En so bring hierdie virus genaamd Covid 19 byna die hele wereld tot stilstand en sien mens hoe paniek en vrees meeste van die wereld se inwoners pak. Vrees en paniek wat hulle soos troppe skape in 'n rigting stuur.
Die virus wat met die grootse respek behandel word en wat die hele wereld se ekonomiese markte in duie laat stort het.
Eintlik weet jy net van die virus,as jy heeltyd op sosiale media is, televisie kyk en radio luister -of met paniekbevange mense gesels -anders lyk alles maar nog net dieselfde daarbuite- Alles lyk rustig en in die stede is die paaie nie besig nie en daar is nie meer veel van ‘n naglewe nie. Ander besighede gaan aan, normale werk en so hier en daar skrik jy, as iemand met ‘n masker om die draai kom, of jou so bo- oor die masker beloer. Verder word jy verwelkom by 'n winkel of restaurant met ontsmettingsmiddel- iets wat seker nou deel gaan wees van ons daaglikse lewe.
Dié vrees is ook meer van toepassing op Covid-19. Om so ontsag te toon deur voorsorg te tref vir die virus se onvoorspelbaarheid – deur jou hande te was en mond te bedek vir ’n hoes. So sorg jy dat jy nie die kant van virus kies nie. Onsekerheid sit nie gemaklik aan ons nie. Baie mense is bang bloot omdat hulle hierdie virus nie met die blote oog kan sien nie. Dit herinner jou te veel aan jou menslike weerbaarheid en dat ons nie oor alles beheer het nie, maar maak vrede en gedy maar in onsekerheid. Die weervoorspelling is ook nie altyd reg nie. Alle virusse en probleme kry tog uiteindelik hul ry.
Jy sien paniekerige mense as hulle in supermarkte staan en trollies vol kos koop- daarmee saam sien jy paniek as mense al die Vitamine C en sekere ander produkte opkoop asof daar nooit weer van die produkte vervaardig gaan word nie- en dat die wondermiddel jou ten volle gaan beskerm teen die gevaarlike virus.
Gesondheidswinkels word oorval met mense wat eweskielik aandag aan hulle gesondheid wil gee en sekere van die eienaars van die winkels het geen problem, om enige iets wat hulle voorstel te verkoop of hulle nou weet wat die persoon se probleem is of nie. Gesondheidsafdelings in Kettingwinkels se gesondheidsprodukte is net so in aanvraag. Apteke word oorval deur paniekbevange mense wat allerhande “on the spot” middels aankoop vir ingeval hulle die simptome moet behandel.
Dis jare se goeie sorg vir jou liggaam wat jou gesond hou en nie 'n"quick fix' nie. Wat maak mense met 24 brode? Wat gaan jy met 36 blikkies vis doen . Hoekom moet jy 12 botteltjies van 60% alkohol hê?- Dis alles paniek en 'n gees van onsekerheid. Aan die ander kant glo sekere mense dat jy nie met jou broek op kniee gevang word nie- en is voorsorg dalk beter.
Daar is baie vegelykings wat mens elke dag in die media lees- 3,300 mense word vermoor in 30 dae in Suid Afrika en wereld se niks- Die virus het 8000 mense plus in 60 dae dood en die wereld staan stil.
Daar is ook die drastiese ekonomiese impak, wat Suid-Afrika se sukkelende ekonomie kwalik kan bekostig. Die rimpeleffek van hierdie ondenkbare situasie gaan tot die laaste uithoek van die ekonomie uitkring.
Daar gaan werklike pyn wees — werkverliese, bankrotskappe en verdiepende armoede. Dit kan voel of alles ’n oorreaksie is, maar ’n mens hoef net te kyk na hoe die pandemie in lande soos Italië buite beheer is om te besef ’n oorreaksie is die beste uitkoms waarop jy kan hoop.
Mens moet saam met dit ook besef dat daar baie siek mense in wereld is wat aan baie kwale lei- en ‘n griep is normaalweg nie goed ,as die mense nie na hulle gesondheid omsien nie. Vetsug is een van die wereld se mees algemene siekte. Saam met dit is daar ook ander siektes wat mense se liggame so negatief beinvloed ,dat hulle imuunstelsel afgetakel is deur al die “drugs” en " wat die mediese wereld aan hierdie mense maandeliks voorsien. Saam met dit is meeste mense onder geweldige "stress" en is rook en drank een van die mees algemene gebruike vir die gewoonte.
