Ek lees elke dag in die negatiewe Afrikaanse media van Suid Afrika van dood, moord, selfmoord, inbrake, blamering, korrupsie en nog vele meer.
Die immergewilde "facebook" en "twitter" is net so bekend vir 'n medium waar mense hulle geluk en ongeluk met mekaar kan deel.Mense vorm 'Whatsup" groepies en gesels met mekaar oor alles wat mooi en sleg is.
Die keuse om na al hierdie negatiewe nuus en stories te luister le net by jou as persoon. Netso is die keuse van jou beroep en die liefde in die lewe jou eie. Mense is geneig om "Icons" van mense te maak wat iewers die CEO of hoof of navorser is van een of ander Maatskappy en dan alles te glo wat vertel word. Mense vertrap mekaar om sportsterre te sien- en maak afgode van hierdie normale mense . Geld en besittings is die grootste sondebok van die mens en elke dag word daar net gejaag na meer en meer. Mense plaas hulleself onder geweldige finansieele druk omdat hulle soos 'n trop skape agter ander mense aan hardloop om deel van die siek samelewing te wees.
Die korporatiewe wereld gebruik die verbruiker se eie geld om by hulle 'n gees te kweek van 'n sekere norm van bestaan wat eintlik net vir die sogenaamde ryk man geldig is. Die huis en die voertuig waarmee jy ry is eintlik nie joune nie, jy het dit gekoop op grond van jou salaris wat elke maand in jou rekening betaal word en wat jy afbetaal. Die kredietkaart wat jy mee beloon is en al die punte voordele en met soveel sorg aan jou oorhandig is om te gebruik soos jy wil, is net 'n wortel om jou in te trek en jou te besit en jou goed te laat voel. Landbouers moet vir hulleself sorg en is ook deel van hierdie groep en word beheer deur norm wat al vir jare in ons land geld.
Die keuse van al hierdie goed. het net by jou gele, wat jy daarmee gaan maak is jou keuse. As jy dus jouself onder soveel druk gesit om geld uit te gee wat jy nie het nie, gaan jy een of ander tyd moedeloos word en begin dink aan allerhande planne om jouself hier uit te haal.
Boerdery is jou keuse van beroep, jy weet dat jy van die natuur afhanklik is, dat die natuur nog altyd vir jou gesorg het, maar jy weet ook dat daar bogemiddelde jare is en ondergemiddelde jare.. lae reenval en baie goeie reenval. Deur die jare is dit nog altyd bewys dat na 'n baie goeie of uitsonderlike oesjaar sal die jare wat volg nie so uitsonderlik wees nie. Dit het ook nie meer gerealiseer nie.
Jy as boer maak jou eie keuse wanneer jy plant of oes..net jy alleen kan blameer word vir dit wat jy besluit het. Waar jy jou inligting gekry het om die keuse te maak weet jy, en deur al jou jare se ondervinding het jy al geleer hoe jy die natuur lees en wat jy daarin kan sien.
Suid Afrika het van die beste boere in die wereld en het self reeds bewys, want ons land was nog nooit sonder kos nie. Hierdie selfde boere wat nie veel simpatie by die regering van die dag kry nie, is saam met hulle landbouorganisasies verantwoordelik dat daar soveel suksesvolle opkomende boere is- Hulle het self ingespring en hulle gehelp. Jy word 'n boer gebore- jy het die gene en jy het die passie.
Niemand het gedink dat ons Boere in Suid Afrika teen die einde van 2019 in so benarde situasie sou wees nie, omdat ons Glo in dit wat ons nie kan sien nie. Die droogte kom in baie gebied al vir 7 jaar en as jy nie in die boere en hulle huisgesinne se skoene staan nie en saam met hulle leef nie weet jy nie wat dit is nie. Daar is baie hulp wat deur die jare al verleen is aan die boere in die droogte gebiede- hierde sogenaamde Samaritane is ysters in wat hulle doen en hulle gee nie op nie. Daagliks help hierdie mense saam met mede boere om ons boere in Noord Kaap op hulle plase te hou.
Ons landbouorganisasies staan agter ons landbouers en maak seker dat jy deel van die proses is.
Die natuur is volmaak geskape, en ons as mense moet daarmee saam leef. Wat in die natuur gebeur het ons geen beheer oor nie. Daagliks lees ons in die media wat die oorsaak is en wat ons nog gaan verwag. Wanneer 'n artikel oor die reen verskyn is daar letterlik duisende wat dit lees, omdat dit in werklikheid hoop bring.
Jy het die keuse gemaak om 'n boer te wees en dit kan nie net altyd goed gaan nie. Dit weet ons almal. Om diere te sien honger ly en vrek is nie maklik nie, en ek weet dat boere alles sal gee om hulle vee te laat oorleef. Geen mens sal ooit verstaan wat dit is om jou gesaaides te sien doodgaan van skroeiende winde en hitte wat geen plant kan weerstaan nie. Daar is tans duisende hektaar se jong gesaaides op ons lande- en hulle is afhanklik van reen- ander lande le nog en wag op gepalnt te word. Ons vrugte boere in Wes Kaap het baie skade en ons druiweboere se druiweoeste is op 'n baie sensitiewe stadium. Enige verandering in die natuur kan groot gevolge he.
