Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. Nuusoorsig -22 Junie 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. Nuusoorsig -22 Junie 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Misdaad is een van die mees kontensieuse en hardnekkigste uitdagings waarmee tallose samelewings en veral sekere gemeenskappe en indiwidue te kampe het. Sonder veiligheid leef mense in konstante vrees, besighede kan nie werklik floreer nie en maatskaplike samehorigheid word ondermyn. Dit is tewens so dat sekere sosio-maatskaplike faktore die vlakke van misdaad wedersyds beïnvloed. Armoede, ’n uitsigloosheid onder die jeug, swak dienslewering deur die staat, ’n lae onderwyspeil en dwelmmisbruik is almal simptome asook oorsake van allerlei soorte misdaad. Die probleem van misdaad verg dus ’n holistiese benadering en kan nie slegs tot polisiëring en die regswese beperk word nie.

Hoewel Suid-Afrika hom verlede jaar in die COP26-beraad verbind het tot ’n net-zero-omgewing (’n balans tussen kweekhuisgasse wat in die atmosfeer vrygestel word en dié wat uitgeneem word) teen 2050, het PwC in ’n opname gevind byna 80% van Suid-Afrikaanse uitvoerende hoofde se maatskappye het nog nie ’n vaste verbintenis tot net-zero nie. Luidens ’n studie deur Euromonitor International koop 34% van Suid-Afrikaanse respondente items wat volhoubaar vervaardig word en 49% probeer volhoubare verpakkingsmateriaal kies. Nog 32% het onlangs geld geskenk aan organisasies sonder winsbejag wat hulle beywer vir omgewingsbewaring, vergeleke met 24% wêreldwyd.

Byna 99% van all mense wat na U tube se videos kyk- gebruik die "skip" opsie- wat die irriterende bemarkingsflitse onmiddelik stop-  Geen mens kan meer die bemarkings videos hanteer nie-  om nie eens te praat van die bemarkings banners wat oral opduik as jy 'n artikel wil lees nie. Maarskappye wat nog gebruik maak van die verouderde bemarkings metodes doen hulle maatskappye meer skade as iets anders- Verskeie maatskappye irriteer met hulle flitse... wat oral uitpop- soveel so dat jy glad nie eens meer belangstel om met hulle besigheid te doen nie.

Die kommersiële boere-unie vir voorheen-benadeelde boere in Namibië, dagvaar die voorsitter van die Agribank-raad, sowel as verskeie ministers, die speaker en die prokureur generaal. Die unie eis dat die besluit deur die bank se raad om beslag te lê op kommersiële plase wat deur swart boere aangekoop is onder die Regstellende Aksie-leningskema, sou die rekening agterstallig raak, ter syde gestel moet word. Die eis, wat deur Jeaneth Kuhanga, ingedien is maak melding van die koloniale tydperk deur tot onafhanklikheid. Grond is van swart-gemeenskappe volgens haar stukke afgevat en die spesifieke leningskema is daargestel om swart boere, wat reeds op ‘n groot skaal kommunaal boer, toegang tot kommersiële grond toe te laat, op ‘n bekostigbare rentekoers en verlengde afbetalingsperiode. Sy sê nog net 16 persent van kommersiële grond is in swart besit in Namibië. Sy meen Agribank oortree sy mandaat om beslag te lê op grond wat deur die leningskema aangekoop is en sê verder, die bank mag nie die boere swartlys voor hy nie ‘n uitspraak teen hulle gekry het nie. Die saak word verdedig. Regter Marlene Tommasi sal vanoggend saam met die partye datums vir stukke en verdere voorverhoor konferensies bepaal. 

Weermodelle dui tans aan dat die huidige La Niña-stelsel tot ten minste Januarie 2023 teenwoordig gaan wees. Hoewel die La Niña-stelsel wat die weerpatrone sedert verlede jaar oorheers, in die komende maande effens gaan verswak, is daar tans ’n 60%-kans dat dié stelsel tot ten minste Desember 2022 of Januarie 2023 teenwoordig gaan wees. “Dit kan verswak gedurende Julie en Augustus, maar weer versterk vanaf September tot Desember,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Die langertermynneiging (volgens weermodelle) is egter dat dit verswak. Die stelsel kan meer neutraal neig vanaf ongeveer Februarie 2023. Die verwagte redelik matige tot sterk La Niña-verskynsel kan gunstig wees vir somerreënval vanaf ongeveer November tot Januarie, maar as die La Niña-stelsel in die tweede deel van die somer verswak, kan dit reënvaltoestande vanaf ongeveer Februarie nadelig beïnvloed.

Agri Besigheidskamer se jaarlikse kongres vind die week plaas by Sun City in Noord Wes. 400 afgevaardigers sal die kongres bywoon.

Ons Junior Landbouskrywers kompetiese sal eerdaags in aanvang neem. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie. 