Die groot gevaar is dat besmettingsvlakke só handuit ruk dat die land se gesondheidsdienste oorweldig word. Namate die situasie vererger, kan gesondheidspersoneel ook ál sieker word. Dan gaan Suid-Afrika in ’n onbestuurbare afwaartse spiraal beland. Dis is belangrik dat Suid Afrikaners saamwerk sonder om paniekerig te raak. Wees rustig by jou huis, en doen jou werk en dalk is tyd vir nog 'n beroep.
Die wêreld sal nooit weer dieselfde wees nie. Aan die een kant is daar die werklikheid dat die land se gebeurlikheidsfondse, wat die nasionale versekeringspolis teen sulke pademies behoort te wees, grootliks op vrot staatsondernemings geblaas is. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het al sy internasionale vlugte tot einde Mei gestop in reaksie op die regering se reisverbod om die Covid-19-pandemie te stuit- Die vraag is of ons ooit weer die lugdiens sal sien vlieg- dit kan dalk die einde beteken- wat baie gemaklik kan wees en die Covid 19 kan daarvoor blameer word. Baie mense gaan hulle werk verloor- en die rede is voor die hand liggend- maar die regering van Suid Afrika het ongelukkig nie al die rolspelers in die Suid Afrikaanse ekonomie in aggeneem toe hulle hierdie drastiese stappe geneem het nie en begin toepas het nie- Dit grens aan paniek en nie deurdekende besluite nie. Tans staan Suid-Afrika se werkloosheidskoers reeds op 29%.
Aan die ander kant sê openbare gesondheidspesialiste dat Suid-Afrika met sy hoë voorkoms van virale siektes soos MIV en tuberkulose en gebeurlikheidsplanne om die bedreiging van ebola te bestuur, in ’n baie beter posisie is om Covid-19 te bestuur as die meeste Eerstewêreldlande, waaronder Amerika.
Die groot vraag is nog steeds of China agter alles sit en daardeur die wereld se markte laat val met die Covid 19, om sodoende aandele beheer te kry oor maatskappye in die VSA en Europa.
Ekonomies gesproke is groot strukturele skuiwe ook op pad. Lande gaan noodgedwonge hul ekonomiese afhanklikheid van invoer van en uitvoer na ’n enkele ekonomiese supermoondheid, soos China, in oënskou moet neem. Saam met dit gaan maatskappye andesr kyk na hulle werkers en werksplekke en gaan daar duisende lee kantoorspasies wees. Suid Afrika moes al jare terug begin het met vervaardiging van goedere soos die wat daagliks uit China ingevoer word.
Ons gaan ook 'n ander manier van higiene sien in werksplekke, restaurante en eet en drinkplekke. Dat skoonmaak middels in volgende jare groot besigheid gaan word, is 'n gegewe. Aanlyndienste en bemarking gaan toeneem. Maatskappye gaan meer aanlyn bemark en daar geen meer aanlyn geleer, gestudeer en besigheid gedoen word.Ons gaan die wereld kleiner maak deur tegnologie- minder reis en minder beweeg.
Namate mense hulself sosiaal gaan begin isoleer, gaan hulle straks weer ontdek wat werklik saak maak in die lewe. Gesinslewe kan dalk weer aandag kry en mense in huwelike kan ook meer op datum kom met hulle huiswerk en geskille. Miskien is daar tog iets goed in dié hele ongemaklikheid. Daar is ‘n hele paar mense wat verseker geleer het om weer skoon te lewe- hulle hande te was en daarmee saam ook begin kyk na hulle gesondheid.
Gesondheid is nie ‘n jaarlikse ondersoek of bloedtoets by ‘n dokter nie. Dis ook nie die gebruik van “chroniese drugs” nie. Dis ‘n maandelikse “screening “by ‘n wyse en gesonde Gesondheidpraktisyn wat jou ken, wat weet wat jou denke, omstandighede en gesondheid is- wat die nodige toestelle het om jou deeglik te proseseer. Jy mors jou geld as jy links en regs gesondheidsprodukte drink. Veral as jy dit op televisie of media gesien het. Hierdie virus is gaan reguit longe toe- daarom moet jy nie die virus onderskat nie.
