Mielie-oes na verwagting 1,71% meer as vorige seisoen- Suid Afrika


Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,611 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,67 t/ha is.

Die geskatte mielie-oes is 31% groter as die 2019-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 83% van die 2020-oes produseer.

Die hersiene oppervlak onder witmielies is 1,616 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 994 500 ha. Die produksieskatting van witmielies is 8,523 milj. ton, 2,86% of 236 640 ton meer as die 8,287 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 5,27 t/ha.

In die geval van geelmielies is die produksieskatting 6,286 milj. ton, wat 0,20% of 12 550 ton meer is as die 6,273 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 6,32 t/ha.

Neem kennis dat inligting van die objektiewe opbrengs-opname van die LNR vir die Mpumalanga provinsie, in April 2020 gerapporteer word en vir die Vrystaat en Noordwes provinsies in Mei 2020. Die huidige opbrengs syfers is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies.

Sonneblomsaad:

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 731 210 ton, wat 4,59% of 32 080 ton meer is as die vorige skatting van 699 130 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 500 300 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,46 t/ha is.

Ander gewasse:

Die produksieskatting van sojabone is verhoog met 2,11% of 26 200 ton na 1,269 milj. ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 705 000 ha en die verwagte opbrengs is 1,80 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is op 56 060 ton gestel, wat 3,07% of 1 670 ton meer is as die vorige skatting van 54 390 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 37 500 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,49 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is 132 810 ton, wat 1,69% of 2 280 ton minder is as die 135 090 ton van die vorige skatting. Die hersiene oppervlakteskatting vir sorghum is 42 500 ha, en die verwagte opbrengs is 3,12 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 72 910 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 50 150 ha, en die verwagte opbrengs is 1,45 t/ha.