Die Papaja van die wereld

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die papaya is 'n groot, boomagtige plant, met 'n enkele stam wat 5 – 10 m (16 – 33 m) hoog word, met spiraalblare wat tot die bopunt van die stam beperk is.

Die onderste stam is opvallend kaal tot waar blare en vrugte gedra word. Die blare is groot, 50–70 cm ( 20-28 in ) in deursnee, diep handvormig gelob, met sewe lobbe. Ongewoon vir sulke groot plante is die bome tweehuisig. Die boom is gewoonlik onvertak. Die blomme is soortgelyk in vorm as dié van die Plumeria, maar is baie kleiner en wasagtig

Lekker, gesond en veelsydig is die vrug van die papaja, wat tot die familie Caricaceae behoort. Die plant is ’n kruidagtige boom met ’n hol, veselrige stam. Manlike en vroulike blomme word aan aparte bome gedra.

Die groot, spanspekvormige vrugte, wat in trosse bo-aan die stam groei, weeg sowat 2 kg, hoewel party meer as 7 kg kan weeg. Die vrugte is groen of geel met ’n intens rosige oranje vleis en honderde grys-swart saadjies aan die hol binnekant.

Die wit, melkagtige sap in groen papajas bevat papaïen, ’n belangrike stof vir die vervaardiging van spysverteringsmiddels. Dit is so kragtig dat taai vleis sag word as dit ’n ruk lank in papajablare gehul word.

Papajas is inheems in Sentraal-Amerika, maar word vandag in tropiese gebiede regdeur die wêreld gekweek. Brasilië, Chili, Indonesië, Indië en Mexiko is toonaangewende produsente. In Suid-Afrika word dit in die Laeveld en in ’n mindere mate in die kusstrook van KwaZulu-Natal verbou.

Die vrugte is ryk aan die vitamiene A en C en het ’n hoë veselinhoud. Papajas smaak die lekkerste as dit ryp van die boom geëet word. Dit is smaaklik in vrugteslaai of kan by ander geregte en poedings gevoeg word.

Papajas vaar die beste in rypvrye areas. Indien daar ligte ryp voorkom waar jy woon moet jy sorg dat die bome teen enige koue wind beskerm is.

LEES OOK - OVERVIEW GLOBAL MANGO MARKET- Sept 2019

Die grond waarin die boom staan moet goed dreineer. Berei die gat voor soos vir ander vrugtebome, maar moet nie kompos of mis gebruik nie. Maak die bome elke twee weke nat in droë weer.

Die bome kan van saad gekweek word. Gebruik die saad van 'n papaja wat jy gekoop het en vir jou baie lekker was. Was die pitte en laat dit in die skaduwee droog word. Bêre die saad in lugdigte houers teen kamertemperatuur. Saai die saad in Desember.

Daar is manlike en vroulike bome en jy het ten minste een manlike boom vir elke 20 vroulike bome nodig. Wanneer die bome die eerste keer blom (op 1 meter) kan jy die geslag bepaal. Manlike blomme word in hangende trosse gedra, terwyl die vroulike blomme kort stele het en groot is.

Die bome ontwikkel 'n digte wortelstelsel. Jy moet ook weet dat die bome baie hoog kan raak, tot 10 meter. Dit maak dit moeilik om die vrugte te oes. Plant gereeld nuwe boompies as jy nie wil sukkel met hoë bome nie.

’n Ryp papaja voorsien in byna drie keer jou daaglikse vitamien C-behoeftes en bevat meer proteïene as enige ander vrug. Dis ook ’n
goeie bron van vitamien E en A (in die vorm van betakaroteen).

Ryp papajas is uitstekend vir die spysverteringstelsel omdat hulle so veselryk is. Maar ’n groen papaja is nog beter omdat dit baie van
die ensiem papaïen bevat wat op dieselfde manier as spysverteringsappe werk.

Kies papajas wat effens sag is met ’n rooi-oranje skil. Sit ’n papaja vir ’n paar dae saam met ’n piesang in ’n papiersak sodat dit
vinniger kan ryp word.

Sit ’n paar papajapitte in jou slaai. Dit het ’n heerlike peperige smaak.
Groen papajas is veral lekker in Oosterse slaaie.

Sprinkel lemoen- of lemmetjiesap oor gesnyde papaja om die soet geur te versterk.
Papaja kan gebruik word om taai vleis sagter te kry. Smeer dit net oor die vleis en hou in die yskas tot benodig. Spoel af en maak
gaar soos gewoonlik.

Sit skyfies papaja met suurlemoensorbet voor as ’n vinnige (en gesonde) nagereg.
Sny klein papajas middeldeur en strooi bruinsuiker en fyn gemmer oor. Rooster vir sowat 30 minute. Sit voor saam met lemmetjies
as bykos of as ’n nagereg.


Meng blokkies papaja, rooi uie, avokado, koljander en lemmetjiesap vir ’n vinnige salsa. Dis veral heerlik saam met geroosterde vis