Landbou Nuus opsomming  Woensdag 23 Maart 2022

Landbou Nuus opsomming Woensdag 23 Maart 2022

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas saam met nog ander artikels.

Opsomming-

Elke dag hoor ons iets nuuts van die regering en sy meelopers wat in die lig kom. Die winter is voor die deur en ons is amptelik in herfs- en met die klomp vakansie dae kry mense nie veel uitgerig in die korporartiewe wereld nie. 

Die regering wil nog steeds nie sy magsbeheptheid laat vaar oor Covid 19 nie. Nog steeds moet Suid Afrikaners soos kinders behandel word  deur 'n onbekwame en onbetroubare regering wat nog nie veel kon doen om Suid Afrika 'n beter plek te maak nie. Die regering en sy meelopers sal nooit ooit weet wat se skade hulle en hulle sogenaamde slim mediese meelopers aan Suid Afrika en sy mense gedoen het nie.  Dis absoluut belaglik en dis tyd om 'n einde hieraan te maak.

Ons vrugte boere sukkel nog steeds met die Suid Afrika hawens en die uitvoer van hulle produkte. Daar bestaan absoluut min suksesvolle dienslewering en van die mense het nie die vemoee om hierdie hawens te bestuur nie.  Baie boere vlieg nou hulle produkte uit teen baie hoer kostes maar ten minste bly die vrugte en tafeldruiwe verkoel in die houers soos voorgeskryf. Die probleem met hierdie swak dienslewering is dat boere net eenvoudig hulle produksie van 'n sekere produk stop en dan na 'n ander produk oorskakel wat dalk makliker verbou kan word en ook makliker uitgevoer word. 

'n Ander groot bekommernis wat eersdaags die lig gaan sien is die openbare slagpales asook die werklike klassifikasie van bees, skaap en vark karkasse. Duisende karkasse word daagliks geslag en meeste van die vleis kom van voerkrale af asook van private bees boere wat nie altyd by die regulasies bly nie. Die kwaltiet van ons vleis kan dalk eersdaags onder die vergrootglas kom. 

Dr. Gerhard Verdoorn, bedryfsbestuurder van Croplife SA, sê daar is tans slegs ’n beperkte voorraad van ’n stuifpoeier beskikbaar wat met ’n blaser in die swerms gespuit kan word.Volgens hom het die departement ’n bestelling vir insekdoder geplaas. Die probleem is egter dat alle insekdoders nie vir lugbespuiting geskik is nie. Tensy daar duidelik op produkte se etiket aangedui word dat dit vir lugbespuiting van sprinkane geskik is, sou dit onwettig wees om dit daarvoor te gebruik.

Die bestanddele vir die insekdoder wat bestel is, sal volgens hom eers middel April aankom, waarna dit geformuleer moet word. Die insekdoder sal dus eers teen einde April vir die spuit van sprinkane gebruik kan word.

Volgens Verdoorn hy het reeds in November 2019 gewaarsku dat reuse-uitbrekings op pad is en dat die nodige voorbereidings daarvoor getref moet word. “Nou skrik almal eers wakker.”

Nuushooftrekke

Water – ‘n onmisbare skakel in die bestaan van die mens. Dit is ‘n feit wat elke boer maar te goed verstaan. Mag ons op Wêreld Waterdag die belangrikheid van water onthou en verstaan, en mag ons waterbronne bewaar vir die generasies na ons.

Weeklikse gemiddelde - Suid Afrika se graan pryse wissel tans baie en beweeg daagliks op en af. - White maize R4,004.0000 Yellow Maize R4,215.0000 Wheat R9,590.0000 Soybeans R11,015.0000 Sunflower seed R6,810.0000 Sorghum R4,926.6500 Groundnuts R18,789.9300 Cotton 4,341.0000 Sugarbean R25,000.0000 Lusern R3,750.0000

Die Amerikaanse mark word steeds baie deur die oorlog indie swart see area beïnvloed en die onsekerheid van die Suid Amerikaanse oes. Met ‘n laer as gemiddelde eerste oes,maak Brasilië staat op sy tweede oes om lae voorraad aan te vul. Die plaaslike mark het Vrydag goed presteer met al die gelyste kontrakte, vir wit en geel mielies, wat in die groen gesluit het.

Die Oranjerivier se vlak by Blouputs was vanoggend 2,45 meter en by Sendelingsdrift 2,65 meter, volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië. Wat die noordelike rivier betref, styg die Zambezirivier steeds en was sy vlak vanoggend by Katima Mulilo 4,69 meter.

