Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 28 September 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 28 September 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Landbouproduk- en voedselpryse is nog aan die styg, nie net weens produkprysstygings nie, maar veral as gevolg van onderliggende kostestygings soos vervoer, elektrisiteit-ontwrigtings en arbeidskostestygings, om ’n paar te noem. In die geval van brood is koring se aandeel in die broodprys sowat 18%. In die geval van witmieliemeel is die mielie-aandeel minder as die helfte van die koste van mieliemeel. Terloops, binnelandse wit mieliepryse het die afgelope jaar met 50% gestyg, wat direk na die laer tot middelinkomstegroepe deurwerk. Die prysstygings word gedryf deur die internasionale vraag na mielies, asook produksiekoste wat wêreldwyd vanjaar sowat 30% hoër is as ’n jaar gelede. Dit is dus ’n vloer waaronder prysdalings moeilik kan gaan om wêreldproduksie in stand te hou.

Elke dag hoor ons hoe ons landbouers en ander mede Suid Arfrikaners vermoor word- en die regering van die dag- DOEN NIKS HIER AAN NIE-  Dit kom al vir jare maar dit gaan meer vir jare voortduur nie-  Wees verseker dat daar op een goeie dag 'n einde gebring gaan word aan hierdie absolute barbare  se dade wat gedryf word deur een of ander politieke leier of sogenaamde vryheidsvegter.  Suid Afrika word daagliks verder verwoes en ons wat gebou het aan hierdie land kan nie langer toesien hoe die regering en sy meelopers en aanhangers die land en sy mense verniel nie-  Steel en korrupsie is deel van die regering en sy meelopers..

Die jongste rentekoersverhoging kom op ’n slegte tyd vir boere wat somergewasse moet plant. Produksiekrediet word duurder en dit, tesame met hoër insetkoste, kan boere se winsgewendheid ernstig inkort. Die Reserwebank het verlede week (22 September) vir die sesde agtereenvolgende keer rentekoerse verhoog. Die verhoging van 75 basispunte bring die repokoers (die koers waarteen die Reserwebank geld aan banke leen) op 6,25% te staan. Banke het daarna hul prima-uitleenkoers tot 9,75% verhoog. Daar word algemeen aanvaar dat rentekoerse verder kan styg teen die einde van die jaar, sê prof. Johan Willemse, onafhanklike landbou-ekonoom. “Die nuutste landbouskuldsyfer vir Junie 2022 is so ’n raps meer as R200 miljard. Dus vir elke persentasiepunt wat die rentekoers styg, kos dit die landboubedryf R2 miljard ekstra aan rente, afgesien van al die kostestygings wat produsente moet absorbeer.” In praktyk werd dit uit dat dit ’n gewone graanboer sowat 30% meer gaan kos om dieselfde lande te ploeg as ’n jaar gelede. Baie hiervan geskied via produksiekrediet en daarom knyp dit die ouens. Hulle het nou ekstra krediet nodig.

Die adjunk-president, David Mabuza sê die regering is nog nié op ‘n plek waar hy privatisering sal oorweeg as ‘n oplossing vir Eskom se probleme nie. Hy het verlede week tydens ‘n vraag-en-antwoord-sessie in die Nasionale Vergadering gesê dat dit ongegrond sal wees om aan te neem dat die probleme by Eskom die kragvoorsiener in die rigting van privatisering stuur. Hy sê Eskom is in ‘n gevorderde stadium van ontbondeling, wat volgens hom, die antwoord op Eskom se talle probleme is. Mabuza hou vol dat privatisering nie die antwoord is nie.  Eskom se finansiële sake benadeel die land se ekonomie met sy skuld wat nagenoeg R350-miljard beloop. Die regering beloof al jare om instandhouding by Eskom te verbeter en meen die opdeling van die kragvoorsiener in verskillende afdelings sal die oplossing bied. Maar is dit werklik die antwoord?

