Aartappels word wêreldwyd as een van die veelsydigste groentes erken en dis boonop ook die gewas wat op die meeste plekke oor die wêreld heen verbou word. Aartappels Suid-Afrika onthul die waarheid agter ’n paar mites oor dié gewilde groente.
Die Oos-Vrystaat produksiegebied produseer sowat 21% (gebaseer op 2016-groeiseisoen) van die totale aartappelproduksie in Suid-Afrika. Hierdie streek plant aartappels vir die moer-, tafel- en verwerkingsmark.