Sommer vroeg, vroeg in die jaar word daar 'n donker jaar voorspel vir ons somegraanprodusente, terwyl dit besig is om te reen en trekkers oor 'n wye veld besig is om pitte in die grond te sit.
Dit het nie op al die plekke gereen waar dit moet reen nie en daar is plekke wat nog geen druppel reen gehad nie. Daar is distrikte waar daar ook mooi somergewasse staan en wat baie mooi gaan groei met die reen.
Dit reen nie geld nie, maar dis ten minste 'n verbetering op 2 weke terug. Daar is niks so sleg om nie reen te kry as jou dit by jou buurman papnat is nie-
Die negatiewe beriggewing in die pers, sosiale media, radio en Televisie saam met hulle medewerkers gaan nie die probleem oplos nie.
Suid Afrikaners is oor die algemeen goed ingelig en wil liewer aan 'n oplossing werk, as 'n klomp negatiewe beriggewing en klagtes.
Graanpryse het gestyg net voor Kersfees maar het weer teruggesak na die lekker reens oor verskeie dele van die graanproduserende gebiede. Pryse kan vir die volgende paar maande konstant bly.
Dit het ook heelwat gereen in Limpopo asook Mpumalanga waar daar heelwat wildsboere is en waar die veld nou lekker kan groei. Met Wildsboere het dit oor die algemeen die afgelope paar jare nie goed gegaan nie, maar hulle sal weer kop optel.
Die Roggeveld het ook’n bietjie reën gekry, maar dit is baie droog daar. 60% van skaapkuddes in die gebied is al geslag en daar gaan ook nie veel aanteelvee wees nie. Die wereld begin 'n woestyn word.
Omdat skape hoofsaaklik mielies eet, slyt hul tande baie vinniger weg. Waar ooie tot 9 jaar gehou kan word, is hul tande nou op 6 jaar reeds weggeslyt.
Bome in die gebied vrek al weens die langdurige droogte en boorgate het nie veel water meer nie. Beaufort Wes is een van die plekke waar water baie skaars is.
In die Noord-Kaap en Noordwes by Fraserburg, Kuruman Tosca, Kathu, Vorstershoop en Vryburg het landbouers hulp nodig. Die veld is dood en die bosse het nie veel voedingswaarde nie.
Ongelukkig word plaaswerkers afbetaal en landbouers doen al die plaaswerk saam met hul vroue en kinders omdat hulle nie meer iemand kan betaal nie.
Landbouers dra die klein dorpies se ekonomie en daar werk en geld het hier opgedroog.
In Glencoe en Dundee in KwaZulu-Natal is dit ook droog. Wakkerstroom was net so droog tot 'n paar weke terug.
Grahamstad, Willowmore, Rietbron, Fullarton, Steytlerville, Leeu-Gamka en ander plekke in die gebeide is soos 'n vetkol en dit reen nie daar nie.
Hoewel dit die afgelope week in die Vrystaat en dele van Noordwes gereën het, was daar nie genoeg dat al die boere kon begin met aanplantings nie.
Die suidooste van Limpopo en die oostelike dele van Noordwes is daar elke dag tussen 30% en 60%-kans op reën . Dit het oor die algemeen goed gereën in Gauteng, Limpopo en Noordwes –
Ons is nou midde in die somerreënvalseisoen wat tot Februarie en langer kan duur duur. Hopelik sal dit genoeg reën vir die landbouer bring om betyds saad in die grondte kry.
Elke dag is daar 'n berig iewers in die media oor die droogte en die verspoelings- maar baie min oor waar dit werklik goed gaan. Verspoelings gaan daar wees waar it baie reen.
Nog ‘n jaar is op sy rug en ons staan aan die begin van 2019, ‘n jaar wat sonder twyfel sy uitdagings sal hê maar ook baie opwinding sal meebring.
