Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas saam met nog ander artikels.
Inflasie en rentekoerse het wêreldwyd ná die ergste van die COVID-19-pandemie gestyg, met die Amerikaanse inflasie vir die eerste keer in 40 jaar hoër as dié van Suid-Afrika. aldus Theo Vorster Ekonoom.
Theo meen die Russiese president, Wladimar Poetin, het drie groot foute gemaak met die inval van Oekraïne: Hy het gedink ‘n baie groot deel van Oekraïnse bevolking gaan hul ondersteun en met ope arms verwelkom; hy het nie die sterk toegeruste Guerilla-teenveldtog met gevorderde westerse wapens verwag nie; en hy het gereken die weste is ‘n gefragmenteerde alliansie.
Laasgenoemde het egter vinnig saamgestaan en regerings-, privaat- en internetsanksies ingestel, wat gewoonlik maande vat. Die graderingsagentskap Moody’s, reken dat, sou die oorlog tussen Rusland en Oekraïne nóú stop, die Russiese ekonomie met tussen 8% en 10% gaan krimp. “As hierdie oorlog tot Junie aanhou, kan die Russiese ekonomie met tot 20% krimp. Dit behels een uit elke vyf transaksies wat nie plaasvind nie en een uit elke vyf werksgeleenthede wat verlore gaan.”
Vir Suid-Afrikaanse produsente en die res van die wêreld, is logistieke kanale en vervoer tydens hierdie oorlog van belang. Skepe vaar nie tans na Rusland nie. Produsente kry nie versekering op hul oeste wat soontoe moet gaan nie en Russiese banke kan hulle nie betaal nie. “Tussen 7% en 10% van ons sitrus gaan na Rusland. Laasgenoemde is egter uit die wêreldbetaalstelsel gehaal. Nie net moet ons nuwe markte vir hierdie 7% tot 10% soek nie, maar die res van die wêreld ding ook om hierdie markte mee,” het Theo verduidelik. Die wêreldbetaalstelsel word ook beduidend deur die oorlog beïnvloed. “Dis amper asof ons terug is by ‘n ruilhandelstelsel,” verduidelik Theo.
Tog is die Russiese ekonomie baie klein in wêreldterme, aldus Theo. Dis Amerika se veertigste grootste handelsvennoot en hoewel Amerika daagliks 2 000 vate olie vanaf Rusland invoer, voer dit 8 miljoen vate (die res van elders in die wêreld) in totaal per dag in. Suid-Afrikaanse graanprodusente sit op hete kole omdat Rusland ‘n basiese rolspeler in die grondstofmark vir kunsmis is. Theo het benadruk dat dit daarom in ons belang is dat die oorlog gouer eerder as later eindig. Theo is meer op sy gemak met die huidige ekonomiese en politieke situasie as ‘n dekade gelede. “Daar is ‘n groter rasionaliteit in die regering se besluitneming en samewerking met die privaatsektor is beter.” Tog meen hy dat landbou dringend aandag aan die watergesprek sal moet gee. “Hoe water hanteer word, asook die kwessie rondom waterregte en water waterlisensies nodig is. Dit gaan ‘n groter politieke speelbal word as die grondvraagstuk.”
“Die bepaling van brandstofpryse in Suid-Afrika het hewig onder skoot gekom omdat die internasionale ru-olieprys die hoogte ingeskiet het nadat Rusland oorlog teen die Oekraïne verklaar het,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.
Die feit dat die regering met ‘n proses begin het om die brandstofbedryf te dereguleer wat ook deur verskeie ander politieke partye ondersteun word, het die volhoubare voorsiening van brandstof in die land op groot risiko geplaas wat tot groot brandstoftekorte kan aanleiding gee.Die jongste aankondigings en uitlatings oor die bepaling van brandstofpryse deur politici is weereens duidelike pogings om politieke punte te probeer wen oor ‘n strategies belangrike ekonomiese aangeleentheid waaroor hulle presies geen idee het waaroor hulle praat nie. Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het tydens meer as een geleentheid hieroor uitsprake gelewer en gesê, “SA will move to ‘full deregulation’ of the fuel prices in time, with wholesalers and retailers competing to sell 93 and 95 octane petrol below the retail price.” ( Lees die persvrystelling)
Ekonome sê die oorstromings in KwaZulu-Natal en Transnet se wanbestuur van hawens, gaan nie net ‘n impak hê op die ekonomie in die provinsie nie, maar sal die hele land se ekonomie raak. Die Durbanse-hawe is Maandag heropen nadat dit verlede week weens die oorstromings gesluit was. Volgens die regering is daar ‘n agterstand van sowat negeduisend vraghouers in die terminus, wat tot ‘n week kan neem om te verwerk. Volgens die ekonoom, Dawie Roodt het Transnet reeds voor die oorstromings gesukkel om hawens te bestuur. Hy sê die skade aan die oorblywende infrastruktuur kan beteken dat Suid-Afrika die opbrengs van die afgelope tyd se hoër kommoditeitspryse kan misloop.
