Ons eie Suid Afrikaanse Donkies.


Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

In die Suid Afrika kom die meeste donkies voor in die verafgelee gebiede van die Karoo en die Kalaharie in die Noorde Wes Provinsie.

In die gebiede word donkies meestal gebruik as trek diere, maar dis ook 'n baie gewilde "take away" vir sekere Leeuboere in die Kalaharie wat hulle  leeus in hokke voer. Die donkies word opgekoop, geskiet en opgesny en met vel en al en vir die leeus gevoer. Dit was nog altyd goedkoop vleis vir hierdie duur leeus wat gejag word deur oorsese trofee jagters teen duisende Amerikaanse dollars. 

Mak donkies was al duisende jare lank ons getroue dienaars. Hulle is—en word steeds in sommige lande—gebruik om landerye om te ploeg, waterwiele te laat draai, dorsmasjiene te laat werk, donkiekarre te trek en vragte (en mense) op hul rûe te dra.

Donkie Dis wel waar dat hulle steeks of halsstarrig is—maar dan ook net as hulle oorwerk en ondervoed is en ’n mens hulle wreed behandel.

Maar is ’n donkie werklik so dom soos... nou ja, die spreekwoordelike esel? Nie regtig nie. Die rede vir die esel se legendariese ''onnoselheid'' moet waarskynlik gesoek word by die feit dat, wanneer ’n trop donkies aangeval word, die leier agterbly terwyl die res van die trop spore maak. Al wat die leier egter doen, is om sy gebied te beskerm.

Geleerdes reken dat die mak donkie afstam van die wilde-esel van Afrika, wat eenmaal die woestynvlaktes van Ethiopië en Somalië bewoon het. Hy is ’n nabye familielid van die Asiatiese wilde-esel, wat steeds in troppe in die woestyngebiede van Midde-Asië rondswerf.

   Donkey Owners Stare At Looming Extinction Of The Species By 2023

Dis te betwyfel of enige suiwer wilde-esels van Afrika nog bestaan. Daar is wel nog seker wilde donkies in die woestyngebiede van Noord-Afrika, maar hulle is vermoedelik die nasate van mak donkies wat ontsnap en weer wild geword het. Die Asiatiese wilde-esel is uiters skaars, maar kom steeds in sy suiwer vorm voor.

Daar is vandag baie mak donkierasse, wat wissel van ligte, vinnige donkies wat as rydiere gebruik word tot sterk, swaargeboude trek- of pakesels. Daar is ’n groot verskeidenheid wat kleur, merke en die lengte van die hare aanbetref.

Maar donkies was in die verlede nie net gesog omdat hulle hardwerkend is nie. Donkiemelk is ook baie voedsaam en is ongetwyfeld deur die eeue heen deur baie stamme en volkere gedrink. Vreemd genoeg is die melk egter meer weens sy kastige genesende eienskappe gebruik—die rede waarom koningin Cleopatra glo daarin gebad het. Volgens die FAO, die Verenigde Nasies se landbou- en voedselorganisasie, is die antibakteriese elemente in donkiemelk ’n honderd keer meer aktief as in beesmelk en bevat dit teenallergene, wat behulpsaam is vir mense met sekere velallergieë en lugwegprobleme.

Dit word ook aanbeveel vir veral kinders wat nie beesmelk, soja of ander melkvervangers mag geniet nie. Ondanks al dié voordele bly die produksie van donkiemelk ’n klein bedryf. ’n Donkiemerrie kan net minder as twee liter melk per dag verskaf terwyl ’n melkkoei 50 liter kan verskaf. Volgens die IBS verkoop een liter donkiemelk in Ciprus vir ’n gemiddelde prys van €24 of $30 - dit is tussen R450 en R500. Telers meen ook dat donkies makliker is om te teel as beeste of perde.

Die donkie self sou boonop ook magiese genesingskrag gehad het. In Engeland is geglo dat ’n mens kon keer dat ’n kind kinkhoes kry deur hom op ’n donkie te sit. As ’n skerpioen jou gesteek het, moes jy in ’n donkie se oor kyk om gesond te word. Nog ’n raat teen vergifting was om sop te drink wat gemaak is van gekneusde donkiebeendere wat in water geweek is.

