Suid Afrikaanse landbouers moet bouers en Welvaartskeppers bly.

Suid Afrikaanse landbouers moet bouers en Welvaartskeppers bly.

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Suid Afrika se landbouers het die week wat verby is weereens bewys dat hulle kan saamstaan en ondersteuning aan mekaar kan bied. Duisende boere het saamgetrek in  Senekal 'n dorpie in die Oos Vrystaat van Suid Afrika.

Teen die hange van die  koppie in die dorp, het hulle saamgepraat en saamgebid vir leiding en krag om hulle emosies te beheer en om duidelikheid te probeer kry uit hierdie onsinnige moorde wat daagliks plaasvind in Suid Afrika.  Hartseer en pyn in 'n wereld waar daar nie nou antwoorde is nie. Hierdie boere was kwaad en is kwaad, hulle is hartseer, en hulle is keelvol. 

Hierdie dag sou, soos wat meeste lede van die -gemeenskap sekerlik weet, die eerste verskyning van die twee verdagtes voor die hof wees.  Dit het ‘n geleentheid gebied om saam met die familie te rou, en die twee moordenaars se gesigte te sien, en vir die regering van ons land, wat so onlangs soos twee jaar gelede nog van mening was dat plaasmoorde nie ‘n probleem is nie, laat weet dat dit genoeg-. Soos dit ons mense betaam was by verre die meeste van die verrigtinge vreedsaam, in die gees van geloof en wetsgehoorsaamheid. Die gebeure by Bronkhorstspruit later in die week was net so vreedsaam waar nog 'n hofsitting plaasgevind het. 

Niemand wat nie 'n boer of deel van 'n boerdery gesin of familieboerdery is, weet wat dit is om heeltyd oor jou skouer te loer terwyl jy besig is om voedsel produseer vir dieselfde mense wat jou nie ondersteun, beskerm en nog wil doodmaak nie. Terselfdetyd betaal hierdie landbouers elke maand  'n groot deel van die regering se vermorsde uitgawes, van wie hulle baie min samewerking kry.

Boere en ander mense word in Suid-Afrika op die mees wreedaardige manier vermoor, hulle lot word ook openlik en amper met trots ignoreer deur die owerhede wat veronderstel was om daaroor om te gee, wat veronderstel was om iets daaraan te doen, wat veronderstel was om die wet toe te pas.  Die regering behoort baie vinnig kennis te neem – die boere raak moeg, die boere gaan hul apatie en stilswygende goedkeuring van die toedrag van sake nie meer vat nie.

Intussen word vals berigte die wereld ingestuur deur sekere media maatskappye wat die hele fokus verloor het, wat betref plaasmoorde en die ondersteuning en liewer op die negatiewe fokus en daaroor berig.

Die Suid Afrikaanse regering se planne bly nog steeds net lippetaal

'n Boeregemeenskap wat deur wetgewing tot 'n uitgelewerde tweedeklas-burger verdoem is, sonder staatshulp ondersteuning en/of begrip en in 'n omgewing waar wet en orde nie konsekwent gehandhaaf word nie -soms totaal afwesig is. Daar waar grense soms nie meer bestaan nie. Ek kan verstaan dat hulle hof toe sou gaan om met hul teenwoordigheid protes aan te teken. Daar is niks ongewoons aan dit nie.

Dis onsekere tye wat voorle en die belangrikste van alles- is dat ons landbouers  dalk leierloos is.  Hierdie boere sal bankvas staan agter 'n kwaliteit leier wat toegerus is met  ware wysheid, geloof en deursettingvermoee. 'n Leier wat ten spyte van almal se verskillende beginsels en groepe eenheid kan bewerkstellig tussen almal wat wil bou en wat welvaart wil skep en  'n ware landbouer in murg en been is. Landbouers het een gemeenskaplike doel - en dit is om in vrede en liefde kos te produseer, mekaar te ondersteun, werk te skep en welvaart te bou.

Selfhelp en hulpbronne ontwikkel is deel van die toekoms. Alles draai om die kwaliteit en veiligheid van landbou te behou in hierdie deurmekaar land. 

Daar is geen ander keuse vir ons landbouers in Suid Afrika as om self na hulle veiligheid om te sien nie. Plaaswagte ,buurtwagte en burgermagte moet nou ingestel word. Dit moet 'n eenheid vorm waarin landbouers hulle eie gebiede moet bewaak en daarmee saam hulle eie burgermag op die been bring. Dis dalk tyd dat deurgangs beheer toegepas word en dan mense nie meer so vrylik kan rondry op plase nie. Landbouers moet ook die oorsprong en mag agter die plaasmoorde laat ondersoek.

Daar is al ver gevorder en dit gaan net 'n kwessie van tyd wees, voordat daar totale beheer sal wees. Landbouorganisasies en maatskappye werk hard agter die skerms om die regte stelsels in plek te kry. 