Weet wat jy nodig het om jou liggaam gesond te hou- Daar is baie meer in gesondheid as jy by die regte person is.
Ons dankbaar bly dat daar bo alles baie goeie oeste op die lande is. Suid Afrika se landbouers het weereens gesorg vir kos. Dit is Suid Afrika se landbouers.
Dit lyk of Eskom dalk in die volgende 2 tot 3 weke nie so onderdruk gaan wees nie en hulle het dalk nou redelik tyd om aan die kragnetwerk te werk.
Hierdie virus sal eersdaags weg wees, en al wat gaan oorbly is die lesse wat ons geleer het- maar saam met die ‘n ekonomie wat net herstel kan word, as ons die regte mense aanboord het. Maar Suid Afrika is diep in moeilikheid en belastingbetalers gaan ook opdok vir hierdie virus wat so baie mense tot paniek gehok het.
Hierdie totaal en alle verskuiwing wat moontlik in die wereld gaan plaasvind , gaan mense met nuwe oe laat kyk na salarisse en vergoedings pakkette vir Maatskappye korporatiewe werkers en ander sektore van die samelewing. Produktiwiteit en self dissipline gaan een van die groot motiverings wees. Sport is een van die afdelings wat baie swaar getref gaan word deur hulle enorme betalings aan sekere sportmanne en vroue in sekere sportsoorte.
Materieele bates en hoeveel geld jy het en wat jou posisie in die samelewing is gaan jou nie vrystel van die Covid 19 nie- Kom maar terug aarde toe en laat staan daardie arrogansie en selfwaan. Dis tyd dat ons saamstaan en ‘n kultuur skep wat gesond is. Suid Afrika moet opgebou word, want deur wetteloosheid het meeste van die inwoners hulle selfrespek verloor- maar ook respek teeonoor die Heelal.
Ons dink aan al die mediese personeel wat onder geweldige druk en moeilike omstandighede hulle werk doen. Ons glo dat hierdie ook 'n groot leerskool is vir hierdie mense.
Kortom,gaan COVID-19 dalk 'n wêreld skep wat minder oop, minder welvarend en minder vry is. Dit hoef nie so te wees nie, maar die kombinasie van 'n dodelike virus, onvoldoende beplanning en onbevoegde leierskap het die mensdom op 'n nuwe en kommerwekkende pad geplaas. Aan die ander kant van die pandemie, sal meer ondernemings eis om meer te weet oor waar hul voorrade vandaan kom en sal hulle meer doeltreffendheid verhandel Regerings sal ook meer wil ingryp en wette afdwing Die winsgewendheid sal daal, maar aanbodstabiliteit moet toeneem. Aan die positiewe kant moet ons 'n versterking van wêreldwye openbare gesondheidsbestuur sien.
Hierdie virus het Suid Afrika getref op een van die mees ongelee tye- nie net vir die inwoners van Suid Afrika nie, maar ook vir die regering en die edelagbare President- Suid Afrika se sukkelende ekonomie,staatskskuld werkloosheid en staatsdepartemente wat almal feitlik tot in die grond bestuur is. Grondhervorming is nog ver van afgehandel en die platteland se munsipaliteite val uitmekaar en skuld is meeste se voorland. Die land se paaie en infrastruktuur word al vir jare nie instand gehou nie. Daar is nog baie ander probleme en verskille binne die regering en topbestuur oor mag en beleid is een van die grootste stuikelblokke- Saam met dit is daar nie eintlik sterk leierskap nie en dit is wat Suid Afrika nodig het om ons uit hierdie krises te red.
Ons glo en hoop dat hierdie dodelike virus eersdaags sy hand op Suid Afrika en die wereld verloor- maar volgens aanduidings gaan dit nog 8 weke neem- maar daar le nog 'n winter van 2020 voor vir Suid Afrika.
Die droogte het gewys hoe krisisse die heel beste uit mense na vore kan bring. Miskien kom Suid-Afrika tog beter aan die ander kant uit en gaan ons met 'n heel ander oog na dinge kyk wat ons dalk nie raaksgesien het nie.
Johann Pretorius-