Volgens Graan SA se weeklikse oliesademarkkommentaar het die plaaslike sojaboon- en oliesaadmark verlede week gemeng verhandel. Na verwagting gaan die aanplantings van kanola vanjaar hoër wees as in 2018 en die oesskatting vir grondbone is opwaarts aangepas.
Die Oesskattingskomitee het die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes in sy sewende produksieskatting vir die jaar op 11,017 miljoen ton gestel, wat 0,34% of 37 800 ton meer is as die vorige skatting van 10,979 miljoen ton.