie 1967 bygewoon.
Die drie, mnre. Hannes van Wyk, Moos Haddad en George Stegmann, wou boere en masjinerievervaardigers by mekaar bring. “Daar was ’n wesenlike behoefte om trekkers en werktuie op ’n groter skaal te sien as wanneer slegs een maatskappy sy produkte op jou plaas kom demonstreer,” vertel Van Wyk later.
Die tekens vooraf was belowend. “Ek vertrou dat die oesdag nog eendag wêreldberoemd sal raak – soos die blommefees van Nederland, die Rynfeeste van Duitsland en Windhoek se karnaval,” sê dr. Willie Kotze, die eertydse direkteur van Sampi, ná daardie eerste oesdag.
Die volgende jaar was daar 600 besoekers en daarna het die oesdag vinnig gewild geword. Reeds in 1969 is dit uitgebrei na ander streke – onder meer na Standerton en Ottosdal – en in 1972 is ’n nuwe konsep bedink, naamlik ’n enkele, sentrale “oesdag”, maar wat oor vier of vyf dae sou strek.
Ook dít was in die kol. Die plaas Marthaville naby Bothaville in die Vrystaat is in 1974 as heeltydse oesdagterrein bekom omdat ongeveer 80% van die destydse mielieproduksiegebied binne ’n radius van 160 km vanaf
Bothaville geleë is.
Vandag is die Nampo-oesdag die grootste tentoonstelling in sy soort in die Suidelike Halfrond. Dit lok feitlik die hele Suid-Afrikaanse landbougemeenskap. Meer as 80 000 mense besoek dit en die 800 uitstallers kom van so ver as Hongarye, Brasilië, Pakistan en Kanada.
KLEIN BEGIN
Jean le Roux, wat tot 2010 hoof van promosies by Landbouweekblad was, het in 1967 die eerste oesdag in Bloemfontein bygewoon – en nóg 28 daarna – en onthou die beginjare só: “Die klem was baie meer op demonstrasies van werktuie, wat later jare beëindig is. Dit is ook onmoontlik om die eerste oesdae met vandag s’n te vergelyk. Alles het gegroei, maar dit beteken nie dat die oesdag in die verlede nie ook indrukwekkend was nie.”
Charl van Rooyen, ’n assistentredakteur van Landbouweekblad, het nooit gedink die oesdag sou só groot word nie. “Toe ek Nampo vir die eerste keer in 1974 as joernalis van Volksblad begin bywoon het, kon jy die terrein in een dag verken. Nou duur dit vier dae vir my en twee kollegas om elkeen ’n derde van die terrein te fynkam vir nuwe toerusting,” vertel hy.
In 1980 het Sampi en Samso saamgesmelt en die Nasionale Mielieprodusente-organisasie (Nampo) gevorm. In die bykans 20 jaar daarna het die Nampo-oesdag tot een van die bekendste Suid-Afrikaanse landbouhandelsmerke ontwikkel.
VERMAAK
“Die oesdag is een van daardie gebeurtenisse wat ’n mens nie durf misloop nie,” sê mnr. Japie Grobler, voorsitter van Nampo in 1996. “Oor dié paar dae is dit waar alles op die gebied van die landbou gebeur.” Volgens mnr. Giel van Zyl, voormalige hoofbestuurder van Nampo én Graan SA, is die oesdagprojek meer as net dié inkopieplek vir boere, dit skep ook samehorigheid onder graanboere. Dit was darem nie alles werk en geen tyd vir speel nie. Die Landman (voorganger van die tydskrif SA Graan/Grain) van 1974 berig: “Vir die aande is daar vuurwarm vermaak. Dit sluit in ’n verskeidenheidskonsert, ’n kabaretvertoning en ’n oesdagbal.” Van Zyl onthou hoe daar ná afloop van die vroegste oesdae se verrigtinge in ’n tent tot ligdag só gedans en jolyt gehou is “dat selfs die tent byna in die stof gebyt het”.
IETS VIR ALMAL
Die Nampo-oesdag het drie doelwitte, sê mnr. Jannie de Villiers, vorige uitvoerende hoof van Graan SA. Eerstens help dit boere om meer volhoubaar te boer en groter wins te toon. Die jongste tegnologie word op een plek gewys sodat boere dit met mekaar kan vergelyk.
Dan is Nampo ’n geleentheid om netwerke te bou. Boere kan met mekaar praat. Leiers kan aan debatte deelneem. Die sektor kan probleme oplos en sy waardes vestig en uitdra.
