Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 12 Oktober 2022

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - 12 Oktober 2022

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Weeklikse Afrikaanse Landbou Nuusoorsig - Die Afrikaanse Nuus is die afgelope paar dae op AGRI NEWS NET geplaas, saam met nog ander artikels. 

Ons nuuskantoor ontvang daagliks tientalle e posse wat handel oor die toestand van Suid Afrika se platteland- sy mense en die toestande waaronder ons landbouers kos produseer.  Maak nie saak wat jy lees in die media of hoor in die honderde video besprekings nie-  Die feit is dat die land nie meer agteruit gaan nie, maar reeds verval het onder die regering van die dag. Die regering het sy beheer verloor oor die land en sy mense, maar is nog steeds in beheer van die swaar verdiende belasting geld van die belastingbetaler. Korrupsie vind nog daagliks plaas en die slegte hiervan is dat mense met waardes ook nou vinnig begin deel word van hierdie korrupte swendelaars. Daar is nie meer iets so enige dienste in 'n groot aantal dorpies in die platteland nie. Ons het die mense toegelaat om dit wat deur baie jare opgebou is te vernietig. 

Versekeringsmaatskappye lei enorme verliese agv die plundering en verwoesting van alles waaraan hierdie "barbare" vat. Ons boere word helder oordag besteel en die regering en sy meelopers het nie saak daarmee nie. Intussen sit die slim manne met hulle grade en dik brille in hulle kantore en speel met syfers wat nie wil klop nie.  Syfers het sy ontstaan wanneer werk en produksie plaasvind. Daar is te veel mense wat net gesels en praat en te min doeners.  Die oplossings moet oorgesit word in dade en dit gebeur nie sommer nie. As jy 'n toekoms in die land wil he, moet jy nou jou moue oprol en deel word van die oplossing. Gaan kyk gerus hoe hard werk ons land se landbouers in baie moeilike omstandighede en word van hulle nog rondgejaag deur jong arrogante sogenaamde regkenners en skuldeisers wat geen genade het vir die omstandighede nie. 

Meer as 670 000 ha landbougrond is vanjaar aan boere, koöperasies, entiteite, gemeenskappe, plaasbewoners en arbeidshuurders toegeken. Sy voer so aan in die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se jaarverslag vir 2021-’22 wat by die parlement ingedien is.  Grondhervorming bly van noodsaaklike belang om veral Suid-Afrika se landelike ekonomie te transformeer. Daarom is die beskikbaarheid van grond vir landbouproduksie volgens Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, ’n sleutelkomponent vir ’n doeltreffende grondhervormingsprogram.  Daar word hard gewerk aan die stigting van die Grondhervorming-en-landbou-ontwikkelingsagentskap (GLA). Die konseptuele raamwerk daarvoor sal na verwagting teen die einde van die 2022-’23-boekjaar voltooi wees.

 Ons eie EKSKLUSIEWE EIENDOM afdeling begin- Die plase wat hier bemark word is absoluut eksklusief en jy kry dit nie op die oop mark beskikbaar nie-  Blaai gerus deur die lys wat weekliks opdateer word . 

Agri SA se jaarlikse kongres begin more in Pretoria - met die die tema "Growing local" en afgevaardigers van oor die hele land sal die kongres bywoon.  Die edelagbare President van Suid Afrika en sy Minister van Landbou sal ook die kongress toespreek.

Mense wat reeds die gordel styf ingetrek het weens hemelhoë inflasie en hoër rentekoerse kry ook slegte nuus. Hoewel inflasie waarskynlik naby sy boonste draaipunt is, gaan dit langer hoog bly as wat voorheen verwag is en eers weer in 2024 normaliseer. “Kortom, die ergste kom nog en vir baie mense sal 2023 soos ’n resessie voel.” Só skryf Pierre-Olivier Gourinchas, hoofekonoom van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), in die instelling se wêreld- ekonomiese vooruitsig vir Oktober. Die verslag hou die verwagting vir wêreldwye ekonomiese groei vir 2022 onveranderd op 3,2% teenoor die Julie-verslag. Die vooruitsig vir groei in 2023 word van 2,9% tot 2,7% verminder. Die verwagtinge vir verskillende lande en streke is op- sowel as afwaarts aangepas. Duitsland kan byvoorbeeld beter groei van 1,5% vir 2022 verwag (teenoor 1,2% wat in Julie voorspel is), maar Europa se grootste ekonomie gaan moontlik in 2023 ’n resessie beleef. Die IMF se verwagting vir groei is van 0,8% tot -0,3% aangepas. Suid-Afrika se reeds trae groeiverwagting is van 2,3% tot 2,1% in 2022 verlaag, en van 1,4% tot net 1,1% in 2023.