Nuusredakteur

Suid-Afrika kan baat vind by sy betrekkinge met die ander Brics-lidlande terwyl hy besig is om ná die Covid-19-pandemie te herbou. So lui Ramaphosa se weeklikse nuusbrief Maandag in die aanloop tot die 14de Brics-leiersberaad wat later vandeesweek aanlyn deur pres. Xi Jinping van China aangebied word.
Daar is lig aan die einde van die tonnel vir die Suid-Afrikaanse lewendehawe-en wildbedryf wat 'n voortdurende stryd het om aan internasionale vereistes te voldoen.
Dis 'n absoulute skande dat Suid -Afrika bo aan die lys is vir lande met die hoogste werkloosheidssyfer. Dit terwyl byna 1, 2 miljoen staatdienswerkes, ministers en die edelagbare Staatspresident in weelde lewe en Suid Afrika uit mekaar val en regop gehou word deur hardwerkende belastingbetalers en landbouers.
Een plaasaanval, is een te veel. Een plaasmoord, is een te veel. Daarom sal TLU SA aanhou werk om boere veilig op hul plase te hou. Dít is die boodskap van TLU SA aan boere ná sy pas afgelope simboliese virtuele staptog teen plaasaanvalle en -moorde. Daar is in die bestek van 24 uur virtueel 6065km afgelê.
Water – ‘n onmisbare skakel in die bestaan van die mens. Dit is ‘n feit wat elke boer maar te goed verstaan. Mag ons op Wêreld Waterdag die belangrikheid van water onthou en verstaan, en mag ons waterbronne bewaar vir die generasies na ons.
Die lugbesoedeling wat Suid-Afrika dag vir dag moet trotseer, is grootliks te wyte aan dit wat deur Sasol en Eskom veroorsaak word. Die Suid-Afrikaanse hof het beveel dat die ANC regering stappe moet neem en maatreëls moet toepas om die lug gehalte te verbeter in die sleutel gebiede waar dit die meeste besoedel word.
Die Suid-Afrikaanse Landbounavorsingsraad sê na-oes-voedselverliese hou ‘n ernstige bedreiging in vir voedselsekerheid, veral in Afrika. Ongeveer 1,3 miljard ton kos wat vir menslike gebruik geproduseer is, gaan jaarliks wêreldwyd verlore nadat dit geoes is.
Koringboere in Soedan vrees dat hul oes binnekort vrot sal word nadat die land se regering ‘n ommekeer gemaak het op sy besluit om die oeste te koop. Die regering het boere 75 Amerikaanse dollar per sak aangebied. Dit word beskryf as ‘n uitstekende prys en is gedoen om boere aan te spoor om aanplantings te doen, maar nou is daar nie geld nie.
Die Oos-Londense hawe in Oos-Kaap het vir die eerste keer in ’n dekade gasheer gespeel vir mielie-uitvoer wat vir markte in die Verre Ooste bestem is. “Die laaste keer dat mielies van Oos-Londen af uitgevoer is, was in 2012,” sê dr. André van der Vyver, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir graan- en oliesadehandelaars (Sacota).
Die Suid-Afrikaanse Landbounavorsingsraad sê na-oes-voedselverliese hou ‘n ernstige bedreiging in vir voedselsekerheid, veral in Afrika. Ongeveer 1,3 miljard ton kos wat vir menslike gebruik geproduseer is, gaan jaarliks wêreldwyd verlore nadat dit geoes is.
Die huidige wêreldsituasie kan as die grootste ramp sedert die Tweede Wêreldoorlog beskou word, het me. Kristalina Georgieva, besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), einde Mei met die afsluiting van die Davos-beraad van die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) verklaar.
Baie produsente bevraagteken die ekonomiese lewensvatbaarheid van vleis wat teen ’n hoër produksiekoste direk vanaf die veld bemark word, teenoor gewone vleisproduksie, waar diere op dieselfde oppervlak gehou word, vinniger markgereed is en in ’n voerkraal afgerond word. Vleis van grasvretende diere word ook in sommige kringe as ’n beter gehalte produk beskou.
‘n Suid-Afrikaanse ekonoom het gereageer op die minister van energie, Gwede Mantashe, wat sê Suid-Afrika moet dit oorweeg om ru-olie teen laer pryse van Rusland in te voer om die buurland se brandstofprysprobleme te help verlig. Mantashe sê die regering moet dié stap neem want daar is nie sanksies teen ru-olie nie
'n Studie wat die genetika agter die bitter smaak van sommige sorghumplante en een van Afrika se mees onthutsende voëlspesies ondersoek, illustreer hoe menslike genetika, gewasse en die omgewing mekaar beïnvloed in die proses van plantbemesting
Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

White maize

4,503.0000

per Metric Ton

2022-06-17

0.0220

4,406.0000

2

Yellow maize

4,650.0000

per Metric Ton

2022-06-17

0.0379

4,480.0000

3

Wheat

9,030.0000

per Metric Ton

2022-06-17

-0.0238

9,250.0000

4

Soybeans

10,685.0000

per Metric Ton

2022-06-17

-0.0024

10,711.0000

5

Sunflower seed

8,157.0000

per Metric Ton

2022-06-17

0.0171

8,020.0000

6

Sorghum

7,437.0000

per Metric Ton

2022-06-17

-0.0068

7,488.0000

7

Groundnuts

20,620.0000

per Metric Ton

2022-06-17

-0.0018

20,658.0000

8

Cotton

18,203.0000

per Metric Ton

2022-06-17

-0.0027

18,252.0000

9

Sugarbeans

25,000.0000

per Metric Ton

2022-06-17

0.0000

25,000.0000

10

Lusern (SupremeQ)

