Fanie Brink, Onafhanklike landbou-ekonoom
“Die dwaling oor hoe die sogenaamde “strukturele hervorming soos die verslapping van regulasies oor indiensneming en die vermindering van rompslomp vir maatskappye wat nou al lank bepleit word ten einde die ekonomie aan die brand te skop” het nou selfs groter geword as die dwaling dat monetêre beleid ekonomiese groei kan skep, die inflasiekoers kan beheer en die wisselkoers kan beskerm,” sê Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom.
Brink het verwys na die totaal misleidende uitsprake vandag deur Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, op Netwerk24 se webblad oor die aankondiging van president Cyril Ramaphosa gisteraand dat die inperkingstydperk om die Covid-9 virus te beveg tot die einde van April verleng word.
Daar bestaan geen moontlikheid dat “strukturele hervorming” die ekonomie “aan die brand kan skop” nie, behalwe vir ekonomiese en politieke kommentators wat duidelik nie verstaan hoe ekonomiese groei geskep word nie. Groei (veranderings die bydrae tot die BBP) word deur die vraag- en aanbodkant van die ekonomie deur die winsmotief gedryf en geskep en niks anders nie. Dit beteken dat slegs die verbetering in die winsgewendheid van die indiwiduele bedrywe aan die aanbodkant, asook in die besteebare inkomste van verbruikers, kapitaalvorming en uitvoere aan die vraagkant van die ekonomie, ‘n groter bydrae tot die BBP (groei) kan maak.
Die kans vir Cyril Ramaphosa om die “moeilike ekonomiese besluite te neem” is nie binne die ANC se vernietigende ideologie moontlik nie, en nog minder deur bloot dit “wat almal weet nodig is nie.” Die ANC-regering se onomkeerbare vernietiging van die ekonomie deur sy totale oor- en wanbesteding van staatsfondse, feitlik geen ekonomiese groei en dalende inkomste wat tot die bankrotskap van die regering, groter werkloosheid, die afgradering van die kredietstatus van die land en die skepping van 'n mislukte staat gelei het wat onomkeerbaar is.
“Dit is totaal onmoontlik dat die sogenaamde “strukturele hervomings” enigsins ‘n verskil aan hierdie vernietigende oorsake en gevolge van die ANC-regering se beleid kan maak.”
Die enigste ”strukturele hervorming” wat die ekonomie “aan die brand kan skop” is ‘n totale verwerping van die ANC se ideologie van sosialisme en kommunisme en ‘n totale terugkeer na ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel wat die enigste stelsel is wat vandag wêreldwyd ekonomiese groei deur die winsmotief dryf en skep. Dit is nie moontlik dat die hele wêreld verkeerd kan wees en dat al die ekonomiese en politieke kommentators in Suid-Afrika oor hierdie grootste dwalings in die ekonomiese wetenskap korrek is nie. Die ideologie van die ANC-regering word nêrens in die wêreld vandag meer toegepas nie.
Die finale aftelling na die totale vernietiging van die ekonomie en die land het reeds voor die uitbreek van die Covid-9 virus begin wat dit nou net sal versnel,” sê Brink.
Dawie Roodt: Dis erg, maar daar is ’n ligpunt
https://www.netwerk24.com/Sake/Ekonomie/dawie-roodt-dis-erg-maar-daar-is-n-ligpunt-20200409