EKONOMIESE VOORUITSIGTE VIR 2021 Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-ekonoom

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

“Die nuwe jaar hou baie spesifieke en belangrike ekonomiese bedreigings in wat uiters belangrike implikasies vir die toekoms van die land sal meebring.

Die volgende sal die mees belangrike en deurslaggewende vir 2021 sal wees”, sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Die ANC-regering sal in 2021 voortgaan met sy vernietigende ideologie van sosialisme wat deur die leerstellinge van kommunisme op die ekonomie en die land afgedwing word wat ten volle deur sy sosiale vennote ondersteun word met sy hoeveelste nuttelose "ekonomiese herstelplan" wat geen ekonomiese groei, meer werksgeleenthede en minder armoede kan skep nie. Sy sosiale vennote sluit Business Unity South Africa (BUSA), Business Leadership SA (BLSA) en Business for South Africa (B4SA) in, asook die  georganiseerde landbou (Agri SA) en die georganiseerde landboubesighede (Agbiz).

Die ANC-regering het sedert 1994, benewens sy aanvanklike aanvaarde ideologie van die "National Democratic Revolution" (NDR) wat op die Vryheidsmanifes" van die ANC baseer was, die volgende sewe "ekonomiese groei-, rekonstruksie- en ontwikkelingsplanne" al gehad wat almal op suiwer sosialisme en komunsime baseer was wat geen ekonomiese groei en ontwikkeling kon skep nie:

Die "Reconstruction and Development Programme (RDP) 1994; Growth, Employment and Redistribution (GEAR) 1996; Accelerated and Shared Growth Initiative – South Africa (ASGISA) 2005; New Growth Path (NGP) 2010; National Development Plan (NDP) 2012; Economic transformation, inclusive growth and competitiveness: A contribution towards a growth agenda for the South African economy 2019; en die jongste Economic Reconstruction and Recovery Plan (ERRP) 2020. Daar bestaan ook geen kans dat hierdie jongste plan van die regering enigsins ekonomiese groei en ontwikkeling sal skep nie.

“Die grootste bedreigings wat vanjaar sal voortduur en oor die langtermyn baie negatiewe gevolge vir die ekonomie en die land oor die volgende 3 tot 4 sal inhou, is baie swak of selfs geen ekonomiese groei, groter begrotingstekorte, regeringsskuld en bankrotskap, meer korrupsie en die sosiale wanbesteding van belastinginkomste.

Die voorgesette ineenstorting van die ekonomie sal gepaard gaan met die verwesentliking van ‘n mislukte staat met baie groter armoede, werkloosheid, diefstal, asook ernstige hongersnood en menselyding. Sowel as ‘n aansienlike verswakking in die waarde van die Rand wat invoere baie duurder sal maak.

Dieselfde vernietigende ideologie, finansiële en ekonomiese ongeletterdheid en onbevoegdheid van die regering en sy meelopers sal verder vernietigend wees.”

Die land sal daarna,  soos die meeste ander lande in Afrika, sy status as 'n ontwikkelende land verloor en in 'n onderontwikkelde land verval met die finale ineenstorting van die meeste ekonomiese bedrywe aan die aanbodkant, asook privaat verbruiksbesteding, kapitaalvorming en uitvoere aan die vraagkant van die ekonomie.

Brink sê die regering se dwaling oor "inklusiewe ekonomiese groei" sal niks meer as ‘n onbetekensvolle slagspreuk bly omdat sosialisme en kommunisme geen ekonomiese groei kan skep nie soos die geskiedenis reeds wêreldwyd duidelik bewys het.

Dit sal die basiese produksiefaktore in die ekonomie soos:

·      grond, deur die onteiening sonder vergoeding en die vestiging van swart bestaansboere wat totaal van die regering afhanklik sal raak vir hulle finansiële oorlewing in plaas van meer swart kommersiële boere;

·      kapitaal, wat geen opbrengste op buitelandse beleggings en lenings sal realiseer nie, beleggingsvoorskrifte aan pensioenfondse, asook die dreigende nasionalisering van die land se goud- en buitelandse valutareserwes;

·      arbeid, deur groter werkloosheid en arbeidswetgewing; asook

·      bestuur, deur swart ekonomiese bemagtiging, voorkeur indiensneming sonder meriete en korrupsie, waarmee die entrepreneurs ekonomiese groei en ontwikkeling moet skep, al meer onderdruk plaas en steeds nog verder ernstig bedreiging.

Die verdere vernietigende inmenging van die regering in die ekonomie sal al groter word wat dit al moeiliker vir die privaatsektor sal maak om groter bydraes tot ekonomiese groei te kan lewer.

Ek stem saam met verskeie ekonomiese kommentators wat reeds herhaaldelik daarop gewys het dat die “regering vasbeslote bly om al meer in die ekonomie in te meng as om eerder die private sektor, letterlik die enigste deel van die ekonomie wat weet wat hy doen, toe te laat om doeltreffende maniere te vind om winste op hulle beleggings te verdien wat ekonomiese groei kan skep, belasting te betaal en werk te skep. Ongelukkig dink die regering nog steeds dat hy weet hoe om dit te doen.” (Peter Bruce, voormalige redakteur van die Business Day en Financial Mail).

