Gesondheidsprodukte en sekere gesonde kos.

Gesondheidsprodukte en sekere gesonde kos.

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Mens oral oor die wereld is besig om wakker te word en oor te gaan na natuurlike gesondheidsprodukte en beweeg weg van mafia wereld van die mediese wereld soos ons dit geleer is by ons ouers en die samelewing.

Die mediese wereld waar jy beheer word deur 'n dokter, 'n voorskrif en 'n mediesefonds.  

Simptome is al wat beheer word, en voorskrif medisyne maak jou vir altyd deel van die mafia, nooit word die oorsaak werklik aangespreek nie. 

Ongelukkig is die groot meerderheid van die natuurlike gesondheidswereld weer besig om weer soos ou apteek weer net produkte voor te stel wat die simptome beheer. Meeste van die mense wat in die winkels werk is ook nie gesond nie en lyk ook ongesond. Van hulle het baie min kennis oor die werklike gebruik van die produkte. Klieente glo alles wat die verkoops personeel aanbeveel en begin dan al hierdie produkte meng wat geen resultate sal oplewer nie. Kettiingwinkels is oorvol van allerhande soorte pille wat jou kan gesond maak.  Daar is werklik net 'n paar goeie vervaardigers van gesondhiedprodukte. Tans word 'n paar van hulle weerhou om hulle produkte in te voer omdat SAHPRA hulle wil beheer en daar is baie politiek agter dit. 

Die oorgrote meerderheid van die bevolking is oorgewig en hulle verteringstelsels werk nie korrek nie. In plaas daarvan om dit te herstel is daar sekere maatskappye wat produkte vervaardig wat net die proses aanhelp maar glad nie gesond maak nie. Die produkte word ten duurste in mooi verpakkings verkoop maar dit maak eintlik die hele spyverteringstels lui.

Vergeet van gesond eet, as jou verteringstelsel nie reg werk nie. Dit gaan nie oor wat jy eet nie, maar wat jy verteer. Jy kan alles hieronder eet- maar as jou verteringstelsel nie reg is-  gaan dit nie help nie.  

Besoek 'n professionele Gesondheids praktiseerder met jare lange ondervinding- moenie net in Gesondheidswinkel instap en raad vra nie-  En wees maar versigtig vir allerhande skanderings toestelle wat gebruik word. 

En bly maar weg van sosiale media se wonderkure wat so alles kan gesond maak. Dis jou liggaam - moenie dit toevertrou aan enige iemand nie.  

Hier is 'n paar vrugte en groentes wat jy kan probeer asook ander produkte.

Almal weet dat ’n gesonde dieet met volop vars groente en vrugte en min rooivleis presies is wat jy nodig het om al die stelsels in jou liggaam klopdisselboom te laat werk. Maar as jy jou dieet moet aanpas om gesondheidsprobleme soos diabetes, hartsiektes, inflammasie en kanker te beveg, is daar sommige kossoorte wat baie beter vegters is as ander. Die goeie nuus is dat dié super 15- kossoorte almal vars, onverwerkte produkte is wat geredelik in jou plaaslike groentewinkel of supermark beskikbaar is.

  1. Avokado’s

Een avokado bevat die helfte van die vesel en 40% van die folaat wat jy daagliks benodig om jou teen hartsiektes te help beskerm. As jy avokado by jou slaai voeg, is die opname van voedingstowwe soos betakarotien uit die res van die slaaibestanddele drie tot vyf keer hoër as wat dit daarsonder is. Baie mense vermy avokado’s weens die hoë vetinhoud daarvan. Hoewel sowat 75% van die kalorieë in dié vrug wel van die vette daarin kom, is dit meestal mono-onversadigde vette wat kan help om bloedcholesterolvlakke te verlaag. Boonop bevat

  1. Bone

As jy vier keer per week bone, erte en lensies in jou dieet insluit, kan jy jou risiko vir hartsiektes met tot 22% verminder, hoofsaaklik danksy die groot hoeveelheid oplosbare vesel wat dit bevat: Dié vesel absorbeer cholesterol sodat die liggaam dit kan uitskei voordat dit vatplek aan die binnewande van jou are kry. Bone kan ook jou risiko vir borskanker verlaag én dis ’n kragtige antioksidant gebruik word. 