Daar is ander plekke in die land wat baie mooi lyk en die gesaaides en oeste op die lande is mooi. Dit is alleenlik genade-
Ons mense is nie gesond nie, hulle is oorgewig , opgestress en bekommerd. En hierdie droogte gaan sy tol eis. Huisgesinne en families moet saam staan en mekaar ondersteun. Ons is net mense en ons moet vat wat na ons toe kom. Moenie gaan le en skrik vir bankamptenare en prokureers wat jou dreig nie- wees sterk en kom met 'n oplossing.
Om emosioneel na alles te kyk gaan nie werk nie. Die droogte sal verbygaan en beter jare sal weer kom. Die vraag is wat moet ons leer uit dit wat om ons gebeur. Wat is die alternatief en hoe gaan ons oorleef. Alles het 'n begin en 'n einde, so sal die droogte weer verbygaan en so sal ons almal in die proses aardse goed verloor het.
Maar as jy na jou gesondheid kyk, jouself positief instel en realisties is oor jou keuses en jou besluite en jy in jouself glo sal jy anderkant heel uitkom.
Wanneer geld en besittings jou begin oorheers en jy geken word aan die hoeveelheid plase, beeste, wild en trekkers wat jy besit en jou selfwaan groter word as jou boerdery moet jy versigtig wees want dit kan maak dat jy alles in die lewe verloor wat vir jou kosbaar was. Dis net iets om oor te dink.
Baie van ons boere is absoluut depressief en dink aan allerhande maniere om te oorleef en dalk self nie meer te leef nie. Om die selfmoord te pleeg is nie 'n opsie nie. Om 'n boer te wees is nie maklik nie, dit kos 'n man van statuur en uithou en glo om te oorleef. Alles weereens 'n keuse.
Suid Afrika se boere is ysters, sterk en standvastig, maar hulle leen nog steeds hulle ore uit vir mense wat eintlik niks weet van hulle boerdery nie, en daaruit wil geld maak. Ons boere gaan die tyd oorleef, met baie skade en verliese, maar dis die natuur wat homself uitsorteer, dit soos 'n stomwind op see.. byt vas... ons het jou nodig..nie jou besittings nie. Jy word nie geken aan jou besittings nie maar aan jou as mens. Om te val is niks, maar om op te staan is die oorwinning.
Jou huisgesin en kinders het jou nodig, al verloor jy alles, jou lewe kan nie gekoop word nie.
Landbou het baie verander en dit gaan nog meer verander- 2020 gaan 'n groot ommekeer jaar wees. Wees ingelig en glo in jouself.
Die 4 de Industrieele rewolusie is hier- en jy is deel daarvan. Dis tegnologie wat 'n groot invloed op jou gaan he.
Almal is bekommerd oor die beskikbaarheid van werk, maar die waarheid is dat besigheid so werk dat mense oor die kort termyn hulle werk kan verloor. Ons in die vierde industriële revolusie moet weet dat besigheid altyd kunsmatige intelligensie bo gewone of natuurlike onnoselheid sal verkies.
Ons gaan met robotte werk, ons gaan hulle moet bestuur programeer, regmaak en vervang.
Dis die einde van 2019, die laaste dag en geen Boer wil 'n jaar so eindig nie, want wat is mooier as om op Nuwe jaar so tussen groot groen mielieplante te loop op natgrond en die dankbaarheid van reen in elke plante te sien.
Op hierdie laaste dag van die jaar lyk 'n groot deel van Suid Afrika anders na die reens van die afgelope week, en reen dit tans op verskeie plekke in die land- Ons hoop dat jy vanjaar so groot gaan afhaal dat jy vry kan kom van skuld en jy in vrede en liefde verder kan boer in 'n land waar daar vrede en liefde is tussen alle inwoners.
Glo en vertrou , hou jouself gesond, fisies, liggaamlik en geestelik en fokus op dit waarheen jy oppad is.
Vat 2020 en wees dankbaar vir alles wat geen geld nie kan koop nie- want dit is wat tel. Wees nederig, kyk om jou rond en kyk die lewe vol in die oe. Jy het alleen die wereld binnekom, jy gaan dit alleen verlaat. Wat wil he moet jou nagedagtenis wees- en waar moet jou spore le.
Glo in jouself- en moenie op enige mens vertrou vir jou voortbestaan nie. Beskerm jou huisgesin en wees so veel as moontlik deel van hulle lewe. Verander jou gewoontes as die nie waarde toevoeg tot jou lewe. Televisie en sosiale media is die eerste gewoonte wat jy moet aanspreek.
Net die beste wens ons jou toe vir hierdie 2020. Genoeg water, kos vir jou vee en 'n wonderlike geseende oes op die lande. Dis my wens aan jou.
Dankie dat jy deel is van ons wereld.
Nuuskommentaar Johann Pretorius. CRA Group.