Gulsigheid is Suid Afrika se ondergang.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Mag en gulsigheid het sogenaamde groot sakemanne en politieke leiers met al hulle grootman praatjies al baie gekos. Suid Afrika se politieke leiers is bekend daarvoor dat hulle net kan praat en delegeer en baie min van hulle se grootman praatjies het al sukses opgelewer. Suid Afrika se rand is 'n duidelike bewys van hoe swak Suid Afrika bestuur word. In 1999 was die prys skaars R1.00 per liter en die Rand/ Dollar R4.80. 

Die media in Suid Afrika is bekend daarvoor dat hulle negatiewe nuus na jaag met sensasie. Politieke leiers kry hopeloos te veel blootstelling op al die mediums in Suid Afrika, veral die wat elke dag geweld aanblaas en verantwoordelik is vir die onstabiliteit in Suid Afrika.  Dag na dag sien ons hoe stukkie vir stukkie van Suid Afrika afval en totniet gaan. Dit agv onbekwame leiers en mense wat absoluut niks weet van hulle beroep nie.

Arrogansie en gulsigheid is deel van Suid Afrika se regering en sakemanne, wat dink dat, as hulle geld het, hulle op 'n heel ander vlak is as die normale inwoners van Suid Afrika. Die President vlieg die wereld vol en staan bakhand by ander lande en bedel geld vir investering. Hierdie geld wat hy so bakhand voor staan kom met 'n prys. 

Intussen val Suid Afrika uitmekaar en word die inwoners elke dag armer en styg Suid Afrika se skuld in sekondes. Dit pla die regering blykbaar nie, want hulle doen feitlik niks daaraan nie. Daar is net 'n paar leiers wat hulle kant bring.

Terwyl daar ondersoeke aan die gang is om die skuldiges aan te keer wat die staatskas beroof het, is daar sekerlik 'n ander klomp wat iewers met 'n ander plan besig is om die koffers nog verder leeg te maak. Suid Afrika se mense moenie dink dis die einde nie. 

Dis 'n absolute skande dat Suid Afrika se rand so swak is- dit getuig van 'n regering wat absoluut nie geskik is om in beheer van Suid Afrika te wees. Nie alleen vernietig die regering die man in die straat nie, maar dit het 'n direkte invloed op voedselproduksie.

Insetkoste gaan die hoogte inskiet en dit gaan maak dat voedsel duurder gaan word. Uitvoere van vrugte en ander middele gaan positief geraak word en die landbouers gaan al die pad bank toe glimlag. Die prys van Petrol kan voor die einde van die jaar R20.00 per liter wees. 40% van die geld-  R118 miljard gaan na die staatskas om al die uitgawes te dek. Die regering se uitgawes is enorm en daar is hopeloos te veel staatamptenare. Wie vir wie 'n guns skuld- sal ons nie weet nie. 

Die onvermoee van die regering om Suid Afrika suksesvol te bestuur en te onderhou is lankal aan ons almal bekend. Paaie en geboue is net een daarvan.  Alles gaan oor mag en die President homself is verantwoordelik hiervoor. Sy uitsprake en sy dreigemente sal geen belegger in Suid Afrika laat belangstel nie.

Elke minister het sy eie weergawe en sy eie podium waarop hy sy eie beuel blaas. Wanneer jy in persoonlike gesprekke met hierdie politike leiers en sogenaamde sakemanne betrokke raak, dan is dit algemeen dat hierdie mense se selfwaan hulle oorheers en dat arrogansie en gulsigheid hulle tot enige iets sal dryf. Wanneer jy met van hulle sit en gesels, dan besef jy eintlik dat van hulle absoluut niks weet van wat hulle doen nie en alles is net 'n "show"

Amerika het 'n beroep op sy mense gedoen om versigtig te wees in Suid Afrika- dis is absoluut 'n klap in ons gesig. Met R15 teenoor 'n dollar kan Amerikaners 'n fees he in Suid Afrika. 

Ons bly in so mooi land met soveel mooi mense, maar ons het baie min of- GEEN leiers nie. Korrup en absoluut "plasties" is die enigste beskrywing van die paar wat hulleself leiers noem of in die posisies geplaas is. 

Daar is 'n handjievol wat werklik weet wat hulle doen- wat hulle werk met eer en respek doen. Maar alles is eintlik net 'n "show"- blink motor, huis, horlosie, Slimfoon, "namebrand" klere, kinders is uitgesoekte privaat skole-'n duur skotse Whiskey en uiteet in duur restaurante en daarby saam 'n swart kredietkaart van een van Suid Afrika se privaat banke- en eintlik is dit net plasties, metaal, rubber, en konkreet -en verder niks. 

Daar le 'n nuwe seisoen voor vir ons Landbouers en die ondersekerheid is nog nie opgelos nie. Maar soos ons hulle ken is hulle alreeds aan die werk om voedsel te voorsien vir die baie ondankbare "demanding" inwoners van Suid Afrika wat nog steeds vet en gesond rondloop. 

Suid Afrika se landbouers en hulle leiers het nog altyd enige situasie oorwin. Intussen skryf die media vanuit hulle kantore hoe sleg dit gaan met landbou en hoe grond se pryse geval het. Dit mag waar wees, maar goeie grond het nog altyd 'n goeie prys gehad. 

Ons landbouers weet hoe om te oorleef. Suid Afrika se landbouers het reeds bewys dat hulle gereed is om grondhervormimg met sukses deur te voer, maar nie op 'n gryp en vat metode nie. Daar is genoeg grond en geleenthede vir almal om suksesvol onder die son te boer op die vrugbare gronde van Suid Afrika. 

Dis nou tyd vir saamstaan en gulsigheid gaan nie werk nie. Ken jou regte en moet nie jou selfrespek verloor nie. 

Dit is die realiteit van Suid Afrika- ANN Nuuspan. ( Die berig het op Agri News Net verskyn) 

Die Illustrasie van die petrol prys kom van Departement van energie.