Landbou Nuus opsomming Woensdag 30 Maart 2022

Landbou Nuus opsomming Woensdag 30 Maart 2022

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas saam met nog ander artikels.

Ons edelagbare President was op 'n besoek aan Dubai die week ten spyte van die feit dat die land elke dag iets anders ervaar en daar al hoe meer onrus en ongelukkigheid is.  Hy het weer bakhand gestaan en mens weet nie wat alles belowe is aan voornemende beleggers nie.  Intussen bly werkloosheid styg en daar is geen keer aan dit nie. Onrus en stakings neem daagliks toe.

Intussen is daar baie min paaie in platteland en in dorpe en stede wat regtig veilig is om op te ry- TLU het nou 'n veldtog van stapel gestuur om aandag aan die paaie te gee en druk op die regering te plaas om die paaie te herstel. 

Dit begin stadig maar seker winter word alhoewel daar nog reen voorspel word. ’n Swak koue front gaan van môre af oor die westelike dele van Suid-Afrika beweeg en bewolkte toestande sowel as reën vir die grootste deel van die winterreëngebied bring. Minder as 5 mm word verwag, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Verdere ligte reën is moontlik rondom 3 tot 6 April. Dit lyk of doe regeriing nou wil afstand doen van al sy inperkingsregulaises-  inteendeel ons doen al lankal nie meer wat sy sogenaamde wette se nie. 

As Suid-Afrika se rykste individue inderdaad besig is om uit die land te vlug, soos die pas gepubliseerde Knight Frank-welvaartverslag aandui, kan dit ’n kommerwekkende disproporsionele impak op die land se belastingbasis hê. Dis onduidelik hoe akkuraat die verslag die werklikheid weerspieël – dit probeer om die bevolking van superryk mense oor die hele wêreld heen te bereken op grond van antwoorde van 600 privaat bankiers, welvaartadviseurs en familiekantore in 50 lande.

Ons moet maar hoop dis nié baie akkuraat nie, want die verslag bereken dat die getal individue met “ultrahoë netto waarde” in Suid-Afrika (wat meer as $30 miljoen werd is), verlede jaar van 603 tot 561 gedaal het. Dit is ’n daling van 7%; nagenoeg die omgekeerde van die internasionale gemiddelde, wat ’n styging van 7.8% in die aantal mense in hierdie groep getoon het.

Suid-Afrika se daling was die prominentste naas dié van Viëtnam. In ander ontwikkelende lande het die persentasie gegroei: met 20% in Turkye, 10% in Brasilië, 13% in China en 6% in Rusland.

En in ’n bevinding wat verder op stygende emigrasie dui, word bygevoeg dat “31% van Suid-Afrikaanse individue met hoë netto waarde beplan om aansoek te doen vir ’n tweede paspoort [of] burgerskap”.

Nuushooftrekke soos op AGRI NEWS NET 

Die Sentrale Energiefonds (CEF) se jongste onderverhalingsdata toon dat die volgende stygings in brandstofpryse volgende week moontlik ingestel kan word: 95-Oktaan-petrol: Styg met R1,84 per liter 93-Oktaan-petrol: Styg met R1,76 per liter Diesel: Styg met R2,98 per liter Paraffien: Styg met R2,51 per liter

Die DA sê die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika het so erg agteruitgegaan dat pendelaars verplig is om duurder vervoer te gebruik. Die party se woordvoerder, Benedicta van Minnen, sê Prasa het aan die parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge of Skoor gesê hy maak op staatstoelaes staat om in bedryf te bly.

Jongste Kommoditeits pryse per ton. White maize R4,033.0000 Yellow maize R4,212.0000 Wheat R8,815.0000 Soybeans R10,908.0000 Sunflower seed R6,856.0000 Sorghum R7,881.0000 Groundnuts R17,558.0000 Cotton R4,341.0000 Sugarbeans R25,000.0000 Lusern R3,750.0000

‘n Soematraanse renoster het in ‘n Indonesiese reservaat geboorte gegee en pogings om dié kritiek-bedreigde dier te bewaar ‘n hupstoot gegee. Die Wêreld-natuurfonds sê na raming is minder as 80 Soematraanse renosters in die wêreld oor, hoofsaaklik op die Indonesiese eiland Soematra en Borneo.

Rolspelers in die lewendehawebedryf werk hard daaraan om te verhoed dat bek-en-klouseer verder versprei.Die virussiekte is verlede week in Noordwes in Limpopo bevestig, nadat dit in KwaZulu-Natal aangemeld is. Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC, sê bek-en-klouseer het die potensiaal om ‘n ekonomie op sy knieë te bring as dit nie onder beheer gebring word nie.

Oliepryse het deur die nag gestyg vanaf ‘n laagtepunt van 105 Amerikaanse dollar ‘n vat wat teen Dinsdagmiddag ongeveer drie-uur aangeteken is en verhandel tans rondom 109 dollar ‘n vat. Dit volg na vordering in vredesonderhandelinge tussen Rusland en die Oekraïne maar, daar is steeds kommer oor lae voorraad in die mark.

