Moenie onverantwoordelik wees met jou gesondheid nie- Boodskap

Moenie onverantwoordelik wees met jou gesondheid nie- Boodskap

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Byna 90% plus mense word gesond gebore , maar met al die aanslae van die wereld en swak gesondheid instandhouding is daar baie siek mense.

Met 'n deurmekaar siek wereld van ongesonde kos en water en ouers wat nie eintlik weet wat dit is om kinders korrek groot te maak nie- is die aanslae teen hierdie kinders fisies en emosioneel verrykend.

Die dag wanneer ouers vir hulle kinders begin leer dat hulle gesondheid nie in die hande van die mediese wereld en Pharma is nie- maar in hulle eie hande, gaan ons gesonde mense he. Daarmee saam moet ouers ook besef dat hulle net 7 jaar het om hulle kinders werklik op te voed en emosioneel sterk en gesond te hou. Dis baie moeilik om in  hierdie tye van sosiale media werklik te weet wat gesond is en ongesond is omdat elke Jan rap en sy maat iewers 'n eier te le het en hom/haarself as deskundiges verkoop. Dis ook belangrik om te weet wat kan waar en vals wees. 

Ons het geen idee wat in die kos is wat ons eet en wat die oorsprongs van dit is nie- en al weet ons- kan mens nie die sisteem vertrou nie. Wat op "labels" staan is in baie gevalle nie waar nie. 

Daar is ongelukkig nie meer 'n betroubare mediese waarde sisteem nie- omdat alles in meeste gevalle net gaan oor geld en mediese dienste onbekostigbaar is. 

Jy en net jy alleen is verantwoordelik vir jou gesondheid en as jy dit nie doen nie- is jy in die hande van die mediese wereld en Pharma. Jy is die eienaar van jou liggaam en die tyd dat jy sommer net alles glo wat vir jou vertel word deur die Pharma is besig om stadig maar seker tot 'n einde te kom.

Mense besef al hoe meer hoe vernietigend voorgeskrewe medisyne of "drugs" is- Newe effekte wat onbeperk is en oor 'n lang tydperk uiters vernietigend is..  Biljoene rande se voorskrifte word daagliks uitgeskryf en voorsien deur Pharma wat 'n konstante inkomste bied aan Pharma en sy meelopers. 

Mense dwarsoor die wereld besef ook dat meeste van die "drugs" net die simptome beheer, maar nooit werklik enige genesing bied nie.- en dit wil voorkom dat as mense te gesond word - is daar nie meer 'n inkomste is vir PHARMA nie .Hierdie sogenaamde medisyne het soveel newe effekte wat stelselmatig jou liggaam oor jare vernietig. 'n Genuine "drug" moet newe- effekte he.

Baie mense raak verslaaf aan die "drugs" en kan eenvoudig ook nie meer daarsonder lewe nie-  "Uppers" and Downers" is deel van baie siek mense se lewens. 

Dit is ook duidelik dat Pharma nie werklik enige geneesmiddel sal ontwikkel wat enige gevreesde siekte gaan genees nie- maar wat wel net die simptome suksesvol kan beheer.  

"U Tube" wat almal so graag kyk en self videos oplaai het nou besluit om alternatiewe gesondheid op hulle platvorm te sensor. Dit is absoluut die invloed van die Mediese Mafia van die wereld wat ons mense se lewens wil beheer met allerhande sintetiese voorgeskrewe medisyne- medisyne wat jy net kan kry op voorskrif en wat jou simptome beheer sodat jy permanent op die "drugs" is. 

Jy as mens moet die reg he tot inligting en jy moet self die keuses kan maak wie jy vertrou met jou liggaam se gesondheid en nie die mediese wereld nie. 

Gaan kyk maar gerus hoe Apteke maandeliks elke pasient se voorgeskrewe medisyne verpak en aflewer. Dit is  biljoene rande daagliks. Elke maand staan siek mense in toue om hulle maandelikse voorgeskrewe medisyne te ontvang. Nie een van hulle is werklik gesond nie- maar hulle siekte word net beheer.- en omdat hulle nie simptome meer het nie- dink hulle- dat hulle gesond is.  Dis nie menslik om te sien hoe siek mense al van so vroeg as 1 uur in die nag in die tou gaan staan by Regerings hospitale om hulle voorgeskrewe medisyne te ontvang. Daar is wel tye wat jy voorgeskrewe medisyne moet gebruik.

