MISLEIDENDE VERWAGTINGE VIR 2020- Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

“Die misleidende verwagtinge oor die ekonomiese vooruitsigte vir vanjaar wat deur sommige akademici, ekonome en beleggingsadviseurs reeds sedert verlede jaar geskep word wat nooit sal realiseer nie is ‘n totale dwaling en baie kommerwekkende,” sê Fanie Brink, ’n onafhanklike landbou-ekonoom.

Hy sê die meeste van hierdie verwagtinge is totaal teenstrydig met die feite en realiteite van die ANC-regering se vernietigende politieke en ekonomiese beleid wat reeds besig is om die ekonomie totaal vernietig het.

Brink het verwys na die artikel van professor Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, se sogenaamde “5 oplossings vir SA se ekonomie in 2020” wat vandag op Netwerk24 se webblad verskyn het.

Brink sê daar bestaan geen moontlikheid dat sowel “die staatsrede as die Februarie-begrotingsrede” enigsins bewys kan lewer “dat die regering die moeilike besluite (sal) neem – en in werking stel – om die ekonomie om te keer” nie. Dit is suiwer wensdenkery!!

Die president, Cyril Ramaphosa, is nog minder instaat om ‘n “samehangende indruk van Suid-Afrika se ekonomiese rigting” oor te dra nie. Sy ekonomiese adviespaneel – wat kenners van oor die wêreld heen insluit – “kan ’n nuttige rol vervul,” maar dit mag egter te veel gevra wees van ‘n klomp akademici met geen praktiese kennis en ondervinding in die sakewêreld of oor die ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika nie. Die verwagting is dat dit nie veel sal oplewer nie!

Die indaba waarna professor Parsons verwys behoort ‘n “baie goeie geleentheid” te wees vir BUSA om net weer te bevestig dat hy die ANC se vernietigende beleid soos in die Nasionale Tesourie se groeiplan vervat is ten volle ondersteun. Die groeiplan is presies niks anders as die verdere beoogde implementering van die ANC se ideologie van sosialisme en kommunsime sonder enige idee hoe ekonomiese groei vandag in feitlik al die lande in die wêreld geskep word nie!!

Die aansprake van professor Parsons is ‘n totaal verregaande omdat hy van mening is dat die groeiplan al die stappe bevat “wat nodig is om groei en werk te skep, die staat se geldsake te verbeter, Eskom te stabiliseer en herstruktureer, infrastruktuurprojekte te versnel en goeie arbeidsverhoudinge te skep.” Daar is ook nie ‘n vurk in die pad “vir ’n groter, sterker en beter ekonomie” nie maar net die baie duidelike punt van die afgrond na die finale vernietiging van die ekonomie en die land wat nie deur politiek-korrektheid verhoed sal word nie.

As daar een aspek in die belang van die skepping van ekonomiese groei, welvaart en vooruitgang in die land vanjaar is, dan is dit dat die dwalings en die totale misleidende vooruitsigte vir 2020 op die spits gedryf word sodat die werklike feite en realiteite van die ANC-regering se vernietigende ideologie duideliker verstaan kan word.

“Hierdie misleidende vooruitsigte oor die ANC se vernietigingsproses is geen oplossing vir enige van die ernstige probleme wat land in die gesig staar nie,” aldus Brink.

5 oplossings vir SA se ekonomie in 2020
https://www.netwerk24.com/Sake/Ekonomie/5-oplossings-vir-sa-se-ekonomie-in-2020-20200102


Navrae: 082 573 5661