Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 27 Julie 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 27 Julie 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Die nuwe kragplan van president Cyril Ramaphosa het ’n paar idees waarmee TLU SA saamstem, veral die deur wat oopgemaak is vir privaat-insette om krag te lewer, maar solank as wat die ANC voortstu met sy transformasiebeleid sal die poging tot herstel nooit heeltemal suksesvol wees nie. “Dié kragplan is dalk in ’n klein mate ’n poging tot herstel van ’n transformasiebeleid waar die ANC deur middel van kaderontplooiing, SEB en regstellende aksie mense aangestel het wat eenvoudig net nie oor die vaardighede, kennis en kundigheid beskik wat nodig is om die werk te verrig nie. Dié mense sit nou in posisies waar hulle nie hul werk wil of kan doen nie,” sê mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder.

Die grootste probleem van die ANC regering is dat meeste van hierdie planne nie op grondvlak geimplimenteer word nie- die mense is nie toegewyd en instaat met alle hulle grade en kwailifikasies om dit suksesvol te doen nie. Wat meeste van hulle wel instaat om te doen is om deur middel van korrupsie hulleself te verryk. Wees versigtig vir duisende nuwe installeerders in hulle bakkies wat solar panele gaan installeer wat jou dalk goedkoop gaan kos, maar dan is hulle is weg. Kyk maar eers wie is die eienaars van die maatskappye voor jy sommer blindelings besigheid doen.  En as jy solar panele reeds het- pas hulle maar op, maak hulle vas- dit kan dit net oornag of self in die dag wegraak. 

Die hittegolf wat Europa getref het, is – ondanks ’n gespot van mense wat van warmer lande kom – geen grap nie. ’n Hitte-apokalips wag op die weste van Frankryk, waarsku wetenskaplikes, en wegholbrande het al duisende mense daar laat vlug. Ook in Spanje, Portugal en Griekeland veg brandbestryders ’n hopelose stryd teen die brande. In Brittanje smelt die teer op lughawens se aanloopbane en treindienste is ontwrig of opgeskort. Skole is toegemaak en daar is kommer oor veral bejaardes. Die ekstreme waarskuwing dui daarop dat lewens bedreig word. 

Soos gevrees deur die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CGA) het die Europese Unie (EU) die eerste sitrus-vraghouers wat vanaf Suid-Afrika in Europa aangeland het, teruggehou. Hierdie handeling geskied volgens die splinternuwe regulasies wat die EU op ʼn onwettige manier op Suid-Afrikaanse sitrus afgedwing het. Volgens die CGA geld die regulasies slegs vir lemoene, maar nou word ander sitrus ook teruggehou. Die wet is op 14 Julie afgedwing, maar die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) vereis dat daar ʼn tydperk van ses maande moet verloop in die proses om ʼn nuwe handelsregulasie in te stel. Die CGA sê hy het verlede week aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf om die uitwerking van dié drastiese, swak ingeligte en ongeregverdigde nuwe regulasies oor die kouebehandeling van uitvoerlemoene na die EU uiteen te sit. Dit sluit in dat ʼn geraamde 3,2 miljoen kartonne sitrus ter waarde van R605 miljoen (€38,4 miljoen) wat tans na die streek onderweg is, moontlik deur die EU-owerhede vernietig kan word. “Hierdie nuwe wetgewing sal ʼn verwoestende uitwerking op die plaaslike sitrusbedryf hê, veral vir die 140 000 werksgeleenthede wat daarvan afhanklik is,” sê Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die CGA.

Die Wêreldbank sê hy voorsien dat die oorlog in Oekraïne die grootste kommoditeitskok sedert die 1970’s kan meebring. Die bank sê die oorlog gaan pryse van goedere – van aardgas, tot koring en katoen – tot die einde van 2024 op histories hoë vlakke hou. Enorme prysstygings word reeds regoor die wêreld by alle betaalpunte ondervind.  Die bank sê die prys van koring en hoender sal na verwagting met meer as 40-persent styg, dié van olie met byna 30-persent en sojabone meer as 20-persent. Energiepryse wêreldwyd sal egter met meer as 50-persent styg namate Europa probeer om homself van Rusland se voorrade te speen. Die Wêreldbank dui aan dat dié situasie voedselsekerheid onder toenemende druk gaan plaas.. Die hittegolf wat tans in sekere dele van Amerika heers asook die hele Europe voorspel niks goed vir voedselsekerheid nie. Die Noord en Suid Pool is besig om te smelt- dit gaan seevlakke laat styg wat baie groot gevolge gaan he vir sekere dele van die wereld. Die ys wat ook verantwoordelik vir die weerkaatsing van die sonstrale en as dit nie meer daar is nie gaan die wereld nog warmer word. 

