VIEWPOINT- Legacy in Motion is Stewardship in Action

VIEWPOINT- Legacy in Motion is Stewardship in Action

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

AFRIKAANS - Nalatenskap in Beweging is Rentmeesterskap in Aksie -Noodsaaklike Familieonderneming-strukture vir volhoubare langtermyn-sukses

’n Suksesvolle familieonderneming word nie net op wins geskoei nie.

Dit word geskoei op mense, doelgerigtheid en ’n diepe bewustheid dat ons nie die toekoms besit nie – ons leen dit by ons kinders. Dít is die wese van rentmeesterskap.

Rentmeesterskap roep elke generasie op om meer as net finansiële rykdom te koester en oor te dra – dit vra dat ons waardes, visie en ’n kultuur van vertroue nalaat. Tog is baie familieondernemings kwesbaar, juis omdat hulle hul toekoms aan toeval oorlaat.

Dit maak nie saak hoe sterk jou familieonderneming vandag is nie – sonder Duidelike Beheerstrukture en ’n deeglike Opvolgplan, kan die familieonderneming se toekoms in die weegskaal hang.

Die Skoenlapper-effek van Rentmeesterskap

In die natuur kan die fladder van ’n skoenlappervlerk ’n kettingreaksie regoor die wêreld veroorsaak. Ekonome verwys hierna as die skoenlapper-effek in besigheid. Kunsmatige Intelligensie is ’n voorbeeld hiervan.

Dieselfde geld vir familieondernemings:

Een onduidelike verwagting, een ongeskrewe reël, of ’n swak beplande oorgang kan dekades se harde werk ondermyn.

Aan die ander kant kan een wyse besluit – soos om ’n Familieonderneming-grondwet en Opvolgplan te formaliseer – duidelikheid skep, verhoudings beskerm, en voortsetting oor generasies verseker.

Eenvoudige dade vandag kan jou nalatenskap môre beskerm. Wat ons vandag nalaat om te doen, is die pyn wat ons kinders môre sal dra.

  Van Voornemens to Aksie: Die Rentmeesterskap-spektrum

Familieondernemings bestaan uit ’n wye spektrum – van diegene wat op handdruk-ooreenkomste funksioneer, tot dié met ’n geskrewe Grondwet, Opvolgplan en belastingvriendelike regstrukture.

Waar julle ook al op hierdie spektrum is, is die skuif na doelbewuste beplanning ’n daad van liefde en rentmeesterskap. Dit wys vir die volgende generasie dat jy nie net aan hulle wou voorsien nie, maar hulle ook voorberei het.

Die Familieonderneming-grondwet: Jou Nalatenskap-Handves

Dink aan ’n Familieonderneming-grondwet as die kompas van jou onderneming. Dit is ’n lewende ooreenkoms, gebaseer op die familie se gedeelde waardes en langtermynvisie.

Dit beantwoord moeilike vrae lank voordat dit pynlike kwessies word. Dit bou eenheid, voorkom konflik, en lê die grondslag vir gesonde besluitneming en suksesvolle generasie-oorgange.

’n Goed gestruktureerde Familieonderneming-grondwet spreek die volgende aan:

Julle gedeelde visie en waardes

Leierskaprolle en opvolgkriteria

Reëls vir eienaarskap, aanstelling en vergoeding

Kommunikasiebeleid

Meganismes vir konflikhantering

Die rol van familierade en adviesrade

’n Gesonde balans tussen die familie en die sakeonderneming se belange

Sonder hierdie duidelikheid kan emosie besluite vertroebel en die nalatenskap waarvoor jy gewerk het, in gevaar stel.

Opvolging: Nie net ’n Plan nie – ’n Belofte

Leierskaptransisie in familieondernemings vind dikwels plaas in moeilike tye – soos tydens siekte, dood of egskeiding. ’n Professionele Opvolgplan verseker dat sulke gebeurtenisse nie die familieonderneming ontspoor nie.

’n Omvattende plan moet potensiële opvolgers identifiseer, duidelike tydlyne stel, individue voorberei vir leierskap, en noodplanne bevat vir onvoorsiene gebeure. Dit moet ook ooreenstem met die familie se testamentêre dokumente en trusts om ’n gladde en wettige oorgang te verseker.

Opvolging is nie die einde van jou reis nie – dit is die oomblik wanneer jy die aflosstokkie met waardigheid en doel oordra.

