Daagliks sien ons hoe opgewonde sekere mediahuise raak as daar net gepraat word van inperkings deur die regering van die dag.
Bespiegelings en allerhande stories word uitgedink om sensasie te skep. Intussen vernietig hulle die lewensgehalte van mense wat aan bangmaak stories glo en daarmee hulleself aan die samelewing onttrek.
Daagliks is daar sekere radio stasies wat se hoof nuusbulletin begin met die jongste Covid 19 statistike- Interresant dat die dieselfe media nie gereeld rapporteer hoeveel mense sterf agv vigs,malaria, TB en ander verwante siektes nie. Ons moet besef dat die regering van die dag 'n heel ander plan het met Covid 19 regulasies, as wat meeste mense dink. Daar is 'n baie groter doel agter alles.
Die goeie nuus dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die derde kwartaal van 2020 met meer as verwag teruggespring het, het nie eens kans gehad om behoorlik in te sink nie toe die onrusbarende – hoewel nie heeltemal onverwagse nie – nuus kom dat die land amptelik ’n tweede vlaag van Covid-19 ervaar. Die mallemeule van goeie en slegte nuus beklemtoon maar net weer dat voordat ’n entstof nie wyd in Suid-Afrika beskikbaar is nie, die ekonomiese herstel met stampe en stote gepaard sal gaan. Die ander probleem met Entstof is dat daar nie baie mense is wat glo dat die entstof nie ook deel is van 'n komplot wat teen die mensdom gevoer word nie.
Soos die geval met die historiese BBP-inkrimping in die tweede kwartaal is die bekendstelling van ’n ongekende terugspring in ekonomiese aktiwiteit (gemeet aan BBP) in die derde kwartaal met ’n verskeidenheid van kwinkslae en interpretasies begroet. Seker een van die vreemdste reaksies op sosiale media was dat die stewige kwartaal-op-kwartaal-toename van 13.5% nie as ’n herstel beskou moet word nie. Dit is kwansuis omdat die ekonomie steeds met nagenoeg 6% gekrimp het vergeleke met dieselfde kwartaal in 2019.
Dit is inderdaad so dat ondanks die mooi toename in die derde kwartaal, die omvang van totale ekonomiese aktiwiteit steeds 6% minder was as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Ons moet nietemin onthou in die tweede kwartaal van 2020 toe ons die felste (drakoniese is waarskynlik ’n beter beskrywing) inperkingsmaatreëls ervaar het, het die ekonomie met ’n reuse 17.5% teenoor dieselfde kwartaal in 2019 gekrimp. Derhalwe het die tempo van jaar-op-jaar-daling wesenlik in die derde kwartaal verlangsaam.
Die ekonomiese groeisyfers vir die derde kwartaal vanjaar wat vandag deur Statistiek SA uitgereik is, toon baie duidelik dat die kwartaallikse groeisyfers wat geannualiseer (teen ‘n jaarkoers bereken) en vir seisoenskommelinge aangepas is, nog altyd verkeerd was. Die belangrikste en eenvoudigste rede hiervoor is omdat die groeisyfers vir ‘n spesifieke kwartaal bereken word deur dit met die vorige kwartaal te vergelyk in plaas daarvan om dit met dieselfde kwartaal van die vorige jaar te vergelyk. Die Covid19-pandemie het veroorsaak dat die hierdie berekeningsmetode die groeisyfers vir die tweede en derde kwartaal vanjaar as totaal buitensporig uitgewys het wat in werklikheid baie misleidend is omdat die kwartale in baie gevalle nie vergelykbaar is nie. Die ekonomiese groei vir die tweede kwartaal wat op die huidige metode bereken was het -51% beloop, terwyl dit in werklikheid net -17,1% sou gewees het as die regte metode gevolg was deur dit met dieselfde kwartaal van verlede jaar te vergelyk. Die groeisyfer vir die derde kwartaal vanjaar het volgens Statistiek SA se berekening 66,1% beloop, terwyl dit in werklikheid net -6,0% sou gewees het as dit met dieselfde kwartaal van verlede jaar vergelyk was.