Die enigste manier waarop die prys van diesel sal kan daal, is as die balansfondsheffing, wat op die oomblik 83,28c per liter is, verminder word. Die kans daarop is egter skraal gegewe dat die balansfonds einde Augustus nog R13,158 miljard in die rooi was. Ingevolge nuwe reëls vir die balansfonds wat vroeër die maand aangekondig is, sal die balansfondsheffing wegval indien die fonds sterker is as -R500 miljoen. Dit was vroeër -R250 miljoen. Die groter oortrokke bedrag is ingestel weens die wisselvalligheid van internasionale brandstofpryse op die oomblik. Die balansfondsheffing gaan nie aan die staat nie, maar aan brandstofmaatskappye. Dit word gebruik om hulle te vergoed wanneer die prys van brandstof wat hulle aankoop deur die loop van die maand styg nadat die prys wat hulle daarvoor mag vra, reeds gereguleer is. Ondanks die derde daling in die petrolprys wat verwag word, sal petrol steeds meer as R4 per liter duurder wees as ’n jaar gelede weens opeenvolgende groot stygings die afgelope jaar. Diesel is reeds meer as R8 per liter duurder as ’n jaar gelede. 95-oktaan-petrol kos op die oomblik R23,38 per liter in Gauteng en R22,73 per liter aan die kus.

Ons het ook die week ons eie EKSKLUSIEWE EIENDOM afdeling begin- Die plase wat hier bemark word is absoluut eksklusief en jy kry dit nie op die oop mark beskikbaar nie-  Blaai gerus deur die lys wat weekliks opdateer word . 

Maak maar mooi seker voor jy sommer beeste aankoop en geld oorbetaal aan sekere maatskappye wat jou toelaat om sommer op 'n APP (toespassing) beeste te koop. Daar mag dalk 'n paar wees wat 'n ander plan met jou geld het. 
‘n Opname het maatskaplike kwessies blootgelê wat algemeen in die Suid-Afrikaanse landbousektor voorkom, insluitend finansiële wanbestuur, korrupsie, diefstal, konflik en ongeletterdheid. Die studie het bevind dat die miljarde Suid-Afrikaanse rand wat in die sektor belê word, niks anders as armoede tot gevolg het in ‘n bedryf wat ryk en welvarend kan wees nie. Die landboubedryf dra minder as 2,4 persent by tot die bruto binnelandse produk. Die studie se opsteller, Nomsa Ngwenya, sê 78 persent van die deelnemers het gesê hul boerdery-ondernemings is nie winsgewend nie, terwyl die paar wat winste toon, beweer dit is minder as 50 000 rand per jaar.

“Indien Suid-Afrika oorgaan na verpligte inenting vir bek-en-klouseer buite gebiede waar die siekte reeds as endemies gekategoriseer word, kan daar heel moontlik minder uitvoergeleenthede wees as vir ’n land wat nie sulke verpligte inenting het nie,” sê mnr. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) en voorsitter van die nasionale dieregesondheidsforum. Schutte sê om só ’n stelsel in Suid-Afrika te laat werk, is baie navorsing nodig oor kapasiteit om ’n geskikte entstof in voldoende hoeveelhede te ontwikkel en te vervaardig. Vryemarkbeginsels sal ook ’n deurslaggewende rol moet speel in die sulke ontwikkeling, vervaardiging, bemarking en verspreiding. Hy sê só ’n intentingsproses sal Suid-Afrika “in die posisie plaas om enige potensiële toekomstige bek-en-klouseer-kwessies beter te hanteer”.

Sedert 1990 is daar reeds 2203 plaasmoorde aangemeld. Teen 27 September was daar reeds 33 moorde vir 2022 op die rekordboek. Daar is ’n duidelike toename in plaasaanvalle. In Junie was daar twee plaasmoorde, maar sedertdien is die getalle aan die toeneem. Julie was daar sewe en in September reeds ses. Vir TLU SA wys dit op die opportunistiese optrede van misdadigers. Die politieke klimaat met gesprekke wat fokus op onteiening sonder vergoeding, binne-gevegte in die regerende party en oneffektiwiteit van die SAPD is van die faktore wat klimaat skep vir misdadigers om ekstra kanse te vat.