Ondanks die Namibiese omgewingsministerie wat onlangs ‘n waarskuwing gerig het aan gemeenskappe langs die Etosha Nasionale Park om nie mopaniewurms in die park te oes nie, is ‘n groep op hete kole binne die park betrap. Die Namibiese polisie en natuurbewaarders moes ingryp om die mopanie-oesters uit die park te verwyder. Selfs ‘n polisiehelikopter moes ingespan word.

Suid-Afrika word nie beskou as 'n internasionale ikoon nie. Die land met sy 60 miljoen inwoners is arm en tegnologies op vele terreine nog nie behoorlik ontwikkel nie, terwyl sy invloed beperk is tot Afrika. Suid-Afrika is 'n klein land, arm en hoogstens 'n opkomende Afrika land wat beslis in die oë van Westerse moondhede, geen internasionale ikoon is nie.

Die president van die Namibiese Plaaslike Besigheidsvereniging, Erastus Shapumba het skerp gereageer op die landbouminister Calle Schlettwein se aankondiging dat die elf groenskemas aan die privaatsektor beskikbaar gestel sal word vir beleggings in voedselproduksie. Shapumba sê hulle beoordeel die aankondiging ten sterkste omdat die regering nie die land se bronne besit nie. Shapumba sê geen konsultasies is gedoen nie. Groenskemas moet deur Namibiërs bestuur word en slegs as hulle onsuksesvol is, kan buitelanders ingebring word. Die skemas vertoon uiters sleg en produksie sukkel maar. Die regering het reeds in 2019 aangekondig dat sewe van die 11 skemas aan die privaatsektor oorhandig sal word omdat hulle onderpresteer

Die Suid-Afrikaanse Mededinging Kommissie het aangekondig dat hulle planne het om ondersoek te doen in die land oor die vars produkte voedsel markte.Noodsaaklike voedselsoorte is van kritiese belang in die sosio-ekonomiese welstand van die bevolking en in besonder oor die welstand van die armste mense, het 'n woordvoerder van die kommissie gesê.

Hoewel die wyndruifoestyd later as gewoonlik begin het en die oes kleiner as verlede jaar s’n is, het al tien wynproduserende gebiede reeds ’n aansienlike hoeveelheid druiwe gelewer, sê mnr. Conrad Schutte, bestuurder van Vinpro se wingerdboukundige konsultasiediens.

Brandewyn is deesdae baie gewild by die jonger geslag mans - en hulle het te kies en te keur onder al die soorte brandewyn wat tans gebottel word. Dit is deesdae 'n inding om jou eie Brandewyn te bottel on der jou eie naam en mense wonder soms of daar 'n baie groot verskil is tussen al die soorte. Dit lyk my dit word nog steeds gedrink met Coke- BoerCola.

Statistieke Suid-Afrika sal vandag die indiensnemingsyfers vir die vierde kwartaal van 2021 bekend maak. Die derde kwartaal se syfers het aangedui dat 7,6 miljoen mense aktief werk soek, terwyl 10,2 miljoen jeugdiges werkloos is. Lullu Krugel, hoofekonoom van PWC, sê die werkloosheidskoers sal na verwagting tot minstens 35,1 persent styg ondanks ekonomiese groei:

Graan sal nooit weer so goedkoop opgeberg kan word soos vanjaar nie en dit is belangrik om die omgewing van opberging te verbeter, sê mnr. Wessel Lemmer, hoofbestuurder van Agbiz Graan.

Suid-Afrika het in 2019/20 sowat 18,9 miljoen skape en net meer as 1,7 miljoen bokke gehuisves. Die getalle is spesifiek op kommersiële vlak van toepassing. In dieselfde jaar is 6,4 miljoen skape en bokke geslag, met plaaslike produksie wat op 177 100 ton bereken is. Die Noord-Kaap, Wes-Kaap en Vrystaat het van die hoogste slaggetalle aangemeld, met die slagtendens wat grotendeels met dié van beeste ooreenstem.

Die getal varke het in 2019/20 op 1,36 miljoen gestaan, met 3,5 miljoen varke wat in die jaar geslag is om produksie van 289 700 ton te lewer. Vordering in varkvleisproduksie blyk goed te wees, waar die getal varke oor tyd geleidelik gedaal het, terwyl die aantal slagtings en totale produksie ’n stygende tendens toon.

Owerhede in Namibië oorweeg al hoe meer ontsouting as ‘n oplossing vir watertekorte, al is dit ‘n uiterse duur opsie. Onlangs het die landbouministerie sy ondersoek na ‘n ontsoutingaanleg by die kus, met pyplyne wat water na sentraal Namibië sal verskaf, bekend gemaak. Nou oorweeg die dorpsraad van Omuthiya ook die opsie met voortdurende uitdagings met watervoorsiening.

Die kwessie rondom voldoende koring voorsiening bly in die nuus. Ongeveer 15 persent van die wêreld se totale kalorie-inname is afkomstig vanaf koring en ‘n derde daarvan kom vanaf Rusland en die Oekraïne. Plantseisoen vir koring in die noordelike halfronde is nou, en dus meen kenners dat nie net is die huidige koringvoorraad onder gedrang nie, maar volgende jaar se voorraad sal ook kortskiet.

Laai AGRI NEWS NET af van die "google" app store en jy kan al hierdie nuus en nog meer daagliks lees van Maandag tot Sondag  365 dae van die jaar.