Kanker- Net die persoon wat dit het- weet wat dit werklik is.

Kanker- Net die persoon wat dit het- weet wat dit werklik is.

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Kanker - net die woord alleen - so vrylik gespreek - is genoeg om jou verder siek te maak as wat jy is-  en net jy wat kanker het weet wat dit is. 

Ons is in die jaar 2023- en ons mensdom is besig om teen 'n baie hoe spoed kanker te ontwikkel - en saam met dit maak PHARMA biljoene jaarliks uit hulle behandeling aan kankerpasiente wat enige iets sal betaal en sal doen om te bly lewe. Enorme bedra geld word spandeer en die enigste wenner hier is PHARMA en die mediese wereld. 

As jy met kankerpasiente praat wat reeds Chemo en bestraling gehad het dan verstaan jy hoekom hulle moeg is- en daarby arm is-  en hulle mediesefondse uitgeput is en nog steeds word hulle emosioneel gemanipuleer en geboelie om nog verdere "duur drugs ' te neem wat sogenaamd voorkomend gaan wees.  Dis onverstaanbaar dat die mediese wereld so ingestel is op geld om hierdie mense so duur te laat betaal om volgens hulle aan die lewe te bly-  Bedrae van R200,000 plus vir pille en inspuitings wat tot soveel as R500,000 kan beloop word genoem.  Kanker is besig om ons mense te beroof van hulle lewenskwaliteit en daarmee saam is dit biljoene se Inkomste aan PHARMA en sy meelopers.  

Dis onaanvaarbaar dat hierdie behandelings so duur is en daarby saam is dit volgens PHARMA dit die keuse tussen dood en lewe.

Was jy al in 'n kankereenheid- waar mense daagliks sit en hulle dosis chemo of bestraling ontvang- ? Siek en swak- hulle gedagtes is net kanker en hulle is bekommerd oor hulle gesinne en hulle gesondheid- almal wil net die kanker uit hulle liggame he- so vinnig as moontlik. Hierdie kanker oorheers hulle gedagtes en beheer hulle lewe-  Die personeel by die eenhed is baie vriendelik- dis deel van hulle daaglikse werk- dis moed inpraat en hoop gee.  Maar die enigste wenners op die lange duur is PHARMA - biljoene word daagliks verhandel in die wereld- en niemand doen iets aan hierdie uiterste uitbuiting em manipulaise van siek mense nie.

Ná intensiewe, hoogs gespesialiseerde behandeling is hy of sy nou heel waarskynlik heeltemal gesond en sy geld en lewenskwaliteit is nie meer dieselfde nie. Die hoop vervaag nooit en solank daar lewe is gaan elkeen veg vir sy lewe. Die probleem is dat meeste pasiente sieker is na al hierdie behandelings en as daar nie meer geld is nie moet hulle in versorging gaan.  Daar loop honderde duisende mense rond met kanker in die wereld wat dink hulle is gesond. 

Kanker is ongetwyfeld ’n integrerende deel van ons aardse bestaan. Om die waarheid te sê daar is bereken dat een uit elke drie mense die een of ander tyd in hul lewe deur kanker geaffekteer sal word. Maar al verkies baie mense om nie daaraan te dink of daaroor te praat nie—omdat hulle so ’n verskriklike vrees daarvoor koester—is dit noodsaaklik dat ons almal aan een ding herinner moet word. Dit is dat kanker lank nie meer noodwendig ’n doodvonnis is nie- Daar is baie  nuwe ontwikkeling insake Kanker genesing en daar sal nuwe metodes kom in die nabye toekoms.  Die mediese mafia sal waarskynlik nooit iets ontwikkel wat kanker totaal en al genees nie- dit gaan oor simptome en inkomste te beheer. 

Suid Afrika het baie goeie Dokters met jarelange kennis en wysheid van kanker en die mediese behandeling daarvan. 