Derdens is dit ook dié groot jaarlikse geleentheid om die landbou se beeld te bou. “Ons wil veral vir nie-landbouers wys hoe voedselsekerheid lyk. Dit wys op ’n baie fisieke manier hoe voedsel geproduseer word en wat dit kos om dit te kan doen,” sê De Villiers.
“Graan SA droom ook dat meer van die beleidmakers en politici Nampo kom besoek om hulself te vergewis waaroor hulle daagliks besluite moet neem.”
Wat in 1967 begin is as ’n geleentheid vir mielieboere om toerusting op een plek teen mekaar op te weeg, het gegroei tot ’n landbouhandelskou van internasionale formaat, waar jy van massawaens en stropers tot veehantering- en lugbespuiting-toerusting kan sien.
In 2016 het die uitstallersarea van Nampo-park 187 690 m2 beslaan. Daarvan is 17 060 m2 binnenshuis.
“Die oesdag is lankal nie meer net op die graanbedryf gefokus nie,” sê De Villiers.
“Ons verwag dat meer en meer diversifikasie deel van die toekoms sal uitmaak.”
Wild en vliegtuie word in 2014 in twee nuwe uitstallersafdelings gevestig. Die telersgenootskappe van 32 bees-, tien skaap-, ses bok-, twee perderasse en ’n varkras stal jaarliks uit.
“Graan SA se Nampo-oesdag maak ’n ander wêreld vir ’n mens oop,” sê mnr. Cobus van Coller, oesdagvoorsitter in 2012. “’n Boer se behoefte en fokus op sy plaas is elke jaar anders en onder hierdie groot oesdagsambreel is daar iets om elkeen se spesifieke behoefte te bevredig.
“Die oesdag spreek tot die breë publiek as verbruikers van ons landbouprodukte. Dit spreek tot alle produsente in ons land. Dit spreek tot besluitnemers in regeringskringe en die bedryf. Dit spreek selfs tot die internasionale arena en die groeiende belangstelling uit die buiteland bevestig dit.”
The future of agriculture: a new generation - Nampo 2022
Solank die uitstallers waarde kan toevoeg tot elke boerdery, sal boere die oesdag bly bywoon.
“Suid-Afrika se boere staan in die wêreld bekend dat hulle die maklikste na nuwe tegnologie oorslaan. Dit het te doen met die feit dat winsmarges klein is en daar byna geen ondersteuning van die staat vir die landbou is nie. ‘ ’n Boer maak ’n plan’ is die gene wat dit aandryf. Die winsgewendheid van die landbou is onder groot druk en dit beïnvloed die mate waartoe nuwe aankope en beleggings plaasvind.”
Uitstallers sal aanhou kom solank daar flink sake gedoen word. Uitstallers sal al hoe meer hul produk aan voornemende kopers wil demonstreer en wys hoe dit die boer se wins kan verhoog.
“Graan SA se knelpunt is om die infrastruktuur – water, krag en riool – op die terrein in stand te hou en só uit te brei dat ons meer besoekers kan huisves.” Die blyplek in die omgewing bly ’n beperking, asook die toegangsroetes tot Nampopark. Die vrye mark en winsgewendheid bly die dryfveer vir boere en vir uitstallers.
INTERNASIONALE DEELNAME
“Talle lande sien Suid Afrika as ’n deurgang om sakebelange in Afrika te vestig .Die oesdag bied ’n geleentheid om vennootskappe aan te gaan.” Veral in die laaste dekade het internasionale belangstelling sterk gegroei:
’n Afvaardiging van Argentinië het in 2008 die eerste keer aan die oesdag deelgeneem. Dit ontwikkel tot ’n Argentynse paviljoen.
Sowat vyf Amerikaanse uitstallers neem sedert 2010 deel en produkte uit Australië word ook ten toon gestel.
Vanaf 2011 kom besoekersgroepe uit Afrika.
Teen 2012 vorm gesamentlike uitstallings vanuit Amerika en Argentinië deel van die oorsese uitstallers, met individuele uitstallers uit Pakistan, Brasilië, Italië en Denemarke. Meer as 45 internasionale uitstallers is teen 2013 by die oesdag betrokke.
In 2014 het internasionale afvaardigings uit Amerika, Argentinië, Brasilië, Denemarke, Frankryk, Hongarye, Italië, Israel, Indië, Kanada, die
Oekraïne, China en verskeie Afrikalande die oesdag besoek.