Die kwartaal op dieselfde kwartaal van die vorige jaar sal in elke geval geannualiseer wees. Die kwartaal-op-kwartaal in dieselfde jaar is statisties en ekonomies irrelevant omdat die kwartaallikse en jaarlikse groeisyfers nie vanaf dieselfde basis bereken word nie. Die aanvaarding deur Statistiek SA dat sy berekening ‘n aanduiding gee hoe die res van die jaar sal verloop teenoor die vorige jaar is totaal verkeerd omdat dit 'n totaal ander berekening is. Dit toon ook baie duidelik dat die seisoenaangepaste syfers, spesifiek vir die landboubedryf weens die wisselvallige klimaatstoestande, nie die seisoenale verskille kan uitskakel nie. Die sal baie meer korrek wees om ‘n spesifieke kwartaal of “seisoen” van ‘n jaar met dieselfde kwartaal of “seisoen” van die vorige jaar te vergelyk!. Aldus Fanie Brink Onafhanklike Ekonoom in sy kwartaalikse verslag aandui.
LEES MEER Suid Afrika se grondwet- Die huidige situasie
As ons vorentoe kyk, was die groot onsekerheid die patroon wat Covid-19 kon volg, spesifiek wanneer en hoe fel ’n moontlike tweede vlaag in Suid-Afrika kan wees. Daar is gemeen dat dit moontlik eers in herfs 2021 sou gebeur namate dit kouer word en mense meer binnenshuis aktief raak in plekke waar die ventilasie swakker is en ons gedwing word om nader aan mekaar te wees. Helaas ervaar die land reeds die laaste paar weke ’n skerp toename in die syfer vir aangetekende positiewe Covid-19 gevalle in Suid-Afrika. Die regering het reeds verlede week hierop reageer deur die Nelson Mandela-metro (Port Elizabeth) as ’n Covid-19-brandpunt te klassifiseer en sekere regulasies te verskerp wat spesifiek op dié stad van toepassing is.
Daar is ’n sterk moontlikheid van strenger beperkings en maatreëls om die verspreiding van die koronavirus te bekamp en dit lyk of pres. Cyril Ramaphosa Suid-Afrikaners binnekort daaroor sal toespreek. Dit blyk nadat Bheki Cele, minister van polisie, op sy jaarlikse Veiliger Feestydinspeksietoer in die Wes-Kaap gesê het Ramaphosa sal binnekort strenger beperkings aankondig. Van die voorstelle wat op topvlak oorweeg word, is glo die sluit van strande, ’n vervroegde aandklokreël en beperkings op drankverkope, asook op die getal mense wat byeenkomste sal mag bywoon.
Die regering met sy magsmisbruik oor sy inwoners en die vernietiging van besighede kry ook die wind van voor- Dit lyk of regskenners in die regering moet teruggaan Universiteit toe, want hulle ken nie die wette van die land nie.
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, die nasionale Covid19-bevelsraad en die president het hul mag misbruik met die instelling van die verbod op die verkoop van tabakprodukte ten tyde van die staat van inperking. So het ’n volbank regters Vrydag in die hooggeregshof in Kaapstad bevind. Die land se grootste sigaretvervaardiger het in Junie 'n dringende hofaansoek ingedien om die verbod tersyde te stel. Die verbod is in Maart ingestel toe die algehele landwye afsonderingstydperk aangekondig is in reaksie op die Covid-19-pandemie. Die aansoekers se argumente is egter aangehoor kort voordat die verbod in Augustus eindelik opgehef is en uitspraak was tot nou voorbehou.
Die hof het nietemin in sy uitspraak bevind dat afsonderingsregulasie 45 “nie grondwetlike ondersoek kan weerstaan nie”. “Ons het bevind dat regulasie 45 nie nodig was nie. Daar kan ook nie gesê word dat dit die doelstellings soos uiteengesit in afdeling 27 (2) van die wet bevorder nie.” Die hof het wel toegegee dat ? Covid-19-pandemie die respondente met die instel van die tabakverbod in die gesig gestaar het wat daartoe gelei het dat dringende maatreëls ingestel moes word om die verspreiding van die koronavirus te beperk en lewens te red. Daar is dus bevind dat elke party sy eie regskoste moet dra.Dis ook nou die tyd om die minister en haar hele regering en sogenaamde bevelsraad te dagvaar vir al die verliese wat gelei is. Daar is miljone rande beskikbaar in die solidariteitsfonds.
As jy enige persoon vra om sy/haar grootste bekommernisse in Suid-Afrika vandag te lys, sal misdaad en die moontlike onteiening van grond sonder vergoeding waarskynlik bo aan die lys van 90% van Suid-Afrikaners wees. Behoort grondeienaars bekommerd te wees? Die kort antwoord is "ja". Die hoofrede waarom mense bekommerd moet wees oor die wysiging van die Grondwet is omrede daar geen sekerheid en detail in die voorgestelde wysiging is nie. Dit is ongelukkig 'n direkte gevolg van die feit dat die voorgestelde wysiging meer polities as wetlik georiënteerd is.