Tog het daar in die afgelope paar jaar ʼn uiters winsgewende swartmark vir die uitvoer van donkievelle, in veral Suid-Afrika, ontstaan. ʼn Donkie word vir tot R300 van ʼn stamhoof gekoop, of anders word die donkies eenvoudig net gesteel. Die velle word vir tot R7 000 verkoop en een besending velle kan tot R8 miljoen inbring.

China het hulle tot Afrika se donkies gewend nadat die land se eie donkiebevolking sedert die 90’s gehalveer het. Dit is hoofsaaklik te wyte aan
die industrialisering van China se ekonomie wat donkies oorbodig gemaak het. Die donkie is egter nie net ʼn trekdier in die land nie, sy vel is die
bestanddeel in ʼn gewilde tradisionele Chinese medisyne. Die Chinese het baie gelowe en dit blyk of die medisyne daarvoor in Afrika is. 

ʼn Tradisionele geneesmiddel wat vir alles kan help en die donkievelle word gekook om die gelatien te bekom wat ʼn hoofbestanddeel in ejiao is. Chinese glo die gelatien het teenverouderingseienskappe en kan slapeloosheid en duiseligheid behandel. Ejiao word ook as ʼn bloedtonikum beskryf, wat onder meer kan help om bloeding te stelp en ʼn mens se bloed te versterk terwyl dit ook glo bloedsirkulasie verbeter. Die gelatien in ʼn harde jel verkoop wat in warm water of alkohol opgelos word. Dit kan ook as ʼn room vir beensere aangewend word.

China jaarliks minstens vier miljoen donkies benodig om in die vraag na die vervaardiging van ejiao te voorsien. Meer as 5 000 ton ejiao word jaarliks in die land vervaardig. Daar word geraam dat China se donkiebevolking tans op net 1,8 miljoen diere staan.

Buiten die skade aan die donkiebevolking in Suid Afrika het die nuwe bedryf omgewings- en ekonomiese probleme veroorsaak. Slagpale, wat byna oornag opgerig is om die donkies te slag, het dikwels bloed en afval in die drinkwater van boere gestort.  


Kenners meen terwyl die vraag na donkievelle van China ʼn gulde geleentheid vir ʼn nuwe soort boerdery in Suid-Afrika, en die res van die Afrika bied, sal dit fyn beplanning van owerhede oor dievasteland verg om te verseker dat die hulpbron nie uitgeput word en plaaslike mense ontneem van ʼn dier wat dikwels die enigste vervoermiddel vir die armste van mense is nie. 

Slagpale wat aan al die nodige vereistes voldoen en boere wat opgelei is om donkies te teel is maar net van die voorvereistes vir die volhoubaarheid van die bedryf. China se vraag sal na verwagting net verhoog namate die land se groeiende verbruikersklas gewillig is om meer geld aan luukse goedere soos ejiao te bestee. Miskien moet mens na iest anders kyk wat volop is in Suid Afrika om die drang van die Chinese te genees. 

Dis nie baie betalend om met 'n donkies te teel nie- 'n merrie is 14 maande dragtig. Maar as daar beter pryse is en die markte groei kan dit werk skep en betalend raak. Dis 'n baie lang wagperiode vir aanteel. 

Mens kan nie anders as om jou kop in skaamte te laat sak oor hoe sekere Suid Afrikaners  met gulsigheid en jaag na geld, ons diereryk vernietig het nie. Leeubene, karkasse,velle, Renoster horings, Olifant tande donkies en nog baie meer- en daardeur hulle selfsugtigheid bewys het teenoor die diereryk en die nageslag. 

Intussen bloei my hart nog steeds vir hierdie nederige die,r wat so verniel is al vir dekades en nog steeds nie sy volwaardige plek in die diereryk gekry het.  En wat die windpomp betref- skryf ons later oor hierdie unieke uitvindsel wat so deel is van 'n egte Suid Afrikaanse plaas.

Johanel ANN  met sekere inligting verkry  van  ( Mieliestronk.co.za )