BOEREPLANNE
In 2018 het Landbouweekblad, Omnia en Graan SA nuwe lewe in die Boerepatent-kompetisie geblaas. Die tydskrif se weeklikse Boereplan-artikel dien nou as redaksionele aanloop daarvoor en dek alles van planne vir ’n ontsoutingsaanleg en ondergrondse besproeiingstelsel tot ’n elektriese kragvoermenger en afstandbeheerde wildvangnet.
“Die Boereplan-kompetisie is ’n wonderlike instelling op die oesdag,” sê Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad. “Om heeltyd planne te beraam, is immers wat boere enig in hul soort maak.”
NAMPO KAAP
In September 2018 het Graan SA die eerste Nampo Kaap by Bredasdorp aangebied. Altesame 16 000 skougangers het dié Overbergse landbouskou se vee-uitstallings, skeerdemonstrasies, wolboerprogram en jeugskou bygewoon.
Die tentoonstelling as ’n projek deur die gemeenskap, vir die gemeenskap en voorspel dat dit ’n hoogtepunt op die Kaapse landboukalender gaan word. “Die aanbied van ’n Nampo-landbouskou in die Kaap stel ook produsente wat weens seisoenale boerderyverpligtinge nie die Nampo-oesdag op Bothaville kan bywoon nie, in staat om ’n soortgelyke gebeurtenis op hul drumpel te ervaar.
NEW CEO for GrainSA Dr Pieter Taljaard.
Dr Pieter Taljaard (43) took over the reigns from Jannie de Villiers, former CEO, on 1 September 2021 As a part-time producer, he not only has a passion for agriculture, but also understands its joys, obstacles and challenges.
With a PHD in agricultural economics from the University of the Free State (UFS), he has filled various management roles over the past few years. These include positions as income optimization manager at Monsanto and production manager at NWK. Prior to joining Grain SA he was the manager: Small Grain and Industrial Crops at Bayer.
His passion for agriculture stems from the North West maize region – on a farm just outside Potchefstroom where his father farmed part-time. Pieter decided at a young age to make agriculture his career. Apart from a career mainly in the seed industry over the past few years, he has also been farming part-time for 19 years – a hobby that provides him and his family with endless joy.
His first Nampo was in 2022- with great success.
Nampo 2022- Die Oesdag is die perfekte geleentheid vir Landbouers - Suid Afrika
Nampo 2023 - 16th May till 19th May 2023 - Bothaville South Africa
Since its inception, the NAMPO Harvest Day has been the leader in showcasing agricultural innovation and providing that one stop platform to agricultural enthusiasts in South Africa. After an extremely successful and long-awaited return to the agricultural calendar last year, the 2023 NAMPO Harvest Day promises to exceed all expectations once again!
The theme “Agriculture Innovated” confirm the positive role attributed to the Harvest Day and its contribution to the future of agriculture. It will showcase agriculture's latest technology, machinery, innovations, and productivity solutions.
In its efforts to ensure that NAMPO is the agricultural sector’s most relevant platform and marketplace for innovation, technology, information exchange and discussion, Grain SA has stepped up to have expansions and improvements on the grounds and to the programme, ready for the 2023 NAMPO Harvest Day.
“NAMPO plays an important role in developing the agricultural sector by providing a successful environment for business and producers to interact and do business. It gathers all Agri-role players which present their products and services in the areas of production, machinery, food-processing, inputs as well as other products and services related to the sector. NAMPO is also the place where producers meet and the only trade show that bring together agricultural solutions for all types of farms and crops,” Dr Dirk Strydom, Grain SA’s NAMPO, Marketing & Research Development Lead said.
What’s New
Many exhibitors have upgraded and expanded their NAMPO offering and newly paved roads will improve the distribution of feet on the park. The new weapons and outdoor apparel offering has been added with the inclusion of new exhibitors. New outside exhibition spaces on the southern side of the grounds bring the total number of exhibitors to more than 800. A new coffee bar will satisfy any coffee-lover’s appetite offering a relaxed lounge atmosphere situated on the southern side at Gate 2.
The delicatessen stalls have been moved to the NAMPO Padstal offering visitors the freshest and tastiest treats on offer. NAMPO’s food stalls have also expanded, still benefitting non-profit organisations such as schools, churches, and community organisations. An exclusive restaurant, which will offer exhibitors the opportunity to reserve tables for client discussions, has been added to the Fanie Ferreira Hall.