Enige bate van alle Suid-Afrikaners is in gedrang met die nuut voorgestelde onteieningswetsontwerp, waarsku Vrystaat Landbou (VL). Dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder by VL, het vanoggend op ’n mediakonferensie gesê dit is duidelik dat die regering nie net die onteiening van landbougrond in gedagte het nie. “Die nuutste wetsontwerp praat van onteiening in openbare belang. Nou ja, die definisie van openbare belang is duidelik, dit is die hervorming van eienaarskap oor alle natuurlike hulpbronne in Suid-Afrika. Grond en water ingesluit. Openbare belang verwys nie na die bou van paaie, brûe of damme nie. Openbare belang word beskryf as ’n politieke bevel.” Dit en die feit dat die definisie vir openbare belang baie wyd geïnterpreteer kan word, gee aan die regering die geleentheid om enige tyd, in enige situasie op te tree in sogenoemde openbare belang, sê Armour. Ook me. Annelize Crosby, Agri SA se hoof van grondsake, het gewaarsku dat die wetsontwerp nie net na landbougrond verwys nie. “Daar word bloot na eiendom verwys en dit kan enigiets wees, selfs intellektuele eiendom. En wat vergoeding betref, word voorbeelde gegee van wanneer die staat nie hoef te betaal nie, maar word dit ook gestel dat onteiening sonder vergoeding nie tot daardie voorbeelde beperk word nie.
Een voorbeeld is dat eiendom sonder vergoeding onteien kan word wanneer daardie eiendom ’n gesondheids- of veiligheidsrisiko inhou. Nou wie gaan dit bepaal? En hoe?” Om so ’n saak in die hof te betwis is te duur vir die meeste mense, sê Crosby. “ ’n Land se ekonomie word op ’n paar boublokke gebou en een daarvan is die sekerheid van eiendomsreg,” het mnr. Francois Wilken, president van VL, gesê. Aanval op eiendomsreg “Ons sien nou dat die regering nie hierdie reg of ons ekonomie wil beskerm nie. Hierdie wetgewing is nie net ’n aanval op boere en grondeienaars nie, maar ’n aanval op elke individu se eiendomsreg. Ons moet dit stuit en daarom is openbare teenkanting uiters belangrik. Dit is ’n kritieke saak vir ons land en al sy mense.” TLU SA het luidens ’n verklaring ook sy kommer uitgespreek en die publiek aangemoedig om betrokke te raak. “Ons is teen hierdie wetsontwerp gekant omdat die definisie vir onteiening daarin ’n deur vir die regering oopmaak om enige eiendom van enige persoon af te neem of te gebruik sonder vergoeding,” sê mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA. “Suid-Afrikaners, nie net boere nie, moet verstaan dat dit nie net grond is wat in gedrang is nie. Die regering kan dan ook pensioene, huise en beleggings afneem aangesien die Grondwet reeds bepaal dat bates nie tot grond beperk is nie.”
Die publiek het tot 10 Februarie om kommentaar te lewer.
Dis twee weke voor Kersfees en baie mense is al by die see en ander is oppad. Hoe gaan 'n seevakansie wees as jy nie in die see kan swem nie of langs die see kan loop nie- wat nog van die kinders se speel ??? en wat gaan hierdie belaglike inperkingsmaatsreels aan die besighede by die kus doen- want dit is al wanneer die mense groot besigheid doen. Ons het kundiges nodig om ons deur hierdie krises te help en Suid Afrika te herstel- die regering en sy meelopers is net nie instaat om enige waarde toe te voeg tot die land nie en daarmee saam weet nie een hoe om welvaart te skep nie.
Dit is die regering van Suid Afrika- Net ek en myself is verantwoordelik vir my gesondheid- ek het niemand nodig om na my gesondheid om te sien nie- Maar omdat die regering nog nooit wet en orde kon toepas nie en nie weet hoe om dit te doen nie- het ons hierdie probleem. Dit was al lankal tyd om saam te staan teen hierdie probleme- ek twyfel baie sterk of die regering enige maatreels gaan toegepas kry op Suid Afrikaners wat regtig nou genoeg gehad het van die speletjies.
Ons het baie geleer op talle gebiede maar ons gaan nie vir 'n tweede keer gevang word nie.
Saamgestel deur Johann Pretorius CRA GROUP