Jou liggaam is jou verantwoordelikheid en jy moet dit gereeld  instand hou - jy moet jou liggaam ken en weet wanneer daar fout is- en dis waarom daar alternatiewe gesondheid is. Deur 'n professionele gesondheidspraktisyn te besoek met die regte toerusting en kennis kan jy voorkomend optree en kan jy jou liggaam volkome instandhou .  Van die praktisyns met jare se praktiese ondervindig behandel in baie gevalle die oorsaak en nie die simptome nie. 

Wanneer jy nie jou liggaam instand hou nie, sal jy waarskynlik een of ander tyd 'n dokter moet besoek wat waarskynlik jou simptome eers gaan behandel en dalk ander toetse op jou doen om seker te maak dat hulle presies die regte simptome behandel en weet waar die fout le. Dit is ook belangrik om gereeld toetse te doen vir sekere gevreesde siektes- en die keuse van jou behandeling le weereens by jou.  Moenie dat jy emosioneel geboelie word oor jou siekte omdat jy die behandelings kan bekostig en 'n goeie mediese fonds agter jou het nie.

Suid Afrika en ander dele van die wereld het uitstekende mediese dokters wat werklik omgee vir hulle pasiente, hulle is uitstekend bekwaam as familie praktisyns. In chirurgie is hulle uiters bekwaam. Hierdie dokters praktiseer onder die mediese raad met sekere voorskrifte en doen uitstekende werk vir hulle pasiente en almal van hulle werk onder 'n etiese kode en het dieselfde opleiding ontvang van 7 jaar en meer. 

Die Hospitaal is die laaste plek waar jy wil wees en veral nie in Suid Afrika nie- en daarmee saam sluit ek  sekere Privaat hospitale ook in. Daar is baie goeie verpleegpersoneel wat dit hulle loopbaan gemaak het- en werklik uit hulle pad gaan om pasiente te versorg- maar daar is ook baie wat net daar is vir die werk.  Staatshospitale is al vir jare een van die gevaarlikste plekke om jouself in te bevind. 

Jou blindederm en galblaas word baie vinnig uitgehaal en elkeen van die organe het 'n doel in jou liggaam en jy gaan eers later agterkom dat jy die organe nodig het en jou gesondheid gaan nie meer dieselfde wees nie.  Die simptome was in baie gevalle reeds daar- maar die verwysings is nooit korrek gediagnoseer nie. 

Die keuse wie jy vertrou met jou gesondheid le in jou hande- en dit is lankal tyd dat jy moet besef dat jy nie alleen gediagnoseer kan word en permanent op voorgeskrewe middels kan wees nie- maar dat daar 'n oorsaak is van die sogenaamde diagnose en dat daar moontlik alternatiewe behandeling is wat baie minder skadelik is en dat jy die oorsaak kan genees as jy by die regte Professionele Gesondsheidpraktisyn uitkom.  

Gesondheidsprodukte is oral te koop met baie beloftes - voor jy nie presies weet wat in jou liggaam verkeerd is nie- gaan jy elke keer jou geld mors op produkte wat moontlik kan help. Daar is aanlyn platvorms waarop jy produkte kan bestel met baie beloftes- en allerhande getuigskrifte. Kettingswinkels staan vol van allerhande gesondheidsprodukte wat allerhande beloftes op hulle pamflette aandui- Wees maar wakker by wie jy die produkte koop en voor jy nie weet wat saam werk en bymekaar pas nie gaan jy dalk nog meer kwale he.

Lees maar mooi- meeste van die produkte se pamflette dui aan dat dit  "MAG" help daarvoor.  Daar is baie min wat aandui "SAL" - Dis belangrik om te kyk wat die Inhoud is asook die hoeveelheid is.

Luister maar gerus met hoeveel beloftes van hierdie produkte op radio en Televisie bemark word. Dis absoluut belaglik om op hierdie advertensies te reageer. 

Daar is geen "Quick fix" vir 'n sogenaamde tekort aan Vitamines  en Minerale ne Aminosure nie - bly maar weg van al die naalde en duur drups wat so vinnig in jou liggaam ingepomp word om jou beter te laat voel en as jy daar uitstap voel jy dalk goed vir 'n paar uur. Hierdie sogenaamde behandelings is duur en nie effektiwiteit en newe effekte sal wel na vore kom.

