• Die RPO aanvaar die hofuitspraak wat gister in Oos-Londen gelewer is dat die Al Messilah skip nou gelaai kan word met skape uit die Castedale voerkraal vir vervoer na Kuwait mits dit volgens die riglyne van die internasionale dieregesondheids organisasie (OIE) gedoen word.