“Of om aan te neem dat hierdie byna gebroke staat groot, staatsgedrewe infrastruktuurprojekte kan ontwerp en totstand bring wat ingewikkelde onderhandelings en reëlings met die private sektor behels, geloofwaardig is. Die regering se nuwe ‘Ekonomiese Rekonstruksie en Herstelplan’ besef nie dat die enigste werklike kapasiteit om ekonomiese groei in Suid-Afika vandag te skep oorweldigend in die private sektor lê nie. In entrepreneurs, besighede, groot korporatiewe ondernemings en markte wat vindingryke en vasberade entrepreneurs het wat te midde van onsekerheid en teëspoed kans sien en nuwe ondernemings te begin en op te bou.” (Ann Bernstein, stigter en uitvoerende direkteur van die “Centre for Development and Enterprise.”

Suid-Afrika het ook nooit ‘n Covid-19-geleide resessie gehad nie, maar dit word steeds deur die regering as ‘n rookskerm gebruik waaragter hy wegkruip van die ekonomiese vernietiging wat hyself aangerig het en die ekonomie in ‘n resessie laat verval lank voor die uitbreek van die pandemie.

Die geskiedenis het dit ook duidelik bewys dat feitlik alle politieke partye in die wêreld se inherente ekonomiese ongeletterdheid en permanente onbevredigbare drang na politieke mag die grootste oorsake vir die vernietiging van die ekonomieë van baie lande was. Nie een opponerende politieke party in Suid-Afrika sal oorleef wat nie ‘n alternatiewe ekonomiese beleid vir die vernietigende beleid van die ANC het wat ekonomiese groei kan skep nie.

Die enigste manier wat die land van ’n fiskale afgrond sal red is baie hoër ekonomiese groei wat van die vraag- en aanbodkant van die ekonomie, soos elke kwartaal deur Statistiek SA bewys word, geskep kan word wat deur die winsmotief gedryf. Niks anders kan die regering se inkomste verhoog om sy skuld te betaal nie of om armoede en werklossheid te verminder nie! Die waarskynlikheid van ’n skuld-wanbetaling binne die volgende 3 to 4 jaar is uiters goed omdat die regering geensins ‘n plan het wat oor hierdie tydperk uitgevoer kan word wat 'n verskil sal maak nie.

“Die ekonomie sal eenvoudig nie die ANC-regering se vernietigende ideologie veel langer oorleef nie!”

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank sal myns insiens veroorsaak dat die land en sy nageslagte in werklikheid uitverkoop word as hulle enigsins nog lenings aan die regering sou toestaan. Om die land nog dieper in rommelstatus af te gradeer het reeds irrelevant geraak en sal ook niemand help solank as wat die kredietgraderingsagente dit glad nie verstaan dat die vernietiging van die ekonomie suiwer die gevolg van die regering se ideologie van sosialisme en kommunisme is nie. Terwyl hulle eie land, die VSA, vir dekades lank al die bastion van kapitalisme is wat die enigste ekonomiese stelsel is wat vandag ekonomiese groei wêreldwyd kan skep!! Hulle raad aan die regering om sy fiskale probleme op te los is in elke geval algemene kennis en nutteloos.

Terwyl die ANC en die meeste politieke en ekonomiese kommentators wat sy beleid ten volle ondersteun glo die hele wêreld is verkeerd!

Die Reserwebank sal egter steeds tot vervelens toe voortgaan met sy onsinnige uitsprake dat sy rentekoersbeleid die inflasiekoers kan beheer, die wisselkoers kan beskerm en  ekonomiese groei kan stimuleer waarvoor daar in werklikheid absoluut geen bewyse bestaan nie en wat in werklikheid die grootste enkele dwaling in die totale ekonomiese wetenskap is omdat al hierdie ekonomiese veranderlikes slegs deur die werking van die markkragte van vraag en aanbod bepaal word.

 China wat kapitalisme ‘n hele paar jaar gelede aanvaar het met meer as 10% per jaar ekonomies gegroei deur sy dramatiese nywerheidsontwikkeling het todat hy selfs sy ekonomie moes afkoel deur verder infrastruktuurontwikkeling te verbied. Daarom word dit verwag dat China, volgens die meeste internasionale kommentators, binne die volgende paar jaar die grootste ekonomiese mag in die wêreld sal word.

Die ANC-regering het egter Suid-Afrika se kapitalistiese ekonomiese stelsel na 1994 totaal verwerp en die vernietigende ideologie van sosialisme en kommunisme omhels! Terwyl ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel oor drie uiters belangrike eienskappe beskik om, eerstens, die eienaarskap van grond en ander persoonlike bates te erken en te beskerm, tweedens, wat ekonomiese groei van die vraag- en aanbodkant van die ekonomie kan skep wat deur die winsmotief gedryf word en, derdens, wat die belangrike funksie wat pryse in die ekonomie moet verrig toelaat om die vraag en aanbod in die ekonomie altyd weer terug in na markewewig te bring.

 Die ANC-regering het ongetwyfeld ‘n baie meer vernietigende politieke en ekonomiese bedeling as die vorige een geskep wat onomkeerbaar is. Die groot probleem met die vorige bedeling kan nie met nog ‘n groter een reggestel word nie.

 Die finale aftelling na die totale vernietiging van die ekonomie en die land het reeds begin en die geskiedenis sal dit nog bewys dat 2020 ‘n baie beter jaar as 2021 was!

Dit is alles ook die rede waarom Trevor Noah tydens een van sy vertonings gesê het dat “as die hele wêreld besluit het die regte rigting is reguit vorentoe, dan maak Suid-Afrika gewoonlik ‘n U-draain agtertoe!”