Robotte en Tegnologie gaan jou werk oorneem in die Toekoms.

Robotte en Tegnologie gaan jou werk oorneem in die Toekoms.

User Rating: 1 / 5

Star ActiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Kundiges glo nou dat bykans 50% van beroepe wat tans bestaan, teen 2025 geheel en al oorbodig sal wees namate kunsmatige intelligensie voortgaan om besighede te transformeer. ʼn Rewolusionêre skuif in die wyse waarop werksplekke bedryf word, word in die volgende 10 tot 15 jaar verwag, wat sommige mense se bestaansmiddele in gevaar kan stel.

Die volgende 15 jaar sal ʼn rewolusie sien in die manier hoe ons werk, en ʼn ooreenstemmende rewolusie sal noodwendig plaasvind in hoe ons oor werkplekke dink en dit beplan. 

Die mens droom al eeue lank daarvan om ’n hominoïed te bou—’n robot wat soos ’n mens is. Maar die tegniese uitdagings het hierdie droom baie ontwykend gemaak. “Om superrekenaars te bou, wolkekrabbers op te rig of selfs hele stede te ontwerp, is nie naastenby so ingewikkeld as om masjiene te voorsien van mensagtige motoriese vaardighede, sintetiese gesigsvermoë, reuksin, gehoorsin en tassin, asook iets wat met menslike intelligensie ooreenkom nie”

Daar is tans meer as ʼn geskatte 1,2 miljoen industriële robotte wêreldwyd. Hulle ontleed reeds dokumente, verwerk voorskrifte, verpak hulle en hanteer ʼn magdom ander take wat voorheen eksklusief deur mense verrig is. Maatskappye is voortdurend op soek na maniere om meer produkte met minder werknemers te verskaf. Outomatiese tellermasjiene (OTM’s) oftewel kitsbanke het ʼn magdom bankkassiere vervang, virtuele assistente kan die telefoon 24/7 antwoord en masjiene verminder die hoeveelheid sekuriteitskontroleurs.

Tegnologiese vooruitgang word altyd vergesel deur innoverende idees en opwindende nuwe ontdekkings, en die landboubedryf is geen uitsondering nie. Boerderytegnologie bly aan die ontwikkel, soos mens in die ontwerp en vervaardiging van trekkers en toerusting kan sien. Moderne berekeningsmetodes stel boere in staat om hul oesopbrengs te monitor, te beheer en te vergroot. In verskeie lande oor die wereld is trekkers en masjinerie reeds besig om self take te verrig. Suid Afrika se landbouers gaan dieselfde pad volg en dit gaan veroorsaak dat 6 trekker en meer beheer word deur een persoon om toesig te hou. Daar is reeds baie take in die landbou wat oorgeneem is deur robotte. Die produktiwiteit van 'n robot is baie naby aan 100%- terwyl meeste van die werkers in Suid Afrika wat beheer word deur unies nie meer as 40% is nie. 

   Kan plaaswerkers teen robotte meeding in Landbou - Suid Afrika

Wat is die toekoms van robotte? Die Amerikaanse Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie ontwikkel tans ’n “robot-ruimtevaarder”, ’n hominoïed wat gevaarlike take in die ruimte kan uitvoer. Bill Gates, wat daarvoor bekend is dat hy die persoonlike rekenaar ’n alledaagse item gemaak het, sê dat “robotte [waarskynlik] ’n belangrike rol sal speel om fisiese bystand aan bejaardes te verleen en hulle selfs geselskap te hou”.

Die Japannese regering het insgelyks ’n verslag vrygestel waarin hulle ’n samelewing voorspel waarin robotte teen 2025 saam met die mens sal woon en as versorgers sal optree, kinders sal help grootmaak en huishoudelike take sal uitvoer. Navorsers hoop dat daar teen 2050 ’n sokkerspan sal wees wat uitsluitlik uit robotte sal bestaan en ’n span van mense sal kan klop. En daar word ook gehoop dat masjiene binne ’n paar dekades ontwikkel sal word wat slimmer is as die mensebrein.

