Kies dekkingsvlak wanneer oesversekering uitgeneem word

Kies dekkingsvlak wanneer oesversekering uitgeneem word

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

“Wanneer haelversekering uitgeneem word, het produsente die opsie om die moontlike opbrengs en prys waarvoor hulle hul oes wil verseker, te kies,” sê Daniel Stevens, hoof:

Oesversekering by Santam.

 

Santam gebruik dan hierdie waardes om die totale versekerde waarde waarop die versekeringspremie gegrond sal wees, te bereken. Dit sal verder ook gebruik word om die eis en polisbybetaling te bereken wanneer ’n eis betaalbaar word, verduidelik Stevens. (Geplante hektaar x moontlike opbrengs per hektaar x moontlike waarde per ton = versekerde waarde).

 

Wanneer op die versekerdewaarde besluit word, moet die kliënt besluit of hy dekking vir die volle inkomstewaarde van die oes, insluitend sy moontlike winsmarge, wil koop of vir ’n laer waarde wabelynmet produksiekoste.

 

Die netto dekkingswaarde kan aangepas word deur óf ’n laer versekerde waarde óf ’n hoër polisbybetaling te kies. ’n Hoër polisbybetaling sal meebring dat die versekeraar ’n laer versekeringskoers het omdat die polishouer meer van die eerste verlies vir sy eie rekening sal neem.

 

Voorbeeld

 

Boer A in Bothaville wil sy mielies met ’n moontlike inkomstewaarde van R1 000 000 teen hael verseker.

 

As hy ’n versekerde waarde van R800 000 (80% van moontlike inkomstewaarde) met ’n 5%-vrystellingsopsie as polisbybetaling kies, sal die netto dekkingswaarde R800 000 wees. As die tarief 1,5% is, sal dit ’n premie van R12 000 beteken.

 

Indien egter ’n versekerde waarde van R1 000 000 (die volle moontlike inkomstewaarde) kies en ’n vaste polisbybetaling gelykstaande aan 10% van die versekerde bedrag neem, sal die netto dekkingswaarde R900 000 wees. Die tarief sal waarskynlik van 1,5% tot 0,8% verminder en ’n premie van R8000 beteken.

 

In hierdie voorbeeld sal boer A ’n netto dekking van R100 000 meer kry en R4 000 op sy versekeringskoste bespaar deur ’n hoër bybetaling op die volle inkomstewaarde te neem, eerder as ’n laer versekerde bedrag met die laagste polisbybetaling wat deur die versekeraar aangebied word.

 

Gesels gerus met jou plaaslike Santam-verteenwoordiger vir meer inligting of besoek www.santam.co.za.