Volgens Agri Noord-Kaap is 200 000 ha in die provinsie verswelg, aangevuur deur sterk wind en weerlig wat sommige van die brande veroorsaak het. Die skade strek van Van Zylsrus, Askham, Hotazel, Kuruman, Daniëlskuil, Koopmansfontein Griekwastad, Salt Lake, Hartswater, Warrenton, Riverton, Hopetown, Witput, Kraankuil, Vosburg en Carnarvon.  Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê die skade is enorm.

Suid Afrika is in 'n greep van terrorisme- en of ons dit nou wil weet of nie- ons sien dit elke dag.  Beeste en skape word lewendig afgeslag- hulle bene word eers afgekap met 'n panga sodat hulle nie kan beweeg nie- ons landbouers en hulle gesinne word aangerand, gemartel en dood gemaak-  wingerde wat vir jare vrugte lewer word op die stamme afgesaag- veld word aan die brand gesteek en diere word dood gebrand-  dit is Suid Afrika en dit word gedoen deur barbare- wat ons mense noem-  Steel, verwoes, moord en vernietig is die sogenaamde mense se daaglikse werk-  Die barbare word deur 'n groep of politieke party beheer en dit word deeglik beplan.  ( onder is 'n video van die stamme van wingerde wat afgesaag is) 

Suid Afrika se produktiwiteits koers is baie laag- meeste mense wil eintlik net ontvang en weet nie werklik wat dit is om te werk nie. Die baie vakansie dae wat Suid Afrika het- dra by tot hierdie swak prestasie. Nou wil een of ander organisasie die regering nader om Kersfees nog langer te maak-  met 'n ektsra vakansie dag-  As jy vir 'n salaris werk dan gaan dit heel waarskynlik jou goedkeuring weg dra- die probleem is nie die een vakansie dag nie- die probleem is dat daar baie min gebeur voor 'n vakansiedag in die korporatiewe wereld en ook baie min na die vakansiedag- eendag word nou drie onproduktiewe dae. 

Bemarking
OVK Landbou van Ladybrand in die Vrystaat het 'n baie insiggewende Video en Artikel geplaas oor Bewarings landbou as deel van hulle bemarking op Farmingportal.co.za DRUK HIER
Farmingportal en AGRI NEWS NET asook E -MEDIA wat deel is van die CRA Group het die afgelope 6 maande met ongeveer  49% persent gegroei in besoekers en gebruikers. Ons Internasionale Video en Audio produksies het ook baie groei getoon.
AGRI NEWS NET se amptelike naam in Spanje en dele van Suid Amerika is - Red de noticias agrícolas.
Ons is ook tans besig met onderhandelings vir fondse om ons landbouers te help in hulle stryd teen skuldeisers asook nuwe fondse vir die aankoop van plase en uitbreiding in landbou.

Hollard is die trotse borg van die Farming Portal/Landbouskrywers SA junior kommunikeerder toekennings.

Die landbousektor speel ‘n kritieke rol in die skep van ‘n beter toekoms vir alle Suid Afrikaners. Die doel van hierdie kompetisie is dan ook om akkurate en oordrag van inligting en positiewe stories binne die landbou aan te moedig. Hierdie is ‘n platform waar studente en jongmense binne die landbou en joernalistieke omgewing hulle werk kan publiseer. So kry hulle ook ‘n voorsmakie van kommunikasie met die publiek en belanghebbers binne die sektor en staan die kans om lekker kontantpryse te wen!