Suid Afrika se landbouers presteer nog baie goed in baie bedrywe -die rooivleisbedryf is een wat baie gegroei het, in uitvoere na die buiteland. Die feit dat die boere steeds ‘n netto-uitvoerder is, is vir die bedryf baie goeie nuus aangesien dit produsentepryse op ‘n redelike stabiele vlak hou .Die sitrusbedryf is die tweede grootste uitvoerder van sitrus in die wêreld. Dit is ‘n bedryf wat goed doen – daar is ‘n klomp nuwe markte wat ontwikkel word en die bedryf toon baie groei. Suid-Afrika het tot 400 sitrusuitvoerders wat vrugte aan meer as 70 lande lewer. Intussen hoop sitrusboere dat die EU regulasies ten opsigte van swartvleksiekte sal verslap. 800 000 ton sitrus is in 2018 is aan EU-lande gelewer. Slegs twee besendings met swartvleksimptome is gevind, maar die swamme is as nielewensvatbaar getoets.
Suid Afrika se marcadamia produsente asook Avokado produsente doen net so goed.
Die graanbedryf bly onder druk en verwag nie ‘n wesenlike styging in graanpryse nie. In die rooivleisbedryf kan die pryse redelik stabiel bly as dit binnekort reen in die produserende gebiede.
Die vee produsente moet net genoeg kos kan bymekaar maak deur die somer om hulle kuddes deur die winter te dra. Suid Afrika se landbouers moet ontwikkeling van nuwe markte, beide plaaslik en internasionaal altyd ondersoek en dit moet geskep word.
Ander bedrywe in die Landbou soos skaap en wol is ook tans op 'n goeie plek. Na die droogte in die Wes- Kaap lyk dit of die wynboere weer hulle koppe oplig. Tafeldruiwe het weer 'n baie suksesvolle seisoen afgesluit in sekere gebiede.
Moenie dat sogenaamde geleerdes met hulle grade en boeke kennis en voorspellings oor die toekoms op grond van allerhande data en grafieke jou ontstel nie. Neem kennis daarvan, pas dit toe, indien dit van nut is, maar bly gefokus op jou werk en jou gedagtes.
Ons landboumaatskappye het baie goeie en geleerde landbou ekonome en kundiges wat 'n groot bydra lewer tot Landbou en sy mense.
Daar is baie nuwe tegnologie wat aan die Landbou bekendgestel gaan word die jaar. Dis goed, dis vernuwing en ons moet daarby aanpas. Maak seker dat jy alles baie mooi verstaan voordat jy in enige kontrakte met hierdie maatskappye betrokke raak. Jou data is jou data.
Ons landbouers in Suid Afrika is tans onder geweldige druk oor ons toekoms wat in die hande van 'n regering wat net vol beloftes is. Mense wat nog nie veel weet van opbou en instand hou nie. Arrogansie en gulsigheid is deel van hulle daaglikse lewe- en dit het nog altyd gelei tot ondergang.
Ons landbouers is regtig onder druk veral as mens die swaard van "onteining sonder vergoeding " ook nog in die gesig moet staar. Maar ons Landbouers en leiers is gerat hiervoor en sal die beste van die saak maak. Dis tyd dat Landbou as 'n eenheid opereer en saam staan teen die aanslae teen Landbou en sy mense.
Suid Afrika se landbouers is van die beste in die wereld,maar hulle word al hoe minder. Hierdie landbouers moet opgepas word en banke en finansierings maatskappye moet baie mooi dink, voor hulle sommer links en regs veilings wil hou om hulle geld terug te kry. Om hierdie landbouers te verwyder is so goed as om die gans te slag wat die goue eiers le.
Geen ander landbouer gaan suksesvol wees op die plaas sonder reen nie. Jy word 'n boer gebore.
Ons as landbouers moet mekaar help en veral landbouers wat agv droogte nie meer kan voortgaan nie.
Dis 'n jaar van baie onsekerhede- en die maklikste is om dit aan te pak en te oorwin.
Landbou is baie gewild deesdae en baie mense wil hulle dienste aanbied. Maar as jy nog werklik deur die meule van landbou en al sy op en af gewees het nie, weet jy eintlik nog nie baie nie.
Kyk vorentoe en kyk op- bly gefokus en bly in beheer- en moenie deel word van 'n trop skape wat nerens oppad heen is nie. Jy is in beheer van jou boerdery- moenie jou beheer weggee nie.
Johanel ANN