Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 5 Oktober 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 5 Oktober 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Weekliks word daar suksesvolle hardwerkende landbouers met gesinne en werkers koelbloedig vermoor- mense wat nie met hulle hoed in die hand staan en bedel nie- waardige landbouers wat elke jaar sorg dat almal in die land kos het. Dit kom vir jare- en die regerings is stil. Daagliks word daar 70 mense plus in Suid Afrika vermoor- en die regering se nie veel nie -Maar die minister van polisie Bheki Cele en die nasionale kommissaris Fannie Masemola, besoek vandag Mpumalanga nadat ‘n Duitse toeris naby die Numbi-hek van die Krugerwildtuin doodgeskiet is.  Die aanvallers het gevlug sonder om iets te neem. Cele en Masemola sal vanoggend onder meer die misdaadtoneel besoek. Sanparke het hulle intussen by ander rolspelers in die toerismebedryf aangesluit en meegevoel met die familie van die Duitse toeris betuig. Die woordvoerder van Sanparke, Ike Phaahla, sê die voorval is ‘n terugslag vir die toerismesektor. Dit is beslis-maar geen lewe is bo enige iemand anders verhef nie- Die probleem is dat hier geen wet en orde in Suid Afrika is nie- Lindiwe Sisulu die Minister se dat net 3 toeriste vermoor is in Suid Afrika - maar die Minister hert nog nooit enige simpatie betuigoor die duisende boere en ander inwoners van Suid Afrika wat weekliks en daagliks vermoor word nie. Die edegbare Minister se ook dat Suid Afrika 'n veilige plek is om vakansie in te hou.

Internasionale nuusagentskappe berig dat Opul en sy vennote vandag groot besnoeiings aan produksie sal maak. Die organisasie vergader vandag. Daar word berig dat die organisasie reageer op die daling in die ru-olieprys wat met amper 5 persent in die afgelope 30 dae gedaal het en met 22 persent oor die afgelope 90 dae. Die daling word toegeskryf aan vrese vir ‘n wêreldwye ekonomiese resessie, stygende Amerikaanse rentekoerse en ‘n sterker Amerikaanse dollar. Volgens berigte oorweeg Opul-plus, wat Saoedi-Arabië en Rusland insluit, besnoeiings van meer as ‘n miljoen vate per dag met een bron wat bevestig het dat selfs 2 miljoen vate daagliks oorweeg word. Op die oomblik verhandel Brent rondom 91 Amerikaanse dollar ‘n vat. 

Ons span was die  week in verskeie Wes Vrystaatse dorpe en het baie tyd spandeer om die dorpe deur te ry en die infrastrukture te besoek. Dit is absoluut skokkend om te sien hoe hierdie dorpe dag vir dag vervalle raak. Die ANC regering en sy meelopers het die infrastrukure van die dorpe so vernietig en besteel dat dit onmoontlik dat die dorpe ooit weer herstel sal word tot waar dit was in 1994. Wat nog meer skokkend is, is dat die inwoners van die dorpe dit toegelaat het dat hulle dorpe vervalle raak. Daar is geen manier hoe die inwoners van die dorp wat aan alles gebou het deur die jaar weer die kapitaal gaan he om hulle dorpe terug te vat en te herstel nie, al vertel watter organisasie jou dat die teendeel wel kan gebeur. Net die kerkterreine lyk nog of hulle bewaar en instand gehou word. Die paaie is vol gate en die strate lyk soos 'n ashoop.. Armoede is deel van die oorgroot meerderhied van hierdie inwoners.  Die eens magtige spoorlyne is toegegroei en die stasie en leeg gesteel. Geboue is oud en verwaarloos en oral probeer iemand handel dryf op die strate- Trekker en vragmotors staan op elke lee erwe in die dorp geparkeer op 'n Sondag.