Moenie dat enige iemand jou liggaam vol "Sintetiese" pille en allerhande olies of druppels stop nie- Daar moet 'n rede wees hoekom jy dit moet gebruik en die eind doel moet wees dat jou liggaam dit self herstel en vervaardig- 

" Nothing heal the body- the body heals itself when provided with what it needs" 

As jou liggaam gesond is en reg werk sal jy dit self vervaardig in jou liggaam- en die geheim en kennis le daarin om die oorsaak te aan te spreek en met die regte produkte te behandel.

Jy is uniek- nie alles werk dieselfde op almal nie- veral as jy raai en nie weet wat binne in jou liggaam aangaan nie.   

Die meeste van die produkte is "SINTETIES" en jou liggaam hou nie daarvan nie.  

As jy werklik gesond is- maak nie saak hoe oud jy is nie- is jy nie oorgewig, eet en drink gesond ( jy weet wat die inhoud is) -  is jy nie verslaaf aan iets en leef jy nie ongesond nie - Jy is versorg, jy lyk gesond en jy gebruik geen voorgeskrewe pille nie.. dieselfde geld vir gesondheidspraktisyns wat jy besoek.  Bly maar weg van praktisyns wat nie "Practise what you preach" nie.

Mr Google" en allerhande ander videos op sosiale media is net 'n riglyn en moenie probeer om jouself deur hierdie algemene kennis gesond te maak nie. Jy is uniek- en daar is baie faktore wat in ag geneem moet word sodat hierdie slim mense se raad jou dalk gesond kan maak. Wees maar versigtig en onthou- dis jou liggaam.

Al die slim duur planne wat oral beskikbaar is om jou gewig te laat verloor- is in meeste gevalle 'n vermorsing van geld.  Die rede hoekom jy gewig opgetel het en baie ander faktore word nooit in ag geneem nie. In meeste gevalle word net 'n klomp  Sintetiese pille en allerhande soorte spesiale kos aan die mense ten duurste verkoop en hulle glo alles.

 My gesondheid- My gewig dis my verantwoordelikheid

Wat jy eet en drink en dink affekteer jou gesondheid. Die wereld het baie min gesonde kos en water.  Weereens is dit jou keuse.

As jou spyverteringskanaal gesond is en reg werk behoort jy 'n gesonde mens te wees- sal jy nie oorgewig of onder gewig wees nie en sal jou organe reg gevoed word en kan jy 'n kwaliteit lewe he. 

Dit help nie om al hierdie duur sogenaamde Organiese kosse te eet en op 'n "Vegan" dieet te gaan as jou spysverteringstelsel nie reg werk nie. Daar is net een manier om dit reg te maak en dis die regte manier. Bly maar weg van al hierdie "Purgasie" middels wat so vrylik aanbeveel word en so mooi verpak word.

Het jy al gedink wat die rede is hoekom jy permanent op voorgeskrewe medisyne is vir die volgende simptome-

Hoe Bloeddruk

Hoe bloedsuiker 

Cholesterol

Onder aktiewe Thyriod

Geswelde voete

Gout

Lae yster

Sooibrand

Opgeblaas is ne ete

Ekseem 

Allergie 

Droe vel

Moeg en afgemat en "gestress"

Slaaploosheid

Kanker 

Veroudering

Depressie

Hardlywigheid

IBS

Prostaat

Bloedsomloop en seer brand voete

Hormone en die Pil  ens.

Dis maar net 'n paar- daar is nog baie. Dit was lankal tyd dat jy moet begin dink aan hoekom jy die simptome het en wat werklik die fout is en vir hoelank gaan jy nog hierdie voorskrif eerbiedig wat jy so gereeld neem en wees eerlik met jouself en evalueer jou gesondheid. Sekere Voorskrif medisyne is baie belangrik om te neem vir 'n tydperk- maar hopelik nie vir altyd nie. 

Weet jy wat die newe effekte is van meeste van die pille wat jy drink- en wat dit aan jou liggaam doen. - Dis dalk tyd dat jy uitvind wat Cholesterol, Bloeddruk, Antibiotika- Kortisoon, slaappille en pynpille aan jou liggaam doen om nie eens te praat van ander sterker "drugs" nie. Miljoene mense kan nie natuurlik slaap nie en  gebruik elke aand 'n slaappil.. wat oor die lang termyn vernietigend is. 

Kanker medisyne is vernietigend op die liggaam em mense se gesondheid is erg beskadig en dit vat jare om te herstel. Die "drugs' wat hulle jou gee om sogenaand te keer dat jy weer kanker kry het baie newe effekte en is onbekostigbaar en baie mense word daarin geboelie. 

