Woorde is mooi, maar is aksie realiteit?- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

President Cyril Ramaphosa se 2022 staatsrede is belaai met herstelplanne vir die land se ekonomie, maar die regering se beleidsomgewing maak die uitvoering van die planne onseker.

 
Vanjaar se staatsrede is in die Kaapstad-stadsaal gehou weens die brand in die Parlement. 
 
In sy staatsrede het Ramaphosa na die Ekonomiese Heropbou en Herstelplan verwys wat die skepping van werksgeleenthede in die hart van ons ekonomiese herstel plaas en gesê dit word tans geïmplementeer. Hy het ook verwys na ’n plan vir ekonomiese herstel en groei wat binne 100 dae opgestel moet word. Die ramptoestand sal afgelas word na samesprekings om seker te maak dit is veilig om te doen. Grootskaalse hervorming by Eskom en Transnet is ook genoem. Ramaphosa het dit ook duidelik gestel dat grondhervorming sal voortgaan. 
 
Mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder, het reageer: “Suid-Afrika se fokus moet op ekonomiese groei wees soos tereg hier deur die President gesê. Daarsonder is daar nie enige kapasiteit om enige van die uiters noodsaaklike aspekte aan te spreek nie. Die regering se beleidsomgewing is egter nie een wat vertroue in die privaatsektor skep nie en die regering maak baie staat op die privaatsektor deur te sê die regering skep nie werk nie, maar die privaatsektor doen. Tereg voeg Ramaphosa by dat die regering die klimaat skep vir die privaatsektor om werksgeleenthede te skep...en tans is dit nie die geval nie.
 
“Die spreekwoordelike ekonomiese koek moet vergroot word. Vir die ekonomiese koek is die koekbakkers die ondernemers of entrepreneurs en die bestanddele vir die koek is beleggings. Beleggings wat net sal realiseer indien die beleidsomgewing gunstig is om die nodige vertroue te skep. Oor tyd heen het die regering as gevolg van sy beleidsomgewing soveel onsekerheid geskep en die gevolg is sy bestanddele het opgedroog. Daar word nou met spreekwoordelike gemaalde beesmis (kaderontplooiing, Swart Ekonomiese Bemagtiging, korrupsie, ens.)  gebak instede van koekmeel. Die Staatsrede het nou al iets soos ’n versiersuikerlagie geword om hierdie onbruikbare en oneetbare koek te laat mooi lyk.
 
“Suid-Afrika stik nou al lank aan die gevolge van hierdie onbruikbare verdigsel van ’n koek en raak die probleme soos vervalle infrastruktuur, werkloosheid, ’n swak opleiding in skole, onvermoë om na die inwoners van die land se veiligheid om te sien en vele ander net al hoe erger. As gevolg van juis kaderontplooiing en SEB is die kundigheid om te kan lewer op al die voorstelle van die staatsrede erg gedreineer. Voeg dan daarby die plundering van die staatsfinansies op alle vlakke en die perfekte ekonomiese storm is op ons tafels. In die lig hiervan is dit moeilik om enigsins waarde te heg aan die staatsrede in die sin dat dit slegs ’n retoriek geword het van ’n spel vir die paviljoen en word net die versiersuiker voorgehou as die pad vir die toekoms. Die ANC in sy wese met sy verbintenis tot ’n ideologie waarbinne die SAKP en Cosatu meedoen om hom gevange te hou tot ’n benadering vir die toekoms wat wêreldwyd nog net armoede en hartseer geskep het, plaas enige ekonomiese aankondiging onder groot verdenking.”
 
Hy het wel die President se erkenning van oorregulering verwelkom en so ook die koste van digitale kommunikasie wat goedkoper sal word.
 
In reaksie op Ramaphosa se woorde dat landbou die potensiaal het vir grootskaalse werkskepping, het mnr. Van Zyl net gesê dat minimumloon dié positiewe idee kan nek omdraai. 

 Words sound good, but is action reality?
 

President Cyril Ramaphosa’s 2022 State of the Nation address is laden with recovery plans for the country’s economy, but the government’s policy environment makes the implementation of the plans uncertain.
 
This year’s state of the nation address was held in Cape Town City Hall due to the fire in Parliament.
 
In his State of the Nation Address, Ramaphosa referred to the Economic Reconstruction and Recovery Plan that places job creation at the heart of economic recovery and said it is currently being implemented. He also referred to a plan for economic recovery and growth that must be drawn up within 100 days. The state of emergency will be called off after talks to make sure it is safe to do so. Large-scale reforms at Eskom and Transnet were also mentioned. Ramaphosa also made it clear that land reform would continue.
 
Mr. Bennie van Zyl, TLU SA General Manager, responded: “South Africa’s focus must be on economic growth, as the President rightly said here. Without it, there is no capacity to address any of the extremely essential aspects. However, the government's policy environment is not one that creates confidence for the private sector and the government relies heavily on the private sector by saying the government does not create jobs, but the private sector does. Ramaphosa rightly adds that the government creates the climate for the private sector to create jobs ... and at present this is not the case.
 
“The proverbial economic cake must get bigger. For the economic cake, the cake bakers are the entrepreneurs and the ingredients for the cake are investments. Investments that will only materialise if the policy environment is favourable to create the necessary confidence. Over time, the government has created so much uncertainty due to its policy environment and as a result its ingredients have dried up. It is now baked with proverbial ground cattle manure (cadre deployment, Black Economic Empowerment, corruption, etc.) instead of cake flour. The State of the Nation Address is just like an icing on the cake that just makes this unusable and inedible cake look pretty.
 
“South Africa has long been choking on the consequences of this useless fabrication of a cake and is facing problems such as dilapidated infrastructure, unemployment, poor schooling, inability to guarantee the security of residents of the country and many others. Due to cadre deployment and BEE, the expertise to be able to deliver on all the proposals of the State of the Nation address has been severely drained. Add to that the looting of public finances at all levels and the perfect economic storm is on our tables. Considering this, it is difficult to attach any value to the State of the Nation address in the sense that it has only become a rhetoric game for the pavilion and only the icing sugar is presented as the path for the future. The ANC, in essence, with its commitment to an ideology within which the SACP and Cosatu participate in capturing him for an approach to the future that has only created poverty and sadness worldwide, places any economic announcement under great suspicion.”
 
He did welcome the President’s recognition of over-regulation and that the cost of digital communications would become cheaper.
 
In response to Ramaphosa's words that agriculture has the potential for large-scale job creation, Mr. Van Zyl only said that minimum wage can turn this positive idea on its head.