Wat sit jy in jou mond elke dag-

Wat sit jy in jou mond elke dag-

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Daagliks sien ek om my, hoe mense ongesond is- dis nie moelik om dit te sien nie- en die ongesonde mense word al hoe meer.

 Ek staan gereeld in een of ander gesondsheidswinkel  of apteek of kettingwinkel en dan kan ek nie glo wat die mense alles koop om die probleem wat ek sien en waarvan hulle nie weet nie aan te spreek.  Die meeste van die ongesonde mense sit gedurig in Doktors se spreekkamers en wag , maar hulle simptome word net behandel deur voorgeskrewe medisyne. Ander besoek een of ander gesondheidspraktisyn wat daarvan hou om klein alternatiewe pilletjies en druppels voor te skryf. 

Maar  die vraag is "wat sit jy daagliks in jou mond"- en weet jy wat dit vir jou liggaam beteken- gaan dit tot voordeel of nadeel wees - weet jy wat die gevolge daarvan gaan wees- of is jy maar net agter die lekker aan.

Jou liggaam, jou denke en jou hiernamaals is in jou hande. 

Voeding is nodig sodat die liggaam al die nodige lewensfunksies kan uitvoer. Alle lewende organismes moet gevoed word. Die wetenskap van voeding het te make met die wisselwerking van voedingstowwe met die liggaam en gevolglike versterking of belemmering van dié liggaamsfunksies.

'n Gebalanseerde dieet is nodig om die mens in staat te stel om behoorlik te funksioneer. Voedsel is dus een van die mens se basiese behoeftes en is noodsaaklik om te kan beweeg, asem te haal, te dink en selfs te lees. Dit gee die boustof vir ons senuweestelsel, laat die hart en ander organe behoorlik funksioneer, die spiere saamtrek om beweging moontlik te maak en is die noodsaaklike brandstof om ook ander liggaamstelsels te laat werk.

Plantvoedsel is moontlik vanweë die energie van die son in kombinasie met die (vir mense ongewenste maar vir plante belangrik) gas koolstofdioksied, water en voedingstowwe in die grond. Plante soos groente, vrugte, graan, neute, kruie en speserye is die vernaamste voeding van mense en diere.

Voedsel wat van diere afkomstig is sluit in eiers en melk wat min verwerking vereis, as ook vleis, kaas en jogurt, wat mindere of meerdere verwerking vereis. 

Dit gaan nie oor wat jy eet nie- dit gaan alles oor wat jou spysverteringstelsel kan reg verwerk-  Jou spysverteringstelsel moet absoluut korrek funksioneer- alles gaan al daardie  sogenaande duur kos wat jy by een of ander gesonde winkel gekoop het vrot word in jou maag en nie korrek verteer nie.

Die spysverteringstelsel is die orgaanstelsel van 'n liggaam waar voedselsoorte soos koolhidrate, vette en proteïene afgebreek en verteer word voordat dit deur die dermkanaal geabsorbeer kan word. Vertering is die afbreek van voedsel tot kleiner en oplosbare voedseldeeltjies sodat dit deur selle gebruik kan word. Vertering word op twee maniere bewerkstellig: meganies en chemies. Alle diere en die mens moet die organiese stowwe wat hulle nodig het, in die vorm van voedsel opneem. Tydens die spysverteringsprosesse word die voedsel met behulp van ensieme verteer, dit wil sê afgebreek tot sulke klein eenhede (brokstukkies) dat dit deur die liggaam opgeneem kan word.

   Die gesondheid van jou liggaam is jou verantwoordelikheid.- Suid Afrika

Die spysverteringsensieme van hoër diere is in die holte (lumen) van die spysverteringskanaal werksaam (dus buite diesel), terwyl by eensellige organismes vertering in die sel self plaasvind. Alle afbraakreaksies van voedselmolekules is hidrolitiese splitsings, dit wil sê splitsing of opbreking onder invloed van water. Suikers (polisakkariede) word op hierdie manier afgebreek tot monosakkariede, proteïene (polipeptiede) tot aminosure en vette tot vetsure en gliserol.