Rook is vernietigend en kan nooit ooit genees word nie - Net soos drankmisbruik. Jy wil nie in jou liggaam lewe as jy ouer word nie... maar die mense wil nie van die KRUK ontslae raak nie.  Jongmense oor die wereld heen is van die grootste drankgebruikers en rokers en sal eers op 'n latere stadium besef wat hulle aan hulle gesondheid gedoen het. 

Oormaat Koffie, Suiker, Tabak en drank vernietig nie net jou minerale nie- maar ook jou DNA.  Hoe meer koffie jy drink hoe laer raak jou yster --Jou DNA bestaan onder ander uit Minerale, Aminosure en gesonde Glucose. 

Kos en water se kwaliteit is nie meer wat dit was 30 jaar terug nie- Die grond waarin die voedsel geproduseer word het nie meer die hoeveelheid minerale nie. Jy koop water en glo dat die water is mineraal verryk, maar daar is baie dinge wat verkeerd  kan loop as jy nie kwaliteit water drink nie. Hierdie is 'n baie groot probleem wat 'n hele nasie beinvloed. Ons het varswater nodig- Lewendige water.

Bly maar weg van al hierdie kits drankies wat sogenaamd gevul is met allerhande vitamines en minerale. Dis bevuil van suiker en versteekte preserveermiddels. 

Die water wat jy elke dag drink uit krane is meestal "dooie" water- Water wat herwin is- "skoongemaak" is en daar is feitlik geen lewe en minerale in nie- Moenie so seker wees dat die water wat jy koop is wat daarop gese word nie. Die meeste van die water is vol ongesonde Estrogeen en toksiene en daar is net een manier om dit uit te haal. Die groente en vrugte wat geplant word in arm gronde het geen voedingswaarde a.g.v swak kwaliteit grond en moontlik bemesting en swak water.

Kitskosse met hulle hoe suiker en ongesonde vet inhoud is die groot rede hoekom mense Biofilm ontwikkel en daarmee saam baie hoe inflammasie. Gas en suiker koeldranke, onverteerde proteine, vet en suiker is die teelaarde vir kroniese siektes.  Souse wat so lekker bemark word en alles sappig en lekker maak- is in meeste gevalle groot gif- vol suiker en preserveermiddels en saam met vet nog erger. Die meeste mense se liggame is bevuil en hulle weet dit nie eers nie-  en dan is die kanse goed dat hulle kortisoon gegee gaan word teen allergiese reaksies.

Alles wat jy so duur voor betaal om jou mooi te laat lyk in die vorm van roompies, sepies en duur kosmetiese produkte wat jy so vrylik aan jou vel smeer en spuit- beland alles in jou lewer- en dan wonder jy hoekom jy dalk ander simptome het. "BOTOX en sogenaamde "Fillers" gaan jou baie mooi laat lyk - maar dit is nie gesond vir jou liggaam nie en afgesien van feit dat jy dalk gaan mooi en glad lyk gaan jy baie swaar en moeilik weer natuurlik glimlag  en daarby saam beland dit ook in jou lewer. Kyk maar hoe lyk die mense op hulle oudag. 

Die Tipe klere wat jy dra- die materiaal het net so invloed op jou liggaam.  Die ongewing waarbinne jy bly het net so groot invloed op jou gesondheid Die kwaliteit Suurstof wat jy inneem.

Dis dalk baie beter om rooivleis te eet wat net op gesonde kwaliteit gras vetgemaak is- (Grass Fed)  - dis baie riskant om vandag enige rooivleis te eet wat met graan en soja gevoer is ( GMO saad)  en daarmee saam weet jy nie wat se vorm van inspuitings die beeste/skape gehad het nie. Miljoene mense is tans "gluten Intollerance" en dit word meer by die dag. Dis die oorsaak waarom Koring verbruik een of ander tyd gaan afneem. 

Wat jy in jou mond sit is jou verantwoordelikheid-  Kyk net om jou en sien hoe vet en ongesond is mense- en dit gebeur nou al op 'n baie vroee ouderdom. Inflammasie en Bio Film en allergie en nog baie eksterne faktore maak hulle siek. Imuunversterkers gaan nie enigsins werk indien jou Imuunstelsel nie gereaktiveer is nie- ( Defragmentation) Daar is net een manier om dit te herstel en dis die regte manier. Moenie dink dat as jy nou eweskielik "gesond" gaan eet dat jou liggaam herstel gaan word nie. 

