Suid Afrika het alreeds meer as 200 dae van beurtkrag beleef in 2022 en die Reserwebank het verlede maand aangedui dat die verwagte groei in die ekonomie in laaste kwartaal slegs sowat 0,1% sal wees met ook ‘n wesenlike impak op groei in 2023.
"Die onbetroubare aard van energievoorsining het katastrofiese gevolge vir die ekonomie en kan beskou word as die grootste risiko vir groei en die toekoms van Suid Afrika”, aldus Magda Wierzycka, die uitvoerende hoof van Sygnia.
SON SA is ‘n inisiatief om die nodigheid van die alternatiewe elektrisiteitverskaffing aan te spreek deur met landbou organisasies saam te werk om aan betrokkenis ‘n meganisme te gee om die regte besluite te neem.
“Dit is ‘n nasionale inisiatief wat ondersteun word deur organisasies soos SAAI, TLU en Agri-X wat die samewerking fasiliteer en gebruik die webportaal SON SA om inligting in te win en gaan vorentoe relevante inligting deel en proposisies van geakkrediteerde verskaffers bekend stel”, sȇ Juan Tomlinson, CEO van SON SA
“SON SA se hoof oogmerk is om hande te vat met alle Suid-Afrikaners om ons energie krisis die stryd aan te sȇ sodat die hele gemeenskap van ons land saam ‘n verskil kan maak. Inligting word ingewin deur middle van ‘n vraelys wat ons in staat sal stel om ‘n beter gekoordineerde oplossing daar te stel per streek of area”. Belangstellendes moet die vraelys voltooi wat op die volgende skakel beskibaar is VRAELYS
Een van die eerste nasionale inisiatiewe is om, per provinsie, ‘n behoeftige skool, dagsorgsentrum en/of kinderhuis te voorsien van sonkrag energie met ondersteuning van verskaffers en befondsing wat sal spruit uit donasies. Die eerste projek is vir Struisbaai Learskool wat ‘n behoeftige vissergemeeskap dien. Struisbaai is op die suidpunt van Afrika. Die volgende projek is vir die ASD skool in Worcester wat omsien na blinde, dowe en selebraal verlamde kinders en dan ‘n geidentifseerde kinderhuis in Pretoria.
Juan Tomlinson
CEO
Son SA Inisiatief - Voorsiening van alternatiewe energie oplossings in landbou