Sellulose, 'n belangrike komponent van plantaardige voedsel, kan deur die meeste diere nie afgebreek word nie omdat hulle nie die nodige ensieme besit nie. Sekere eensellige organismes kan dit wel doen. Sulke soortgelyke mikroörganismes leef in die maag-dermkanaal van verskeie diere (onder andere herkouers en ook die mens), waar hulle die sellulose vir hulle gasheer afbreek.

Die weg wat die voedsel deur die spysverteringskanaal volg en die verloop van die verskillende afbraakreaksies is by werweldiere in prinsipe ongeveer dieselfde as by die mens. Die verskille wat wel bestaan, hang ten nouste saam met die aard van die voedsel.

Proteïene of polipeptiede word deur spesifieke peptidases of aminosure afgebreek:

- Aminoasielpeptiedhidrolases of aminopeptidases, wat 'n eindstandige (op die end geleë) aminosuur met 'n vrye aminogroep (-NH2) afsplits.

- Peptidi laminosuurhidrolases of karboksipeptidases, wat 'n eindstandige aminosuur met 'n vrye COOH-groep afsplits.

- Peptidilpeptiedhidrolases of endopeptidases, wat die orige peptiedverbinding verbreek. Die endopeptidases word in spesifieke selle vervaardig, meestal in die vorm van nie-aktiewe voorlopers wat in die maag- dermkanaal afgeskei en daar omgesit word in ʼn aktiewe ensiem. Bekendes is byvoorbeeld:

- pepsien (voorloper: pepsinogeen)

- tripsien (voorloper: tripsinogeen)

- chimotripsien (voorloper: chimotripsinogeen)

Al hierdie ensieme is spesifiek vir bepaalde verbindings, dit wil sê peptiedbindings tussen bepaalde aminosure in proteïene.

Die opname van die opgebreekte voedselbestanddele geskied in die dunderm en is vir die grootste gedeelte reeds in die jejunum voltooi. Die absorpsie geskied deur middel van diffusie, wat op 'n konsentrasieverskil berus, asook deur 'n aktiewe, energieverbruikende proses. 'n Goeie bloedtoevoer is nodig en geskied ten koste van die bloedtoevoer na ander organe.

Dit is dan ook onverstandig om direk na 'n maaltyd swaar liggaamlike arbeid te verrig. Die enkelvoudige suikers (afbraakprodukte van koolhidrate) en aminosure kom in die haarvatvet van die dermvlokkies te lande en word van daar via die poortaar (vena porta hepatica) na die lewer vervoer.

    Dis jou liggaam - Jy moet dit self gesond en instand hou.

Vetsure en gliserol word afsonderlik geabsorbeer, waarna die selle in die slymvlies nuwe eiesoortige vette opbou. Dit kom via die chylvate (limfvate in die derm) en die ductus thoracicus (grootste limfvat van die liggaam) in die bloedstroom. As gevolg van die groot hoeveelheid vette vertoon die limf 'n melkagtige voorkoms, bekend as die "chylus". Vetsure wat uit minder as 12 koolstofatome bestaan (middelkettingvetsure) kan regstreeks in die bloed opgeneem word.

Die werled waarin in ons woon is nie meer vriendelik nie- mense is daagliks in veg en oorwin staat- en dit veroorsaak dat met aanmekaar "stress" ondervind en daar is net een manier om daarmee te deel en dis die regte manier. 

Wanneer hierdie hormone oorwerk en uitgeput is dan begin al hierdie snaakse eetgewoontes posvat en dan is jou spysverteringstelsel die eerste een wat totaal en al uit beheer raak.  Dan kom daar sooibrand en opgeblasenheid na ete. Kos verteer nie en dan word daar geryp na alles wat op Radio en Telvisie en sosiale media geadverteer word- wat ding dan nog erger maak. Jy raak moeg, jy slaap nie- jy sukkel met kopsere en lyfsere en ajy begin belangstelling verloor in die lewe- en met wyn en drank gee jou weer 'n lig op die lewe. 