Niemand kla oor die appel- en peeroeste van 2022 nie. Tonne pere per hektaar was omtrent 15% hoër in Ceres en 20%–30% hoër in Wolseley-Tulbagh en die Langkloof as in 2021. Die appeloes was 10%–15% meer in Ceres en die Langkloof. Syfers vir Elgin-Grabouw-Vyeboom-Villiersdorp was soortgelyk aan verlede jaar – maar verlede jaar was ’n rekordoes in hierdie streek. Vrugkwaliteit was oor die algemeen ook baie goed. Die Langkloof is nie soos in 2021 deur haelstorms geteister nie en die wind het nie weer die Forelle-pere van die bome in Elgin afgewaai nie. Selfs die reëns het saamgespeel.

Ons span is oppad Duitsland toe asook ander dele van Europa terwyl een van ons spanlede tans in die VSA is, in die stad San Francisco waar hy samesprekings voer met verskeie rolspelers in die digitale media en ander dienste. Farmingportal en AGRI NEWS NET asook E MEDIA wat dee is van die CRA Group het die afgelope 6 maande met ongeveer 40% persent gegroei in besoekers en gebruikers. Ons Internasionale Video en Audio produksies het ook baie groei getoon.

Ons Junior Landbouskrywers kompetiese sal eersdaags in aanvang neem. Ons gaan groot die jaar - Ons maak binnekort die nuus bekend. Hou gerus ons mediums dop . Ons begin ook eersdaags met 'n ander nuwe kompetisie. 

Maak jou reg vir 'n nuwe opwindende kompetiese op AGRI NEWS NET- WENAKKER STORIES - Kry solank jou storie reg, jy gaan eersdaags die geleentheid kry om die storie vir ons te vertel en daarmee saam deel te word van al ons WENAKKER storie vertellers.

Nuusredakteur

Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za

           

Dit is belangrik dat grondeienaars en -gebruikers dié risiko’s verstaan en besef dat hulle dit moet bestuur om veldbrande te keer pleks van om dit te probeer bestry soos dit opduik, sê mnr. Johann Breytenbach, bestuurder van die Vrystaatse brandbeskermingsvereniging (FSUFPA).

President Cyril Ramaphosa het Maandagaand die land toegespreek oor die dreigende kragkrisis by Eskom. Ramaphosa het stappe aangekondig om die kragkrisis te stuit. Dié toespraak volg op ’n aantal vergaderings tussen die regering, belanghebbendes en kragprodusente. Eskom het nou ’n taakspan gestig om te help met ‘dekades se agterstand in die kragnetwerk.’

’n Verslag deur die marknavorsingsmaatskappy Euromonitor International het onthul dat die onwettige drankmark in Suid-Afrika in 2020 met 10% in volume gegroei het, vergeleke met 2017. Dit is grootliks aangespoor deur Covid-19-regulasies wat die verkoop daarvan tydens die piek van die koronaviruspandemie verbied het.

“ ’n Groot vraag – wie was eerste, die hen of die eier? Dan wil ek ook vra – wie was eerste, die kind of die moeder? “In die hoender se geval kan sy twee soorte produksie-eiers lê, naamlik bevrugte en nie bevrugte [eiers]. Met ander woorde, as die haan by ‘n hen was, dan is die eier bevrug. Sonder ‘n haan is die eier nie bevrug nie en kan daar nie voortplanting plaasvind nie.

Die omstrede Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het weer 'n belofte gemaak wat waarskynlik nie haalbaar is en nagekom gaan word nie. Dit is die mening van Suid-Afrikaners wat gereageer het in die sosiale media nadat die minister belowe het dat die herstel en opbou van die spoorweë korridors gereed sal wees en in werkende toestand teen September en Oktober vanjaar.

Afrika suid van die Sahara word in die verslag aangedui as ’n streek met sterk bevolkingsgroei oor die tydperk van sowat 31% tot bykans 1,4 miljard mense, terwyl die per capita-inkomste met 26% tot $1 920 per capita per jaar kan groei. Die streek se selfvoorsiening aan basiese voedselprodukte sal na verwagting oor die tien jaar daal.

'n Tydelike pluimvee-invoertarief wat teen vyf “probleemlande” ingestel is, het middel verlede maand verstryk en die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapo) sê hy het nog geen terugvoer van Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, ontvang nie.