Mnr. Corne Louw, hoof van toegepasde ekonomie en lededienste by GraanSA, het gesê die kompetisie het vanjaar 84 inskrywings gehad wat ’n styging van 47% oor die afgelope drie jaar verteenwoordig. “Die mielie-opbrengste in die kompetisie het ook stelselmatig hoër geword en is vanjaar 3,7% hoër met die algemene opbrengste wat tussen 160% en 180% hoër is as die gemiddelde Suid-Afrikaanse mielie-opbrengs,” het Louw gesê. Sojabooninskrywings het ook met 17% gestyg en was tussen 130% en 170% hoër as die Suid-Afrikaanse gemiddeld en alhoewel die sonneblomopbrengste vir die kompetisie die afgelope drie jaar sywaarts beweeg het, was die opbrengste vir die sonneblomafdeling tussen 140% en 190% hoër as die nasionale gemiddeld. “Ons het vanjaar twee nuwe mielie-opbrengsrekords en vyf nuwe sojaboonopbrengsrekords in die verskillende kompetisiegebiede gesien, wat net weer eens Suid-Afrikaanse boere se vermoë om hulle besighede na die volgende vlak te neem onderstreep het,” het Louw gesê.

OVK Landbou van Ladybrand in die Vrystaat het 'n baie insiggewende Video en Artikel geplaas oor Bewarings landbou as deel van hulle bemarking op Farmingportal.co.za DRUK HIER
Farmingportal en AGRI NEWS NET asook E -MEDIA wat deel is van die CRA Group het die afgelope 6 maande met ongeveer  49% persent gegroei in besoekers en gebruikers. Ons Internasionale Video en Audio produksies het ook baie groei getoon.
AGRI NEWS NET se amptelike naam in Spanje en dele van Suid Amerika is - Red de noticias agrícolas.
Ons is ook tans besig met onderhandelings vir fondse om ons landbouers te help in hulle stryd teen skuldeisers asook nuwe fondse vir die aankoop van plase en uitbreiding in landbou.

Hollard is die trotse borg van die Farming Portal/Landbouskrywers SA junior kommunikeerder toekennings.

Die landbousektor speel ‘n kritieke rol in die skep van ‘n beter toekoms vir alle Suid Afrikaners. Die doel van hierdie kompetisie is dan ook om akkurate en oordrag van inligting en positiewe stories binne die landbou aan te moedig. Hierdie is ‘n platform waar studente en jongmense binne die landbou en joernalistieke omgewing hulle werk kan publiseer. So kry hulle ook ‘n voorsmakie van kommunikasie met die publiek en belanghebbers binne die sektor en staan die kans om lekker kontantpryse te wen!

Daar is twee afdelings naamlik een vir joernalistiekstudente en die ander vir studente binne die landbousektor. Dit sluit ekonome, wetenskaplikes en landboukundiges ook in.

Die kompetisie sluit aan die einde van Oktober en die wenners sal aangekondig word aan die einde van November tydens ‘n geleentheid by die historiese Villa Arcadia in Parktown. Hierdie is ook die tuiste van Hollard en ons sien uit om die geleentheid daar aan te bied.

CRA Media is tans besig met die vervaardiging van 'n dokumentere reeks wat eersdaags in die Internasionale media beskikbaar gestel gaan word. 

Ons kondig ook binne kort weer 'n kompetiese aan. 

As jy enige kort bydrae wil lewer tot hierdie uiter gewilde artikle wat 2 weekliks geplaas woord, kontak die nuuskantoor by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Nuusredakteur

Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za

           

Suid-Afrika se kredietkaart skuld het die afgelope jaar skerp toegeneem en het reeds kommerwekkende vlakke bereik, sê finansiële kenners nadat die bekend geword het wat die werklike skuldlas is. Die totale aantal kredietkaart rekeninge word op 6.6 miljoen gestel, soos wat dit in die tweede kwartaal van 2022 weerspieël is.

Deskundiges op die gebied van hernubare energie stelsels het gewaarsku teen die nuwe aanslag op verbruikers met hulle sogenaamde “cheap chad” sonkrag stelsels. Die stelsels wat glo redelik goedkoop is teenoor ander son verhitting stelsels word aangebied vir minder as R70,000 en bied slegs ?'n12 maande “waranty” in, wat nie 'n amptelike waarborg is nie.

Die meeste inwoners van Suid Afrika het absoluut geen insig in hoe die Voedsel ketting werk en hoe voedsel en affal produkte asook riool bestuur moet word nie. Die meeste van die vet ongesonde mense insluitende die oorgewig regering en sy meelopers maak net hulle monde vol met duur kos en drank en gefuif, maar het geen saak met die riool en affalprodukte wat hulle nalaat nie.