Die munisipale kantore is besig om inmekaar te val en die taxie staanplek lyk soos ashoop. Mense stort vuilgoed op oop erwe. Die strate le vol werkloses en oral staan iemand en bedel. Die skool koshuis se dak is af- stene weggedra en die murasie is ''n teken van die dorp se total verval. Die plaaslike sport terrein is verwaarloos- leeg gesteel, die rugby pale is weg, die ligte is weg die netbal bane is toegegroei , Die enigste ontspannings saal op die dorp is toe, die saal waar geld gemaak gemaak was deur funksies is totniet. Daar le 'n ryke geskiedenis in hierdie fasiliteite. Troues en funksies was deel van hierdie dorp se ontspanning .Op hierdie sport kompleks het daar 25 jaar gelede 3 rugbyspanne vir dorp gespeel en elke Saterdag was daar nie plek vir 'n muis nie. Die swembad is al vir jare toe en alles is verwaarloos en toegegroei. Wat ek beleef het op hierdie dorpe wil ek nie weer sien nie- veral nie as jy daar groot geword het nie. Dit is Suid Afrika in die jaar 2022 en mens kan duidelik sien wat die vernietigende onproduktiewe en (not having or showing the necessary skills to do something successfully) uitwerking van die ANC en sy volgelinge op Suid Afrika gehad het die afgelope 28 jaar. Dis jammer dat ons boerdery gemeenskpa en inwoners se plek van herkoms en plek van gesels en kuier en samesyn so vernietig is. Dorpe in die omgewing lyk almal so- daar is hier en dar 'n paar wat nog goed lyk.. maar dis tragies en dis hartverskeuerend.

Hittegolftoestande oor Gauteng, die oostelike dele van Noordwes, die oostelike hoëveld van Mpumalanga sowel as die suidwestelike Bosveld van Limpopo sal na verwagting tot Vrydag voortduur.Dié provinsies het die afgelope paar dae maksimum temperature in die hoë 30’s beleef en volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is daar geen onmiddellike verligting in sig nie. Volgens die weerdiens het die droë, wolklose weer oor die afgelope paar dae die maksimum sonskynvlakke toegelaat om oor die binneland van die land te kom, met temperature wat elke dag toenemend hoër word. “Boonop het ’n baie groot bolug-hoogdrukstelsel die weerpatroon oor die Suider-Afrikaanse subkontinent die afgelope week oorheers. Dit blokkeer die aankoms van tropiese vog en vertraag dus die aanvang van ons somerreën.” Die weerdiens het inwoners van die betrokke provinsies gemaan om voorsorg teen die hittegolftoestande te neem. Dit sluit in om gedehidreer te bly en oormatige inspanning tydens oefening te vermy.

 Ons eie EKSKLUSIEWE EIENDOM afdeling begin- Die plase wat hier bemark word is absoluut eksklusief en jy kry dit nie op die oop mark beskikbaar nie-  Blaai gerus deur die lys wat weekliks opdateer word . 

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo en sy Zambiese eweknie, Peter Kapala, sal na verwagting ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor samewerking vir die bou van ‘n aardgas-pypleiding van Zambië na Walvisbaai. Die twee ministers sal die ooreenkoms onderteken tydens die tiende sitting van die Namibië-Zambië Gesamentlike Permanente Kommissie van Samewerking wat vanaf môre in Swakopmund plaasvind. Volgens Zambiese media sê Kapala dat die ooreenkoms vandeesmaand onderteken sal word en dat die gas vir kragopwekking gebruik sal word, terwyl ‘n oliepypleiding sal help om die koste van petroleumprodukte te verminder. Zambië het verlede maand ’n ooreenkoms met Angola onderteken om ’n aandeel te hê in dié land se Lobito-olieraffinadery-projek wat ’n kapasiteit van 200 000 vate per dag sal hê. Die projek wat na verwagting drie tot vier jaar sal neem om te voltooi, sal volgens Kapala sy hoofgas- en olie-kragstasie in Lusaka hê.
Bemarking
OVK Landbou van Ladybrand in die Vrystaat het 'n baie insiggewende Video en Artikel geplaas oor Bewarings landbou as deel van hulle bemarking op Farmingportal.co.za DRUK HIER
Farmingportal en AGRI NEWS NET asook E -MEDIA wat deel is van die CRA Group het die afgelope 6 maande met ongeveer  49% persent gegroei in besoekers en gebruikers. Ons Internasionale Video en Audio produksies het ook baie groei getoon.
AGRI NEWS NET se amptelike naam in Spanje en dele van Suid Amerika is - Red de noticias agrícolas.
Ons is ook tans besig met onderhandelings vir fondse om ons landbouers te help in hulle stryd teen skuldeisers asook nuwe fondse vir die aankoop van plase en uitbreiding in landbou.