  Kanker in die jaar 2021-

Swart Afrikaanse bevolkingsgroepe het 'n toename van 68,6% in kankerverwante sterftes ervaar, van 14 127 in 2008 tot 23 823 in 2018. Die bruin bevolking het 'n toename van 68,3% beleef van 3 365 in 2008 tot 5 663 in 2018.Indiese of Asiatiese bevolkingsgroepe het met 53% toegeneem van 798 in 2008 tot 1 221 in 2018, en die Blanke Bevolkingsgroep het met 23,4% toegeneem van 7 320 in 2008 tot 9 033 in 2018. Dit is die siekte wat tans wereld toeneem-  en daar is net een manier om dit te verhoed en dit is om voorkomend op te tree- As jy eers in die hande van die mediese wereld en Pharma beland is die kwaltiteit van jou lewe nie meer dieselfde nie- maar die mediese wereld maak kanker dood- en daarmee saam alles wat ook nog lewe.

Trouens, dit is van kanker probeer doodswyg dat miljoene mense al van kanker dood is- 

Elkeen moet besef dat die kanse om kanker te oorleef vandag beter as ooit tevore is—en dat kankers bes moontlik met groter sukses behandel kan word as hulle vroeg opgespoor word. Jy en die mense naby aan jou kan jul gesondheid help beveilig deur meer meer gebruik te maak van Professionele Gesondheids praktisyns en meer voorkomend op te tree en seker te maak wat jy eet, drink en met wie jy elke dag saam lewe.

KANKER is nie één nie, maar ’n groot groep siektes wat almal gekenmerk word deur die onbeheerde groei en verspreiding van abnomale selle in die liggaam. As die verspreiding nie beheer word nie, kan dit tot die dood lei. Dit alles begin by jou- en dit gaan oor onderhoud en keuses.

Maar met kanker is daar ’n aantal nare en ongewenste stokke in die wiel. Die meganisme vir die regulering van selverdeling raak onklaar en ’n sel ontaard. Dit  ondergaan sieklike veranderings of verwordings  (mutasies) en dit gebeur weer en weer en weer. Nuttelose selle word vinnig en  onbeheers gevorm wat normale weefsels verdring en hul bloedtoevoer en voedsel opeis. Hulle woeker voort, stapel op en vorm naderhand ’n nuttelose gewas in die liggaam, waarvan stukke uiteindelik afbreek en deur middel van die limfvate of bloedvate na ander dele van die liggaam versprei.

Hoewel daar dikwels na kanker as ’n enkele siekte verwys word, is daar volgens sekere kenners eintlik meer as honderd soorte. Ander stel dit selfs op meer as tweehonderd, wat in ses of sewe groepe ingedeel kan word op grond van die weefsel en die aard van die oorspronklike gewas.

  • Gewasse wat ontspruit uit klierryke weefsel, soos die vel, maag, longe, dermkanaal en so meer, word karsinome genoem.
  • Daardie gewasse wat in die spiere, bene en ander ondersteunende weefsel ontstaan, heet sarkome.
  • Nog ’n groep is limfome. Dié ontstaan in die limfsisteem en word gekenmerk deuropgeswelde limfkliere in die nek, oksels en/of lieste, asook ’n vergrote lewer en milt.
  • Leukemie, die kankers van die bloedvormende beenmurg, stem in baie opsigte ooreen met limfome.

Kankers gedra hulle verskillend afhangende van in watter orgaan hulle ontstaan het. Dit is insiggewend dat kanker wat in een liggaamsorgaan kop uitsteek, die kenmerke van daardie orgaan vertoon self al versprei dit na ’n ander deel van die liggaam. Só hou verspreide borskanker in die longe aan om hom soos borskanker te gedra en lyk dit steeds soos borskanker wanneer dit onder die mikroskoop bekyk word.

In die moderne wêreld het die geneeskundiges na ’n direkte waarneming van die menslike liggaam teruggekeer. Kanker is egter aanvanklik as ongeneeslik beskou, hoewel ’n groot verskeidenheid van pastas met giftige arseen geformuleer is om die manifestasies van die siekte te behandel. Laat in die negentiende eeu het beter mikroskope onthul dat kankerselle merkwaardig anders lyk as normale selle, en navorsers het hulle begin met bemoei met vrae soos waar selle vandaan kom en wat die verwantskap tussen siekte en die gedrag van ’n sel is. 