Daar is twee afdelings naamlik een vir joernalistiekstudente en die ander vir studente binne die landbousektor. Dit sluit ekonome, wetenskaplikes en landboukundiges ook in.

Die kompetisie sluit aan die einde van Oktober en die wenners sal aangekondig word aan die einde van November tydens ‘n geleentheid by die historiese Villa Arcadia in Parktown. Hierdie is ook die tuiste van Hollard en ons sien uit om die geleentheid daar aan te bied.

CRA Media is tans besig met die vervaardiging van 'n dokumentere reeks wat eersdaags in die Internasionale media beskikbaar gestel gaan word. 

Ons kondig ook binne kort weer 'n kompetiese aan. 

As jy enige kort bydrae wil lewer tot hierdie uiter gewilde artikel wat 2 weekliks geplaas woord, kontak die nuuskantoor by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Nuusredakteur

Luister gerus na ons gewilde POTGOOI- daagliks op www.farmingportal.co.za

           

Meer as R8 miljard word benodig om die chaotiese toestand waarin Suid-Afrika se rioolstelsels en sy afvalwater fasiliteite verkeer, reggestel te kry en weer op standaard te probeer bring.Die inligting is vervat in die jongste verslag van die sogenaamde “Green Drop” wat meer as 850 aanlegte besoek en geëvalueer het.

Sojaboonproduksie het sy beste seisoen met die hoogste opbrengs nog agter die rug en boere wil hierop voortbou. Verwagtinge word ál sterker dat daar groot verskuiwing van mielies na sojabone in die komende plantseisoen in veral Noordwes en die Vrystaat gaan wees. In sommige distrikte kan daar vir die eerste keer ooit net soveel sojabone as mielies wees.

Sojabone: Pryse van Amerikaanse sojabone en sojameel was die afgelope tyd onder druk en was relatief swakker as mielies en koring. Daarteenoor het soja-oliepryse aansienlik versterk in die VSA en op die wêreldmark. Grondbeginsels van sojabone is tans oorwegend lomp:

‘n Span navorsers het die hoogste boom in die Amasone-reënwoud bereik, ná drie jaar, vier mislukte pogings en ‘n tog van 250 kilometer in die bestek van twee weke. Die boom, met die wetenskaplike naam, Dinizia excelsa, is 88,5 meter hoog – so hoog soos ‘n 25-verdieping gebou, en is tussen 400 en 600 jaar oud.

‘n Namibiese landbou-ekonoom het gereageer op die ongeveer 3 000 ton hoender wat elke maand in Namibië verbruik word, volgens die landbouminister Calle Schlettwein. Hy sê uit die 3 000 ton wat per maand verbruik word, verskaf die plaaslike bedryf sowat 1 800 ton. Die oorblywende 1 200 ton word ingevoer.

Skotland is vir die vierde keer in die laaste ses jaar heeltemal sneeu-vry. Daar word berig die Sphinx, in Cairngorms, waar in die verlede die sneeubedekking die langste in die VK gehou het, het gesmelt. Dit is die vierde keer die afgelope ses jaar dat die sneeu verdwyn, en dit het die afgelope 300 jaar slegs nege keer gesmelt. Die Sphinx is die naam van ‘n klimroete in die gebied.

In Suid Afrika is daar te veel mense wat geen passie het vir hulle werk en hulle lewe nie- Meeste is bevuil met blameringsmentaliteit en geen familie waardes, opvoeding en respek vir ander mense en die natuur nie. Die meeste is onproduktief en dink hulle word betaal omdat hulle opgedaag het vir werk. Oorgroot meerderheid is erg beinvloedbaar en is altyd deel van 'n groep om sterk te lyk.

Transnet probeer ’n ooreenkoms met vakbonde sluit om minstens bederfbare landbouprodukte in die hawens te hanteer te midde van die jongste loonstaking.Dit blyk uit gesprekke Maandagaand tussen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Transnet se leierskap en rolspelers in die in- en uitvoerbedryf.