WENAKKER STORIES is binnekort hier-  EKSKLUSIEF net op Farmingportal.co.za

Afrika suid van die Sahara word in die verslag aangedui as ’n streek met sterk bevolkingsgroei oor die tydperk van sowat 31% tot bykans 1,4 miljard mense, terwyl die per capita-inkomste met 26% tot $1 920 per capita per jaar kan groei. Die streek se selfvoorsiening aan basiese voedselprodukte sal na verwagting oor die tien jaar daal.
Die nuwe kragplan van president Cyril Ramaphosa het ’n paar idees waarmee TLU SA saamstem, veral die deur wat oopgemaak is vir privaat-insette om krag te lewer, maar solank as wat die ANC voortstu met sy transformasiebeleid sal die poging tot herstel nooit heeltemal suksesvol wees nie
Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, sê dit gons behoorlik ná die aankondiging van Eskom om ‘n vastekostekomponent te hef vir huiseienaars wat van sonpanele gebruik maak om hulle elektrisiteitbehoefte aan te vul. Groot ontevredenheid heers onder Suid-Afrikaners indien die kragreus sou voortgaan om die R938 tarief in the stel - soos voorlopig bereken word.
Die voedselverspreidingsmaatskappy, SA Harvest, het ‘n vennootskap met die petroleumreus, BP gesluit, om sowat 55-miljoen etes oor die volgende drie jaar te versprei. Een miljoen etes sal volgende maand as deel van die Miljoen Etes ‘n Maand-inisiatief aan behoeftiges afgelewer word, namate die einde van die sogenaamde Mandela-maand naderkom.
Suid Afrika -Die vierde industriële revolusie kan ingespan word, om die negatiewe uitwerking van Covid 19 te herstel. Die versterking van streeksontwikkeling, die heroplewing van globale samewerking, die ontwikkeling van volhoubare besigheidsmodelle, en die herstel van omgewingsgesondheid.
Navorsing dui daarop dat vleisverbruik in ontwikkelende lande toeneem, veral in Afrika en die Midde-Ooste, waar dit ekonomies beter met verbruikers gaan en hulle meer vleis by hul daaglikse dieet insluit.
Jaco Mulder, die VF Plus se woordvoerder oor handel, nywerheid en mededinging, het pres. Cyril Ramaphosa en Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, versoek om spesifiek regulasies rakende swart ekonomiese bemagtiging (SEB), te laat vaar.
Die Internasionale Monetêre Fonds waarsku dat die wêreld op die rand van die ergste resessie in vyftig jaar is. Die IMF se globale vooruitskatting toon dat ekonomiese groei vanjaar tot drie-komma-twee persent sal verlangsaam, en teen volgende jaar tot twee-komma-nege persent. Die organisasie se hoofekonoom, Pierre-Olivier Gourinchas sê dit is te wyte aan verskeie risikos.
Die covid-19-pandemie, die oorlog in Oekraïne en handelsingrypings in ander lande toon duidelik dat daar geen plaasvervanger vir plaaslike produksie is nie, sê dr. Dirk Strydom, hoof van bemarking by Nampo en navorsingskoördinering by Graan SA.
Lidlande van die Europese Unie het ‘n noodplan goedgekeur om die aanvraag na gas te beperk. Dit volg te midde van vrese dat Rusland gastoevoer na Europa verder gaan besnoei. Die Russiese gasmaatskappy, Gazprom het aangekondig dat hy sy toevoer deur die noordelike pyplyn van vandag af tot ‘n vyfde van sy volle kapasiteit gaan besnoei.
 
Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za
Afrika op sy beste
Die mooi van ons diereryk
Die wereld van tegnologie
Die Hollandse boere is nog steeds besig
Dit gebeur as jy oor 'n vuur wil swaai

AMT 

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

White maize

4,201.0000

per Metric Ton

2022-07-22

-0.0483

4,414.0000

2

Yellow maize

4,120.0000

per Metric Ton

2022-07-22

-0.0516

4,344.0000

3

Wheat

7,896.0000

per Metric Ton

2022-07-22

-0.0359

8,190.0000

4

Soybeans

10,117.0000

per Metric Ton

2022-07-22

-0.0197

10,320.0000

5

Sunflower seed

7,370.0000

per Metric Ton

2022-07-22

-0.0300

7,598.0000

6

Sorghum

6,884.0000

per Metric Ton

2022-07-22

0.0371

6,638.0000

7

Groundnuts (CT)

23,022.0000

per Metric Ton

2022-07-22

0.5655

14,706.0000

8

Cotton

12,151.0000

per Metric Ton

2022-07-22

0.0123

12,003.0000

9

Sugarbeans

25,000.0000

per Metric Ton

2022-07-22

0.0000

25,000.0000

10

Lusern (SupremeQ)

