Afrika maak opgang. Dis ’n uitdrukking wat ons al vir jare hoor en vereenselwig met ekonomiese groei, kunsuitdrukking, en ’n kontinent op die randjie van grootheid. Maar vir 60 jaar spook groot dele van die kontinent om Afhanklik te word.
President Cyril Ramaphosa het 'n beroep op die privaatsektor gedoen om onderling voordelige vennootskappe met die regering te sluit om die ontwikkeling van infrastruktuur in Afrika 'n hupstoot te gee. Hy het afgevaardigdes toegespreek by die Afrika Beleggingsforum wat in Sandton plaasgevind het. Leiers van Afrikstate en 'n aantal uitvoerende hoofde van maatskappye het die geleentheid begewoon wat gefokus het op maniere om die ekonomieë van Afrikalande te versterk en beleggings na die vasteland te lok.
Dit roep positiewe beelde voor die gees van ’n kontinent wat uiteindelik tot eie reg kom en die globale erkenning kry wat dit verdien. Maar ondanks Afrika se groeipotensiaal word dit steeds deur regerings en instansies as ’n waagstuk beskou. Dis wisselvallig, onvoorspelbaar en moontlik ’n bietjie te 'kleurvol' vir sommige beleggers.
Afrika verstedelik vinniger as enige ander streek op die planeet, Afrika-stede sal tot 2045 sowat 24 miljoen mense bykry. Dit is veel vinniger as selfs China en Indië wat onderskeidelik ’n bevolkingsgroei van 9 en 11 miljoen sal hê. Dit beteken dat meer monde gevoed sal met word, wat goed is vir ons produsente; dat meer huise gebou moet word, wat goed is vir konstruksie; meer selfone, bankrekenings en so meer. Dit bied ’n geweldige geleentheid.
Die African Development Bank het vanjaar verklaar dat Afrika die wêreldekonomie is wat die tweede vinnigste groei, met gemiddelde groei geraam op 3,4% in 2017 en 4,3% in 2018. As ’n streek is Afrikalande suid van die Sahara besig om selfs daardie indrukwekkende gemiddelde te verbeter, met meer as een derde van hulle wat groeikoerse van 6% of selfs beter behaal, terwyl nog 40% groei van tussen 4% en 6% per jaar behaal. Dis geen wonder dat etlike internasionale sakewaarnemers Afrika die ekonomiese groei-enjin van die wêreld noem nie.
Trouens, BBP-groeikoerse in ontwikkelende lande is gemiddeld hoër as dié in ontwikkelde lande, wat hulle baie aanloklik maak vir beleggers wat verder as die risiko’s kyk en die potensiaal besef.
Ongeag wat sommige minder ingeligte beleggers natuurlik mag dink, bestaan Afrika uit meer as een land, en sommige lande verwesenlik hul potensiaal beter as ander.
Afhangende van waarop jy jou aandag vestig, is dit duidelik dat daar hope potensiaal in Afrika is. Groei is die grootste voordeel van belegging in ontluikende markte. Ontluikende en grensmarkte groei reeds baie jare vinniger as die ontwikkelde wêreld. Dit gaan sekerlik nie verander nie.
Belegging deur die Weste en China in Afrika kan werksgeleenthede skep en ekonomiese groei stimuleer. Afrikaleiers moet net seker maak die wen-wen-samewerking wat beloof word, is inderdaad wat dit sê dit is. China het reeds biljoene rand in Afrika spandeer en dit lyk of hulle nou hulle beleggings wil terughe, omdat sekere regerings nie hulle ooreenkomstes na kom nie.
Die Britse premier, Theresa May, se besoek aan die land se voormalige kolonies Suid-Afrika, Kenia en Nigerië, was veral om handel- en
beleggingsverhoudinge te versterk met die oog op Brexit later vanjaar.
Die Duitse kanselier, Angela Merkel, se besoek aan Wes-Afrikalande soos Senegal, Nigerië en Ghana het ten doel om deur belegging die grootskaalse immigrasie na Europa te stuit en die stryd teen Islamitiese militante te versterk. Beide leiers se boodskap was dat hulle hier is vir besigheid.
Een van die belangrikste kwelpunte vir baie maatskappye is sekerheid oor eiendomsreg, maar dit is op die vasteland in die algemeen baie laag op die prioriteitslys. Lande in Afrika wil beleggers lok maar nog steeds die eiendom besit. Die ander groot bekommernis is dat geld wat bele word nie altyd tot voordeel van die gewone man op straat aangewend word nie, maar in die koffers van regeringsamptenare en hulle families beland. Dit kan mense duidelike sien aan die leefsteel van die Presidente en hulle onderdane.
Die Suid Afrikaanse Reserwebank het ook baie rondslomp as dit kom by gelde wat die land ingebring word vir beleggings doeleindes veral as dit nie deur die regering gedoen is nie. Dit neem maande en soms jare.
Lande in Suider-Afrika bied die beste omgewing om sake in te doen van die 45 Afrika-lande suid van die Sahara. Van die lande met die beste sake-omgewings is Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Mauritius, asook Ghana en Rwanda. Die moeilikste plekke om in sake te doen is Angola, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en Soedan.
VOEDSELSEKERHEID - dis Suid Afrika se boere in 2022
Korrupsie is die laagste in Suider-Afrika, naamlik in Botswana, Namibië en Suid-Afrika, asook in die groter eiland-ekonomieë soos Kaap Verde, Mauritius en die Seychelle. Ghana en Rwanda vaar ook relatief goed. Maar Suid Afrika het waarskynlik nou deel geword van die die volgende groep lande met sy korrupsie skandale van die afgelope jare. Korrupise in Suid Afrika is elke dag in die nuus, en mens weet nooit watse nuwekorrupsie vind nou plaas in die skaduwee van die ondersoeke nie.