In die twintigste eeu was daar geweldige ontwikkelings in die navorsing rondom kanker en selle, wat tot diagnotiese tegnieke en chemoterapie gelei het waardeur die onkologie (leer van gewasse) hom stewig as ’n wetenskap gevestig het.

Vandag, met die gereedskap van die molekulêre biologie en molekulêre genetika tot hul beskikking, vorder wetenskaplikes met rasse skrede met die ontdekking en beskrywing van skakels tussen chromosome, gene en kanker, en ons kan ons kwalik voorstel wat in die toekoms nog op hierdie terrein gaan gebeur.

Onderbroke vas is nie ’n dieet nie, maar die beginsels van goeie voeding bly net so belangrik en relevant. “Daar is nie iets unieks aan die brein wat dieetsamestelling betref nie. Wat sleg vir die hart is, is sleg vir die brein en wat goed vir die hart is, is goed vir die brein. Die tyd van 3 etes per dag is verby as jy ouer raak-   Jy kan tussen 14 en 16 ure sonder kos bly en net water drink. Die gesondheidsvoordele van onderbroke vas en die toepaslikheid daarvan vir talle siektes is nie net uit  navorsing duidelik nie, maar ook uit toenemende getuienis van ander navorsers. Die wydverspreide aanvaarding van hierdie eetpatrone word egter deur bepaalde hindernisse belemmer. 'n Dieet van drie maaltye per dag met peuselhappies tussenin is so in ons kultuur ingewortel dat ’n verandering in hierdie eetpatroon selde  oorweeg sal word. Die oorvloed kos en uitgebreide bemarking in ontwikkelde lande is ook groot hindernisse om te oorkom.

Besoek liewer jou Gesondheidspraktisyn voor jy oorgaan tot hierdie stap wat baie voordele inhou vir Kankerpasiente wat herstel.

As die resultate van sogenaamde kliniese proewe by pasiënte met diabetes, kanker, kardiovaskulêre of inflammatoriese siektes die voordele van onderbroke vas toon, kan ons verwag dat dit gaan werk. Testosteroon hou van vas. Daar kan 'n toename van tot 1 300% in testosteroon wees as mans 13 uur lank vas en tot 2 000% as hulle 24 uur lank vas." 

Jou liggaam moet skoon wees-  en jy moet jou organe laat rus en dis belangrik dat jy die ritme en die gewoonte van jou liggaam wat beheer word deur jou brein breek.  Ten eerste, vermy die inname van eenvoudige suikers (glukose, fruktose, sukrose), kos met baie sout in, gebraaide kos en hoogs geprosesseerde kos.  Wyn is nie goed nie- dit is vernietigend. Drank is nie deel van 'n kanker dieet nie. Tweedens, eet ’n verskeidenheid van groente, vrugte, neute, heel grane, bone en vis, asook matige hoeveelhede melkprodukte. Derdens, kook met ekstra suiwer olyfolie. - Dis belangrik om te verstaan dat jy uniek is en dat dit nie vir almal werk nie.

Maar wat veroorsaak sulke sieklike veranderings of mutasies van normale selle in die liggaam? Baie dinge is reeds as besliste kankerverwekkers geïdentifiseer. Dit sluit tabakrook, asbesstof, bestraling en voortdurende irritasie in, terwyl selfs virusse al as kankerverwekkers by diere uitgewys is. Ander faktore wat ’n rol kan speel, is en erflikheid, geslag (mans en vroue kry baiemaal verskillende soorte kankers) en natuurlik ouderdom. Die grootse oorsaak van kanker is kos en drank... en daarby saam die feit dat baie mense nie hulle liggame verstaan en onderhou en eers wag tot daar simptome is en dan die mediese wereld besoek. 

Alles is 'n keuse- en jy is verantwoordelik vir jou gesondheid, jou denke en jou siel. 

Daagliks sien ek hoe ongesond mense is - jonk en oud- hulle weet nie eers dat hulle siek nie- ander word gesus deur die wete dat hulle op duur voorgeskrewe "drugs' is van PHARMA wat hulle aan die lewe hou en die simptome behandel.