Die omgewing en omstandighede waar binne jy werk en bly dra baie by tot jou gesondheid- moenie dat jy siek word deur die negatiewe emosies van siek mense om jou nie. 

Net mense wat kanker het- weet wat kanker is- en die enigste manier hoe jy moontlik kanker kan vryspring is om voorkomend op te tree. 

Daar is nog soveel om oor te skryf- maar ek noem dit maar' " Boodskap aan jou"

Die boodskap is die volgende- 

Jou DNA is uniek- Jou DNA het jou hulp nodig - Jy moet dit oppas.- Moet dit nie hande van vreemde elemente plaas nie.

Vind maar liewer eers uit wat is fout in jou liggaam - Quanlim Life doen die volledige skanderings genaamd Metilering- "Metahylation" dit bepaal watter Gene in jou liggaam werk nie- en watter egen het jy nie- Dis wat jou gesond maak. 

As jy nie na jou liggaam en gesondheid omsien nie, dit nie instand hou nie- verkeerde ongesonde kos eet en drink wat jy wil- rook en drankmisbruik- dwelms gebruik- nie slaap nie- nie oefening doen nie- oorgewig is - onverantwoordelik is oor jou gesondheid, denke en gedrag - is jy SELFSUGTIG  teenoor die mense wat lief is vir jou waarmee jy saamleef en bly.

As jy ouer word en nie na jou gesondheid omgesien het nie, gaan jy siek wees en ekstra las wees vir jou familie en vriende. Die hard verdiende geld wat jy so hard voor gewerk het, gaan in die hande van PHARMA en die mediese wereld beland wat jou montlik aan die lewe gaan hou solank jy kan betaal- dan is jou erfporsie baie kleiner aan jou geliefdes. Behalwe vir dit, plaas jy ontsettende "Stress" en bekommernis op jou geliefdes omdat hulle lief is vir jou en jou nie wil verloor of sien in jou pyn nie.

Daar is niks so vervullend as om 'n gesonde Pappa en Mamma te he en daarmee saam 'n gesonde Oupa en Ouma nie. Dit is wat waarde toevoeg tot jou menswees. Net so wil ouers ook sien dat hulle kinders gesond oud word. 

Waar ek gaan sien ek meer siek mense as gesonde mense- en meeste van hulle weet dit nie eens nie-as jy oorgewig is, is jy nie werklik gesond nie. Mense wil nog steeds 'n produk he wat die simptome wil laat weggaan en stel nie  juis belang in die oorsaak nie. Elke mens is uniek- daarom bepaal 'n goed opgeleide Gesondheidsparktisyn altyd eers die natuurlike gedrag van elke mens aook sy geskiedenis voordat daar enigsins gekyk word wat die oorsaak is. Daar is baie maniere om jou liggaam gesond te maak- dis nie 'n vinnige proses nie- want dit kom oor jare. Wanneer jy besluit om gesond te lewe en na jou gesondheid om te sien sal jy sekere goed in jou lewe moet groet en drasties 'n ommekeer moet maak.

Daar is soveel maniere wat natuurlik is om jou lewe beter te maak- dis belangrik dat jy die regte mense uitkom. Jy moet jou liggaam onderhou- en jy moet voel wat jou liggaam vir jou probeer së.

Dis lankal tyd om wakker te word en na jou eie liggaam om te sien met die hulp van mense wat jarelange kennis en wysheid het oor ware gesondheid. Dit gaan baie lank vat om ons ouer mense se koppe te draai en hulle te laat besef dat hulle baie beter kan voel as hulle net wil luister en sal wegdraai van die Pharma en sy simptome beheer.

Neem verantwoordlikheid en wees trots op jouself en jou liggaam- Moenie jou waardigheid verloor nie- bly weg van negatiewe mense- en jy is nie n skaap om ander te volg nie. Raak opgewonde oor jouself en jou eie mense - Staan vas - jy het alleen die wereld ingekom- jy gaan alleen die wereld uit.

Daar is nog baie boodskappe- dit sal ons een vir een deurgee.

Glo hoop en vertrou - Jy kan - as jy wil.

Johann Pretorius

Quanlim Life  Pretoria

 

Quanlim Life- 20 jaar van ware Gesondheid -  As jy werklik gesond wil wees- jou liggaam instand wil hou en jou gesondheid belangrik is vir jou- is Quanlim- Life die oplossing vir jou- LEES MEER


Newsletter Subscribe