Ná 2 taai uitvoerseisoene kan sitruskwekers steeds vooruitboer, mits hulle die waardeketting, asook logistieke en infrastruktuurkwessies reg benader.Goeie besigheidsverhoudinge en integrasie in die internasionale waardeketting kan nou die deurslag gee wanneer produsente van uitvoervrugte soos sitrus om landboukrediet aansoek doen, sê mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB.

Hoër rentekoerse gaan nie die aanbodontwrigtings in energie- en landbouprodukte verlig en sodoende die betrokke inflasiedrywers onder beheer bring nie.

Agri SA gaan met Eskom vergader oor die beurtkrag en die uitwerking wat dit op die landboubedryf se vermoë het om kos te produseer. Christo van der Rheede, die organisasie se uitvoerende direkteur, sê die melk- en pluimvee-bedrywe is van die bedrywe wat negatief deur Eskom se beurtkrag geraak word.

‘n Organisasie sonder winsbejag, 350Africa, sê die dringendheid van die klimaatskrisis kan nie onderbeklemtoon word nie, veral in Afrika. Klimaatsaktiviste eis klimaatsgeregtigheid en vergoeding vir nasies wat die meeste deur die krisis geraak word. Dit is genoem voor die Verenigde Nasies se klimaatsveranderingskonferensie, COP27, in November plaasvind.

Transnet het die regering miljarde gekos aan belasting inkomste. Ons reken dit is in die koers van R80miljard -'n Myn in die Noord Kaap se verlies aan inkomste vir uitvoere sedert Januarie hierdie jaar beloop ongeveer US$60m, dit as gevolg van Transnet wat nie instaat is om 'n diens te lewer nie .

Voedselproduksie is die grootste doelwit van enige nasie en so ook Namibië. Ongeag die veranderende weerpatrone, sien boere altyd uit na reënseisoene sodat hulle kan begin werk en voedsel produseer, hetsy vir gesinsdoeleindes of kommersiële redes. Tradisioneel is dit die tyd wat boere hulself voorberei vir die volgende produksieseisoen.

Voortdurende kragonderbrekings weens beurtkrag plaas 'n enorme las op die hele landbousektor en verskeie produksiekettings begin onder erge druk verkeer. Ten einde die impak van beurtkrag in konteks te plaas, lig Agri SA verskeie sektore in die landboubedryf se daaglikse stryd en probleme uit.

Die pogings van Suid-Afrikaanse owerhede om die land se renosters te beskerm het blykbaar ‘n nadeel aangesien die toename in renosterstropery-sindikate na plaaslike wildreservate lok, nes in Namibië. Wildlewe-spesialis JJ van Altena sê die toename in plaaslike renosterbevolkings wat gesien word, as gevolg van bewaringsveldtogte, beteken daar is méér renosters wat stroperty-sindikate kan teiken.

Terwyl Namibië se ontwikkelingsbegroting in 2022/23 met 4,36 persent gekrimp het tot sy tweede laagste van 4,997 miljard Namibiese dollar in nege jaar, het sy afhanklikheid van buitelandse finansiering byna verdubbel met 84 persent tot 2,7 miljard dollar, volgens die Tender Bulletin.

Eskom se pogings om beurtkrag te verminder, is slegs tydelik van waarde, sê elektrisiteit deskundiges wat die finansiële aspekte ontleed het.Die deskundige ontleders reken die 1000MW waaroor almal ingenome is, beteken inderwaarheid bitter min, want Eskom se opwekkings eenhede lewer deurlopend 8000MW te min.

Die landbou, soos die ander produksiesektore, het in die tweede kwartaal negatiewe groei ervaar. Besteding aan voedsel het konstant gebly, maar minder is bestee aan drank, klere, meubels en huisvesting. Die jongste syfers van Statistieke SA dui op ’n negatiewe groeikoers van 0,7% vir die tweede kwartaal ná die eerste kwartaal se positiewe groeikoers van 1,7%.

Geen medium in Landbou gee jou soveel nuus by een adres - 7 dae per week- 365 dae van die jaar-  

Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za

Wat gaan hier aan. 
So skuif jy 'n watelemoen uit die land.