3,650.0000

per Metric Ton

2022-06-17

0.0000

3,650.0000

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Bananas

5.7800

per Kg

2022-06-17

-0.0556

6.1200

2

Apples

6.7300

per Kg

2022-06-17

0.0306

6.5300

3

Oranges

2.2100

per Kg

2022-06-17

-0.1845

2.7100

4

Avocados

13.1800

per Kg

2022-06-17

0.1104

11.8700

5

Grapes

54.6600

per Kg

2022-06-17

0.8287

29.8900

6

Mangos

23.7900

per Kg

2022-06-17

1.1317

11.1600

7

Pears

6.6500

per Kg

2022-06-17

0.0423

6.3800

8

Pineapples

5.2700

per Kg

2022-06-17

-0.0539

5.5700

9

Peaches

5.7000

per Kg

2022-06-17

-0.8915

52.5300

10

Lemons

3.5000

per Kg

2022-06-17

0.1438

3.0600

11

Nectaries

43.3300

per Kg

2022-06-17

10.5547

3.7500

12

Naartjies

5.4600

per Kg

2022-06-17

0.0361

5.2700

13

Blueberries

138.2700

per Kg

2022-06-17

0.2695

108.9200

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Potatoes

44.3700

per 10Kg

2022-06-17

-0.0270

45.6000

2

Tomatoes

12.1400

per Kg

2022-06-17

0.1293

10.7500

3

Carrots

3.9000

per Kg

2022-06-17

0.0428

3.7400

4

Onions

5.7700

per Kg

2022-06-17

0.0194

5.6600

5

Cabbage

3.0600

per Kg

2022-06-17

-0.0097

3.0900

6

Garlic

59.1500

per Kg

2022-06-17

-0.0140

59.9900

7

Spinach

4.8300

per Kg

2022-06-17

0.0615

4.5500

8

Sweet Potatoes

2.9800

per Kg

2022-06-17

0.0530

2.8300

9

Peppers

12.0200

per Kg

2022-06-17

0.0389

11.5700

10

Chillies

5.1200

per Kg

2022-06-17

0.0020

5.1100

11

Pumpkins

2.4900

per Kg

2022-06-17

-0.0311

2.5700

12

Mushrooms

52.2400

per Kg

2022-06-17

-0.2762

72.1700

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Mutton A2/3

103.8300

per Kg

2022-06-17

0.0185

101.9400

2

Feeder Lamb

52.9400

per Kg

2022-06-17

0.0002

52.9300

3

Mutton AB2/3

83.5200

per Kg

2022-06-17

0.0047

83.1300

4

Mutton B2/3

78.1200

per Kg

2022-06-17

0.0084

77.4700

5

Mutton C2/3

74.6200

per Kg

2022-06-17

0.0287

72.5400

6

Ave Wool - Non RWS

164.9100

per Kg

2022-06-10

0.0000

164.9100

7

Ave Wool - RWS

180.0700

per Kg

2022-06-10

0.0000

180.0700

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Beef A2/3

60.8100

per Kg

2022-06-17

0.0071

60.3800

2

Beef Weaners

36.4000

per Kg

2022-06-17

-0.0175

37.0500

3

Beef AB2/3

57.6600

per Kg

2022-06-17

-0.0012

57.7300

4

Beef B2/3

53.3000

per Kg

2022-06-17

-0.0067

53.6600

5

Beef C2/3

46.8600

per Kg

2022-06-17

-0.0076

47.2200

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Kids (under 30kg)

62.8900

per kg

2022-06-17

0.1319

55.5600

2

Medium (30-40kg)

57.8100

per kg

2022-06-17

0.0203

56.6600

3

Large (above 40kg)

39.7100

per kg

2022-06-17

-0.1578

47.1500

4

Ewes (Goats)

49.5900

per kg

2022-06-17

0.1895

41.6900

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Poultry Frozen

31.4500

per Kg

2022-06-17

0.0038

31.3300

2

Poultry fresh

31.8800

per Kg

2022-06-17

0.0031

31.7800

3

Poultry IQF

30.1200

per Kg

2022-06-17

0.0033

30.0200

4

Poultry Average

31.1500

per Kg

2022-06-17

0.0035

31.0400

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Pork Porkers

27.1500

per Kg

2022-06-17

-0.0048

27.2800

2

Pork Baconers

28.0000

per Kg

2022-06-17

-0.0064

28.1800

3

Pork Sausage

22.4300

per Kg

2022-06-17

0.0126

22.1500

4

Pork Average

27.1800

per Kg

2022-06-17

-0.0062

27.3500