RPO LIDMAATSKAP BY AGRI SA-

RPO LIDMAATSKAP BY AGRI SA-

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Dit is met uiterste teleurstelling dat die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) hul voorwaardelike bedanking as ‘n lid van Agri SA bekendmaak.

Die rede hiervoor is die aanhoudende inmenging van Agri Enterprises, ‘n affiliaal van Agri SA, in die huishoudelike sake van die veebedrywe.

Die aangeleentheid is al verskeie kere met Agri SA opgeneem met die onderneming van laasgenoemde dat dit gestaak sou word.  Dit was met groot misnoë dat die RPO tydens ‘n Agri SA/Agri Enterprises-perskonferensie gehou op 3 Oktober 2022 kennis geneem het van die feit dat voortgesette inmenging in die vooruitsig gestel word.

Die RPO het algemene landbou-aangeleenthede nog altyd na Agri SA verwys en het slegs op bedryfsake gefokus. Agri Enterprises se inmenging op verskeie vlakke in die bedryf het ‘n onhoudbare situasie geskep wat ook onaanvaarbaar is vir die lede van die Rooivleisbedryfsforum en die Melk Produsente Organisasie (MPO).

Die rooivleisbedryf het ‘n trotse rekord van inklusiewe groei in die bedryf en binne die nuut-aanvaarde meestersplan vir landbou word verdere intervensies beplan wat onder meer die rooivleisbedryf uitwys as slapende reus in die Suid-Afrikaanse landbou. Die toekomstige intervensies in terme van inklusiewe groei is uiters gefokus en behoort binne die georganiseerde rooivleisbedryf gedoen te word.

In die lig hiervan word Agri SA versoek om die inmenging van Agri Enterprises op ‘n dringende basis in die bedrywe te staak.

Die RPO het nog altyd uitstekend met Agri SA saamgewerk en vertrou dat dié kwessie op ‘n permanente basis voor 1 November 2022 opgelos sal word sodat die organisasies hul lidmaatskap met Agri SA kan herbevestig.

RPO MEMBERSHIP OF AGRI SA

 It is with extreme disappointment that the Red Meat Producers’ Organisation (RPO) announce its conditional resignation as a member of Agri SA.

 The reason for this is the continuous interference of Agri Enterprises, an affiliate of Agri SA, in the domestic matters of the livestock industries.

 The issue has on various occasions been taken up with Agri SA with the commitment of Agri SA that this will stop. It was with great displeasure that the RPO during an Agri SA/Agri Enterprises press conference held on 3 October 2022 took note of the fact that continuous interference is envisioned.

 The RPO always referred general agricultural issues to Agri SA and focused only on industry matters. Agri Enterprises’ interference on various levels in the industry created an untenable situation which is also unacceptable to the members of the Red Meat Industry Forum and the Milk Producers’ Organisation (MPO).

The red meat industry has a proud record of inclusive growth in the industry and within the newly accepted master plan for agriculture further interventions are planned, the red meat industry is identified as the sleeping giant of South African agriculture. The future interventions in terms of inclusive growth are extremely focused and should occur within the organised red meat industry.

 In light of this, Agri SA are requested to urgently stop Agri Enterprises’ interference in the industries.

 The RPO used to have an excellent working relationship with Agri SA and trust that this matter will be permanently resolved before 1 November 2022 in order for these organisations to reconfirm its membership of Agri SA.