Hollard is die trotse borg van die Farming Portal/Landbouskrywers SA junior kommunikeerder toekennings.

Die landbousektor speel ‘n kritieke rol in die skep van ‘n beter toekoms vir alle Suid Afrikaners. Die doel van hierdie kompetisie is dan ook om akkurate en oordrag van inligting en positiewe stories binne die landbou aan te moedig. Hierdie is ‘n platform waar studente en jongmense binne die landbou en joernalistieke omgewing hulle werk kan publiseer. So kry hulle ook ‘n voorsmakie van kommunikasie met die publiek en belanghebbers binne die sektor en staan die kans om lekker kontantpryse te wen!

Daar is twee afdelings naamlik een vir joernalistiekstudente en die ander vir studente binne die landbousektor. Dit sluit ekonome, wetenskaplikes en landboukundiges ook in.

Die kompetisie sluit aan die einde van Oktober en die wenners sal aangekondig word aan die einde van November tydens ‘n geleentheid by die historiese Villa Arcadia in Parktown. Hierdie is ook die tuiste van Hollard en ons sien uit om die geleentheid daar aan te bied.

CRA Media is tans besig met die vervaardiging van 'n dokumentere reeks wat eersdaags in die Internasionale media beskikbaar gestel gaan word. 

Ons kondig ook binne kort weer 'n kompetiese aan. 

As jy enige kort bydrae wil lewer tot hierdie uiter gewilde artikel wat 2 weekliks geplaas woord, kontak die nuuskantoor by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Nuusredakteur

Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za

           

Navorsing deur Afrobarometer wat in 34 Afrika-lande tussen 2019 en 2021 uitgevoer is, toon dat radio die mees gewilde bron vir nuus is met 68 persent van respondente wat sê hulle gebruik dit ‘n paar keer ‘n week en 45 persent wat sê hulle gebruik dit daagliks.

Die sowat 25 dae beurtkrag uit die 30 dae in September het verreikende gevolge vir die vervaardigingsbedryf gehad. Die Absa Aankopebestuurdersindeks vir September het tot 48-komma-twee gedaal teenoor die 52-komma-een in Augustus. Die indeks meet produksie in die vervaardigingbedryf. Volgens die indeks het sakebedrywighede in September ook met 12 punte gedaal tot 38-komma-vyf.

Die Suid Afrikaanse regering het sy ooreenkoms verbreek met die VSA en ander lande wat betref AGOA - omdat die regering voortgaan met sy plan om grond in Suid Afrika te ontein.

Kunsmatige grondverdigting is 'n negatiewe verskynsel wat wyd voorkom en erge kommer wek oor die langtermyn-lewensvatbaarheid van landbougrond. Verhoogde gebruik van swaar landbougereedskap, toename in grondbewerking, kort hersteltydperke tussen plantseisoene en intensiewe weiding dra alles by tot grondverdigting.

neem af in Brasilië, Uruguay en die VSA. In Argentinië sal 'n rekordhoeveelheid van 14 miljoen ton na verwagting in September verkoop word. Minstens 60 vragte of 3,5 miljoen ton is glo deur China gekoop.

Koring in die besproeingsgebiede van die Vrystaat lyk baie mooi en met die hitte sal meer water toegedien moet word- Die onbetroubaarheid van ons kragstelsel gaan dit definitief 'n uitwerking he op die produksie van die koring. Droeland koring lyk ook goed, daar is baie ondervog maar die hitte gaan ook sy tol eis. Reen kom gewoonlik vanaf die 10 Oktober voor.