Aanduidings is dat die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika tot ‘n verdere verhoging in die rentekoers gaan lei. Dié syfers toon dat verbruikersbesteding onder druk bly – te midde van inflasie wat al meer styg – plaaslik en internasionaal. Verbruikersinflasie het op ‘n jaargrondslag in Maart gestyg tot 5-komma-9-persent in vergelyking met 5-komma-7-persent die vorige maand. Op ‘n maandgrondslag was inflasie ook hoër op 1-persent, teenoor 0-komma-6-persent in Februarie. Voedsel, nie-alkoholiese drank, behuising en dienste, vervoer asook diverse goedere en dienste het tot die styging in verbruikersinflasie bygedra. Die Reserwebank se inflasieteikenband is tussen drie en ses persent. Die repokoers is in Maart met 25-basispunte verhoog tot-4-komma-25-persent.
En ons gaan binnekort bietjie meer berig oor die toestand van die abbatoirs in Suid Afrika - Ons kry goeie kwaltiteit vleis in om gelsag te word, maar word hierdie vleis reg gegradeer en reg toegewys.
Suid-Afrika loop die risiko om sy uitvoer van massa motorvoertuie na ander wêrelddele te verloor, sê Nissan Motors van Suid-Afrika.Die ramp kan voorkom word deur die regering wat sy beleid verander en die vervaardiging van elektries aangedrewe motorvoertuie toe te laat en te bevorder.
Die kabinet het gister die wydverspreide oorstromings in die land tot 'n nasionale ramptoestand verklaar. Suid-Afrika was slegs 14 dae uit 'n nasionale ramptoestand wat weens die Covid-19-pandemie ingestel was, voordat oorstromings veroorsaak het dat daar weer 'n nasionale ramptoestand ingestel is.
Die Namibiese minister van die omgewing Pohamba Shifeta sê die onwettige handel met ietermagô’s wek kommer met 320 gevalle wat sedert 2017 in die land aangemeld is. Die ietermagô is die dier waarmee daar die meeste onwettige handel gedryf word regoor die wêreld.
Volgens die jongste statistieke deur die DA kos beurtkrag die ekonomie in Suid-Afrika R500 miljoen per fase per dag. Dit kom neer op 3 000 gemiste werksgeleenthede. In 'n jaar kan dit 1 095 000 werksgeleenthede wees. Beurtkrag sal Suid-Afrika se ekonomie dus na verwagting vandeesweek R8 miljard kos.
Suid Afrika -Kommoditeitspryse het sedert gister se sessie positief verhandel. Mielie aanplantings in die VSA is 4% voltooi, dit is 2% agter die gemiddelde tempo en 3% agter verlede jaar se tempo. Bekommernisse oor mielie voorraad vlakke as gevolg van ongunstige aanplantings weer in die VSA gepaard met Oekraïne se konflik ondersteun pryse.
NamWater se jongste damverslag toon dat die drie sentrale damme tans op 62,6 persent van kapasiteit staan met net meer as 1,1 miljoen kubieke meter water wat na Von Bachdam vanaf Omatako oorgepomp is. Von Bach is tans op 51,8 persent wat voldoende reserwes vir twee jaar is, mits water spaarsamig deur verbruikers benut word.
Die oorstromings in KwaZulu-Natal eis sy tol in die landbousektor en volgens die provinsie se landbou-unie, Kwanalu, gaan die groot skade wat aan infrastruktuur veroorsaak is waarskynlik langtermyn gevolge vir die bedryf inhou.
Mieliemeel bly nog steeds die stapelvoedsel van Afrika- Weereens het Suid Afrika se mielieboere gesorg dat daar oorgenoeg mieliemeel is vir die miljoene mense wat honger lei agv die regering se inperkingsmaatreels op die Covid 19- pandemie. Daar is baie druk op alle meulens om mieliemeel in alle soorte verpakkings te verskaf.