Sosiale media is baie goed vir mense wat hulleself nie kan besig hou of aktief kan wees nie. Maar dis duidelik dat sosiale media se dae stadig maar seker getel word. Daar is te veel "banale" akiwiteite wat daagliks voor jou oe ingestoot word deur mense wat allerhande manier probeer om aandag te trek en hullese deel van die wereld te maak. Moenie jou besigheid hieraan koppel nie.

Meer as twee derdes van alles wat gebeur in Landbou word nooit deur die nuus media gedek nie- ons landbouers gaan deur 'n baie moeilike tyd en word op alle terreine aangeval. Daar is baie leier boere in ons land, wat sterk staan. Ons span beweeg weekliks in die platteland van Suid Afrika en ons sien weekliks hoe die land agteruitgaan.

Die 2022 Nobelprys vir Ekonomie is gister toegeken aan Ben Bernanke, Douglas Diamond en Philip Dybvig vir hulle werk oor die bankwese. Bernanke is bekend vir sy rol as voorsitter van die VSA se Federale Reserwebank ten tye van die 2008/09 wêreld finansiële krisis, maar het voor dit as professor 'n aantal invloedryke artikels gepubliseer, spesifiek oor die Groot Depressie.

'n Donker prent van 'n donker Suid-Afrika word voorsien deur die onophoudelike beurtkrag wat die land tans ondervind. Op 6 Oktober het Eskom nog 'n nuwe rekord van donkerte veroorsaak en sy groeiende lys van mislukkings om krag te voorsien, verder uitgebrei. Die kragvoorsiener het op die dag vir die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika, vir 30 dae aaneenlopend beurtkrag toegepas.

Suid Afrika -Navorsing dui daarop dat die mensdom al te geneig is om geoutomatiseerde stelsels blindelings te volg. Dis nou alles goed en wel, maar hoe meer besluite deur kunsmatige intelligensie gedryf word, hoe belangriker word dit dat mense hul kop moet gebruik en niks soos slawe moet navolg nie. Dis baie belangrik dat jy rigting kan hou en ook jou natuur tekens in ag neem.

Die land se grootste aartappelboere sê die voortslepende beurtkrag sal in die volgende paar maande ‘n tekort aan aartappels meebring. Die boere verloor ook miljoene rande. ‘n Aartappelboer, Hannes Becker, sê hulle word gedwing om vroeër as normaalweg aartappels uit te haal omdat die onbetroubare kragtoevoer hul besproeiing beïnvloed.

Wêreldwyd ervaar lande ekonomiese probleme weens onder meer inflasie en energietekorte. Dit wek kommer oor die beskikbaarheid van bekostigbare voedsel.Dit sal naïef wees om te wil voorgee dat alles klopdisselboom verloop in die internasionale ekonomie en geldmarkte, nog minder so in Suid-Afrika. Suid-Afrika se ekonomie is onder aansienlike druk.

Die veebedryf beweeg van hierdie week af nog ’n stap nader aan ’n omvattende naspeurbaarheidstelsel wanneer met die registrasie van boere vir LITS-SA (The Livestock Identification and Traceability System in South Africa) begin word.

Die oplossing vir die stygende lewenskoste is eenvoudig: Op kort termyn moet die ANC van sy stremmende beleidsrigtings afsien en werklik Suid-Afrikaners se belange eerste stel. Op lang termyn moet heeltemal van die ANC ontslae geraak word. Hy moet vervang word met ’n regering wat Suid-Afrikaners eerste stel. Daar is verskeie faktore wat tans die lewenskoste van Suid-Afrikaners beïnvloed.

Geen medium in Landbou gee jou soveel nuus by een adres - 7 dae per week- 365 dae van die jaar-  

Hierdie was van die nuus wat die afgelope tyd op AGRI NEWS NET geplaas was.  Lees dit en nog meer op www.agrinewsnet.co.za

Dis tegnologie- wat ons NOU  nodig het 
Die pad tussen Makwassie en Bothaville
Dis hoe ons landbouers se Rykdom en harde werk verwoes word deur barbare in Suid Afrika
Die wonder van Tegnologie
Die manne is rof
MARKETING  Laeveld Agrochem