Wanneer dit reg gedoen word, is ’n Professionele Opvolgplan ’n belofte aan jou familie, jou personeel en jou nalatenskap.

Hoe Gereed is Jy om die Aflosstokkie Oor te Gee?

Gebruik hierdie vertroulike self-evaluasie onderaan om julle familieonderneming se gereedheid vir rentmeesterskap te evalueer.

Dit neem slegs ’n paar minute – maar kan die volhoubaarheid van jou nalatenskap verseker.

Rentmeesterskap in ’n Familieonderneming is Liefde in Aksie

Die hart van ’n familieonderneming klop die sterkste wanneer waardes en visie ooreenstem oor generasies heen. Wanneer die belange van die familie en dié van die onderneming nie in balans is nie, is konflik onafwendbaar.

’n Grondwet en Opvolgplan gaan nie oor beheer nie – dit gaan oor omgee. Dit is dade van rentmeesterskap

Om die tyd te neem om ’n Grondwet en Opvolgplan te ontwikkel, is een van die belangrikste beleggings wat ’n familieonderneming kan maak – nie net vir die sekuriteit van die onderneming nie, maar vir die welstand van toekomstige geslagte.

 

Jou ware nalatenskap is nie wat jy agterlaat nie, maar hoe jy ander voorberei het om dit voort te dra.

Daar is hulp beskibaar as jy reg is om die volgende tree te neem.


André W Diederichs

André is ’n bekende sakekenner, spreker, outeur en mediapersoonlikheid. Hy is ’n geakkrediteerde familiebesigheidskonsultant en die stigterslid en hoofsameroeper van FABASA (Family Business Association of South Africa). André is ook ’n lid van die Agri X Paneel van Adviseurs. Vir meer inligting, besoek gerus www.agrixgroup.com

 

 Familieonderneming Rentmeesterskap Self-Evaluasie

Klik hier om die Familieonderneming Rentmeesterskap-vraelys in te vul (voeg klikbare skakel in)

Afdeling 1: Die Familieonderneming – grondwet

Het julle ’n geskrewe Grondwet wat deur alle sleutel-familielede onderteken is?

Ja

Nee

Indien 'Ja', het julle die volgende duidelik omskryf of aangespreek?

’n Gedeelde Visie

Kernwaardes van die Familie

Reëls vir Eienaarskap

Riglyne vir Leierskap en Opvolging

Aanstelling- en Vergoedingsbeleid

Kommunikasiebeleid

Konflikhanteringsmeganismes

Familieraad gevestig

Adviesraad ingestel

 

Afdeling 2: Opvolgbeplanning – Is julle gereed om die leisels oor te gee?

Het julle ’n professionele, geskrewe Opvolgplan wat deur sleutelbelanghebbendes onderteken is?

Ja

Nee

Indien 'Ja', het julle die volgende duidelik omskryf of aangespreek?

Opvolger (opvolgers) geïdentifiseer

Opvolger (opvolgers) formeel voorberei (mentorskap, opleiding, blootstelling)

Duidelike rolle en verantwoordelikhede omskryf

Tydlyne vir oorgang gekommunikeer

Beplanning vir skielike dood/ongeskiktheid van die eienaar en/of opvolgers

Testament en Trust belyn met die Opvolgplan

Belastingvriendelike oorgangsstrukture verseker

Aftree-onafhanklikheid van die huidige eienaar beplan óf finansiële behoeftes na aftrede aangespreek

Laaste Afdeling: Kom ons gesels oor Rentmeesterskap

Wil jy graag ’n gratis terugvoeringsessie oor jou resultate skeduleer?

Ja

Nee

 

Indien ja, verskaf asseblief jou kontakbesonderhede:

Naam: __________________________________________

E-pos: __________________________________________

Selfoon: _________________________________________

DISCLAIMER

The views and opinions expressed in this program are those of the writers and do not necessarily reflect the views or positions of any entities they represent. The information contained in this website is for general information purposes only. The information is provided by CRA and while we endeavour to keep the information up to date and correct, we make no representations or warranties of any kind, express or implied, about the completeness, accuracy, reliability, suitability or availability with respect to the website or the information, products, services, or related graphics contained on the website for any purpose. Any reliance you place on such information is therefore strictly at your own risk.