  1. Broccoli

Een 100 g-porsie broccoli bevat meer as 100% van jou daaglikse vitamien K-behoefte, en meer as 150% van jou daaglikse dosis vitamien C. Albei hierdie voedingstowwe help met die vorming van gesonde bene. Broccoli is ryk aan vesel, kalsium, kalium, folaat en plantvoedingstowwe, wat die risiko vir hartsiektes, diabetes en sommige soorte kanker kan verlaag. Boonop bevat broccoli ook betakarotien, ’n antioksidant.

  1. Groen blaargroentes

Spinasie bevat antioksidante wat uitstekend is vir jou immuniteit en goed is vir jou oë. Dit is een van die varsprodukte wat die doeltreffendste is om kanker te help beveg. ’n Hoë inname van donkergroen blaargroentes soos spinasie en kool kan jou risiko om tipe 2-diabetes te ontwikkel, drasties verlaag. Dit is ’n goeie bron van vitamien A, B6, C, E en K, asook selenium, niasien, sink, fosfor, koper, foliensuur, kalium, kalsium, mangaan, betaïen en yster. Hierdie groentes moet so vars as moontlik geëet word om die meeste voedingswaarde daaruit te put.

  1. Hawermout

Daar is bewys dat ’n bakkie hawermoutpap daagliks help om bloedcholesterolvlakke te verlaag danksy die oplosbare vesel daarin, veral as dit deel van ’n laevetdieet vorm. Hawermout bevat ook volop komplekse koolhidrate en wateroplosbare vesel, wat spysvertering vertraag en bloedsuikervlakke laat stabiliseer. Dit is ryk aan vitamien B, omega 3-vetsure, folaat en kalium. Ongekookte hawermout bevat meer vesel as kitshawermout (wat beteken die GI-waarde daarvan is laer).

  1. Jogurt

Jogurt is ’n uitstekende bron van kalsium, wat belangrik is vir gesonde bene. Die eintlike waarde van jogurt lê egter opgesluit in die goeie bakterieë, of probiotika, wat daarin voorkom. Dié bakterieë hou die groei van skadelike bakterieë in jou ingewande in toom. Jogurt help dus vir inflammasie in jou ingewande, asook vir maagsere, urienweg- en gisinfeksies. ’n Driekwart koppie jogurt met lewendige kulture per dag verteenwoordig een porsie suiwel in jou daaglikse dieet.

 

  1. Kaneel

Kaneel is een van die mees genesende speserye op jou rak. Dit is bekend daarvoor dat dit diabete met die beheer van bloedsuiker help en dat dit om dieselfde rede doeltreffend is in ’n gewigsverliesdieet. Dit kan bloedklonte help voorkom en het anti-inflammatoriese en antibakteriese eienskappe – dit is veral doeltreffend om E. coli te beveg. Dit kan ook cholesterol help verlaag. ’n Kwart tot ’n halwe teelepel kaneel bevat al die wonderwerkende krag wat jy per dag nodig het.

  My gesondheid- My gewig dis my verantwoordelikheid

  1. Knoffel

Dié kragtige geurmiddel is min of meer anti-alles: Dit is ’n kragtige vegter teen bakterieë, insluitend E. coli, en het anti-swam-, antivirale en anti-inflammatoriese eienskappe. Die meeste van dié eienskappe is te danke aan knoffel se swaelinhoud: Swael is ’n kragtige antioksidant wat talle kardiovaskulêre voordele inhou en cholesterol en bloeddruk  verlaag. Net ses huisies knoffel kan jou risiko vir kolon-, rektale, maag- en prostaatkanker halveer. 

 

  1. Okkerneute en amandels

Van alle neute bevat okkerneute die meeste omega 3-vetsure, wat kan help om cholesterol te verlaag. Omega 3-vetsure kan ook jou gemoed verbeter, help om kanker te beveg en jou teen sonskade beskerm. Okkerneute bevat boonop die antioksidant melatonien, wat jou kan help om beter te slaap. Amandels is baie ryk aan voedingstowwe soos magnesium, vitamien E, yster, kalsium, vesel (meer as enige ander boomneut) en riboflavien. Dit bestaan uit tot 94% onversadigde vetsure, wat verklaar waarom dit kan help om jou cholesterolvlakke laag te hou. 

