Positiewe verwikkelinge vir die plaaslike wildbedryf- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Luister hier na me. Adri Kitshoff-Botha, Wildbedryf SA (WRSA) se uitvoerende hoof, se WhatsApp-stemboodskap aan haar lede.

Me. Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, het wildboere en ander belanghebbendes in die biodiversiteitsektor op ’n aanlyn vergadering aangemoedig om haar departement se maatreëls van vlak 4 van inperking, wat in die Staatskoerant van 14 Mei afgekondig is, deeglik te bestudeer en dit ten volle te gebruik.
Creecy en twee amptenare van haar departement het met verteenwoordigers van 11 organisasies in die biodiversiteitsektor vergader om knelpunte in hul bedrywe tydens inperking te bespreek. “Creecy het gesê sy het begrip vir ons frustrasies en bekommernisse oor ekonomiese verliese in ons bedrywe en erken dat daar steeds areas is wat baie ingeperk is, maar sy het ons ook verseker dat die regering baie hard probeer om die oorgang na vlak 3 te bespoedig,” sê me. Adri Kitshoff-Botha, Wildbedryf SA (WRSA) se uitvoerende hoof, in ’n WhatsApp-stemboodskap aan haar lede.
“Ons was almal baie optimisties oor en geïnspireer deur die minister se siening van die belangrikheid om die proses te versnel en in besonder oor haar begrip vir ons dringende versoek om jag vir vleis as voedselbron oop te stel,” sê Kitshoff-Botha.