The AFGRI Ladies’ programme has been moved to ensure better visibility and promises fun-packed mornings with well-known personalities like singer Chris Else performing, Mynhardt Joubert showcasing the ability to prepare and present a meal in colour, and Willem Botha who will ensure magic transformations with make-overs.
Old Favourites
The traditional NAMPO favourites still part of the programme, include the popular 4x4 vehicle demonstrations on the Standard Bank 4x4-track and the Adventure Track for side-by-side, motorcycle and quad trails. The well-know Farmer’s Patent Competition with Omnia & Landbouweekblad boasts different divisions for entry and is an exhibition not to be missed. The seed plots on the eastern side of the park, offer a view of grain and feed crops and grass varieties of SA’s leading seed companies.
The Nation in Conversation popular discussion forum bring together role players in the agricultural sector to reflect on issues, locally and internationally. Filmed during NAMPO and accommodating approximately 80 guests in the audience, the discussions are streamed live on various platforms.
The livestock division, include cattle, sheep, pig, and goats, representing almost 100% of the large- and small-stock breeds, as well as miniature horses. Daily livestock exhibitions are also scheduled at the TAU Livestock arena where all standard foot & mouth disease protocols will be followed.
Getting around
Getting around the vastness of the NAMPO Park grounds are covered in more ways than one. Media partner OFM will broadcast live from NAMPO Park with a dedicated Agri hour from 11am and dedicated traffic updates throughout the day will ensure listeners travel safely to and from the event. The “Mieliehop” shuttle service will be running between NAMPO & Bothaville daily and offer long distance shuttles from the OR Tambo airport as well as the surrounding towns. For the air traffic, the Absolute Aviation airport lounge welcome visitors to the northern side of the park with a shuttle service available to Gate 3. Visitors on the park can use some of the nine tractor trailers that follow different routes across the grounds, to ease the burden on the feet.
Agricultural Highlight
This year, NAMPO Harvest Day aims to really realize the NAMPO dream of old. The 2023 NAMPO Harvest Day is definitely a highlight on the agricultural calendar and offer visitors the ideal platform to network with the agricultural industry's top players and suppliers, strengthen friendships and above all, come and enjoy what this unique and ever-growing agricultural show has to offer, all in one place.
NASKRIF
Dis was 'n voorreg om deel te kos wees van die eerste dae van Nampo in die laat sewentig jare en daarna elke jaar die Oesdag te kon bywoon as landbouer. Ons landbouers en uitstallers en besoekers bring vandag hulde aan almal wat deur die jare hard gewerk het aan hierdie droom. Suid Afrika se landbouers is van die beste in die wereld en ons gee hulle alle eer - Geniet 2023 Nampo - Ons wens GraanSA en Nampo 2023 net die beste toe- mag dit weereens 'n sukses wees en mag ons landbouers en hulle gesinne die jaarlikse instelling geniet- Ons wens ons uitstallers net die beste toe en ons hoop dat goeie besigheid weereens gedoen gaan word. Ons span sal die geleentheid besoek die 17de Mei oppad na die Wes Kaap.
CRA MEDIA Pretoria
Die paaie-
In al die jare was al die roetes na die park baie goed en instandgehou- maar met verval van die regering is die paaie nie meer so gaanbaar nie.
Besoekers aan Nampo-park tydens die Nampo-oesdag volgende week kan op die uitkyk wees vir borde wat alternatiewe roetes nader aan Bothaville en omstreke aandui.
Die 55ste Nampo-oesdag vind van 16 tot 19 Mei op Nampo-park plaas en duisende mense word op die terrein en in die distrik Bothaville verwag. Dr. Dirk Strydom, hoof van Nampo, bemarkings- en navorsingskoördinering by Graan SA, sê van die slaggate op van die roetes is redelik opgevul.
Cobus van Coller, boer van die distrik Viljoenskroon en ’n Nampo-vrywilliger, sê die beste roete van Kroonstad is die R59-pad na Viljoenskroon en dan die R76 na Bothaville. Die R727 tussen Kroonstad en Bothaville is gaanbaar, maar het heelwat slaggate.
Borde gaan wel op die R59-pad naby Viljoenskroon aangebring word om ’n alternatiewe roete na Nampo-park en die Nampo-oesdag aan te dui omdat ’n deel van dié pad onder water is. “Ek het self vandag (10 Mei) dié ompad gery en dis in ’n redelik goeie toestand,” sê Strydom.