Die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming het die seisoen se eerste uitbreking van bruin-sprinkane bevestig. Dolf de Wet, ‘n boer van die plaas Michberg in die Grunau-distrik, het gese dat daar nog nie in die suide van Namibië ‘n uitbreking van bruin-sprinkane is nie.

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het die moontlike uitbreking van varkgriep in die land bevestig. Nangombe sê die ministerie is tans besig met voorlopige ondersoeke na die moontlike voorlopige gevalle van varkgriep. Hy sê op hierdie stadium het die ministerie net voorlopige inligting wat dui op ‘n moontlike uitbreking van varkgriep.

Die Amerikaanse mieliemark het vir nog 'n dag gestyg toepryse met byna 0,5% toegeneem het ná 'n rondtetegniese aankope aangespoor deur oorspoel vanaf 'nwye stel kommoditeite. Mielietoestande wat goed totuitstekend beoordeel is, het dieselfde gebly, maar daarwas 'n geringe verskuiwing in die verdeling.

Noorweë het sy Gudrun, Oseberg- en –Oos olievelde in die Noordsee gesluit as gevolg van ‘n staking in die bedryf in die land. Na wat berig word sal daaglikse produksie met 89 000 vate daagliks as gevolg van die staking verlaag. Maar, Brent toon op die oomblik min verandering omdat beleggers kommer het oor die aanbod maar, ook oor ‘n wêreldwye resessie wat vraag na brandstof sal beperk.

Die oprigting van nuwe sonplase is nou duurder as wat dit 12 maande gelede die geval was, en windplase se oprigting en in standhouding het ook duurder geword. Wat egter bemoedigend is, is die geweldige vooruitgang wat op tegnologiese gebied bereik word, wat son energie veel meer affektief maak as wat die panele in die verlede kon lewer.

Die Namibiese Statistieke-agentskap hou vandag saam met die landbou- en omgewingsministeries ‘n werkswinkel in die hoofstad om ‘n gestandaardiseerde klassifikasie vir grondbedekking in die land te ontwikkel. Daar reeds ‘n geruime tyd kommer uitgespreek oor toenemende hitte, wispelturige reënval en verwoestyning wat die volhoubare benutting van grond belemmer.

Nuwe navorsing van die Universiteit van Illinois toon koei- en kalfpare kan dwarsdeur die somerweidingseisoen in ‘n kraal bestuur word sonder veel negatiewe gevolge. Volgens die wetenskaplikes is baie goeie resultate behaal toe koeie in krale aangehou is tydens die somer. Die koeie het hul liggaamsmassa en -kondisie gehandhaaf en goeie reproduksiekoerse behaal.

Versigtige besteding van finansies is gedurende hierdie harde ekonomiese tye belangrik vir die voortbestaan van boerderye. Dawie Maree, FNB se hoof van inligting en bemarking, raai ook aan dat produsente ‘n begroting moet opstel wat hulle in staat sal stel om op ‘n ingeligte manier in hulle bedrywighede te belê.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het brandgevaarwaarskuwings uitgereik vir die sentrale dele van die land wat onder hittegolftoestande gebuk gaan. Die uiters hoë temperatuur sal tot Donderdag toe voortduur. Daar is ‘n gevaar vir wegholbrande oor dele van die Noord-Kaap, die Vrystaat, Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.

Die verkope van nuwe voertuie in Suid-Afrika het verlede maand met 10,8 persent opgeskiet vergeleke met ‘n jaar gelede. Die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika, Naamsa, sê uitvoerverkope het jaar-op-jaar met 104,6 persent toegeneem.

Geen medium in Landbou gee jou soveel nuus by een adres - 7 dae per week- 365 dae van die jaar-  

Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za

Rowwe manne
Ons gaan weer met die hand melk
Slim is ons diere
Dis ongelukkig die waarheid
Ons diereryk
 
MARKETING  Laeveld Agrochem