Met "Mr google" wil meeste mense hulleself gesondmaak met allerhande soorte pille en maniere wat hulle lees op Sosiale media, en sien op Televisie of hoor op Radio.  Jy is uniek- en glad nie dieselfde as jou medemens nie-  En voor daar nie 'n volledige skandering van jou gedoen is deur 'n professionele Gesondheids praktisyn met die regte toerusting nie, gaan jy nie weet wat in jou liggaam verkeerd is nie-  Die mediese wereld behandel die simptoom met voorgeskrewe "drugs" met baie newe- effekte en blykbaar duisende rande se sogenaamde "Paybacks" deur PHARMA aan die mediese wereld wat dit so vrylik voorskryf.

Die newe effkte van Chemo en bestraling is onbeskryflik en ek sien dit elke dag in my praktyk- In baie gevalle moet ons die newe effekte bestuur en en kom ons glad nie daarby uit om die skade wat verrig is aan die persoon se liggaam en selle te herstel nie. Daar is uiters suksesvolle gesondheidsprodukte beskikbaar wat reg gebruik moet word om genesing te bewerkstellig.Netso is daar baie produkte- (die regte gesondheidsprodukte) wat voorkomend gebruik kan word teen kanker. 

Daar is baie emosie gekoppel aan kanker-  en wanneer jy gediagnoseer is met kanker moet jy besef dat jy 'n totaal en al van rigting en omgewing moet verander- want moontlik het jou omgewing toksies geraak en het dit gemanifisteer in jou liggaam. Quantum Fisika wys al die emosies uit en dit gee enige kanker pasient die antwoorde.

MOENIE WAG TOT JY KANKER HET NIE -  JY MOET VOORKOMEND OPTREE-  JY MOET JOU LIGGAAM INSTAND HOU EN TEN MINSTE TWEE MAAL PER JAAR 'N PROFESIONELE GESONDHEIDS PRAKTISYN BESOEK of JOU MEDIESEDOKTER.

Die antwoord le in op Sosiale media, "U tube of Mr google nie-  jy is uniek en dit gaan jou nie genees nie.  Die winkels en vol pille en allerhande "shakes en druppels" Jy is nie 'n skaap om agter ander aan te hardloop nie.  Pas jou liggaam op en maak seker jy weet wat in jou liggaam aan die gang is.

Voor jy behandel word met voorgeskrewe "drugs" kyk maar eers wat die newe effekte is - dit alleen is selfvernietigend oor 'n lang tydperk - Daar is 'n rede hoekom jy siek is- en moenie dat jou simptoom alleenlik behandel word nie-  Bloedtoetse is goed- maar dis baie eensydig en daar altyd iets in wees wat nie reg is nie en dit gaan simplomaties herstel word.   Meeste Pille en Vitamines is sinteties- jou liggaam is nie ontvanklik daarvoor nie- Jy mors jou geld en jy sit jou gesondheid op die spel as jy nie weet wat werklik die fout in jou liggaam is nie- deur die verkeerde produkte te gebruik gaan jy meer skade doen. 

Vergeet van allerhande Vit B inspuitings en Drips wat so vrylik beskikbaar is.  Dit kos baie geld en is net 'n "quick fix"- Jy is veronderstel om dit self te vervaardig in jou eie ligaam.Bly weg van Testosterone inspuitings en allerhande hormone pille en smere asook  "Whey proteine" wat so vrylik beskikbaar is en op allerhande mooi maniere aan jou verkoop word.

Jy het 'n liggaam wat alles self kan maak-  werk daaraan en herstel jou eie fabriek- die oorsaak. Maak seker wat jy eet en drink en in watter omgewing jy jou ligaaam bevind- 

BOODSKAP 

Daar is baie metodes om kanker te vermy- maar daar is werklik een manier- en dis die regte manier- Dis jou liggaam - moenie dit sommer aan iemand toevertrou nie- 

Moenie wag nie- Dis nou tyd- Tree voorkomend op. Dit kan dalk moontlik te laat wees.

Johann Pretorius  Professionele Gesondheids praktisyn Pretoria

( Skrywer van die boek "Discover yourself to become yourself" en vele ander boeke )

www.quanlim.com