Dis belangrik dat landbouers nou beheerd moet optree en hulle nie skuldig maak aan enige iets waarna die regering en sy meelopers vinger kan wys nie- Ons landbouers is standvastige hardwerkende mense-

Dis belangrik om selfrespek en respek te behou en daarmee saam 'n voorbeeld te wees van disipliene en integriteit. Dis nie nodig om af te daal na die vlak waarop sekere lede van die regering en sy meelopers opereer nie. Met geloof, wysheid en kennis sal ons hierdie probleme oorwin en nog sterker uitstap aan die anderkant. Daar is meer mense in die land wat in liefde en vrede wil leef as die wat dit wil afbreek, verbrand en vernietig soos hulle dit al in die verlede gedoen het. 

Suid Afrika se landbouers is ywerige bouers

Die wereld is besig om kennis te neem van die situasie in Suid Afrika en gaan binnekort begin om hierdie probleme van moord, doodslag, en anargie op regeringsvlak aan te spreek- Die regering kom nie sy plig na nie, en die wereld gaan nie toekyk hoe landburgers links en regs vermoor en besteel word nie. 

Ons het van die beste landbouers in wereld. Uit niks kan hulle welvaart skep, bou en suksesvol anderkant uitkom.  Tenspyte van soveel terugslae staan ons landbouers nog steeds vas en het hulle deur die jare dit bewys. Saam met landbouorganisasies en maatskappye het hulle miljoene spandeer aan die opheffing van hulle eie werkerskorps, en daarmee saam duisende kleinboere en beginnerboere suksesvol gevestig. Dit sit nie in enige man, vrou, kinders en werknemers se broek om suksesvol te boer nie- dis harde werk  vertroue en deursettingvermoee- Ons sien daagliks hoe suksesvol ons mede swart boere reeds is in hulle boerdery.

As ons praat van boere dan praat ons van alle boere in Suid Afrika- klein of groot- swart of wit- ons het een gemeenskaplike belang en dit  is om kos te produseer en mense van werk te voorsien en in liefde en vrede saam te leef in respek vir mekaar. 

Die hele Suid Afrika is deurtrek van verkragting, diefstal, aanranding, moord, korrupsie en terrorisme en almal leef in vrees en moet heeltyd bedag wees - as ons almal saam hande vat kan ons beheer neem oor die korrupte elemente wat in beheer is, en Suid Afrika weer leefbaar maak vir almal. Daar is baie meer mense wat in liefde en vrede wil lewe as die wat alles wil verbrand en welvaart vernietig.Suid Afrika se regering het reeds bewys dat hulle nie vermoee om geld te bestuur en om enige welvaart te skep nie.  Suid Afrika is in die skuld en sonder geld.

Dis tyd dat ons ouer garde landbouers hulle jarelange wysheid, kennis en ondervinding van Suid Afrika deel met ons jong boere en voornemende boere en hulle gesinne- vir hulle vertel van die verlede van die land- ons jongboere is geesdriftig en furstreerd en van hulle wil met alle mag en geweld oorgaan tot geweld. Daar is ongelukkig nie 'n wenner wanneer dit gebeur nie- net 'n verloorder en gebroke huigesinne en afgebrande huise en geboue en dit gaan nooit ooit verbygaan nie. 

Geen jongmens van enige ras behoort in die fleur van sy lewe te sterf nie. Veral nie iemand wat hardwerkend is, en 'n bydra gelewer het tot die opbou van landbou en die gemeenskap nie, en ook nie so gewelddadig nie. Wanneer ons dit sonder protes kan aanvaar, is wanneer ons as samelewing ernstig onsself moet ondersoek. 

....en dan se ek- "Nee, edelagbare Bheki Cele, dis nie rassisme as daar protes aangeteken word nie." Maar as mense net aanhou ignoreer word as hulle al vir jare klae oor diefstal van vee en polisie optrede en nog meer- moenie verbaas wees as hulle ,hulle ontevredenheid te kenne gee op 'n meer aggresiewe manier as wat jy hulle ken nie." 

En "Terrorisme, poging tot moord," is nie deel van landbou en sy mense nie. - en landbouers is nie "betogers" nie, hulle verdien hulle eie Inkomste met harde werk,geloof en hoop. 

Ons lewe in "crunch" tye- huisgesinne en familie boerderye is onder geweldige "stress" jong seuns en dogters lewe al in vrees en sien en hoor al hierdie praatjies en gebeure-   luister na hulle en verduidelik hulle en maak hulle rustig- beskern hulle en ondersteun hulle soos wat dit nog altyd die geval was. Ons moet sterk en gesond anderkant uitkom. 

En bo alles- Glo ons dat daar op die einde van die stukkie geskiedenis 'n oplossiing sal wees- en dat landbou soos altyd gesond en sterk anderkant  sal uitkom deur genade en geloof. 

Suid Afrika se landbouers bly WELVAARTSKEPPERS en BOUERS en moenie julle geloof, integriteit, selfrespek en standvastigehd verloor nie. Plant in goeie grond - want net wat jy plant- oes jy. 

Johann Pretorius CRA GROUP.Pretoria