Die verval van die rypmaakkamers alleen beteken dat die owerheid sowat R500 000 per maand aan rypmaaktariewe verloor. Chaos heers by die Tshwane-varsproduktemark, terwyl informele handelaars, vervalle geriewe en ’n afwesige onderhoudskedule boere dwing om ander bemarkingskanale vir hul produkte te oorweeg.

Boerbokke sluit drie spesies in, naamlik die SA Boerbok, die SA Kalahari Red en die SA Savanna. Al drie is inheems aan Afrika. Telers in Suid-Afrika is die afgelope 47 jaar besig om die rasse verder te ontwikkel en vandag is Suid-Afrika se uitstaande genetika wêreldwyd in aanvraag.

Een van die uitdagings wat die Departement van Landbou in die gesig staar, is ‘n tekort aan gif om sprinkane effektief te kan bestry. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê die departement werk hard daaraan om die gif te kan bekom. Hy deel dat die departement 600 000 liter van hierdie gif gedurende hierdie seisoen nodig gehad het.

Rooivleis produsente vanoor die hele wereld moet kennis neem van die aanslag teen die gebruik rooivleis as protiene. Dis belangrik dat produsente en organisasies hulle bemarkings strategie gereeld verander en seker maak dat die verbruik van rooivleis nie afneem nie. Meeste van die mense wat daardeur gekant is, weet nie werklik van die gesondheidsimplikasies vir sekere mense inhou nie.

Statistieke Suid-Afrika sê pogings word opnuut verskerp om die sensusopname wat reeds afgehandel moes wees en vantevore uitgestel is, te voltooi. Statistieke SA se bedryfsdirekteur, Bongani Radebe sê die mikpunt om die bevolkingstelling af te handel is nou 14 April. Hy het onder andere gure weersomstandighede die skuld gegee vir die vertraging.

Internasionale kunsmispryse het sedert die begin van die jaar skerp gestyg as gevolg van die inval in die Oekraïne. Kunsmis-koste is gewoonlik tussen 30 persent en 50 persent van totale produksiekoste na gelang van die oes, wat die prysstygings ‘n beduidende impak maak op winsgewendheid van plaaslike boere.

Ná die naweek se milde reënbuie het die Von Bachdam invloei gehad met sy vlak wat tans op 52,5 persent staan teenoor verlede week se 52,1 persent. Die dam was verlede jaar die ooreenstemmende tyd 84 persent vol. Die Swakoppoort is 95,8 persent vol.

Erdwurms is van die mees bestudeerde grondfauna as gevolg van die belangrike rol wat hulle speel as primêre en sekondêre komposteerders. Erdwurms staan ook bekend as grondingenieurs weens hulle invloed op die biotiese en abiotiese eienskappe van grondekosisteme.

Inflasie het vanaf Januarie tot Februarie 2022 onveranderd gebly op 5,7%. Stygende voedsel- en vervoerpryse het 'n opwaartse druk op die maandelikse koers gebring, met die verbruikersprysindeks (VPI) wat tussen Januarie en Februarie 2022 met 0,6% gestyg het.

Navorsing toon dat bakteriële infeksies ‘n toenemende weerstand teen algemene antibiotika bied. Die navorsing is deur die Universiteit van KwaZulu-Natal en die organisasie Nesta Challenges gedoen. Nesta Challenges is ‘n organisasie wat homself daarvoor beywer om oplossings te vind vir huidige uitdagings in die samelewing.

Die Namibiese Agronomiese Raad sê jare se beleidsondernemings begin vrugte afwerp. Voedselproduksie se bydrae tot die plaaslike aanvraag is nou 48-persent. ‘n Woordvoerder van die raad, Auguste Fabian, sê die land voer egter steeds die meeste van sy vrugte en groente in. Hy sê dit is hoekom die raad daarop fokus om Namibiese produsente te help om hulle produkte plaaslik te bemark en te verkoop, asook internasionaal. Hy sê een van die doeltreffendste ondernemings is om kleinhandelaars en spysenieringsmaatskappye aan te moedig om hulle aankope plaaslik te doen. 

Die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming sê hy het reeds noodvergaderings belê om te kan reageer op die uitbreking van bek- en klouseer. Die siekte het nog nie die provinsie self bereik nie, maar is in Noordwes aangemeld. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê provinsiale veeartseny-beamptes is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en sal onmiddellik ondersoeke vergroot, veral by hoërisiko-veegeriewe in die provinsie:

Laai AGRI NEWS NET af van die "google" app store en jy kan al hierdie nuus en nog meer daagliks lees van Maandag tot Sondag  365 dae van die jaar.