• Daar geen baie min dae verby in Suid Afrika se media, dat daar nie negatiewe beriggewing oor Landbou en sy mense is nie.  Na 'n heerlike nagrus en 'n nuwe skoon dag wat voor jou breek en waarvan jy deel is, word jy geboellie met allerhande negatiewe berigte oor hoe sleg dit gaan in die landbou. Ja- dit gaan nie goed in sekere vertakkings van Landbou nie- maar daar is ander vertakkings in Landbou waar dit uiters goed gaan.