In Amerika is dit baie moeilik om mense te vind om sulke eentonige en harde werk te doen en dit gaan al hoe moeiliker word. Net so is dit in Suid Afrika, mense wiol nie meer hierdie werk doen nie en as hulle dit dit doen is daar baie min produktiwiteit. Potplante moet deur hulle leeftyd ‘n hele paar keer rondgeskuif word. Jong plante word naby aan mekaar verpak en as hulle groter word moet hulle uitmekaar geskuif word. In die winter moet dit weer binnenshuis verskuif word. Met ander woorde, die verskuiwing van potplante is ‘n aanhoudende werk , en daar is min gewilliges in Amerika om dit te doen. Die bessiebedryf in Amerika is baie groot en gaan gepaard met harde hande-arbeid. Harvest Automation dink dat hulle hulself in die nabye toekoms ook in die sektor sal begeef. Die robotte sal veral ontwerp word om op en af tussen die boorde te ry om die geplukte bessies te versamel, terwyl die plukwerk steeds deur mense gedoen sal word. Die werksverdeling behoort die proses meer vaartbelyn te maak.

Landbou-robotte sal in die toekoms standaardtoerusting word, veral wanneer plaaswerkers nie meer in staat sal wees om toesig te hou oor boerderyprosesse soos oes, vrugtepluk, plant en besproeiing nie. Wanneer ons aan robotte dink, is ons geneig om ’n prentjie te skep van vriendelike, mensagtige masjiene wat stap en praat soos wat ons in films sien. Maar wanneer ons oor landbourobotte praat, verwys ons na stem- en geoherkenningsagteware asook dataverwerking. Dink aan robotte in die landbou as soortgelyk aan ’n virtuele landerybestuurder waar besluite geneem word n.a.v. ingesamelde data. Dieselfde soort sagteware kan gebruik word om die weer te monitor. Hierdie tipe tegnologie sal verseker in die nabye toekoms veld wen

Deur satellietbeelde, intelligente netwerke en sensors te gebruik, kan boere hul plase meer doeltreffend  bestuur deurdat hulle die intra-veld variasies in gewasse kan waarneem, meet en daarop kan reageer. Die versamelde data stel boere in staat om hul plaasopbrengs te verhoog en om hul plaasbestuurondersteuningstelsel te definieer, terwyl hulpbronne bewaar word. Deur oesafwykings en ​​weerstatistieke d.m.v. presisieboerderytegnieke te ontleed, kan boere beter besluite neem en ook hul saaitegnieke verbeter. Uiteindelik sal presisieboerderytegnologie ’n aanwins wees vir landerybestuur, spesifiek in oeswetenskap, omgewingsbewustheid en -beskerming en ekonomie.

Met ’n geskatte 7 miljard mense op aarde, plaas uitdyende verstedeliking druk op beskikbare grond vir landboudoeleindes. Beperkte ruimte dwing ’n mens byna om innoverend te wees, en hier neem vertikale boerdery die voortou. Vertikale boerdery gebruik tegnieke soortgelyk aan kweekhuise waar gewasse vertikaal teen ligweerkaatsende wolkekrabbers gekweek word. Gewasse word ook binnenshuis in vertikale houers gekweek soos in die prent hieronder. Daar is talle voordele verbonde aan vertikale boerdery, soos dat ’n mens regdeur die jaar kan oes, asook beskerming teen slegte weer, gereguleerde temperatuur, humiditeit- en ligbeheer, en die vermindering van produksie- en vervoerkoste. Die mees ongelooflike deel is dat vertikale boerdery nie grond vereis nie, en in plaas daarvan op voedselryke water staatmaak.

Die regering in Suid Afrika wil grond onteien om meer werk te skep en wil Landbou gebruik om meer werk te skep- dit gaan nie sommer maklik gebeur nie. Megaboere in Suid Afrika het meestal gemaganiseer en gaan net so robotte begin inspan. Motorfabrieke het lankal nie meer so baie handewerkers nie.  Die regering kan wel begin deur Suid Afrika wat so vernietig is weer op te bou en kan gebruik maak van handearbeid. Hierdie arbeiders dring elke dag aan op hoer salarisse maar hulle produktiwiteit verhoog nie.  Die regering se monetere beleid is die oorsaak waarom die rand nie baie waarde het nie. Graad of te nie- jou kans is goed om vervang te word. Maar as jy met jou hande goed kan herstel en regmaak- gaan jou toekoms dalk meer rooskleurig lyk. Daarmee saam gaan kennis van tegnologie om hierdie robotte instand te hou nog meer in jou guns tel. 

In kort- Robotte gaan jou werk dalk oorneem- hang net af wat jy doen en hoe onvervangbaar jy is.  

Johanel ANN