Die gesondheid van jou liggaam is jou verantwoordelikheid.- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Suid Afrika is vasgevang in die greep van 'n pandemie wat verder aangejaag word deur magsmisbruik van 'n regering wat in 12 maande nog nie veel gedoen het om die situasie in die land te verbeter na hulle die inwoners van Suid Afrika vir weke gevangene gehou het en met allerhande stories en mooi boodskappe en beloftes gepaai het. 

Ons is weer daar, en die keer is ons baie slegter af- want die regering het die R550 biljoen iewers in 'n groot gat laat verdwyn.  - daar kan min rekenskap gegee word van die gelde.  In die jaar het duisende mense hulle werk verloor, besighede is gesluit en die regering is nog steeds besig om nog besighede te verwoes en dit lyk of hulle skotvry daarvan kan afkom- en Suid Afrikaners is maar tevrede  met die relings wat deur 'n paar sogenaamde belangrikse slim mense gemaak word.

Dit is nie die Suid Afrikaner wat ek ken nie- jy kan mos nie jou hele lewe in die hande van die ombekwame magsbehepte mense plaas nie.  In 27 jaar kon die regering nog min dinge suksesvol doen- 'n Pandemie is nie 'n maklike ding om te beheer nie, baie regerings het daarin gefaal. Ons eie regering het die geld gehad om dit beter te beheer maar liewer gekies om hulle volgelinge te verryk en weereens die man in die straat in die donker vasgehok te hou. 

Volgens die Mediese Navorsingsraad (MNR) het hulle deur toetse met die afvalwater-gegronde waarskuwingstelsel bevind die Delta-variant is teenwoordig in 25 aanlegte in die Wes-Kaap.

Mense word daagliks siek, maar die meeste is siek aan "stress" en dit het 'n baie groot uitwerking op hulle immune stelsels en daarom sukkel hulle om die virus onder te kry. Die regering maak mense siek met hulle inperkingmaatsreels en vernietig mense se lewens.

Hospitale is oorvol, restaurante is toe, en drank mag nie verkoop word nie- op die stadium kan al die inperkingmaatreels maar verslap word want niks gaan hierdie vlaag keer nie. Dis te laat. Dis nou elkeen vir homself. 

In hierdie geval gaan sit ek liewer in 'n restaurant wat skoon is en daagliks ontsmet word met mense wat jou bedien wat maskers dra- Maar die slim mense met die dik brille sien dit nie.  Die regering hou aan om die verkeerde mense te straf. Van die ANC  se eie ondersteuners en sy mede vennote maak net soos hulle wil.  

Drankverkope op die swartmark is biljoene rande werd en gaan kyk wie sit agter hierdie verkope.  Intussen dreig die ontvanger van Inkomste die inwoners van Suid Afrika om hulle opgawes in te dien en nie te weerhou nie. 

DIE tweede vlaag van die pandemie het op 7 Mei sy piek in Indië bereik met 389,672 gevalle daardie dag – heel waarskynlik 'n ondertelling – aangevuur deur die skrikwekkende nuwe variant van die virus, wat nou “Delta" gedoop is. Die omvang van die lyding in Indië is onvergeetlik. Die wêreld het in afgryse toegekyk hoe mense gesterf het terwyl hulle oral na suurstof soek.

Tussen die begin van die tweede vlaag op 11 Februarie en die piek in nuwe gevalle op 7 Mei het bykans 90,000 Indiërs gesterf. Op daardie selfde 7 Mei het Suid-Afrika 1,630 nuwe gevalle aangeteken. Op 15 Mei is 341,142 nuwe gevalle in Indië aangemeld en 2,645 in Suid-Afrika. Op 1 Junie was dit 164,291 in Indië en 4,483 in Suid-Afrika. Die syfers wat daagliks in Suid Afrika bekendgestel word, is nie altyd korrek nie- en baie min mense vertrou die syfers.

Covid-19-syfers in Suid-Afrika en Brittanje-  In ag genome dat albei lande se bevolking sowat 60 miljoen is, is die daaglikse nuwe gevalle nie ver uitmekaar nie – die verskil is dat die sterftes in Brittanje tans amper 95% laer as in Suid-Afrika is. Vir elke persoon wat in Brittanje sterf, sterf daar bykans 20 mense in Suid-Afrika. Enige persoon kan duidelik die impak van die inentings sien. Dié syfers word bevestig deur die eksperiment vroeër vanjaar in die Brasiliaanse dorpie Serrana. Brasilië is een van die lande wat erg onder Covid-19 deurloop. In Februarie en April is die hele dorp ingeënt. Die uitkoms was merkwaardig: Covid-19-simptome het met 80% gedaal, hospitalisasies met 86% en sterftes met 95%. As Suid-Afrika se inentingsprogram onsuksesvol is, gaan ons nie gou weer terug in die normale wêreld kom nie.

