• Alle grond is nie eenders nie.

  • Suid Afrika se somergraanprodusente het 2 jaar agtermekaar rekord oeste gelewer- en dit na een van die ergste droogtejare (2015/16) in die geskiedenis van Suid Afrika- en dit kan weer gebeur- nie soos in ander landbou media's reeds voorspraak gemaak word vir 'n swak seisoen nie. 

  • Dis Oktober maand en dis net die regte tyd om Watelemoene aan te plant veral as jy in die Wes- Vrystaat bly en 'n bydra wil lewer tot jou kontantvloei in Januarie - 1 hektaar en meer is 'n goeie begin.

  • Sedert die ANC vroeg in Augustus hul steun vir onteiening sonder vergoeding (OSV) gegee het nadat ’n mosie daaroor in die parlement geslaag het, heers onsekerheid in Suid-Afrika en die landbou. Dit het ’n negatiewe uitwerking op ons ekonomie en beleggingsvertroue gehad, en tot ’n verharding in gesindhede gelei. 

  • Die gemoedere van die Landbouers en hulle gesinne  so voor die nuwe seisoen is dalk nie so lekker nie agv die politieke onrus en onsekerheid in ons land.

  • Mens kan nie anders as om Suid Afrika te vergelyk met 'n top produserende melkkoei nie- uiters goed geteel, met sorg groot gemaak en elke dag voorsien van net die beste kos,water en ander voeding.

  • Nuwe seisoen is voor die deur vir Suid Afrikaanse landbouers in die somer reenval gebiede. 

  •  Lewe op aarde is al vir miljoene jare vir oorlewing van water afhanklik. Toe Neil Armstrong in 1969 op die maan geland het, het hy die planeet Aarde beskryf as “’n blink blou pêrel wat in die ruimte spin”

  • Suid-Afrika se staatsfinansies beskik tans nie oor veel beweegruimte om met verhoogde besteding aan byvoorbeeld infrastruktuur of laekoste behuising die ekonomie en werkskepping te probeer bevorder nie. Monetêre beleid, daarenteen, word nie deur begrotingsbeperkings gekniehalter nie.

  • El- Nino is woord wat dadelik aandag trek as dit kom by weerstoestande- Menige weerprofete het al diep in die klei getrap as dit kom by lang termynvoorspellings. Dit is nie maklike taak nie. 

  • Wanneer jy 'n boer in murg en been is, dan is geen boerdery vir jou enigsins te veel om te hanteer nie. Daar is vele vertakkings van boerdery wat suksesvol aangepak kan word en dit kan suksesvol bedryf word.

  • Geen Landbouer in Suid Afrika gaan toesien dat die regering sy grond sonder vergoeding gaan onteien nie. Die politieke party Cope en Agri SA het reeds aangedui dat hulle gereed staan om enige aanslag in die Grondwethof te beveg. En daarmee saam al die grondeienaars in Suid Afrika.

  • Koffie is 'n baie gewilde warm drankie vir baie mense dwarsoor die wêreld. Koffie is volgens wetenskaplikes baie gesond, mits jy nie baie daarvan drink nie. Maar koffie is veral bekend vir die Kafeien wat vele mense laat ontwaak en 'n lewensinspuiting gee baie vroeg in die oggend.

  • Rosyne en tafeldruiwe word wêreldwyd uitgevoer al is die Kakamasbedryf relatief jonk – hulle het in 1960 begin om druiwe vir rosyne te kweek, en eers in 1980 met tafeldruiwe begin.

  • Verbruikers sal na verwagting toenemend armer word aangesien Suid-Afrika se ekonomie steeds teen ‘n lae tempo groei, terwyl  erbruikersprysinflasie verhoog . 

  • Graansorghum is een van die belangrikste graanprodukte in Suid-Afrika, saam met mielies, koring, sonneblomme en sojabone. Dit is in Amerika op twee na die derde graanproduk en internasionaal is dit op vier na die belangrikste. Met 'n baie onsekere jaar wat voorle- hoekom nie Sorghum nie. 

  • Waar ek ry sal ek altyd 'n windpomp eerste raaksien. Dis vir my 'n teken van lewe, maar ook een van die mees intressantste meganisiese werktuie van alle tye. Stop in die kalaharie langs 'n windpomp waar daar geen wind is nie- en kyk wat gebeur as jy saggies begin fluit of opklim na die bo om die wiel in ander rigting te draai.

  • Die papaya is 'n groot, boomagtige plant, met 'n enkele stam wat 5 – 10 m (16 – 33 m) hoog word, met spiraalblare wat tot die bopunt van die stam beperk is.

  • Die afgelope paar weke het ek die voorreg gehad om saam met ons span van Agri News Net deur sekere dele van Suid Afrika se pragtige landbou wereld te reis.

  • 'n Vyeboom op die erf is sinoniem met die Suid-Afrikaanse lewenswyse. Tog besef min mense dat daar 'n snelgroeiende mark vir vye bestaan. As kind kan ek onthou hoe ons nie kon wag dat die vye ryp word nie. Maar vandag is daar niks so lekker soos 'n ingelegde Vy nie.