Plaaslike ondersteuning - in gesprek oor die hartklop van plaaslike ekonomieë. - Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Of dit nou voer vir die kudde, vellies vir die voete, of enige ander produk of diens is, 'local' IS die lekkerste.

Cindy Purén by Purén Marketing Communications gesels met Hesmé Schoeman, stigter van die TrotsPotch beweging oor die waarde van plaaslike ondersteuning.

Die voordele van plaaslik ondersteun kom in die kollig, saam met die feit dat dit nóú die tyd en tendens is om ons plaaslike ekonomieë se herstel én langtermyn groei te bevorder. Hieruit spruit 'n gemeenskaplike trots en positiewe gesindhede om in uitdagende tye saam te staan. Ons hoor graag jou mening oor plaaslike ondersteuning in jou gemeenskap. Enige voorstelle om algehele plaaslike ondersteuning te bevorder word ook verwelkom!

VIDEO MATERIAAL VERSKAF

Cindy Puren: Nadat ek my Honneurs in Kommunikasiestudies aan die NWU, Potchefstroomkampus voltooi het, het ek begin woeker in die wêreld van kommunikasie en bemarking. Publieke skakeling en verhoudingbestuur het as my natuurlike forte uitgestaan. Ek is mal oor mense en netwerk en daarom ook ʼn groot voorstaander van die nuwe “koffiewinkel-kantoor” neiging. Om die regte mense bymekaar te bring en ruimte te skep vir nuwe besigheidsverhoudinge, laat my behoorlik glimlag van oor tot oor.

Stuur gerus 'n e pos aan Cindy Puren indien jy enige ander voorstelle het of indien jy ook deel wil wees van haar program- Cindy Puren  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 


Newsletter Subscribe