Saai – an organisation that protects the interests of family farmers – laid charges on behalf of one of its members at the Brooklyn Police Station today after the Government Employees Pension Fund (GEPF) paid R586,5 million for a 60% share in a 1 028 hectare portion of farmland.
The member of Saai, Jaco Engelbrecht, is a part-time farmer and teacher from Koffiefontein who contributes to the GEPF every month. Saai also gave the case number to the Hawks’ Serious Crimes Unit.
Saai became aware of the transaction after an advertisement was published in the 31 January 2020 edition of Landbouweekblad. It was initially advertised that farms IP (564) with 481 hectares and Palmietfontein (403) with 547 hectares had both been purchased by the GEPF. However, the title deed indicates that the GEPF only bought 60% of portion 97 of Palmietfontein (403) for the amount of R586.5 million.
Motswala City sold portion 97, measuring 547 hectares, for about R10 million to Isago@N12 Development Pty Ltd in 2007. The city’s 2016/2017 valuation roll indicates that the property had been valuated for R16,55 million at that stage. IP (564) was bought in 2007 for R8,75 million in the same transaction and the city’s 2018/2019 valuation of the property was R8,97 million.
According to the title deed, 60% of both farms were sold to the GEPF as agricultural land for an amount of approximately R586,5 million.
“There is a 2 198% price difference between the valuation price and the price the GEPF paid to purchase the property for government employees. It is unoccupied agricultural land that was bought with the intention of further development. The GEPF is an entity that is supposed to manage government employees’ pension funds in an honest and responsible way. To pay such an enormous escalation for the transaction, is neither honest nor responsible,” believes Francois Rossouw, CEO of Saai.
“Isago Holdings Pty Ltd received a 40% share of the portion 97 development for an amount of nil rand. With the GEPF transaction, the value of their shares now stands at a total of R391 million,” adds Rossouw.
Saai dien klagtes in ná buitensporige staatspensioenfondstransaksie
Saai – ’n organisasie wat die belange van familieboere beskerm – het vandag namens een van hul lede klagtes by die Brooklyn-polisiestasie ingedien nadat die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) R586,5 miljoen betaal het vir ’n 60%-aandeel in ’n stuk landbougrond van 1 028 ha.
Die lid van Saai, Jaco Engelbrecht, is ’n deeltydse boer en onderwyser van Koffiefontein wat maandeliks tot die GEPF bydra. Saai het ook die saaknommer aan die Valke se eenheid vir ernstige misdaad deurgegee.
Dié transaksie het onder Saai se aandag gekom nadat ’n advertensie in Landbouweekblad se uitgawe van 31 Januarie 2020 gepubliseer is. Dit is aanvanklik geadverteer dat plase IP (564) met 481 ha en Palmietfontein (403) met 547 ha albei deur die GEPF gekoop is. Die titelakte dui egter aan dat die GEPF slegs 60% van erfdeel 97 van Palmietfontein (403) en IP (564) teen ’n waarde van R586,5 miljoen gekoop het.
Die stad Motswala het erfdeel 97, wat 547 ha beslaan, in 2007 vir ongeveer R10 miljoen aan Isago@N12 Development Pty Ltd verkoop. Die stad se 2016/2017-waardasierol toon die eiendom was in dié stadium vir R16,55 miljoen gewaardeer. IP (564) is in 2007 vir R8,75 miljoen in dieselfde transaksie gekoop en die stad se 2018/2019-waardasie vir die grond was R8,97 miljoen.
Volgens die titelakte is 60% van albei plase op 27 Junie 2019 as landbougrond aan die GEPF verkoop teen ongeveer R586,5 miljoen.
“Daar is ’n 2 198%-prysverskil tussen die waardasiepryse en die prys waarteen die pensioenfonds dié grond vir staatsamptenare aangekoop het. Dit is leë landbougrond wat gekoop is met die oog op verdere ontwikkeling. Die GEPF is ’n entiteit wat regeringsamptenare se pensioenfondse eerlik en verantwoordelik moet bestuur. Om so ’n reuse-eskalasie vir die transaksie te betaal, kan vir seker nie as eerlik óf verantwoordelik beskou word nie,” meen Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai.
“Isago Holdings Pty Ltd het ’n 40%-aandeel van die erfdeel 97-ontwikkeling ontvang, teen nul rand. Met die staatspensioenfondstransaksie is die waarde van hul aandele nou R340 miljoen,” voeg Rossouw by.