Die mees korrupte lande in die streek is die DRK, Soedan en Tsjad. In van die groter ekonomieë soos Angola is daar ’n hoë vlak van korrupsie, terwyl Kenia, Tanzanië en Uganda ook swak in die indeks vaar.
Afrika het ook net paaie van 204 km per 1 000 km², teenoor die wêreldgemiddelde van 944 km per 1 000 km². In Afrika is net 25% van die paaie geteer teenoor die wêreldgemiddelde van 50%. Behalwe in Suider-Afrika is die spoornetwerk in Afrika suid van die Sahara ook swak, en die gehalte van dienslewering skep ’n groot probleem.
Die vernaamste probleem is die vertragings om goedere oor landsgrense heen te vervoer. Die hoeveelheid goedere wat deur Afrika se hawens gehanteer word, het sedert die 1990’s drievoudig vermeerder. Die meeste verkeer vloei deur ’n paar hawens, naamlik Durban, Abidjan in die Ivoorkus, Dar es Salaam in Tanzanië en Mombasa in Kenia.
Suid-Afrika en Namibië het die beste infrastruktuur in Afrika. Maar Suid Afrika se paaie en infrastruktuur is nooit instand gehou die laaste 10 na 20 jaar nie en is baie vervalle ten spyte van die feit dat daar jaarliks miljarde belasting betaal word deur inwoners. Meeste plattelandse paaie is in baie swak kondisie en die eienaars van Tolpaaie maak net elke jaar meer geld.
Namibië se infrastruktuur is volgens die internasionale mededingings verslag van die Wêreld- Ekonomiese Forum 54ste uit 139 lande, terwyl lande soos Angola en Nigerië nommer 135 en 136 op die lys is. Namibië se hawe-infrastruktuur is 16de op die wêreldranglys.
Angola, Suid-Afrika, Mosambiek en Swaziland word beskou as die lande waar swak burokrasieë die grootste probleem is.
Die belasting wat maatskappye in Afrika suid van die Sahara betaal, is die hoogste ter wêreld. Volgens ’n verslag van die Internasionale Finansieringskorporasie en PwC is die belastingkoers as persentasie van wins meer as 100%.
Arbeidswetgewing word in baie lande nie as ’n probleem beskou nie, maar dit is ’n beduidende probleem in Suid-Afrika, Botswana en Namibië.
In Suid Afrika het werkers baie regte en vakbonde wat dit baie moeilik mnaak vir beleggers om met gemak geld te bele. Politieke partye regs van die regering beinvloed werkers negatief en stakings kom gereeld voor.
BEE/ SBE is een van die grootse struikelblokke vir enige internasionale belegger in Suid Afrika. Die gulsigheid van die regering se standaarde om te voldoen aan swart ekonomiese bemagtiging, skrik enige voornemende belegger af . Indien die geld wel bele word, is dit steeds die belegger wat in baie gevalle nog steeds al die werk doen terwyl die aandeelhouers bakhand staan.
Afrika bestaan meestal uit stamme en daar is gedurig gevegte tussen die stamme oor gronde en hulle gelowe asook leiers en stamhoofde. Stamhoofde doen gewoonlik die onderhandelings namens die stam, maar in meeste gevalle lewe hulle die rykmanslewe.
Afrika is oor die algemeen nie 'n veilige plek nie, behalwe vir 'n paar lande waar die inwoners baie vriendelik is en reeds swaargekry het agv armoede, oorloe en stamgevegte en in hongersnood gedompel was en waar alles wat opgebou was totaal vernietig was.
Suid Afrika is op die stadium nie veilig nie en daar heers 'n groot onsekerheid by almal oor die regering se onvermoee om misdaad en korrupsie te beperk. In die parlement vind daar gereeeld gevegte plaas omdat sekere partye nog steeds op 'n barbaarse manier Suid Afrika wil bestuur.
Elke dag word mense vermoor - roof en dieftsal is deel van Suid Afrika en jy gelukkig as jy vanaand weer veilig in jou bed kan klim.
Vir oorsese beleggers is die regsraamwerk belangrik, veral die onafhanklikheid van die regbank, die vermoë om kontrakte op te dwing, die beskerming van eiendomsreg en doeltreffendheid van die howe en die polisie.
Rwanda het die sterkste en betroubaarste regsraamwerk, gevolg deur Botswana, Gambië, Namibië, Mauritius en Suid-Afrika.
Wat die regering van Suid Afrika onderhandel met voornemende beleggers weet die die normale belasting betalers maar min van. Wat die gevolge daarvan gaan wees sal die belasting betaler aan sy sal voel.
Afrika is wonderlike land en het baie potensiaal, maar die mense op grondvlak leef nog steeds in armoede en miljarde se gelde het nog nooit eintlik by hulle uitgekom nie.
Regeringsleiers en meelopers moet hulle gulsigheid en mag eenkant toe skuif en begin bele in die mense wat hulle in die posisies ingestem het op grond van hulle beloftes.
Dit gaan moeilik gaan om regtig suksesvolle beleggers in Suid Afrika te kry- miskien op die stadium dalk gelde wat eintlik maar weggegee kan word deur sekere lande wat dit afskryf as deel van hulle heropbou van Afrika of verpligting teenoor armoede en hongersnood.
Werk gaan op die stadium nog steeds baie skaars wees en beloftes op regeringsvlak het nog maar stadig deurgewerk na die gewone burger van die land.
Ons moet positief bly en dink en die gees verander van ons mense- en hulle leer om hulle denke reg te gebruik.
Johanel ANN
(Inligting verkry van die Instituut van Afrika )