Daagliks lees ons hoeveel mense nou besmet is en die nuusmediums is tog so geplae oor al die syfers wat ons almal weet nie baie akkuraat is nie-

Mense twyfel nog steeds oor die entstof en dit gaan bloot omdat die wereld en sy sogenaamde geleerdes nie meer enige vertroue by die normale regsdenkende mens inboesem nie. Mense word siek van die entstof, en daar is mense wat siek geword het na hulle entstof ontvang het. Niks is 'n gegewe nie. Die feit is dat om mense in te ent, gaan ons vinniger na normaal laat terugkeer. Ons moet nou maar glo en vertrou dat die entstof wel gaan werk. Daar is nou sprake dat van die entstof nie so effektief is op sekere variante nie.

Mense le by hulle huise met voorskrif medisyne van dokters wat desperaat alles gee wat hulle dink gaan help . Meeste dokters het al soveel kennis opgedoen en het hulle eie manier om hulle pasiente suksesvol te behandel. 

Gesondheidswerkers in hospitale is oorwerk en onder geweldige druk.

Ander le in hospitale met suurstof en hoop hulle longe and algemene toestand verbeter baie gou. Hospitale is vol en dit is wat gebeur as gesondheidsorg in die hande van mense beland wat geen benul het van gesondheidsorg nie.

Gelukkig het Suid Afrika nog private gesondheidssorg wat bestuur en beheer word deur mense wat weet. Die Wes Kaap se regering is voorbeeld van hoe vinnig en effektief hulle optree om mense reg te help. 

Die tyd het aangebreek dat die regering en sy meelopers in hulle persoon verantwoordelik gehou moet word vir hulle besluite en bestuur en beheer van die pandemie,asook die feit dat fondse spoorloos verdwyn het en Suid Afrika se gesondheidstelsel in so gemors is.  Suid Afrika se inwoners kan nie toelaat dat daar so met hulle geploeg word nie. 

Intussen word daar miljoene rande gemaak deur mense wat allerhande pille en medisyne wil verkoop wat kwansuis die vinnigste vir die Covid 19 gaan help.  Daar is gesondheidsprodukte wat effektief werk en wat selektief gebruik moet word op 'n sekere manier.  Daar is professionele Gesondheidspraktisyns met jarelange ondervinding, kennis en wysheid wat weet hoe die produkte werk en gebruik moet word. 

Dis 'n algemene beginsel dat jy as mens verantwoordelik is vir jou liggaam se gesondheid- nie 'n dokter nie- en glad nie die staat en die edelagbare President nie- J

Jou immune stelsel moet absoluut gesond en in belaans wees om hierdie aanslag van die virus te oorleef.  As jy nie 'n gesonde immune stelsel het nie, gaan jy sukkel .Jou immune stelsel moet in belaans wees en gereaktiveer wees.  Daar is net een metode wat werk en niks anders gaan dit in werking stel nie.  

Vergeet van alles wat jy op sosiale media, televisie en in allerhande tydskrifte lees. Jy is uniek en alles werk nie op almal altyd nie. Laat jou gereeld skandeer by 'n professionele gesondheidspraktisyn wat kennis en wysheid het- wat ten minste gesond lyk en gesond is.

Die skandering kyk na die algemene gesondheid van jou unieke liggaam en jy weet presies wat jou liggaam nodig het en waar die fout is. Die toestelle werk uitsekend, maar jy het die regte "persoon" nodig om dit alles reg in perspektief te plaas. 

Dis tyd dat jy anders na jou gesondheid kyk en begin vergeet van al hierdie sogenaamde bemarkingsfoefies wat jou duisende rande uit die sak jaag. 

Die virus kan oorwin word as jy na jouself kyk en baie vinnig reageer wanneer jy weet daar is iets fout in jou liggaam. Jy is die enigste mens wat weet wat in jou liggaam aangaan en daarom moet jy wakker en oplettend wees. 

Moenie bang wees nie- kyk na jouself en bly kalm en kry jou liggaam in belans en sterk genoeg. Bly weg van groepe mense maar moenie sienies raak nie.  Die virus versprei maklik en geen sogenaamde "lockdown" gaan enigsins 'n verskil maak aan hoeveel mense besmet gaan word nie...  Jy moet gereed wees en sterk genoeg wees om die virus te oorwin. 

Die media in Suid Afrika is een van die grootste drywers van inperkingmaatreels en het altyd een of ander bespiegeling oor wat moet gebeur en wat nie-  Meeste van het niks positief om oor te praat en te skryf nie en begin dan paniek saai.  

Dis tyd vir opstaan en saamstaan teen die regering wat aanhou om mense siek te maak met allerhande inperkings en nie hulle plig doen om mense vinniger in te ent nie. Die tyd van wegkruip en by die huis vergaan is verby- Ons moet die pandemie vierkantig in die oe kyk. 

Die ergste van die hele pandemie is die feit dat ons soveel mense en geliefdes verloor het en aan die dood afgestaan het, geliefdes en mense wat elkeen 'n bydra tot die samelewing gegee het. Dit kon sekerlik baie beter gewees het as die regering nie die mediese stelsel in die land nie so afgeskeep het nie. Dis alles so onnodig , maar dis daarom nodig dat ons moet saamstaan en  magsbehepte regering oorwin en ons moenie stilsit dat hierdie mense ons beheer nie. 

Ons sal hierdeur kom... wees sterk - jy is 'n Suid Afrikaner. 

Johann Pretorius CRA GROUP