Ná meer as twee dekades waarin vryemarkbeginsels gegeld het, word nou voorbrand gemaak dat die staat beheer moet neem van landboubemarking. Dit is ’n vuurhoutjie in ’n hooimied.
Oor die naweek van Saterdag 23 tot Sondag 24 April sal die geskiedkundige Groote Post-wynlandgoed, wêreldbekend vir sy bekroonde wyne, gasheer speel vir die eerste Suid-Afrikaanse Kaasfees ooit aan die Weskus, in die Darling-heuwels.
Namibië vaar uiters goed met voedselproduksie en volgens die jongste syfers, voorsien die land se boere reeds 48 persent van plaaslike vraag na grane, groente en vrugte. Daar is volgens Gilbert Mulonda, die algemene bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad, verskeie meganismes in plek gestel om produksie en die waardeketting te verbeter.
Die DA het die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die minister van energie, Gwede Mantashe, gevra om ‘n kabinetsbesluit te motiveer wat aandag sal gee aan die dreigende ramp in die land se elektrisiteitsektor. Beurtkrag is weer ingestel en duur tot môreoggend vyf-uur.
Die President van die Wêreldbank, David Malpass, sê die oorlog in Oekraïne het tot ‘n drastiese afname in groeivooruitsigte vir die wêreldekonomie gelei. Binne ‘n kwessie van drie maande het die bank sy groeiraming van vier-komma-een persent tot drie-komma-twee persent aangepas.
Daar is kommer oor die plaaslike landbou-bedryf as gevolg van stygende insetkostes. Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein, sê dit kan moontlik lei tot werksverliese in die sektor. Kunsmis is veral ‘n uitdaging. Rusland, wat sowat 14 persent van die wêreldwye kunsmisuitvoere beslaan, het uitgaande handel tydelik opgeskort wat ‘n impak op internasionale voedselmarkte sal hê.
“Die bepaling van brandstofpryse in Suid-Afrika het hewig onder skoot gekom omdat die internasionale ru-olieprys die hoogte ingeskiet het nadat Rusland oorlog teen die Oekraïne verklaar het,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.
Die verslag van die Sentrale Energiefonds het in die half-maand tydperk voorspel dat die brandstof ietwat goedkoper kan wees in Meimaand. Dit is egter net diesel wat weereens kan styg in prys indien die toestande onveranderd bly. Die Rand moet nie verder verswak teen die belangrikste geldeenhede nie, en die olieprys moet ook nie drasties styg nie.
Product Name |
Price |
Quantity Type |
Date |
Change |
Previous Price |
White maize |
4,140.0000 |
per Metric Ton |
2022-04-15 |
0.0244 |
4,040.0000 |
Yellow maize |
4,256.0000 |
per Metric Ton |
2022-04-15 |
0.0199 |
4,172.0000 |
Wheat |
9,055.0000 |
per Metric Ton |
2022-04-15 |
0.0440 |
8,665.0000 |
Soybeans |
10,820.0000 |
per Metric Ton |
2022-04-15 |
0.0381 |
10,415.0000 |
Sunflower seed |
7,055.0000 |
per Metric Ton |
2022-04-15 |
0.0334 |
6,823.0000 |
Sorghum |
7,310.9400 |
per Metric Ton |
2022-04-15 |
-0.0942 |
8,034.0000 |
Groundnuts |
17,316.0000 |
per Metric Ton |
2022-04-15 |
-0.0219 |
17,700.0000 |
Cotton |
5,002.0000 |
per Metric Ton |
2022-04-15 |
0.1034 |
4,510.0000 |
Sugarbeans |
25,000.0000 |
per Metric Ton |
2022-04-15 |
0.0000 |
25,000.0000 |
Lusern (SupremeQ) |
3,700.0000 |
per Metric Ton |
2022-04-15 |
0.0000 |
3,700.0000 |
Dis net 'n paar van die hoof Afrikaanse Nuus - laai AGRI NEWS NET af en word deel van die wereld van Landbou in jou hand-
Of besoek www.agrinewsnet.co.za .
So moet jy water bestuur
Bag of water to slow down the irrigation to ensure that soils gets well hydrated evenly https://t.co/ktEAqK7b9n pic.twitter.com/cmeK4zPT7a
— Channa Prakash (@AgBioWorld) April 20, 2022