3,650.0000

per Metric Ton

2022-07-22

0.0000

3,650.0000

Jspreadsheet CE

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Bananas

5.3700

per Kg

2022-07-22

-0.0805

5.8400

2

Apples

6.6100

per Kg

2022-07-22

0.0296

6.4200

3

Oranges

2.3700

per Kg

2022-07-22

-0.2020

2.9700

4

Avocados

13.5000

per Kg

2022-07-22

-0.0670

14.4700

5

Grapes

49.3300

per Kg

2022-07-22

-0.2156

62.8900

6

Mangos

25.6000

per Kg

2022-07-22

-0.0640

27.3500

7

Pears

7.2900

per Kg

2022-07-22

0.0041

7.2600

8

Pineapples

5.8200

per Kg

2022-07-22

0.0778

5.4000

9

Peaches

18.1100

per Kg

2022-07-22

0.0897

16.6200

10

Lemons

2.6100

per Kg

2022-07-22

-0.1894

3.2200

11

Nectaries

56.0900

per Kg

2022-07-22

-0.2079

70.8100

12

Naartjies

5.1000

per Kg

2022-07-22

0.0039

5.0800

13

Blueberries

66.0200

per Kg

2022-07-22

-0.1538

78.0200

Jspreadsheet CE

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Potatoes

43.3600

per 10Kg

2022-07-22

-0.0588

46.0700

2

Tomatoes

9.2700

per Kg

2022-07-22

0.0404

8.9100

3

Carrots

3.3700

per Kg

2022-07-22

-0.0665

3.6100

4

Onions

5.7300

per Kg

2022-07-22

-0.0239

5.8700

5

Cabbage

3.6500

per Kg

2022-07-22

0.0519

3.4700

6

Garlic

54.9400

per Kg

2022-07-22

0.1279

48.7100

7

Spinach

5.0500

per Kg

2022-07-22

0.1717

4.3100

8

Sweet Potatoes

3.2100

per Kg

2022-07-22

-0.0331

3.3200

9

Peppers

13.0800

per Kg

2022-07-22

-0.3489

20.0900

10

Chillies

9.7100

per Kg

2022-07-22

0.0765

9.0200

11

Pumpkins

3.5200

per Kg

2022-07-22

0.0507

3.3500

12

Mushrooms

70.1100

per Kg

2022-07-22

-0.0128

71.0200

Jspreadsheet CE

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Mutton A2/3

105.2500

per Kg

2022-07-22

-0.0173

107.1000

2

Feeder Lamb

48.9400

per Kg

2022-07-22

-0.0630

52.2300

3

Mutton AB2/3

89.6200

per Kg

2022-07-22

0.0147

88.3200

4

Mutton B2/3

80.9300

per Kg

2022-07-22

0.0295

78.6100

5

Mutton C2/3

77.0300

per Kg

2022-07-22

-0.0110

77.8900

6

Ave Wool - Non RWS

164.9100

per Kg

2022-06-10

0.0000

164.9100

7

Ave Wool - RWS

180.0700

per Kg

2022-06-10

0.0000

180.0700

Jspreadsheet CE

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Beef A2/3

60.3400

per Kg

2022-07-22

-0.0198

61.5600

2

Beef Weaners

36.3500

per Kg

2022-07-22

0.0044

36.1900

3

Beef AB2/3

58.9000

per Kg

2022-07-22

-0.0054

59.2200

4

Beef B2/3

54.8800

per Kg

2022-07-22

-0.0007

54.9200

5

Beef C2/3

48.6800

per Kg

2022-07-22

0.0004

48.6600

Jspreadsheet CE

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Kids (under 30kg)

72.5100

per kg

2022-07-22

0.0524

68.9000

2

Medium (30-40kg)

58.4000

per kg

2022-07-22

-0.0120

59.1100

3

Large (above 40kg)

46.3400

per kg

2022-07-22

0.0709

43.2700

4

Ewes (Goats)

52.7300

per kg

2022-07-22

-0.1008

58.6400

Jspreadsheet CE

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Poultry Frozen

30.9200

per Kg

2022-07-22

-0.0150

31.3900

2

Poultry fresh

31.6300

per Kg

2022-07-22

-0.0057

31.8100

3

Poultry IQF

30.1500

per Kg

2022-07-22

0.0057

29.9800

4

Poultry Average

30.9000

per Kg

2022-07-22

-0.0052

31.0600

Jspreadsheet CE

Product Name

Price

Quantity Type

Date

Change

Previous Price

1

Pork Porkers

26.8700

per Kg

2022-07-22

-0.0121

27.2000

2

Pork Baconers

27.9900

per Kg

2022-07-22

0.0000

27.9900

3

Pork Sausage

21.9800

per Kg

2022-07-22

-0.0023

22.0300

4

Pork Average

26.9500

per Kg

2022-07-22

-0.0125

27.2900