“Die skokkende inkrimping van die land se ekonomiese groei vir die eerste kwartaal vanjaar van -3,2% was heelwat swakker as die algemene verwagting en is die eerste duidelike aanwysing dat die ekonomie vanjaar in ‘n diep resessie sal verval waarvan dit nie weer maklik sal herstel nie,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.
Die aanduidings dat die meeste bedrywe in die drie sektore van die ekonomie aansienlik swakker gevaar het as die vorige kwartaal was reeds vroeër vanjaar duidelik sigbaar ten spyte van die misleidende uitsprake wat die ANC-regering oor sy vernietigende politieke en ekonomiese beleid gemaak het.
Die ekonomiese groeikoers was volgens Statistiek SA die swakte sedert die eerste kwartaal in 2009 toe die land se ekonomiese groei onder die groot druk van die wêreldwye finansiële krisis met 6,1% verswak het en hou ‘n baie ernstige bedreiging vir die welvaart en vooruitgang van die mense en die land in.