Dis net hier waar jou hele liggaan uit belaans raak en dan word jy gediagnoseer met een of ander siekte en dan is net antibiotika, Kortizone en allerhande "uppers"  en "downers" die regte  dingb wat voorgeskryf word deur jou dokter en deur pharma voorsien word en getrou betaal word deur jou mediese skema wat jou vrylik gaan beloon.....

Daar is baie min Professionle gesondheidspraktisyns wat hierdie probleem sukesvol kan omdraai met die regte behandeling. Dis net ervare praktisyns met jare lange se ondervinding wat dit kan doen. Daar is nie kortpaaie nie- dis 'n lang proses.

Hier is 'n paar redes hoekom jy  nie kan ophou eet nie. Maar niks gaan help as jou Spryverterings kanaal nie gesond is en reg werk nie-  Nie eers 'n Voedingskundige gaan jou kan help nie-om nie eers te praat van al die ander sogenaamde "ghoeroes" wat met een of ander wonderpil jou gaan genees nie. En as jy dink CBD gaan dit vir jou doen.. probeer dit- .  maar doen liewer meer navorsing voor jy die wonderolie gebruik.  

Jy behoort nie die heeltyd honger te wees nie. Baie mense voel op hul beste as hulle gereeld klein maaltye eet. As jy egter heeltyd honger voel, kan dit a.g.v. een van die volgende redes wees: 

1. JY EET NIE GENOEG PROTEÏEN OF VESEL NIE

Ons het ál die mikro-voedingstowwe (proteïen, koolhidrate en vet) nodig; en nie alle kalorieë het dieselfde invloed op ons versadigingsvlakke nie. Waar koolhidrate vir ons vinnig energie gee, het ons proteïene, vet en vesel nodig vir volgehoue energie. In ‘n Studie wat in die “Nutrition Journal”  gepubliseer is, is bevind dat hoë-proteïen peuselhappies gehelp het om mens langer versadig te hou. Kossoorte hoog in proteïen en vesel hou ons langer versadig, a.g.v. die afbreek en vrystel van voedingstowwe uit die kossoorte. 

2. HORMOON-SKOMMELINGE

Wanneer jou liggaam konstant onder stres verkeer, verhoog jou kotisolvlakke (streshormoon) en dit kan lei tot ‘n verhoogde eetlus. Mense gryp dan ook gewoonlik na “trooskos”, wat onmiddellik bevredig; kossoorte wat verfynde koolhidrate en suikers bevat, wat jou nie lank genoeg versadig laat voel nie. 

Die hormonale veranderinge wat menstruasie teweegbring , kan ook lei tot ‘n verhoogde eetlus en eetdrange (“cravings”); beide hou verband met verhoogde moegheid en styging in energie behoeftes. 

Probeer om eerder ander maniere te kry om stres te hanteer. Gaan oefen, praat met vriende of familie, hou dagboek/skryf ‘n joernaal, lees, of speel met jou troeteldier.

3. JY SLAAP NIE GENOEG NIE

Slaap vervul ‘n belangrike rol in hormoonregulering. Dit kan bydra tot ‘n verhoogde eetlus. ‘n Tekort aan slaap kan veroorsaak dat jy verhoogde ghrelinvlakke (‘n hormoon wat eetlus stimuleer) het, en verlaagde leptienvlakke (die “volvoel”- hormoon). Dit beteken dat ‘n tekort aan slaap kan veroorsaak dat jy heeltyd honger voel en smag na kos met ‘n hoë suikerinhoud. Fokus op gesonde slaapgewoontes wat o.a. beteken alkohol inname en groot etes in die aand moet vermy word en tegnologie soos selfone en skootrekenaars, moet in ander vertrekke gebêre word.  Jy moet ten minste 6 ure in jou 6de remslaap gaan. 

