Landbouprodusente sal die ondersteuning en finansiering van sosialisme baie dringend en ernstig moet heroorweeg wat deur Agbiz, (Agriculturul Business Chanmber/Landboubesigheidskamer) en sy “sosialistiese vennote” onderskryf word,” sê Fanie Brink, ’n onafhanklike landbou-ekonoom.
Hy het verwys die kommentaar deur dr John Purchase, Hoof Uitvoerende Beampte van Agbiz, oor die 2020/21-staatsbegroting wat hierdie week deur die Minister van Finansies aan die Parlement voorgelê is en wat vandag in die Kamer se nuusbrief verskyn.
Brink sê die politieke ideologiese transformasie van die ANC-regering het Suid-Afrika reeds in die finale vernietigingsfase van die ekonomie laat beland. Die sogenaamde “inklusiewe groei” is in werklikheid niks anders as ‘n cleché vir die suiwer sosialistiese beleidsrigting van die ANC wat deur die wetgewende kommunistiese leerstellinge op die ekonomie en land afgedwing word nie. Die ondersteuning van die ANC se “ekonomiese transformasie” van die land deur die privaatsektor wat ekonomiese groei net kan vernietig, is grotendeels gesamentlik vir die totale bankrotskap en die gevolglike reeds “mislukte staat” verantwoordelik.
Die Minister van Finansies se ekonomiese beleidsdokument "Towards an Economic Strategy for South Africa" kan geen groei skep nie omdat dit op dieselfde vernietigende ideologie van die ANC baseer is. Nie op die mees basiese ekonomiese beginsels dat groei, eerstens, deur die winsmotief aan beide die aanbod- en vraagkant van die ekonomie gedryf en geskep word en, tweedens, deur die privaat eienaarskap van die produksiefaktore in die ekonomie en goeie entrepreneurskap wat algemeen wêreldwyd aanvaar en toegepas word.
Suid-Afrika is in werklikheid een van die min lande wat vandag nog aan die ideologie van kommunisme en sosialisme vasklou wat jare gelede reeds wêreldwyd totaal verwerp is. Die vernietigende gevolge daarvan is reeds baie duidelik sigbaar in Suid-Afrika.
Geen werkskeppingsberaad kan werksgeleenthede skep omdat dit net deur ekonomiese groei moontlik is wat die enigste manier is hoe om meer investering in die ekonomie te kry wat weer groter opbrengste moontlik maak om meer geld vir die regering te genereer en sodoende die ernstige sosio-maatskaplike probleme in die land op te los.
Die ondersteuners van sosialisme sal klaarblyklik net nooit verstaan dat die inkomste in terme van salarisse en lone wat aan die bestuur en werknemers van hierdie ondernemings, asook die staatsamptenare betaal word, deurslaggewend is vir hoër privaat verbruiksbesteding aan die vraagkant van die ekonomie en wat in beide gevalle ingevolge die Inkomstebelastingwet belasbaar is nie.
Kommunisme en sosialisme is niks anders as die vernietiging van ekonomiese groei wat deur entrepreneurs wat winsgewende besigheidsgeleenthede kan identifiseer en die risoko’s daaraan verbonde kan bestuur en wat net in ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel moontlik is, maar wat in SA feitlik finaal vernietig is. Daar kan ook geen beleidsonsekerheid meer bestaan oor die baie duidelike beleidsrigting van die ANC se ideologie nie!
Dit is nie moontlik dat die hele wêreld verkeerd kan wees terwyl die ondersteuners van die ANC se ideologiese dwalinge oor die proses hoe ekonomiese groei in die wêreld geskep word, korrek is nie. Soos die dwalinge dat die “key focus for all social partners should be on driving inclusive growth in the economy” en dat die “… various platforms (should) continue to support growth-enhancing initiatives and policy…” wat nie deur sosialisme moontlik is nie.
Dit is in werklikheid soos Trevor Noah in een van sy vertonings gesê het: “As die hele wêreld besluit dat die regte pad reguit vorentoe is dan kap Suid-Afrika hom linksom agteruit!!”
Die verdere ondersteuning van die ANC se ideologie met sy sosialistiese en inklusiewe groeibeleid sal die reeds mislukte staat verder in ‘n onderontwikkelde staat laat verval met baie groter armoede, ongekende hongersnood en menselyding. Dit oorskat die vermoë van die landboubedryf totaal om uiteindelik 85% van die bevolking te onderhou as die res van die ander bedrywe in die ekonomie platgeval het, maar wat juis die weg is wat die ANC reeds mee besig is om vir die land te baan,” aldus Brink.