 

  1. Olieryke vis

Olieryke vissoorte soos salm, forel, makriel, haring, sardyne en ansjovis is uitstekende bronne van omega 3-vetsure, wat met ’n verlaagde risiko vir depressie, hartsiektes en kanker verbind word. Net 85 g salm bevat sowat 50% van jou aanbevole daaglikse dosis

niasien, wat jou teen Alzheimer se siekte en geheueverlies help beskerm. Olieryke vis het olie in hul weefsel en rondom hul ingewande. ’n Filet van een van dié vissoorte bevat tot 30% olie, spesifiek omega 3-vetsure. Hierdie vissoorte is ook voordelig vir pasiënte met inflammatoriese siektes soos artritis en dit bevat vitamien A en D. Een studie het bevind dat

die vordering van prostaatkanker beduidend vertraag word indien pasiënte ’n laevetdieet met baie visolieaanvullings volg. 

  1. Olyfolie

Die mono-onversadigde vette in olyfolie verlaag LDL-cholesterol (slegte cholesterol) terwyl dit HDL-cholesterol (goeie cholesterol) verhoog. Olyfolie bevat ook antioksidante – bekend as fenol of karbolsuur – wat die wande van jou are beskerm teen cholesterolneerslae. Een eetlepel olyfolie in jou daaglikse dieet behoort voldoende te wees.

  1. Soetpatats

Een patat bevat sowat agt keer die aanbevole daaglikse hoeveelheid vitamien A, wat kankerwerend is en jou immuniteit opbou. Patats is ook ryk aan vesel, betakarotien, komplekse koolhidrate, vitamien C, vitamien B6, yster en karotien.

  1. Suurlemoene

Een suurlemoen bevat meer as 100% van jou daaglikse vitamien C-behoefte, wat goeie cholesterol verhoog en jou bene versterk. Die sitrusflavonoïede in suurlemoene kan help om die groei van kankerselle teen te werk en is ook anti-inflammatories. Suurlemoene kan jou ook gewigsverlies ’n hupstoot gee. 

  1. Vrugteslaai

Appels is ’n uitstekende bron van antioksidante. Een studie onder vroue wat daagliks appels eet, het bevind dat hul slegte cholesterol binne ses maande met 23% afgeneem het en hul goeie cholesterol met 4% toegeneem het. ’n Ander studie het bevind dat vrugte met wit vleis (soos appels en pere) jou risiko vir ’n beroerte met tot 52% kan verlaag. Bloubessies is ryk aan vesel, antioksidante (een studie het bevind dat dit meer antioksidante bevat as 40 ander groente- en vrugtesoorte wat in dieselfde studie getoets is) en plantvoedingstowwe. (Plantvoedingstowwe is natuurlike chemiese stowwe wat in plantkosse voorkom, maar anders as ander minerale en vitamiene is dit nie noodsaaklik vir ons oorlewing nie; dit help bloot met die beveg van siektetoestande en help die liggaam om behoorlik te funksioneer.) Die antioksidantpigment wat bloubessies hul blou kleur gee, help om hartsiektes te beveg, ouderdomsverwante blindheid teen te werk en geheueverlies hok te slaan. Dit help ook met die genesing van urienweginfeksies. Studies het bevind dat bloubessies en aarbeie help om ’n afname in kognitiewe vermoë teen te werk en dat bloubessies obesiteit kan beveg.

  1. Donkersjokolade

’n Supergesonde eetplan wat al dié superkossoorte bevat, moet darem ’n bederfie ook insluit vir die dae wat jy nie meer blaargroente en bone in die oë kan kyk nie! Slegs 7 g donkersjokolade per dag kan help om jou bloeddruk te verlaag as jy andersins gesond is. Kakaopoeier is ryk aan flavonoïede, ’n antioksidant wat slegte cholesterol help verlaag en goeie cholesterol help verhoog. ’n Stafie donkersjokolade bevat sowat 53,5 mg flavonoïede.

Besoek gerus www.quanlim.com