4. JOU AANDAG WORD AFGELEI WANNEER JY EET 

In ‘n gejaagde lewe eet jy moontlik terwyl jy loop, ry, of op jou selfoon besig is. As al jou etes egter so plaasvind, is dit vir jou liggaam moeiliker om agter te kom wanneer jy vol is. In ‘n studie waar onbewuste- met bewustelike eters vergelyk word, het die bewustelike eters, ‘n afname gehad in hul lus om hul borde kos klaar te maak. Die onbewuste eters het egter die begeerte om hul borde leeg te eet gehandhaaf, wat moontlik ‘n bydraende faktor tot ooreet is. Om bewustelik te eet, kan help om jou vol te laat voel. Dit word ook gekoppel aan verminderde eetdrange (‘cravings’)  en – emosionele eetpatrone. Maak dus seker dat jy rustig aan tafel sit wanneer jy eet.

5. JY VERBRAND MEER ENERGIE AS WAT JY BESEF 

Wanneer jy meer, of meer intens of vir langer tye oefen, sal jou eetlus toeneem, soos jou liggaam meer kalorieë, as waaraan dit gewoond is, moet verbrand. Die fout wat baie mense wat gewig wil verloor maak, is om verkeerde kos te eet wanneer hulle honger is. Hulle dink onbewustelik dat hulle maar verkeerd mag eet, want hulle oefen mos. As jou eetlus toeneem wanneer jy oefen, is dit baie belangrik dat jy proteïn, gesonde vet en vesel inneem om jou versadig te hou en volgehoue energie te gee. As jy verfynde koolhidrate inneem, sal jy bloedsuikelvlak-skommelinge kry en dan wil jy heeltyd eet.

Ander lewensveranderinge en dinge soos swangerskap, herstel na geboorte, borsvoeding of die rondry van kinders, kan ook lei tot verhoogde energiebehoeftes en – eetlus.

6. JY IS GEDEHIDREER

Baie van ons ken die gevoel van ‘n insinking in die middag, wanneer ons lus het vir peuselhappies. Dikwels is dit egter net nodig om iets te drink en te hidreer. In ‘n studie wat in die “Physiology and Behaviour” tydskrif gepubliseer is, is bevind dat mense 62% van die tyd, verkeerd reageer op boodskappe van die liggaam, wanneer hulle honger en dors verwar. Maak seker jy is gehidreer, sodat jy nie dors met honger verwar nie. 

As jy honger voel, kort nadat jy geëet het, probeer eers ‘n glas of twee water drink. As jy dan steeds honger voel, is jy moontlik regtig honger. As dit die geval is, kies ‘n proteïenryke peuselhappie sodat jy langer versadig voel. 

Bly weg van "Fatburners"  dit pille is nie geprogrammeer om die vet te verbrand waar jy dit wil verbrand he nie-  dit gaan vet verbrand wat jou moontlik in die toekoms ook jou geheue kan kos. 

Daar is net een manier op jou probleem op te los- en dis die regte manier-  dis jou liggaam- moenie alles  wat jy hoor of sien sommer net gebruik nie. 

Die mense wat die wondermiddels maak wil hulle produkte verkoop-  Bly maar weg van allerhande "quick" die-eet programme en allerhande banale maniere van gewig verloor- meeste van die pille , drankies, druppels, souse, en "Shakes" en wie weet wat se kosse - gaan jou spysverteringstelsels nog verder vernietig.  Die pille wat jy in kettingwinkels koop is die meeste van die tyd nie wat jy nodig het nie- kyk maar eerdeer eers wat is die bestandele asook die hoeveelheid- en moenie net glo wat op die verpakking geskryf staan nie... en as Bobby of Christine of Adele dit gebruik omdat hulle een of ande bekende sanger, rugbyspeler of sosiale vlinder is- moet jy eers daarvan wegbly. 

Dink maar twee keer voor jy pille koop van mense wat betrokke is in span verkope en net verkope jaag en jou alles belowe wat jy aan kan dink.  

Jy moet kan rekenskap gee van wat jy elke dag in jou mond sit-  Moenie jou lewe in die hande van amateurs plaas nie..,,,...

Jou lewe is in jou hande, pas dit op.

Johann Pretorius-  Professionele Geondheidspraktisyn  Pretoria Suid Afrika -  www.quanlim.com